Plaasaanval: Boer gewond, verdagte doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

‘n 47-jarige boer van Reitz in die Vrystaat is deur drie gewapende mans oorval en geskiet op sy plaas in die Daniëlsrus-omgewing.

Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, sê Andre van Greunen is omstreeks 15:00 Sondagmiddag deur drie verdagtes in sy plaashuis aangeval. “Hulle het op hom losgebrand en hom in die maag en regterelmboog geskiet.”

Mophiring sê Van Greunen het egter teruggeskiet en een van die verdagtes in sy bobeen geskiet. Die polisie en paramedici is na die toneel ontbied.

Die verdagte is deur paramedici op die toneel dood verklaar. Van Greunen is ernstig beseer en na ‘n hospitaal gehaas vir mediese behandeling.

Die ander twee verdagtes kon daarin slaag om te vlug. Die polisie ondersoek sake van moord en poging tot moord.

Intussen is ‘n bejaarde broer en suster ook Sondag by hul in Reitz aangeval. Die suster is oorlede. Mophiring het aan Maroeal Media gesê die polisie ondersoek ‘n moontlike verband tussen die twee voorvalle.

Lees ook:
Reitz-aanval: Suster (83) sterf, broer (86) beseer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

monika ·

Wat ek nie kan verstaan ,waarom val hulle die boere aan? Wat is die agenda agter alles! Wie gaan kos vervaardig as al die boere se genoeg is genoeg. Wie betaal dan.(seker maar die wat tax betaal)

Dewald Matthysen ·

Die lafaards sal altyd ons mense op Sondagmiddae aanval wanneer mense op hulle weerbaarste is.

Vanessa Curlewis ·

Of snags as mense in hulle beddens slaap. En die lafaarde kom in bendes.

Rika ·

Ag Here wees ons asb genadig. Help ons volk om na U toe terug te keer. Genees asb ons land Heer ek vra dit in Jesus se wonderlike Naam. Amen.

rienie ·

Grootste klomp lafaards, val oumense aan wat weerloos is. Ons kan net bid vir ons land.

Hennie ·

Dit is seer maar wees vertroos ons “Hemelse Vader” slaap nie en eendag gaan hulle rekenskap moet gee. Hy se in die laaste dae sal ons swaarkry maar ons moet volhard want “Hy” kom gou!Kom ons bid dat die geweld in ons land sal ophou.

Andre ·

en ja dan word n saak van moord en poging tot moord ondersoek – moordsaak teen die boer seker? Nou ja ek hoop maar net geregtigheid sal seevier.

Frikkie ·

Waar gaan dit eindig sonder boere het ons nie kos nie kan die mense dit nie verstaan nie

Marlene van Gruening ·

Ja daar word wel ‘n moordsaak teen my swaer (Andre van Gruening) ondersoek maar dit is nog te vroeg om kommentaar te lewer.

Wat ek wel kan se is dat hy nog in ICU is en dat daar nog geen noemenswaardige verbetering is nie, ons vra dat almal asseblief vir hom sal bid.

emma rentia adrihana ·

Daai is nie net n plaasboer nie dit is my pa wat hul seer gemaak het raak aan my pa en jy is so goed soos dood hy het 3 kinders 2 uit die huis uit en 1 kind wat nog by hom bly . Mense is darm baie lafhartig en selfpride sonder n boer kan mens nie ver gaan nie n boer is die belangrikste beroep wat mens kan kry mense asb ek vra jul mooi bid vir my pa hy het niemand wantrou aan gedoen hy het n goeie hart en n wil vir die lewe mense ons moet mekaar help en vir mekaar opstaan my pa betekin die wereld vir my hy mag dalk n ou toppie wees maar hy is my toppie my pappa die daddy wat ons 3 kidz in die lewe in gebring het daddy mag jy gesond wees en mag liewe jesus jou gesond maak en by jou staan my pappa verdere boodskappe kontak emmarentia 084 634 4982

emma rentia adrihana ·

Daai is nie net n plaasboer nie dit is my pa wat hul seer gemaak het raak aan my pa en jy is so goed soos dood hy het 3 kinders 2 uit die huis uit en 1 kind wat nog by hom bly . Mense is darm baie lafhartig en selfpride sonder n boer kan mens nie ver gaan nie n boer is die belangrikste beroep wat mens kan kry mense asb ek vra jul mooi bid vir my pa hy het niemand wantrou aan gedoen hy het n goeie hart en n wil vir die lewe mense ons moet mekaar help en vir mekaar opstaan my pa betekin die wereld vir my hy mag dalk n ou toppie wees maar hy is my toppie my pappa die daddy wat ons 3 kidz in die lewe in gebring het daddy mag jy gesond wees en mag liewe jesus jou gesond maak en by jou staan my pappa

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.