Plaasaanval-debat: Politici se uitsprake gekap

Mosiuoa Lekota, leier van Cope (Foto: GCIS)

Mosiuoa Lekota, leier van Cope (Foto: GCIS)

AfriForum het ANC-lede se gedrag tydens Dinsdag se parlementêre debat oor plaasmoorde sterk veroordeel nadat ʼn ANC-LP na bewering tydens die debat “bury them alive” geskree het.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid en Lorraine Claassen, misdaadanalis by AfriForum, het dié sitting bygewoon en beweer Duduzile Manana van die ANC het glo die gewraakte uitlating gemaak.

“Dít is ʼn bewys dat die uitsprake van politieke leiers wel kan lei tot geweld en moorde en dat die kwessie van plaasmoorde die ANC min skeel,” het Cameron gesê. “Sekere lede van die ANC het tydens die debat gesit en gesels en gladnie geluister of aktief deelgeneem nie. Politieke partye, wat nie plaasmoorde as ʼn kwessie wil erken nie, soos die ANC en EFF, het tydens hul spreekbeurte net gehamer op ʼn enkele voorval van ʼn swart werker wat in Letsitele geskiet is.”

Mosiuoa Lekota, leier van die Congress of the People (Cope), het tydens die debat gewaarsku politieke leiers se omstrede uitsprake dra tot ʼn groot mate by tot die probleem. “Wanneer ons goed sê wat mense mislei om mekaar aan te val, is ons deel van die probleem. Ons het mense hier wat sê grond dsal gevat word sonder vergoeding. Ons het ʼn president wat goed sê wat indruis teen die Grondwet en mense mislei om die goed te doen wat hulle doen,” het hy gesê.

“As ons president goed sê wat indruis teen wat in die Grondwet staan, moet ek iets sê. Almal wat ons in die Nasionale Vergadering het daardie verantwoordelikheid. Julius Malema [leier van die EFF] vloek sommige dele van die bevolking en sê hulle moet pasop vir wanneer hy aan bewind kom. Ons kan nie stilbly nie. Ons kan nie toelaat dat dinge gesê word wat daartoe sal lei dat mense mekaar doodmaak nie.”

Lekota se mikrofoon is kort daarna afgeskakel omdat sy tyd verstreke was. Hy het na nog ʼn paar onhoorbare sinne die podium verlaat.

Cameron het Lekota se houding oor die saak verwelkom. “Lekota het dit duidelik gemaak as die huidige stand van sake in Suid-Afrika voortduur, dit heel moontlik op ʼn volksmoord afstuur,” het hy gesê.

DA-LP Zakhele Njabulo Mbhele het tydens sy spreekbeurt die rassestereotipering, wat deur sommige LP’s aangevoer is, veroordeel en gesê dit is hierdie “verdelende rasseretoriek” wat verdeeldheid onder verskillende rassegroepe aanhits. Mbhele het verder gesê ʼn tekort aan goeie leierskap in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) dra by tot die SAPD se mislukking om plaasaanvalle te bestry.

“Tydens ons onlangse besoek aan Belfast na nog ʼn plaasaanval, het ons gehoor hoe die SAPD hopeloos beperk is om misdaad te hanteer. In landelike gebiede moet hulle meestal op grondpaaie ry en soms waar daar geen paaie is nie. Die polisie se voertuie is meestal nie geskik om hierdie terrein te hanteer nie. ʼn Tekort aan voertuie en polisiebeamptes is ook ʼn probleem,” het hy gesê.

Hy het gesê polisiestasies moet groter vryheid gegee word om hulpbronne aan te koop wat gepas is vir hul spesifieke behoeftes en die nodige toerusting en hulpbronne plaaslik aankoop om administratiewe gesloer te vermy.

Minister Nathi Nhleko by 'n vorige geleentheid. Foto: Werner Beukes/SAPA

Minister Nathi Nhleko by ‘n vorige geleentheid. Foto: Werner Beukes/SAPA

Nathi Nhleko, minister van polisie, wat laaste aan die woord was, het LP’s verseker die ANC beywer hom daarvoor om alle Suid-Afrikaners, insluitend landelike gemeenskappe, te beveilig. Hy het gesê die weerloosheid van boere en aanvalle op plase moet in die groter konteks van misdaad beskou word, maar die indruk moet nie geskep word dat hierdie aanvalle polities gemotiveerd is nie.

