Plaasaanval: Boer gewond, aanvaller doodgeskiet

Hennie Niemand is in die voorval gewond. (Foto: Facebook)

ʼn Boer van Noordwes is ʼn bestendige toestand in ʼn Potchefstroomse hospitaal nadat hy Vrydagaand op sy plaas in die Oudedorp-omgewing geskiet is.

Luidens voorlopige inligting het ʼn enkele aanvaller Vrydag omstreeks 18:30 ʼn plaaswerker op die plaas oorrompel en sy voertuig se motorband stukkend geskiet. Hy het glo dié werker gedwing om sy werkgewer, onder die voorwendsel dat hy ʼn pap band het, te gaan roep.

Na verneem word, het Hennie Niemand (32) nader gekom en die aanvaller het op hom losgebrand. Niemand is in die bors getref, maar kon steeds terugvuur. Die aanvaller is doodgeskiet.

Thys Swart, ʼn familielid, het op Facebook gesê Niemand is gisteraand geopereer.

“Sy milt moes verwyder word. Die koeël is by sy bors in, het sy hart en longe gemis en is by die heup uit. Hy is tans stabiel en op ʼn ventilator. Bid steeds vir hom en sy gesin en ook vir sy plaaswerkers.

“[Bid] veral vir sy gesin wat in geweldige trauma is na die gebeure wat voor hul oë afgespeel het. Dit was beskerming van God dat al die belangrikste organe gemis is,” het Swart gesê.

Volgens Swart is Niemand met ʼn polisiebeampte se gesteelde dienspistool geskiet.

Niemand en sy vrou, Talitha, is melkboere van die omgewing.

Lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder in Noordwes, het gesê die polisie doen onder meer ʼn geregtelike doodsondersoek na die voorval en ondersoek sake van die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

“Die boer was ʼn ooggetuie in ʼn huisroofsaak waarvoor die verdagte in November verlede jaar aangekeer is,” het Funani gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Jan ·

Nou wat maak ‘n verdagte in ‘n huisrooftog op vrye voete?

Nell ·

Seker een van die spul wat vrygelaat is weens Covid-19 en toe teruggekom het om wraak te neem.

Ronel ·

Want hyt seker net raas gekry in die hof en kon weet gaan. Met my tannie se plaasaanval is die lot net aangekla van huisroof. Maak nie saak of my tannie amper doodgeslaan was nie. Net huisroof 6maande later is die gespuis op vrye voet.

Trotse Boervrou ·

Dankie Here dat Hennie nog leef. Help asb dat hy volkome herstel. Sterkte aan sy gesin en familie. Ons sal aanhou bid vir Hennie en vir julle.

Stefan ·

Dit was beskerming van God dat al die belangrikste organe gemis is,” het Swart gesê.
Baie dankie dat God so goed was, Hy sou nog beter gewees het as Hy dit gewoon nie sou laat gebeur het nie.

Althes ·

Die Here het elkeen ñ vrye keuse gegee om te besluit. Agv Adam en Eva se besluite is hul uit die tuin van Eden geskop. Ons leef in ñ gebroke wêreld wat ons self geskep het.
Di s waarom die aanvaller besluit het om na die plaas te gaan met bose intensies.

OW ·

Jy beweeg op ‘n baie gevaarlike terrein Stefan.Jy mag die Here jou God nie oordeel nie en jy mag Hom ook nie versoek nie.Ons is almal sondaars maar sy Woord moet gehoorsaam word.

katerinadiekat ·

Het jy Enige idee hoe baie julle na volgers van n kultus klink as jy dit se?

Cherokee ·

Met wie praat jy?
O, jou volgende skrywe maak dit duidelik dat die duim-af geregverdig is.

katerinadiekat ·

Dit gaan my verstand te bowe hoe mense nog kan godsdienstig wees in hierdie land. As die lewe in Suid Afrika as n witmens ,nie jou oe oopmaak dat jy op jou eie is nie, weet ek nie wat sal nie. Die boer het oorleef omdat hy terug geskiet het voor te veel skade aan hom gedoen is. Julle besef natuurlik, dat dit wetenskaplik en fisies heeltemal moontlik is om geskiet te word en oorleef? Its called being lucky that day.

