PJ Powers ontsteld oor Tops-advertensies

PJ Powers Foto: Facebook

PJ Powers Foto: Facebook

PJ Powers se bestuurder het in ʼn verklaring gesê die sangeres is baie ontsteld oor TOPS at Spar-drankwinkels wat haar naam onregmatig as deel van ʼn nuwe veldtog gebruik.

“Soos meeste van julle weet, is PJ ʼn gerehabiliteerde alkoholis wat al vyf en ʼn half jaar lank nog nie ʼn druppel alkohol gedrink het nie,” lui die verklaring op PJ se Facebook-blad. “Enigiemand wat enigiets van verslawing weet, besef dis ʼn uiters dapper reis wat daagliks fokus en toewyding verg.”

Volgens die verklaring het PJ juis haar alkoholisme bekend gemaak, omdat “dit is wie sy is – deursigtig en eg”.

TOPS het die afgelope paar weke, sonder die sangeres se toestemming, die advertensies gepubliseer met die byskrif: “Grab a drink and show off those PJ Powers”. “Hulle dink dis oukei. Ons dink nie so nie. Veral nie omdat dit drankadvertensies is en alkohol byna PJ se lewe gekos het. Sy is baie ontsteld oor die advertensies.”

Haar bestuurder versoek enige van haar aanhangers om, indien hulle die advertensies iewers sien, foto’s daarvan te stuur aan [email protected].

Intussen het My SPAR in ʼn verklaring gesê die groep vra om verskoning indien enigiemand die boodskap aanstootlik vind. “Die byskrif was ʼn woordspeling met verwysing na die pajamaparty-tema vir Junie-maand,” het ʼn woordvoerder van die maatskappy gesê. “Die tema word verbind met die boodskap van ons minister van partytjies en ontspanning: No slumber, only party! Ons het nooit bedoel om aanstoot te gee nie en vra innig om verskoning.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Saartjie ·

Regtig, My SPAR, REGTIG? Sy kan julle goed dagvaar… onaanvaarbaar!!

Anita ·

Ek glo nie Spar Tops se verskoning nie. Ek glo hulle het hulle “woordspeling” reg gehou vir die verduideliking.

Tydens die vergadering, het wragtig NIEMAND gedink aan ons eie PJ Powers?! Soveel meer so dat daar onlangs ‘n program oor haar was op M-Net en sy genoem het van haar alkolisme.

Swak Spar, swak!!

Anita ·

Nonsens. Ek glo hulle nie.

There is no thing as bad publicity…..né My Spar?

Swak, uiterste swak smaak!!

Debs ·

Regtig, SPAR julle moet twee keer gedink het ….. as jy skryf of lees of hoor PJ Powers….. dis ‘n bekende sangeres …. PJ sal ek nie naastenby dink aan Pajamaparty nie …….. dis ‘n swak verskoning. Neem ander mense se gevoelens in ag.

Conrad ·

So n tydjie terug vat ek n motormaatskappy aan oor hulle n sogenaamde ‘OMG’ special. Ek skryf vir die ouens en vra hoe kan hulle die ‘OMG’ uitdrukking sommer net so gebruik asof dit niks is nie. Hulle sê hulle het bedoel ‘O my Greatness’. Herinner hulle toe aan die oorsprong van die ‘OMG’ uitdrukking en dat dit oorspronklik staan vir ‘ O my God’. Het gesê dit is in swak smaak en dit walg my. Mense dink nie meer as hulle advertensies doen nie en dit grief my as hulle nie hulle huiswerk doen voor hulle advertensies plaas nie. PJ, vat hulle asb vas!

SNEL ·

Ja, dis nou drie letters wat op baie goed gesien kan word, net so skokkend vir my. Ek het dit selfs al op DVD’s gesien, nagereg in die yskasafdelings en kyk op van die Facebook advertensies is dit ook. Dis skokkend, maar ja, almal glo nie in die Enigste God nie en moet dan maar wag en sien dat elke knie sal buig. Sulke goed glo ek gaan net erger en erger word hoe nader mens na die eindtyd toe beweeg.

Ek is ook seker die SPAR het geweet wat hulle hier doen. Hul verskoning maak nie sin nie, en wie wil nou juis iets koop vir die keel en n pajamaparty hou. Ek het nog altyd gedink n advertensie moet jou lus maak om iets te doen en jou oorhaal om die produk te koop. Jammer om te sê, die geskryf sou nou nie maak dat ek my karsleutels gryp en MOET ry nie. Dis jammer dat hulle iemand teiken wat juis hierdeur gestruikel het. Baie swak van hulle. Hoop nie PJ Powers laat hulle die beter van haar kry nie, sy moet hulle vasvat.

zahn ·

more Scalla. Jou woordspeling hier is tops, hoor. Netjies, ek het dit geniet..

Se Maar Net ·

Hul kry dit toe reg, almal weet nou van hul geadverteerde item!!!
Dit was die doel!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.