Hy het uit die polisie se misdaadstatistiek aangehaal om aan te dui dat plaasaanvalle en plaasmoorde oor die afgelope paar jare gedaal het. “Enige moord is een moord te veel en daarom is hierdie statistiek geensins iets om te vier nie. Ons is trots op ons strategieë wat daarin geslaag het om misdaad te verminder. Die SAPD se landelike veiligheidstrategie begin vrugte afwerp.”

Nhleko het ook politici se uitsprake, dat mense grond onwettig moet beset, veroordeel en gesê dit lei tot verdeeldheid onder Suid-Afrikaners. “Daar moet gestreef word na menslike waardigheid en gelyke regte en voordele van burgerskap vir almal. Dit help nie om ʼn enkele gedeelte van die landelike gemeenskap uit te sonder wanneer die hele gemeenskap uitdagings in die gesig staar nie,” het hy gesê.

“Ons liefde vir boere moet nie beperk wees nie. Ons moet streef na ʼn universele liefde vir die ganse mensdom, ongeag ras, geslag of sosiale status. Hoe gouer ons die sosiaal-benadeelde omstandighede van die armes oorkom, hoe gouer sal ons die stryd teen misdaad wen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Jaco ·

Die ANC of EFF het my nie lewe gegee nie. Hulle gaan my ook nie laat smeek om dit te behou nie. Ek is tot alles in staat deur God wat my krag gee. Nie die ANC nie. Nie die EFF nie. Op my knieë sal ek gaan vir een persoon en Hom alleen. God bepaal my toekoms. Die government bepaal wel die omstandighede van ons boerevolk maar ons boere het elke keer oorwin in die slegste omstandighede. Ons het oorwinning behaal as die minderheid. Want deur alles het ons God geken. Ons het nog nooit terug gestaan nie. Bogger die mense se denke en verskonings en die hel met hulle statistieke. Ons is en sal altyd Afrikaners bly!

Boeremeisie ·

Jaco, jy het nou alles verwoord wat ek graag sou wou sê. HY wat was, wat is en wat weer sal wees, die God van Abraham, Paulus, Petrus, Dawid, die God van Bloedrivier, die God van Suid-Afrika. Met Hom aan ons sy kan ons BENDES stormloop en oor mure spring. Net God kan oorwinning bring. Ek is trots om ‘n wit, boerevrou te wees.

Trots ·

Jy gee my nou sommer trane in die oë. Ek wens ons almal kon so voel. Dit is net God wat my kalm hou in hierdie tyd. As ek die berig hier bo lees sidder ek om te dink wat die toekoms vir ons en ons kinders inhou. Ek dink aan plannetjies om uit die land te kom, maar ek sal nooit my familie agterlaat nie. God sal tot ons redding kom

Eriko ·

Het julle regtig enige iets anders verwag?

Die parlament is een groot sirkus. Met die hoof narre wat sit agter die plaas aanvalle en moorde op ons mense. Hoe op dees aarde kan mens enige ander tipe reaksie verwag as dit wat jul gekry het?!

J. Bath ·

Ek het debat gekyk
*Dankie Dr Groenewald vir die opper van die saak.
*Meneer Lakota van Cope is ‘n WARE LEIER en sy mikrofoon moes nie afgesit geword het nie. Ek salueer u vir toespraak van getegtigheid!
*Meneer MA Mncwango van IFP is ‘n WARE LEIER en hy het soveel kompassie betoon om in Afrikaans aftesluit. Respek vir U Meneer.
*DA se Meneer Mbhele is Tops en Baie Profesioneel en het praktiese oplossings gelys wat goeie punte is.
*ADCP Meneer Swart het perfekte waarheid gepraat en ek dank die Here vir sy en die ADCP se stem in Parliment.

ANC EN EFF het my hartseer gelaat met duidelike wete dat hul nie deernis het vir die gruwel dade wat voor parliment gebring is nie.

