Plaasaanval: Beloning aangebied ná bejaarde se moord

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie van Stormsrivier in die Oos-Kaap het R10 000 as beloning aangebied vir enige inligting wat tot die suksesvolle vervolging van Corrie Claase (70) se moordenaars kan lei.

“Corrie en sy vrou het op 28 Februarie omstreeks 05:00 op hul kleinhoewe in Robbehoek, Stormsrivier naby Uitenhage wakker geword en besef daar is ʼn oortreder in die huis,” het ao Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, Vrydag in ʼn verklaring gesê. “Sy vrou het na die bure gehardloop vir hulp, en haar man het in die slaapkamer gebly.”

Toe die vrou terugkeer, het Corrie verskeie steekwonde in sy bolyf gehad.

Die polisie versoek enigiemand met inligting om met hulle in verbinding te tree. Persone kan die ondersoekbeampte, Linda Kok, by 082 441 774 of die Stormsrivier-polisiestasie by 042 281 1616 bel. Alle inligting sal as vertroulik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Francis Linstrom ·

Net n regstelling. Robbehoek se naaste dorpe is Kareedouw en Plettenbergbaai.

Bets van Aswegen ·

Regstelling, Francis, dit is Kareedouw of Humansdorp of Jeffreysbaai.

CHRISTA ·

MAGTAG!! Dis hoekom hierdie ANC met ons maak soos hulle wil! Ons is so finnikie met mekaar dit dit oor ‘n klomp NONSENS!!!! SKANDE!!!!

Mariana v T ·

R10000 is te min in ons land om iemand te laat praat hul steel dit in een aand, Meer na R50000 sal ek dink

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.