Plaasaanval: 15 jaar tronkstraf vir egpaar se nagmerrie-aanval

Argieffoto

Argieffoto

Hans Lekgetho (27) is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir die wrede aanval op Jan Pretorius (72) en sy vrou op 18 November 2012 op hul plaas Uitschot in Biesiesvlei, Noordwes.

“Lekgetho is Vrydag gevonnis vir die misdade wat hy saam met twee minderjariges gepleeg het,” het sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, in ‘n verklaring gesê. “Die minderjariges het as staatsgetuies opgetree.”

ʼn Deeglike ondersoek het daartoe gelei dat al die gesteelde eiendom, insluitend ʼn VW Jetta en vier vuurwapens opgespoor is.

“Die beskuldigde het die slagoffer tydens die misdaad met ʼn ysterstaaf aangerand,” het Moleko gesê. “Hy het geval en is in die huis ingeneem waar hy herhaaldelik geslaan is. Sy vrou se hande is aan die toilet vasgebind en die beskuldigde het die kluissleutel geëis. Sy het geweier en haar vinger is met ʼn mes byna afgesny.”

Die aanvallers het onder andere ook paraffien oor Pretorius uitgegooi, ʼn kombers oor hom gegooi en hulle wou sy baard aan die brand steek.

Hulle het gevlug toe ʼn hekklokkie gelui het. Hulle het die motor en vuurwapens ter waarde van R350 000 gebuit.

Klik hier om ʼn vorige berig oor die aanval te lees. WAARSKUWING: Die besonderhede in die berig kan sensitiewe lesers ontstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

boer ·

Wat word van die ander gemors wat nou staatsgetuies is?. Die marteling en uitwissing van ons blankes duur voort. Niks sal daaraan gedoen word nie.

Ons is nog te lief vir rugby en braaivleis en ons eie paar besittings, en daarom sal ons vertrap word.
Die dag as ons wakker skrik,gaan dit amper te laat wees,want dan gaan dit veel erger wees.

Ons Zimbabwe is oppad, en vir julle wat dit nie kan sien nie, wil dit nie sien nie.

Maggie van Zyl ·

Hulle is reeds gedugte misdadgers, self op daardie jonge ouderdom, nou is hulle terug op straat !!

Frank Ollewagen ·

Ek dink eerlikwaar dis n belaglike vonnis en stuur die verkeerde boodskap uit.Die minderjariges kom skotvry daarvan af en glo my hulle is een van die dae weer betrokke by n plaasmoord.

pop ·

Bernelle, eks so bly as ek hoor die wit kinders soos jy wil padgee. Ons is ou mense en gaan ook padgee. As elke witte dit net wil insien en saamstaan is ek seker ons kan vir asiel aansoek doen , ons lewens is absoluut in gevaar. Die mense oorsee het gehelp om ons in die gevaarlike situasie te sit so hulle kan ons nou help om ons veiligheid te verseker.

Drieks ·

Ja Pop, die saam staan storie wil net nie. En so leef ons in hierdie pyn wat nie wil stop nie. Jy bevoorreg om weg te gaan. Voorspoed en mag jy rus vind anderkant…

marietjie Marais ·

Is dit nie die wreedste moorde ooit nie! Waar is die buiteland nou dat hulle kom kyk waarteen ons moet veg!!! Barbarisme!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.