Wenner LEIER wat uit sy Hart en siel opgestaan het en in getegtigheid en waarheid die saak van plaas Moorde geantwoord het was Meneer LEKOTA.
Dankie aan hom

Leeutjie ·

J. Bath: Toe ek jou insiggewende gedeelte lees het ‘n gedagte by my ontstaan van…wat as COPE, IFP, DA en ACDP kan saamstaan…hoeveel meer in getalle kan ons wees en wens op ‘n meerderheid met die volgende verkiesing!!

Leeutjie ·

J. Bath: Toe ek jou insiggewende gedeelte lees het ‘n gedagte by my ontstaan van…wat as COPE, IFP, DA en ACDP kan saamstaan…hoeveel meer in getalle kan ons wees en wens op ‘n meerderheid met die volgende verkiesing!!

"oop lippe" ·

Hier kom ‘n ding!!!!!!!! Suid Afrika, volksmoord is jou voorland. Toe ek by die brandweer gewerk het, het ek geleer van stellings soos “laat die vuur hom self uitwoed”. Dit wil voorkom SA MOET homself uit woed.
Dis maklik om af te breek maar nie maklik om op te bou nie. Da gaan oz land van ‘melk en heuning’. “VOLKSMOORD!!!!!!

waarheid ·

Al wat ek kan se dis n teleur stelling om dit te hoor ek se net mense die Here slaap nie hy weet wat om te doen glo en vertrou glo net hier kom n harde tyd wat voor le vir ons die is die begin van baie dinge ons moet net bid en glo die vader sal ons gebede verhoor

andrea van vuren ·

Dis goed en mooi om te bid vir jou volk en vaderland en ook vir jou veiligheid. Ek glo die Here hoor ons almal maar ek glo ook dit sal nie help om terug te sit en te wag dat iets gebeur nie. Die Here het aan ons die talent en krag van denke gegee om daadwerklik op te tree. Dus, bid en doen. Dit sal werk!

Johann ·

waarheid; het jy darm eers seker gemaak oom Angus sê dis ok as ons bid? Ek bedoel…oom Angus sê die Here se vir hom ( Angus) dat dit nie meet goed genoeg is om in on eie hart en huis te bid nie…NET oom Angus mag vir ons bid op oom Angus se biddag…ek vra bloot. Wil darm nou nie teen die wil en wete en spreke van die nuut self aangestelde afrikaner profeet gaan nie?

Jakoba ·

Johan jy moet jou skaam. Wat het jy al gedoen vir die land. Het jy al ‘n gebedsgroepe soos duisende bymekaar gekry om te bid. Nerens het daardie man ooit gese net hy kan bid nie. Jou negatiewe onvolwasse opmerkings laat mens koud. Hoekom dink jy gaan dit sleg met die Afrikaner? Oor negatiewe mense soos jy. Jy is so openlike teen n man wat God gestuur het om te help . Skaam jy jou nie. Sies man ek voel eintlik skaam vir jou part. Word nou groot en verootmoedig jou voor God. Staan saam met oom Angus en nie teen home nie want as jy die werk afkraak en ontken wat oom Angus doen ontken jy God ook.

Francis ·

eers cill a boer kill a farmer !!nou
barry them alive ??????

Rynhardt ·

Vir 10jaar het ek gewaarsku in hoofstroommedia dat jou land op chaos afstuur en dat moorde op ons mense gaan toeneem.Dit was afgelag en daar was geglo in demokrasie.En nou??Alle organisasies en partye, hoekom is julle so ontstel oor die uitlatings van Anc-politici (“bury them alive”)???Alle organisasies en partye, stop die skynheiligheid.Ons mense word onderdruk en uitgemoor vir 23jaar al!! Afrikaners, wat is fout met julle dat julle niks kan of wil insien nie?? Ek vra weer:Afrikaners wat is fout met julle dat jul polities korrekheid nastreef??? Julle is op pad na die afgrond met polities korrekheid! Is daar nog opregte, egte Afrikaner/Boere vandag in SA??? Ek glo daar is minder as n 100 opregte, egte Afrikaner/Boere vandag in die land! Ek gaan weer vra:Afrikaner/Boere, organisasies,ens., hoekom leef julle in ontkenning met wat aangaan in SA?????? Kom ek spel dit uit vir julle almal.SA ontwikkel vinnig tot n groot moordparadys!!! Moenie verbaas wees oor dit nie.

