Plaas tweede keer in drie jaar geteiken

(Argieffoto: Anja van der Merwe)

ʼn Gesin is Donderdagaand op hul plaas in die Kleinmond-omgewing, Wes-Kaap, aangeval en beroof. Dit is die tweede keer in drie jaar dat dié plaas geteiken word.

Volgens Mark Kuys, AfriForum se veiligheidshoof vir die Suid-streek, is ʼn boodskap oor die plaasaanval op Nuwejaarsrivier, naby Kleinmond, omstreeks 23:00 op die plaaswag se Whatsapp-groep ontvang.

“AfriForum se plaaslike se protospan is geaktiveer en was binne ʼn kwartier op toneel. Ander wetstoepassingsdienste is ook terselfdertyd geaktiveer,” bevestig Kuys.

Volgens Kuys het drie mans die boer en sy gesin ingewag terwyl hulle by ʼn ander woning op die plaas was.

“Ongeveer 22:40, kort na hulle tuiskoms, het die drie mans met klapmusse en messe, waarvan een met ʼn vuurwapen gewapen was, deur ʼn venster tot die plaashuis toegang verkry. Die gesin is byeengebring en selfone is geroof.”

Volgens Kuys het die boer daarin geslaag om ʼn versteekte panie knoppie te aktiveer, waarna die aanvallers op die vlug geslaan het.

Niemand is tydens die voorval beseer nie en nog niemand is in hegtenis geneem nie.

“Die onmiddellike area is daarna gefynkam, maar sonder sukses.

“Daar is ongeveer drie jaar gelede by dieselfde plaashuis ingebreek, waartydens ’n inwoner gewond is,” het hy gesê.

Kuys sê ná dié aanval het lede van die plaaslike AfriForum-buurtwag voorgestel dat veiligheidsmaatreëls opgeskerp word. “Dit is juis hierdie maatreëls wat daartoe bygedra het dat die boer betyds alarm kon maak.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Harley Davidson

Die boer moes gewapen gewees het en die aanvallers dood geskiet het dan was hy suksesvol in die aanval.

Frank John

Ons mense in die land het so lank in vrede gelewe dat ons heeltemaal te hout-gerus-geraak het. Ons weet noe dat ons nou in oorlog tye leef en dus altyd moet verwag om in skermitseling betrokke kan raak. Hierdie is est hulle noem “gorilla-oorlog voering” . “Hit and run” “val aan en laat spaander”. Wees gereed, altyd!!! Ek weet, ek is skuldig aan te rustig wees, verwag nie dit sal met my gebeur nie….. Die woord van God sê: wees waaksaam, die duiwel loop rond soos ‘n brullende leeu en KYK wie hy kan verslint. Al hierdie booswigte kry hul… Lees meer »

Oujongvrou

Heel duidlik leer die boere nie. Veral as jy al 1 keer aangeval was. Gans te houtgerus. Ons woon i n die dorp en ek lek iemand wat hier gaan inkom. Ons leef soos gevangenis, maar ons leef. Selfs as ons die erf moet verlaat of terugkeer het ons wapens in die motor. Sorry maar dis hoe ons in oorlog geteisterde land moet leef.

madels

So dankbaar niemand het seergekry nie, dankie dankie dankie Vader