Pizzeria-aanvaller gesoek

Die polisie is op soek na hierdie man in verband met die moord op ‘n pizzeria-eienaar van Blackheath.

Die polisie in Mfuleni in Kaapstad het Woensdag ʼn beroep op die publiek gedoen vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die moordenaar van ʼn pizzeria-eienaar in Blackheath.

Lt.kol. André Traut, polisiewoordvoerder, het gesê die 25-jarige restauranteienaar is op 15 Junie, omstreeks 09:10, by Angelo’s Pizza Place in Stasieweg in Blackheath vermoor.

“ʼn Man, gewapen met ʼn vuurwapen en met ʼn valhelm op, het die winkel binnegegaan. In ʼn stadium kan die verdagte se gesig op beeldmateriaal gesien word. Terwyl Angelo Nunes, die winkeleienaar, alleen in die winkel was, het die verdagte ʼn vuurwapen uitgehaal en verskeie skote op hom gevuur. Hy is noodlottig gewond,” het Traut gesê.

Op die beeldmateriaal kan gesien word hoe die verdagte vlug saam met ʼn tweede persoon wat op ʼn motorfiets buite die winkel gewag het. Niks is uit die restaurant of by Nunes gesteel nie, het Traut gesê.

Die motorfiets is later langs die N2-hoofweg in die omgewing van Nyanga gevind.

ʼn Moordsaak word ondersoek.

“Enigeen met inligting oor die skietery en die identifisering van die verdagte in die foto word gevra om die ondersoekbeamptes, lt.kol. Michael Thebus by 082 334 7486, of konst. Nkululeko Magqaza by 082 777 6898, óf die Mfuleni-polisiestasie in te lig,” het Traut gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Christa ·

Hoop hulle trek Hom vinnig Vas. Moord is aan die order van die dag.

Gert van Wierdapark ·

Koppel ‘n wenk aan’ n beloning sodat die uitvaagsels opgespoor kan word! Geld PRAAT!!!

Rika ·

Sjoe die motorfiets huurmoordenaars is besig eers jburg en nou in die kaap hy moes iemand omgekrap het.

Johan Swart ·

Rika die beste manier om te vlug is per motorfiets…kyk maar na “Active Self Protection” op Youtube….amper elke roof of hijacking in Brasilië vind plaas deur die gebruik van n motorfiets…Suid-Afrika kom nou eers agter van die gerieflike trend.

Gert du Toit ·

Ja ek stem,die motorfiets ding is alledaags in Brazil

KobusFourie ·

Ek kyk ook Active Self Protection en motorfietse is algemeen in gebruik in Brasil vir misdaad.

Johan Swart ·

Rika die beste manier om te vlug is per motorfiets…kyk maar na “Active Self Protection” op Youtube….amper elke roof of hijacking in Brasilië vind plaas deur die gebruik van n motorfiets…Suid-Afrika kom nou eers agter van die gerieflike trend.

Wikus ·

“Rika die beste manier om te vlug is per motorfiets…kyk maar na “Active Self Protection” op Youtube….amper elke roof of hijacking in Brasilië vind plaas deur die gebruik van n motorfiets…Suid-Afrika kom nou eers agter van die gerieflike trend.”
…dis al jare se storie.

Sandy ·

So die motief was nie roof nie. Dit klink soos ‘n “hit”. Hoekom hom doodmaak, en niks vat as die motief roof was nie?

Melt Olckers ·

Dit lyk soortgelyk aan die sluipmoord tegniek wat Pablo escobar se Sicarios gerbuik het om van vyande en regerings amptenare ontslae te raak. Miskien moet die Polisie onder die dwelm bendes gaan soek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.