Zachrys ·

Die bo genoemde is al wat ons nodig het om vir ons self te sorg, dankie Afriforum! Julle is die katalisator.

Rupert Ashford ·

Nou het mens hulle in volle glorie gesien en gehoor oor die saak.

koos ·

wit mense moet DRINGEND begin aanpas en baie groot verstellings maak om te oorleef.
Bly uit die politiek uit. Dis hoe Zimbabwe se wit mense oorleef het die eerste 20 jaar na Mugabe oorgeneem het. Eers toe hy bewyse gekry het dat wit mense die MDC financier, het hy teen hulle begin optree. Hou jou mond TEN ALLE TYE, al is die miskenning, diskriminasie en slegte behandeling ook hoe erg. AANVAAR ook dat rassisme in SA altyd gedefinieer sal word as wit mense wat lelik is met swartes. Al is dit dubbele standaarde, AANVAAR DIT NET, want dis hoe dit gaan bly. As jy in jou huis aangeval word deur n inbreker, PROBEER WEGKOM. Om n held te prober wees, lei tot n moordklag en n rassismeklag teen jou as wit mens wat jou teen die inbreker/aanvaller verdedig het. Al is dit absurd, onregverdig ens ens, AANVAAR DIT NET, want dis hoe dit gaan bly. Boere, verkoop plase NOU terwyl daar darem nog iets uitbetaal gaan word daarvoor. Waarom met n gekla vasklou aan eiendom wat jou net viktimiseer vir n plaasaanval later en as jy weet dis n kwessie van 3 jaar en jy gaan dit dan SONDER ENIGE vergoeding veloor?

Ruby ·

koos, ek verskil van jou.

Die wit mense HET aangepas. Ek sal nie staan vir ongeregtigheid, korrupsie en diskriminasie.

Ek gaan nie prober wegkom nie, DIS MY LAND ook!

Die bloed wat in my are bruis HARDLOOP NIE WEG NIE. Al val my bloed op die grond, ek sal opstaan vir wat ek in glo, vir my en my nageslag.

Channel ·

Askies, maar my God het nie net agteroor gaan sit en als aanvaar nie. Dis van aanvaar dat ons as volk sit waar ons sit. Ons het die ander gelowe aanvaar. Ons het die ander kulture aanvaar. Ons het die ander se diskriminasie en haat aanvaar. En ons het begin skuldig voel oor alles waaraan ons nie skuldig is nie. Ek stem dat daar mense is wat afvallig geraak het en die situasie rakende apartheid uitgebuit het, maar meeste van die leiers was gelei deur God en Sy Woord en Sy waarheid. Aanvaar is definitief nie ‘n opsie nie. Wegkyk en weghardloop nog minder. Ons moet net doodeenvoudig terug draai na God. Hy sal ons lei. Ons moet ophou om people pleasers te wees. Soos een in vorige kommentaar, hou op om polities korrek te prober wees. Dit gaan ons niks baat nie. Want niks aan die politieke stelsels werk of is VIR die mense nie. Als word gedoen vir eie gewin. Hulle geld gaan inelkgeval binnekort vir hulle niks beteken nie. God slaap nie. En Sy wraak is erker as enige iets waaraan ons kan dink. Hy sal ook Sy eie straf vir hul arrogansie en hardkoppigheid.

Phillip ·

Koos, jy het die psige van ‘n volwaardige lafhart baie goed verwoord.

Elsie ·

Mnr Manana- (adjunk onderwys) seg mos net wat hy wil en dan se hy sorry na die tyd ek verwys na..voetsek,gupta en dat hy beskuldig was dat hy n vrou hardhandig behandel het (ook klomp praatjies oor duur kuiers en mense sleg behandel… wat het die ANC al daaraan gedoen ? Mnr. Lekota – ek het vandag baie respek vir jou gekry. Goed gestel Jaco. Ek bid psalm 91 vir almal wat lief is vir ons Skepper

Marie Visser ·

Mense, julle praat ligtelik van Volksmoord – dit sal hel in hierdie land wees. Laat ons liewer saam staan en bid vir ons land en sy mense.

