‘Plaas hy my eerder geslaan het …’

‘n Verligte Carine van Staden vandeesweek buite die hof waar Jacob Marakalla 18 jaar tronkstraf opgelê is. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Carine van Staden voel geregtigheid het ná vier jaar eindelik geskied.

Tog is sy ontneem van die lewe wat sy voor 10 Augustus 2017 gelei het. Op dié dag het sy die voormalige weermagkorporaal Jacob Marakalla oor sy roekelose bestuur in die noorde van Pretoria gekonfronteer, waarna hy haar ten aanskoue van haar verloofde in spitsverkeer geskiet het.

As gevolg hiervan is die voormalige skopboks-kampioen later medies ongeskik verklaar vir werk en sukkel sy steeds met haar fisieke én geestelike gesondheid. Die hofsaak self het emosionele letstels op die 32-jarige gelaat.

“Ek weet watter soort persoon ek is, maar hy het my as so ’n slegte persoon [in die hof] uitgemaak. Die [verdediging] het my so verneder dat ek hulle amper in ’n stadium begin glo het.

“Ek het nog nooit kwaad geword nie en die eerste keer dat ek kwaad raak en die ou nader, word ek geskiet.”

Jacob Marakalla (regs) en sy regsverteenwoordiger, Vusi Siwela, wag tydens ‘n vorige verskyning vir die hofverrigtinge om te begin. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Marakalla kon haar eerder net geslaan het, het Carine aan Maroela Media gesê, nadat Marakalla vroeër vandeesweek tot 18 jaar tronkstraf gevonnis is.

Maroela Media het vroeër berig Marakalla se weermagvoertuig het Carine en haar verloofde, Johan Harmse, se motorfiets in die verkeer getref. Toe sy hom daaroor konfronteer, het hy haar in die linkerbors geskiet en sy vuurwapen op Johan gerig voordat die verkeerslig groen geword en hy weggery het.

Carine moes intussen verskeie operasies ondergaan om die skade aan haar longe te herstel.

Fisieke én emosionele skade

Carine van Staden destyds in die hospitaal nadat sy in die bors geskiet is. (Foto: Verskaf)

Carine, voorheen ’n kranige atleet, sou later daardie jaar aan die wêreldkampioenskapsreeks vir skopboks deelneem. Van dié sport is daar nou nie meer sprake nie en Carine verkeer steeds in pyn wanneer sy hoes of nies.

Sy is ná die voorval medies ongeskik verklaar om te werk en woon sedertdien weer by haar ouers.

“Ek kan al vir die afgelope vier jaar niks doen nie. Ek raak van my kop af by die huis. Ek wil besig wees. Ek wil goed doen. Ek is 32 jaar oud en my lewe is daarmee heen.”

Luidens voorvonnisverslae en slagofferimpakverslae wat by die hof ingedien is, ly Carine sedert die voorval aan chroniese pyn, asook depressie, angs en hiperbewustheid. Sy ontvang behandeling by ’n sielkundige en psigiater.

“Die voorval het ’n beduidende fisieke, sielkundige, verhoudings- en beroepsinvloed op die slagoffer gehad,” lui een van die verslae.

“As dit nie vir Johan was nie, weet ek nie,” vertel Carine.

Carine van Staden en haar verloofde, Johan Harmse. (Foto: Verskaf)

“Hy kyk na my wanneer ek siek is. Daar is nagte wat hy my moet wakker maak, want ek kry nie asem nie en verstik soos ek hoes. Ek het ook al ’n paniekaanval in die kar gekry en nie asem gekry nie.”

Marakalla se verweer was deurgaans dat hy gedink het sy voertuig word gekaap en dat hy uit noodweer opgetree het.

Landdros Piet Nel het egter bevind dat Marakalla se lewe nooit in gevaar was toe hy daardie skoot afgevuur het nie en hom skuldig bevind op aanklagte van poging tot moord, die rig van ’n vuurwapen, roekelose of nalatige bestuur en die versuim om hulp op ’n ongelukstoneel te verleen.

