Plaas-, huiswerkers moet ook geldelike hulp kry – minister

Die departement van arbeid en indiensneming sê hy doen alles moontlik om plaas- en huiswerkers in die hande te kry sodat hulle ook kan voordeel trek uit die staat se Covid-19-hulpskema.

“ʼn Samelewing word geoordeel na hoe hy omsien na die mees weerloses in sy geledere. Dit is hoekom die regering in die algemeen en die departement spesifiek alles moontlik doen om weerloses teen die ergste van die pandemie te beskerm,” het min. Thulas Nxesi gesê.

Nxesi sê sedert die staat van landwye afsondering afgekondig is, het die departement deur middel van die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) reeds byna R12 miljard in voordele aan werkers deur hul werkgewers uitbetaal. Hy het ʼn spesiale beroep op plaas- en huiswerkers se werkgewers gedoen om namens hulle aansoek te doen.

“Ons het ook die hulp van ʼn private maatskappy ingeroep wat ons help om dié werkers deur hul selfone op te spoor sodat hulle bewus is van die voordele en hul werkgewers kan vra om namens hulle te eis, of om die WVF self te kontak,” het Nxesi gesê.

Die departement het 91 406 huiswerkers op sy databasis. Hiervan is net 3% se selfoonnommers opgeteken en net 28% van hulle het e-pos-adresse.

Die WVF het tot dusver nagenoeg 2,1 miljoen Suid-Afrikaners deur 167 524 werkgewers gebaat. Meer as R155 miljoen is deur bedingingsrade – wat op hul beurt 909 werkgewers verteenwoordig – aan 56 641 werkers uitbetaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Hoekom ·

Hoekom moet die werkgewer middelman speel? Sodat as hulle versuim om uittebetaal, die werkgewer geblameer kan word?

Emily ·

Ons kry nie salaris nie, hkm moet hulle kry. No work, No pay.

Kanjynoumeer ·

Waaaat!? Daar word n noodsaaklike diens gelewer deur boerdery om die land van kos te voorsien
Plaaswerkers ontvang hulle salarisse.
Wat het ek waar gemis?

Die Wolf ·

Niks gemis nie. Maar net weer n bewys van onbeholpenheid.

Oomniklaassevriend ·

Die weerloses word ook ondermeer teen die ergste van die pandemie beskerm deur allerlei hindernisse in die weg te le van voedselverspreiding aan arm wit gemeenskappe en die verbod op oop skoene en tabak

Jaco ·

hoe kan huidige verbod op tabak daardie arm mense benadeel? sigarette is n totaal onnodige uitgawe vir arm mense.

Jacobus ·

Oom met die lang naam. Absoluut in die kol. Het die howe nie die memo gekry nie. Kan darem nie verwag dat ‘n taxi bestuurder ‘n Boeing sal baasraak nie. Besluit ek sal nie meer kwaad raak oor dié twak nie – wel ‘n nota aan my brein gestuur vir toekomstige werkswyse

katerinadiekat ·

My huishulp kry haar salaris terwyl die lockdown aanhou.

marius ·

Myne ook , met vervoer toelaag want ons gee om . Die regeerders van die land voel ‘n veer vir my of haar .

Yolandie ·

Ek hoop dat die huiswerkers bygedra het tot WVF…..indien nie tough luck. Ek is seker dat daar huidiglik vele bydraers by die huis is omdat hulle nie kan werk nie, wat nog nie ‘n sent ontvang het nie……want die benadeeldes kry voorkeur.

voor ek vergeet ... ·

HIER IS ’N SLANG IN DIE GRAS! Min. Thulas Nxesi is net besig met ’n vuil politieke spel! Hy gebruik net die geleentheid om ons plaasboere en huiswerkgewers in ’n swak lig te stel! Ek glo eerder hy het ’n gaping in die stelsel gevind om sy eie sak aan te vul. “Ons het die hulp van ’n private maatskappy ingeroep wat ons help om díe werkers deur hul selfone op te spoor…” – Dink bietjie oor hoeveel geleenthede daar in hierdie sin is om bedrog te pleeg.

ZeldA ·

Mooi. Ek dink my man moet my gaan registreer. Ek is n huiswerker… Maak my eie huis skoon.

marius ·

Privaat maatskappy wat wie betaal ? Beteken dit ek kan my huiswerker nou ophou betaal terwyl sy by die huis sit ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.