Werner ·

As jy jou kant bring sal God syne ook bring jy kan nie verwag dat Hy ons moet seen as ons nie volgens Sy wil leef nie . Elkeen dink hy kan maak wat hy wil dit sluit die kerke in . Duidelik was jy nog nooit verplig om vir jou lewe te baklei nie.katerinadiekat

Stefan ·

Werner, sè jy nou die boer het nie sy kant gebring nie en dit is hoekom hierdie tragiese ding oor hom gekom het??
Haal die skille van jou oë af sodat jy kan raaksien wat om ons gebeur.

Werner ·

Die boer het juis sy kant gebring dit is hoekom hy nog leef

katerinadiekat ·

Dit is waar jy verkeerd is, Werner. Ek moes al vir my lewe baklei. En ek is onder geen illusie dat dit nie weer in hierdie land nodig sal wees nie. Dis egter gevaarlik om te steun daarop dat die god van jou gekose godsdiens jou gaan beskerm. Ek lees te veel, selfs hier op Maroela, dat “ons net moet bid en glo”. That is a dangerous, disempowering belief. Kyk, ek weet jy bedoel goed, maar niemand gaan my nooit oortuig van enige van die Abrahamiese gelowe, of selfs die teenvoeter, Satanisme, nie. As daar enige geloof hier op aarde is wat vir my sin maak, is dit die een met reinkarnasie as middelpunt.

Daar is n gees van die lewe, n omniversiele energie, daar is n lewe na hierdie een. Maar nie dit wat die Abrahamiese gelowe verkondig nie. Dis jou keuse, glo wat jy wil, dis nie in my plek om vir siele voor te skryf watter weg hulle moet aanhang nie. Maar respekteer my siening dan ook asb.

Cherokee ·

So jy vra toe werklik aan die lesers om ateïsme te respekteer. Dit kan net verag word. Ek het oor die algemeen nogal gehou van jou kommentare, tot voor hierdie gesprek. Dit is jammer dat jy dit aan jouself doen.

katerinadiekat ·

Ateiste glo geensins aan n hiernamaals nie. Hulle glo as jou liggaam hier sterf, is dit die end. Dis die presiese teenoorgestelde van wat ek glo. Die siel kan nie vernietig word nie. Ek en jy wat nou hier met mekaar praat, kan nie deur dood van enige soort vernietig word nie. Ons gaan aan, klim iewers in n ander voertuig (fisieke liggaam). As ons goed genoeg gelewe het, ons weerhou het van mense seermaak en slegte dinge doen, kan ons terug gaan na die gees van die lewe wat deur die heelal, deur alles en in alles vloei. As ons te veel slegte karma opgebou het, Moet ons terugkom totdat ons genoeg gegroei het om die sirkel van reinkarnasie te mag breek vir ons self. Jy mag hierdie heidense gelowe noem maar dit is wat ek glo. Julle Christene glo in n hemel en hel.

Vir my is die hemel om deel van die gees van die lewe, van die heelal, te wees. Nie die materialistiese goue strate en juweel bedekte dinge vd Christen hemel nie. Klink vir my soos n massiewe juwelierswinkel.

katerinadiekat ·

Wat het godsdiens te doen met veg vir jou lewe? En ja Werner, ek moes al, en nie net op die fisiese vlak nie. Jy besluit mos: “Dis ek of jy/ julle/ dit, en dit gaan nie vandag ek wees nie”.Jy veg mos terug so brutaal en effektief soos wat jy maar kan, of jy nou Christen, ateis of andersgelowige is. Laat ek vir jou iets se wat jy sal verstaan: “In a fight, fight like the 3rd monkey on the ramp to Noah’s Ark. And brother, its starting to rain..”
Dis hoe die lewe is, in hierdie wereld en Veral in hierdie land. Godsdiens of tekort aan godsdiens het niks daarmee te doen nie. You or them. It is what it is.