’n Maatskaplike werker het intussen ná samesprekings met Marakalla bevind dat hy steeds nie bereid is om die ware weergawe van gebeure voor te lê nie en geen verantwoordelikheid vir die voorval aanvaar nie.

Hy toon volgens die maatskaplike werker ook geen berou vir sy optrede nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Hennie ·

Nog n swartgallige rasistiese terroris sit nou in die tronk! Hoop Carine hestel gou sodat sy ksn asngaan met haar lewe!

Onnie ·

Ek is elke keer geskok as ek hierdie berigte lees. Hoe onaantasbaar sekere mense in ons land voel, dat hy n pistool uitpluk en n vrou in die openbaar skiet, en geen berou daarvoor toon nie. Ek glo hy was op n “military high” waar hy gedink het hy het die reg om so op te tree. Ons metro polisie sukkel met dieselfde grootheidswaan. Ek is bly hy het n strawwe vonnis gekry, dalk skrik dit van die ander “groot menere” bietjie af.

Buck ·

Wens mens kon hom in die hande kry. Hy sou nooit weer normaal kon eet nie

Hondjie ·

Hy sal jo nooit geslaan het ni want dis ni hoe hul tewerk gaan ni.as hul ses was dan sou hy maar ander sin sou hy skree rasis rasis as hy op sy hel gekry het.

Frikkie ·

Hy sal binnekort berou begin toon wanneer hy iemand se girlfriend in die tronk word.

Yolandie ·

Ja!!! Daar is ‘n beter / erger straf as die dood straf..

Kobus ·

Ja sal iemand se girl word stuur hom net na die regte tronk toe so nie moet iemand hom onder n bus ingooi

Anel ·

Dis nogal snaak dat hy nie onbevoeg verklaar is om ‘n wapen te besit nie! Dit word dan so gou in ander gevalle genoen. En wat van die klagte van afvuur van vuurwapen in stadsgebied? Maar nou ja. Hooo net hy sit die hele 18 jaar! Sterkte aan hierdie gesin.

AW ·

My vraag is…

Hoeveel vrouens kaap voertuie..

Hoeveel Wit Vrouens kaap voertuie…

Wat die Prokureur betref… … … Weet meeste hulle sal doen wat hulle moet om die getuies swart te smeer, al weet hulle dat die persoon wat hulle verdedig Skukdig is !!

En dis Okay dat ek op tone TRAP !!

Die mens is vinnig om die Polisie vir alles en nog wat te blameer !!

Tog bitter min kyk verder …..

Ek is Bitter Jammer dat jy deur dit alles moes gaan, Tog nou het jy ervaar en beleef wat binne in n hof gebeur.

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Baie hartseer, vir die pyn wat hierdie dame op ñ jong ouderdom moet beleef, maar ook vir die deursneë samelewing, dat mens nie besef jy was verkeerd en het berou nie.

Zombie ·

Ek wonder of hulle werklik so ń vonnis as ń straf en vernedering ervaar? Miskien klim sy aansien in sy gemeenskap. Hoe sal mens nou weet.
Bitter jammer vir die dame wat deur die traumas moes gaan. Hoop sy kom by iemand uit wat werklik traumaterapie kan doen.

Casper ·

Angel ek glo hy is onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit,dit word net nie gemeld in die berig nie.

Casper ·

Hy was indiens van die weermag so ek hoop jy dagvaar die werkgewer en hom in sy persoonlike hoedanigheid.

Jacobus Stephanus ·

Hierdie klein mannetjie moes dubbeld daardie vonnisoplegging gekry het. Net oor sy houding en oor hy geen verantwoordelikheid wil aanvaar nie. Wat ‘n slegte mens is hy nie!!!

Maritza ·

Goed so. Hoop net hy dien sy volle 18 jaar uit. Verdien elke oomblik van sy straf

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.