Plaasaanval: Boer, vrou ernstig beseer; 3 vas

Twee van die verdagtes wat in hegtenis geneem is. Foto: Verskaf

Drie verdagtes is in hegtenis geneem in verband met ʼn plaasaanval Woensdag in die vroeë oggendure in die Dendron-distrik in Limpopo.

Die boer en sy vrou is omstreeks 00:30 in hul plaashuis oorval. Volgens Marcelle Maritz, VF Plus-leier in Limpopo, is die boer erg aangerand en is hy in ʼn ernstige toestand in ʼn hospitaal opgeneem. Sy vrou is geskiet en is ook na ʼn hospitaal geneem.

Die verdagtes het met die boer se Nissan Navara-bakkie en vuurwapens van die toneel gevlug. Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het gesê vinnige optrede deur plaaswagte in die gebied in samewerking met die polisie het tot die verdagtes se inhegtenisneming gelei.

Die verdagtes is kort na 06:00 in Polokwane voorgekeer en ʼn skietery het uitgebreek. Een van die verdagtes is gewond.

“Ons wil graag dankie sê vir die plaaswagte, elke boer en die polisie wat vinnig gereageer het om die verdagtes op te spoor en in hegtenis te neem.”

Navrae is aan die polisie gerig en daar word gewag op terugvoer.

Die bakkie wat tydens die aanval gesteel is. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
marius

Dit gaan nie ophou voor die weerwraak so weersinwekkend is dat die hele wereld vir jare sidder nie . Dis die waarheid .

ES

Wonderlike werk! Ek wens die plaaskommandos kan weer op die been gebring word, die hoeveelheid aanvalle neem toe teen so ‘n enorme pas dat dit ‘n wonder is daar is nog boere op plase oor!

Werner

Stem saam met jou Marius ons kan nou maar optogte hou tot ons blou is in die gesig en vir ou CR se wat nou en al die knielers sleg se soos ons wil voor ons nie terugslaan sal niks verander nie

Lorna

Wow ek so bly hul leef nog
Amazing werk deur wagte wat ons boere oppas sonder julle sou dit nie moontlik gewees het om daai gemors te vang nie BRAVO
baie sterkte vir ons boer en sy vrou Amen

Jakes

Die situasie sal slegs opgelos kan word as ons dit self onderneem.