Werner ·

Katriena as jy al my kommentare gelees het sal jy sien dat ek nie net deel is van alles sal reg uitwerk en God sal als vir my doen nie.As jy jou kant bring n wapen dra leer om dit te gebruik dan het jy menslik als gedoen wat jy kan en laat die res in God se hande. Maar om te se hoekom het God dit toegelaat as hy dan so goed is dui op onvolwassenheid en n persoon wat nie n krissis kan hanteer nie .Nerens in die bybel se dit dat as jy in God glo dit net met jou sal goedgaan nie

katerinadiekat ·

Ek het die bybel al baie maal gelees, Werner. Dit is n historiese rekord. A historical record of alien contact, alien overlordship, but never mind that now. In my opinie, is onvolwassenheid en onvermoe om n krisis te hanteer, juis die rede waarom godsdiens so gewild is op hierdie planeet. Mense het daardie kruk, daardie vader/ ouer figuur nodig. I get it. I am not merciless, i do not condemn religious people just for being religious. Die lewe hier is swaar. Ek stem 100% saam met jou, doen alles in jou vermoe om jouself en jou geliefdes te beveilig. Oor die godsdiens deel sal ons altyd verskil.

Zombie ·

Hierdie is ń aspek waarmee ek ook worstel. Ek het mense hulle God al hoor bedank dat hulle kind “net” gemolesteer is en nie ook verkrag is nie. Waarom is die kind dan nie sommer teen molestering ook beskerm nie en wat van al die ander kinders wat wel verkrag word? Wat is goed daaraan?
Dankbaar die boer leef nog!

Stefan ·

Ek wil net vir Maroela dankie sè dat hulle hierdie ‘diskussie’ toegelaat het.
Ons het almal ons eie sienings oor die geloof en (blindelikse) vertrouwe en dis altyd goed om anders denkendes se kommentaar te lees.
Ek wil nog net noem dat ek ‘n paar absoluut dierbare BAIE gelowige mensen geken het wat vermoord is vir ‘n paar Rand se goed, en die moordenaars het daarmee weggekom, dalk het dit my ‘n bietjie laat twyfel oor die bestaan van ‘n God wat liefde, goedheid voorstaan en almagtig is.
Dus: bring jou kant en God sal sy kant bring gaan lyk my nie altyd op nie

Cherokee ·

Jy praat asof jy dink dat nietige mense genade gawes vanaf God kan verdien. Ons kan nie want ons as sondaars is afhanklik van genade. Jy praat nie van ‘n honde-eienaar wat krummels gooi vanaf die tafel na sy troeteldier nie. Jy praat nie van ‘n aardse koning nie. Jy praat van die Koning van die konings. Jy praat van die Skepper en Heerser van die Heelal. Hoe groot spikkeltjie is die mens in verhouding met die grote heelal wat steeds groei en groei? En alles wat aards is, het ‘n einde. Wat is anderkant die einde van die heelal? Daar is weer iets, wat is dit? Dink mooi daaroor en besef die wonder daarvan dat God ons as enkelinge raaksien in die grootheid van alles.

katerinadiekat ·

Ek sien jy praat van vd heelal en die anderkant vd heelal, presies hoe Groot alles is. “The Massive Dynamic, the Big Machine”. En uit hierdie ondenkbare, eindelose, grootheid, het net die planeet Aarde die regte idee dmv Christenskap? Wat van die Jode, wat tot vandag nie mag varkvleis eet nie? Do you Really think the creator of something as vast as the omniverse (all dimensions, universes, worlds) is going to care if you eat pork?? Jesus en die ou testament god is Een, hy se so in julle bybel. Al het Jesus blykbaar nie omgegee dat julle varkvleis eet nie. Weet jy, ek kry dit, julle het julle beskermende vader figuur nodig..really i get it. Life can be pretty brutal. Geniet jou geselsies met Jeffrey Dahmer in die robyn en diamant geboue en goue strate vd hemel. He “found Jesus” in prison. In my belief system dear old Jeffy boy does not get off that easily.

