Plaasaanval: Boer herleef nagmerrie in hof

WAARSKUWING: Die inhoud van die berig kan sensitiewe lesers ontstel

court-hammer_thumbʼn Bejaarde boer het Woensdag in die Lichtenburg-streekhof in Noordwes getuig oor die verloop van ʼn plaasaanval wat op 18 November 2012 naby Biesiesvlei plaasgevind het.

Die beskuldigde, Mosimanegape Hans Lekgetho (24), word aangekla van roof met verswarende omstandighede nadat hy meer as R50 000 se goedere geroof het en sy slagoffers ernstige liggaamlike leed aangedoen het.

Die klaer, mnr. Jan Pretorius (72), het aan die hof gesê dat hy van plan was om te gaan skape tel toe hy skielik in sy huis deur iemand met ʼn ysterstaaf op die skouer geslaan en oorrompel is. Volgens Pretorius was daar moontlik tot soveel as vier aanvallers, maar was dit moeilik om tred te hou aangesien daar driehoekige doeke om hulle gesigte gebind was en net hul oë uitgesteek het.

Die booswigte het toegang tot sy kluis verkry en sy eie 9mm-pistool gespan, teen sy kop gedruk en die sneller getrek. Die skoot het nie afgegaan nie. In ʼn stadium was hy in die badkamer toegesluit en moes hy hulpeloos sy vrou in die kombuis se hulpkrete aanhoor. Die klaer is later weer uit die badkamer gelaat en het opgemerk dat sy eggenoot ʼn bebloede lap om haar hand gehad het. Hy het eers later, na afloop van die aanval gemerk dat haar pinkie byna heeltemal afgesny is deur die aanvallers. Die aanvallers het deurentyd beurte gemaak om hulle aan te rand, te skree en te vloek aldus Pretorius.

Tydens die gebeure was mev. Pretorius selfs aangesê om haar te ontklee omdat hulle wou sien hoe die egpaar gemeenskap het. Sy het egter geweier en die rowers meegedeel dat dit onmoontlik is weens ʼn siektetoestand waaraan sy ly en hulle het daarna die voorstel laat vaar.

Die aanval was egter nog nie verby nie en die rowers het die egpaar in die sitkamer op ʼn rusbank laat sit en hulle dowe hond wat intussen vrekgemaak is se karkas tussen hulle kom neergooi. Dit het later aan die lig gekom die hond is met ʼn ysterstaaf doodgeslaan. Beide oumense is met kabelbinders vasgemaak en die aanvallers het voortgegaan om die huis te deursoek en goedere in hulle voertuig te laai. Een van die rowers het ʼn windbuks oorgehaal, die loop teen mnr. Pretorius se oog gedruk en die sneller gedruk. Die proses is met sy ander oog herhaal, maar daar het telkens geen lug of projektiel uit die loop gekom nie, aangesien daar ʼn vasgeknypte koeëltjie vasgesit het sedert sy kleinseun dit die laaste keer gebruik het.

Hulle is deurgaans geklap en gevloek en mnr. Pretorius het die hof vertel dat hy selfs met ʼn kombers toegemaak is aangesien die rowers waarskynlik ongemaklik gevoel het. Hulle het paraffien in die motorhuis ontdek en dit oor hom uitgegooi, wat sy oë laat brand en sy sig belemmer het. Hierna is daar talle kere met vuurhoutjies gepoog om sy baard aan die brand te steek, maar die brandstof wou nie vlam vat nie en sy baard is net geskroei. Tydens hierdie pogings het die aanvallers die egpaar toegesnou dat hulle “wit vuilgoed” is en dat hulle verbrand gaan word, het mnr. Pretorius getuig. Volgens hom was daar ʼn speelgoedmotorfietsie in die vertrek en toe die een rower per abuis daaraan raak het dit ʼn Kersfeesdeuntjie gespeel, waarna dit op die grond gegooi en stukkend getrap is.

Op dieselfde tydstip toe die rowers die voertuig by die motorhuis uittrek het die egpaar se dogter toevallig in haar voertuig opgedaag by die motorhek , en die rowers het met die egpaar se voertuig deur ʼn ander motorhek vanaf die toneel gevlug. Op ʼn vraag van streeklanddros Louis Virtue het mnr. Pretorius geantwoord dat hy fisies genees is, maar geestelik gekrenk voel ten spyte van behandeling wat hy ontvang het. Die Staat het ʼn fotoalbum as bewysstuk ingehandig nadat die tonele daarop deur mnr. Pretorius geëien is. Hy was sigbaar aangedaan toe hy getuig het oor die bloedspatsels op die kombuiskaste in die foto’s. Die saak duur voort en is uitgestel tot 6 Oktober vir verdere staatsgetuies se getuienis. Die ondersoekbeampte is ao. Adam Phukuntsi van die Biesiesvlei-polisiestasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Helene ·

Wie kan nog stry dat ons met demone sonder n greintjie menslikheid te doene het..wat n verskriklike mede-landgenote -volk moet ons ons lewens mee deel, hoe lank nog sal ons ontken dat n stille burger oorlog gevoer word..wees paraat.

Babs ·

Plaasaanvallers gaan nie om te steel nie, hulle gaan om te vermoor. Dit word vooraf beplan en daar moet geen genade wees vir die oortreders.

2Roedolf1 ·

Dit bly hartseer om die dinge te hoor en te sien .Amerika ontplooi n weermag oor twee onthoofde joernaliste .Wat doen die Afrikaner volk wie se voorouers die britse weermag aangevat en hoeveel swartstamme oorloe deur is . Sit terug en aanvaar dis net nog n moord .WORD WAKKER ASB ons volk word vermoor

Tokkie ·

En Roedolf wat anders stel jy voor doen ons anders as om te sê die volk moet wakker word – waar gaan ons leiers kry soos wat ons voorouers was – gaan jy die voortou neem? Ek wil beslis nie blindelings iemand volg wat ek nie ken nie – daar is net te veel verraaiers onder ons “eie” mense. En ek sien nie ‘n De Wet of De la Rey op die horizon nie.

