‘Plaas SA in bekwame hande’ pleit Mandela-stigting

Studentebetogings in Pretoria (Oktober 2016). Foto: Twitter

Studentebetogings in Pretoria (Oktober 2016). Foto: Twitter

Die Nelson Mandela-stigting het Dinsdag geen doekies omgedraai nie en gesê dit is pynlik om toe te kyk “hoe die wiele van die voertuig van die staat afkom”.

Die stigting het na die regering gekap en gesê hy ondersteun ander mense en organisasies wat ook eis dat diegene wat Suid-Afrika se demokrasie in gedrang bring en sy hulpbronne plunder, aanspreeklik gehou moet word.

“Vandag, twintig jaar nadat Nelson Mandela Suid-Afrika se Grondwet onderteken het en kort voor die derde herdenking van sy dood, is dit vir ons by die Nelson Mandela-stigting pynlik om toe te kyk hoe die wiele van die voertuig van die staat afkom. Ons het gesien hoe noodsaaklike instansies soos die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (Said), die nasionale vervolgingsgesag (NVG) en ander wetstoepassingsinstansies verswak weens politieke inmenging in privaat belange,” het die stigting gesê.

“Ons dra nou die gevolge van ʼn politieke tendens om die sake van die staat te verpersoonlik rondom een individuele leier. In ʼn grondwetlike demokrasie is dit betreurenswaardig.” Die stigting het pres. Jacob Zuma nie een keer by naam in die verklaring genoem nie.

Die stigting het verwys na die konstitusionele hof se uitspraak in die Nkandla-saak en gesê hierdie saak is net nog ʼn bewys dat Suid-Afrika gefaal het in sy poging om ʼn funksionerende grondwetlike wese te wees. “Soos hierdie spesifieke wiel wegrol, is ander noodsaaklike instansies ook besig om af te breek. Die wetgewende, sake- en openbaredienste-sektore van die land word erg hierdeur geraak, wat die staat se vermoë om die mense te dien, al meer benadeel,” het die stigting gesê.

Betogende studente bots met die polisie buite die parlement tydens die aankondiging van die mediumtermynbegrotingsraamwerk (26 Oktober 2016). Foto: ANA

Betogende studente bots met die polisie buite die parlement tydens die aankondiging van die mediumtermynbegrotingsraamwerk (26 Oktober 2016). Foto: ANA

“ʼn Stryd woed tans om die Said-wiel aan die voertuig van die staat geheg te hou. Wat in die openbare diskoers as ‘staatskaping’ deur privaat en politieke belange beskryf word, is volgens ons ʼn groot bedreiging vir die Republiek.”

Die stigting het ook na die noodsaaklikheid van ʼn toeganklike en ten volle funksionerende onderwysstelsel verwys en gesê hoewel Suid-Afrika dit nog nooit ten volle gehad het nie, het die onderwysstelsel in die afgelope twee dekades aansienlik agteruitgegaan.

“Skole, veral dié in townships en plattelandse gebiede, is grootliks deur politieke belange gekaap en het tot op ondenkbare vlakke versleg. Nou word universiteite ook op hul knieë gedwing soos hulle van die een krisis na die volgende strompel, terwyl ʼn skyn van normaliteit afgedwing word in ʼn tyd wat in werklikheid ʼn noodtoestand is. Dit is vir geen onderwysstelsel volhoubaar nie. Die ineenstorting van ons universiteite sal ons demokrasie tot in sy kern beskadig.”

Die stigting het gesê hulle doen ʼn beroep op die ANC om seker te maak dat die staat “in veilige en bekwame hande geplaas word”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Laplander ·

Dit help nie om die ANC te vra om om toe te sien dat die Staat in veilige en bekwame hande geplaas word nie, dit sal eenvoudig nie gebeur nie, want die meerderheid ANC hoës, indien nie die hele lot nie, word gevoed uit die Staats-trog!

Topster ·

Nee moet nie nou huil nie die ANC en sy gespuis wil dit mos so he hulle moet nog meer brand en steel en korupsie aan die dag le

Boela ·

Hoor wie praat! Dit is by die einste Mandela wat die verval begin het.

Anne ·

Ek moet beslis saam met jou stem, wonder hoekom nou so verbaas?

bakoor ·

Die probleem het gekom met die wat hulle by die JA groep geskaar het voor 1994.

Alida ·

Ag bakoor kom tog by. Die wat ja gestem het, het ja gestem en wat kan jy of enigiemand nou daaraan doen. NIKS

Haibo ·

Zuma sê die vandalisme en optogte en vernieting van eiendom en brandsteek van geboue en busse en polisievoertuie is ‘n teken van ‘n gesonde, lewendige demokrasie, duidelik sien hy dit anders? Hoe stop die stigting dit as Zuma wat die President is dit goedkeur?

Lance ·

NOU word dit gevra ….bevrees dis 20 jaar te laat en die skade is gedoen …en die wat n versik kon maak is meeste land uit …so daar het julle dit nou !

M'Lady ·

Stel weer die wittes wat sonder seremonie uit hulle poste geboender is aan en binne n jaar sal die land weer vooruitstrewend wees.

John ·

Die geld rol in vir die stigting en so nou en dan moet ‘n demokratiese ‘kwe’ opklink om die Weste te paai dat daar iewers in die suide nog van die ‘goeie’ mense van die struggle oor is…

Scalla ·

Hoekom moet ons eens pragtige land onder gaan voor dit besef word, het by terroris mandela en ja stemmers begin

Ahooy ·

Die storie van Van Der merwe wat sy donkie geleer het om sonder kos klaar te kom. Net toe die donkie dit regkry, toe gaan hy dood………………. Wel, TRANSFORMASIE is al ver gevorder. Amper daar!!

Johannes Meintjes ·

Dat daar darem wel ook oor kulture heen ingesien word dat SA verval en sy burgers ernstig benadeel is besmoontlik prysenswaardig. Wat ewe betreurenswaardig is, is die feit die die wie “nee” gestem het ook niks meer konstruktief of ter herstel uitgerig het in die afgelope 22 jaar nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.