Plaasaanval: Bejaarde getuig hoe twee mans dogter verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Bejaarde vrou van Mpumalanga het Dinsdag in die Nelspruit-streekshof getuig hoe twee mans haar dogter tydens ʼn huisbraak in haar teenwoordigheid verkrag het.

Die vrou, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie om haar dogter se identiteit te beskerm, het teen Solomon Abraham Nkosi (25) en Jimmy Mkhabela (27) getuig. Die twee het reeds in die hof skuldig gepleit op aanklag van verkragting en roof.

Die ma het getuig haar 33-jarige dogter is op 7 Februarie, in die huis wat hulle op ʼn plaas in die Witrivier-omgewing gehuur het, aangeval. Sy het haar dogter hoor skree en toe na die grondverdieping van die huis gegaan om ondersoek in te stel. Sy het gesien hoe die twee mans haar dogter met ʼn vuurwapen aanhou. Hulle het daarna haar dogter na ʼn kamer gedwing waar hulle haar verkrag het.

Die verdagtes het die huis geplunder en die vroue se selfone en ander huishoudelike items gesteel.

Die saak is tot 21 Mei uitgestel. Die mans bly in aanhouding tot dan. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ria Maritz ·

Hierdie sadistiese optrede sal ek in my lewe nooit verstaan nie.

Hoe kom ‘n vrou OOIT daaroor – ek weet nie, kan net met die krag van BO wees.

Baie sterkte aan die dogter en bejaarde moeder.

Annatjie ·

Sluit die seldeure en gooi die sleutels vir altyd weg. Dis hartseer om sulke brutaliteit te lees. Ons wette is te sag. Daar is nie pille vir sulke barbaarsheid.

Carol Daniels ·

Here Jesus…neem asseblief die ouma en dogter se seer weg..*trane*

AmY ·

As so iets met my moet gebeur, weet ek nie of ek ooit daaroor sal kom nie. Dis net te verskriklik!!!

Cornelia ·

Goeienaand liefste Tannietjie en u dogter. Ek hoop uit my hart uit dat u die boodskap van my sal ontvang en sal lees. Ek wil net vir u se, dat ek uit die diepste wese van my siel vir u sal bid vanaand! Mag ons Hemelse Vader geregtigheid laat skiet op 21 Mei wanneer die hofsaak weer voorkom. Ek stuur in gees vir u en u dogter n stywe drukkie en al wat n mens kan doen in so n situasie is om te weet dat hul ons liggame leed kan aandoen, maar aan ons siele kan hul nie raak nie!! Skakel asb my broer: Dominee. Jan Duvenhage 073 273 2727 vir absolute vol Jesus krag berading. My hart bloei vir Tannie en u dogter. Ek pleit die kosbare bloed van Jesus Christus oor u. Al my liefde Corlaine xxxx

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.