D.D Rosslee ·

Tikkie dis presies hkm ons sal vergaan want soos jy dit stel jy wil nie iemand blindelings volg nie. Wie moet ons volg die persoon met 3 grade en mooi suiwer Afrikaans is dit hoe mens ‘n leier uitken. Onthou Hitler was ‘n uitstekende strategis kon ‘n volk opsweep het byna die wêreld tot sy knieë gedwing maar hy was kranksinnig, miljoene het hom nogtans gevolg maar dis omdat ons Afrikaner nasie wil oordeel tref want daar is altyd menings verskille en die eie ek sindroom waarmee ons moet deel en dis ons onderval die dag wat ons gaan wil opstaan is wanneer jy tikkie en ek ons huise en motors kwyt is en dis vir die verkeerde redes. Julius Malema snaaks genoeg is ‘n leier, ‘n gebore leier hy gebruik alles tot sy voordeel en het in sy eerste verkiesing ‘n miljoen stemme gekry, mense kom ons hou op om met flou humoristiese aan/opmerkings te maak oor hoe dom hulle is want dis net die teenoorgestelde, hulle is bja slim. Dis tyd dat ons, ons mense begin oppas kinders moet uit die stede uit en saam hulle ouers op die plase gaan woon en ons moet terug keer na ‘n kollektiewe lewe waar ons na onsself omsien en vir onsself voorsien en onafhanklik raak. As ‘n familie sterk is in geloof en heg is kan niks ons onderkry nie dis tog waar die Afrikaner vandaan kom.

Dave ·

Roedolf, ek weet nie of ek moeite moet doen om jou te antwoord nie want ek verkies eintlik om met mense wat oor redenasievermoë beskik, debat te voer. Dit is tyd dat grootpraters soos jy wakker word uit die sluimerslaap waarin julle is.

Toe die Boere teen swartes oorloë gevoer het, het die Boere gewere gehad en die Zoeloes het assegaaie gehad. Nou het die boere assegaaie en die swartes gewere, tenks en bomme. Indien jy dit nog nie geweet het nie moet ek jou maar in kennis stel dat die leer, die vloot, die lugmag, die hele weermag onder hul beheer is. Dat ons 4½m is en hulle 50m + hulle het Afrika, Sjina, en selfs die Westerse Wêreld agter hulle. Dit geld ook vir die oorlog tussen die Boere en die Engelse waarna jy verwys.

Ag los maar, wat jy geskryf het maak dit duidelik dat ek my tyd mors. Jy sal tog nie verstaan nie.

Melissa ·

Hierdie is nie mense of diere nie, dit is duiwelse barbare!! Hulle sal nog betaal vir wat hulle gedoen het!!

Bokkie ·

Ek is bly jy verwys nie na hulle as diere nie. Hulle is nie mens of dier nie, maar barbare, kinders van satan.

snip ·

nee regtig dit is te erg. dagvaar die MRK en staat. hulle is mos gekant teen die doodstraf maar doen niks om die landsburgers te beskerm nie.

lorayne ·

Adam Phukuntsi die SAPD ondersoek beampte, Saluut! Baie dankie van my kant af vir u bydrae om ‘n monster agter tralies te kry!
My hart en gebede gaan uit na die slagoffers. . . Mag julle genees raak langs die pad.

Louise Fick ·

Ek wil net weet wat word gedoen om hierdie tipe misdaad te voorkom? Die regering is veronderstel om sy burgers te beskerm teen misdaad maar dit gaan net voort en kan ons nie op ‘n manier die regering aankla en dat die wereld hof die polisie dwing om behoorlike opleiding te kry om hulle take uit te voer nie. SA is elke misdadiger se droom en hulle kom teer almal hier op ons mense!

Alex ·

Wat n WONDERLIKE VADER het ons,die skote wou nie afgaan en die vuurhoutjie wou nie brand, so getrou. Ons is so dankbaar dat Mnr Pretoruis en sy vrou nie dood is en wens hulle alle sterkte toe.Hou net vas aan ons Hemelse Vader.

Boesman ·

My oe het begin oopgaan na my oom se moord op Vierfontein. 80 jaar oud. Mense wat nog nie daardeur gegaan het nie, weet nie waarvan hulle praat nie.

Ek wens die oom en tannie Pretorius alle sterkte toe. Ek bid vir volkome beterskap.

En ou Hans Lekgetho, die wiel draai. Jou dag van hel sal nog kom.

Leonie ·

Sover ek lees sien ek net die Vader se beskermende hand oor die oom en tannie! Engele was om hulle!

Milan Bye ·

Ek stem saam! Ten spyte van al die sleg wat gebeur het, was daar menigte kere wat die aanvallers probeer het om Mnr. Pretorius te skiet, maar niks het gebeur nie. Ek sien ook absoluut die Here se hand in hierdie verhaal.

Riaan Slabbert ·

Milan, Leonie, Alex…..sou julle reken Liewe Jesus, wou hulle nie DOOD, he nie….net n bietjie MARTEL…?

Ben ·

Almal praat en se ons boere moet saamstaan ongelukig kan julle in die geskiedenis gaan kyk met die groot trek om van Britse oorheersing ontslae te raak almal het hul eie rigting in geploeter van toe af kon ons nie saamstaan nie ongelukkig gaan dit nog baie vat voordat ons dalk eendag sal saamstaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.