Plaasaanval: Bejaarde man met knopkieries aangerand

Die bejaarde man is met ‘n helikopter na ‘n hospitaal in Bloemfontein geneem. Foto: Verskaf

ʼn Bejaarde egpaar is Sondagoggend in hul huis op hul plaas in die Reitz-omgewing in die Vrystaat oorval.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het Sondag aan Maroela Media gesê ʼn voorlopige ondersoek dui daarop dat drie gewapende aanvallers die egpaar omstreeks 05:00 oorval het.

“Die 76-jarige man is tydens die aanval na die badkamer gesleep en onder meer met knopkieries aangerand. Hy het erge hoofbeserings opgedoen.”

Sy vrou is in ʼn kamer aangehou. Sy kon omstreeks 06:30 daarin slaag om hulp te ontbied nadat die aanvallers te voet oor die koppies gevlug het. Die aanvallers is steeds soek.

Die man is daarna na ʼn hospitaal in Bethlehem geneem vir behandeling. Sy vrou het nie ernstige beserings opgedoen nie.

Dit is nog nie duidelik wat alles tydens die aanval gesteel is nie, maar selfone is onder meer gebuit.

Müller het gesê die egpaar het nie ʼn mediese fonds nie en AfriForum en die hospitaal in Bethlehem het gereël dat die man na ʼn hospitaal in Bloemfontein oorgeplaas word.

Die man is Sondagmiddag met ʼn staatshelikopter na die Netcare Universitas-hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

Die polisie en buurtwagte was op die toneel en ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Ann ·

Ek ken so baie boere in die omgewing dat ek koud word elke keer as ek oor ñ plaasaanval in die distrik lees of hoor.
Ek hoop die sal okay wees!!
Weet iemand dalk wie dit is?

Reitz ·

Oom Henry Roux en tannie Marie. Hul plaas is by die Koppie met die wit klip kruis.

Tersia ·

Weereens ”n plaasaanval. Ek kry die gevoel dat opvlam. Leiers van hierdie land dit is julle skuld

ontevrede leser ·

weereens ‘n klomp lafaards, L A F A A R D S, julle is te bang om julle eie portuur en getalle aan te vat. sterke aan koster en familie, gemeente lede, gebede gaan op vir spoedige herstel

bokka ·

En so gaan dit maar net aan en aan totdat al ons blankes uitgewis is want dit is wat die swart regering wil he

ontevrede leser ·

skuus kommentaar hoort by zeerust koster wat aangeval is, maar dit kan maar hier ook bly

Reitzer ·

Shame. Dit is die tweede aanval binne n week in Reitz omgewing. More, oormore raak dit weer rustig ons raak besig en vergeet van die erns van die saak. Wanneer dit weer gebeur is ons van voor af kwaad. So herhaal die siklus homself.

Erg ·

Dis darm maar erg en jammer om te se,die polisie,EFF,BLF,is kop in een mis wat die werk van die ANC uitoefen. Hul is n been uitvloeisel uit die ANC en draai n rat voor oe aan almal in SA. Misleiding ingesluit. Baie sterkte aan die egpaar en familie. Dankie Afriforum vir jul hulp en bystand.

PJC ·

Daar sal vinnig en dringend gekyk moet word na veiligheidsmaatreëls op plase om hierdie slagting van blankes te voorkom. Duidelik dra dit die huidige regering se stilswyende goedkeuring weg want geen piep word ooit van hulle gehoor oor dit nie.

Daan ·

Afriforum spog so met Gerrie Nel waneer begin hy n klas aksie teen die staat vir al die slagoffers van sinlose plaas aanvalle?

Skandelik ·

Neewat hy is te besig om NIE Lede te verteenwoordig, soos die ENGELS dame (wat se saak ook net stil geword het) en die DUDUZANI ZUMA se saak teen ‘n gesin wat OOK nie lede van Afriforum is nie. Dit alles om polities korrek te probeer wees word afriforumlede se geld gebruik om NIE LEDE te BEFONDS!

Amelia ·

Ek het Saterdag na Bethlehem gery. Met die terugkoms is ek weer voorgekeer by die padstop. Die padstop is regoor hul plaas se ingang. Dit het deur my kop gegaan dat dit erg blootstelling is aan die plaas. Jy kan die plaashuis en alles van die pad af sien. Ek het gewonder of dit nie n risiko is nie. En daar waraggies nie eens n volle nag nie en dit gebeur. Ek dink noggals dai padwerkers moet bietjie van nader bekyk word, met natuurlik samewerkers ook. En ek dink amper dat die padwerkers bly op sy grond ten tyde van die werk ook……….

Alida ·

Afriforum verteenwoordig hulle lede net soos LegalWise , Clientele hulle lede verteenwoordig. Die een mediesefonds kan nie ‘n ander mediesefondslid verteenwoordig nie. Watter deel verstaan julle nie. Afriforum is NIE ‘N LIEFDADIGHEIDSORGANISASIE NIE. Sluit aan en kyk of hulle jou sal wegwys. Ek daag jou uit. Mense dink omdat Afriforum opstaan vir die afrikaners hulle werk verniet. Dink weer.

jp ·

wanheer doen ons iets hieraan, wanheer brand ons binnebande op die n1?
Waar is ons leiers?
Waar is ons leiers?
WAAR IS ONS LEIERS??!!!

Koos B ·

Los asb vir Gerrie Nel uit hy is te besig met Staal Burger om nog ons probleme op te los.

Werner ·

Alida Afriforum werk net aan hoe profiel sake om aandag te trek en jou geldjies te kry Engels vrou was nog nooit n lid van Afriforum nie en hulle kon haar nie gou genoeg help nie

Hannetjie Harvie ·

Wat se leiers JP? daar is nie so iets in ons land nie. En wat Gerrie Nel betref, wel jou ja, ek vra ook wie is hy nou weer? Meer bek as binnegoed. Ek bid en glo die Oom gaan ok wees.
Plaasaanval slagoffers moet die beste mediese behandeling kry GRATIS.

susan ·

Die slagoffers van die trein ongeluk naby Kroonstad gaan almal finansiele hulp kry.. Begrafnis word betaal en hulle word vergoed en kry trauma behandeling. Politieke partye waarvoor die familie stem gee van julle salarisse selfoon toelae en ry minder duur motors dan kan JULLE dalk die familie finansieel help?????

Peet J ·

Dit is bitter jammer om te sê hierdie moorde op ons blankes veral bejaarde persone sal nooit tot ‘n einde kom in die nuwe Suid-Afrika nie omrede die instansies bv. Afriforum, kerklike organisasies, menseregtekommissies, politieke organisasies VFplus, Cope Internasionale vergaderings ,Solidariteit ens. tot datum geen hond haarafgemaak het in die verband nie m.a.w. is daar dan geen oplossing om ons bejaarde mense wat op verafgeleë plase woonagtig is op een of ander manier by te staan nie . Dink net daaraan dat ‘n 70 jarige persoon deur drie jong mans met knopkieries aangeval en beseer word wat is die doel daarvan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.