Blomme ·

Gewoonlik is die grootste kritici teen Godsiens die een wat op ń stadium baie gelowig was maar deur die lewe ń skewe klap toegedien is… Dit is dan dat jy God vir alles wat verkeerd gaan blameer. Dit is hoekom iemand eenkeer gesê het.. Dis beter om te lewe asof daar ń Lewende God is en dan by jou sterfte agter te kom daar is nie ń God…dan het jy niks om te verloor. Maar wat as jy lewe asof en glo dat daar nie ń Lewende God is en jy by jou sterfte moet agterkom daar is wel ń God… Hoeveel het jy dan nie verloor… Ek sidder om daaraan te dink.

penny ·

Mag God julle genadig wees! Die aarde en die heelal is God sn. Alles op die aarde is satan sn. Dis hoekom hy Jesus probeer verlei het deur hom te wys wat Hy hom alles kon gee(stede), indien Hy Sy (ons) Vader sou verloën. God het almal vrye wil gegee en Ek sal bly glo in ons Vader, Seun en Heilige Gees!! Kon almal net sien, glo en lewe volgens die wil van die Here..dan sou boosheid, roof en moord nie alle daags gewees het nie. Geen van die dade is God gesind nie. Dis satan!! Maak my siek en skaam dat daar mense is wat so van my God praat. Hoekom word God aangeval as dit satan se toedoen is????Prys my Vader in die hemel.

Pieter ·

Die boer was ʼn ooggetuie in ʼn huisroofsaak waarvoor die verdagte in November verlede jaar aangekeer is,” het Funani gesê.

Waar die boer ‘n getuie is of ‘n saak aanmeld, kan dikwels vergeldingsaanvalle verwag word. Die polisie het my in die verlede daarteen gewaarsku en gesê dit is beter om sekere sake nie aan te meld nie. Siek land. Het dit breedvoerig op Maroela Media wil plaas , maar die liberale sensors het dit toe nie geplaas nie. En toe gebeur dit.

Ronel ·

Pieter dis snaaks hoe sekere kommentare wat net die pynlike waarheid uitwys nie geplaas word nie. Myne word gereeld verwyder.????

Werner ·

Maar net weereens n bewys hoekom jy jou wapen moet dra en weet hoe hy werk

Jr ·

Ek wil gal braak maar op maroela media met u polities korrek wees

Persheks Adri ·

Dank die Vader dat Hennie oorleef!!! Sterkte vir julle almal en ons bid vir julle.

#Stop plaasmoorde!!!

Johannes Andries ·

Die polisie man wie se wapen dit is moet vir medepligtigheid aan poging tot moord aangekla word. Hoe stel juristusie die volk teleur dat dir rowers seker bail gegee is?

JohanR ·

Ek wonder of dit soos ‘n lekker koue bier sal afgaan, as daar aan die ANC die voorstel gemaak is dat tenminste elke boer en sy vrou ‘n koeëlvaste baadjie kry? As jy op die internet kyk dan begin die prys vanaf soe R750 tot soe R7000, jy kan deesdae kry wat baie lug is om te dra. Se nie nie elke geval sal ‘n koeëlvaste baadjie help nie, maar beslis in die jong man se gaval waar die koeel hom in die bors getref het. Se sterkte aan die jong man en sy familie en vriende, en hoop en bid van harte hy sal volkome herstel. Kan ons se daar is nog ‘n gemors van die straate, en van die plaase weg!

Strandloper ·

Sterkte Hennie! Die boer vat raak! Kom ons draai die statestieke n slag om!

Yvonne ·

Vergelding het toe n duur prys….bid vir die boer en sy gesin vir volkome herstel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.