Peter C ·

Marie Visser is reg, maar die Boerevolk moes al LANKAL saamgestaan het, nie nou eers nie! En ek twyfel of dit vinnig gaan gebeur; surprise my, en bewys my verkeerd. Of sal ek eerder vra, ‘hoeveel van ons mense moet NOG vermoor word, voordat die witman gaan saamstaan? HOEVEEL???’

Ysbeer ·

Met die ANC LP se uitskree en hulle houding is dit absoluut duidelik dat hulle die volksmoord nou nie juis afkeur nie. Dit sal dus dan ook nie onvanpas wees dat ons maar nou onsself met die beskerming van ons God beter sal moet verdedig en harder optree tydens n plaas aanval nie.

Hannes ·

My vraag is dit: Het Koning Dawid die klippeis in sy sak in gebid of het hy dit self opgetel

Johan Venter ·

Hannes hy het dit self opgetel. Ons het tot ons GOD gebid, nou moet ons die klippe optel en ‘n instrument in die hand van ons GOD wees!!! Dit gaan nie help om te bid sodat GOD die harte en dade van die hartelose, Godelose element verander nie, veg vuur met vuur.

hein ·

Ja, ons kan nie net vertrou en niks doen nie. Die Here het ons verstand ook gegee. Bloedrivier was ‘n geveg. Daar was nie gesit en niks gedoen gewees nie.Word paraat en vinnig ook. Hier kom moeilikheid. Dankie Mnr Lekota- jy is fantasies, ‘n ware leier. Jy dwing respek af. Stem vir lLekota – ‘n man met rugraat en integriteit.

Ysbeer ·

Die geskreeude uitlatings en die houding van die ANC is absoluut ‘n duidelike indikasie dat die ANC nie die volks uitwissing afkeur nie, Dit is hoog tyd dat die volk met die beskerming van ons God, ons meer daadwerklik begin verdedig tydens aanvalle en stand punt begin in neem.

Johannes Meintjes ·

Dankbaar teenoor Dr. Groenewald van die VF+. Intussen moet die man, vrou, kind en landbouboer op grondvlak waar die moorde en aanvalle plaasvind, eerstens hulself beskerm, en dan met die hulp van goed ge-organiseerde buurtwagte, plaaswagte, GPF, SAPD en professionele oud SAW deelname so voorkomend en behoudend as menslik moontlik optree.

Jan ·

Die V f plus en lekota moet praat en saam een party stig dan gaan hulle baie sterker party word en meer kan doen vir ons en ons land

arizte ·

Ons kan mooi praat tot ons blou is dit gaan nie goed verander nie….halfte van wat die man gese het verstaan meeste van die eff en anc nie eers nie….die haat wat hulle dra vir boere gaan nie verdwyn oor een wit man vir hulle se asb hou op lellike wees met ons nie. Ek weet ook nie hoekom ons anhou terug staan en probeer civil wees nie fight fire with fire woorde help niks as mense se soos diere vermoor word op plaase nie.

Johann ·

Die wat in hart en daad in geloof vashou aan opregte gebed en GOEDHEID en GUNS van ons VADER…maak net eers seker by “oom Angus” of ons dit mag doen? Bedoel…bid uit ons huis en haard en harte? Want volgens Angus MOET ons almal by ANGUS se bid dag wees vir God se wil om te geskied? Bloot n vraag…

LosAngusUit ·

Jy het n ongesonde en negatiewe obsessie met Angus Buchan. Kan jy die man nou ‘n slag uitlos? Op al jou kommetaar het jy iets oor hom te sê. Jy hoef nie in God te glo nie, maar los die man uit. Jy fokus op deel van die oplossing, nie op die probleem nie. As die man duisende mense na God toe bring, hoekom het jy so groot probleem daarmee? Liewe genade. Dis onnodig.

Leon Kirstein ·

Jahann…is jy verlief op oom Angus of watse obsessie het jy met hom? Watse bydrae gaan en kan jy met jou negatiwiteit tot ons land en volk maak…as jy niks insiggewend kan se nie…swyg asseblief.
Die biddag van 22 April is n begin en n goeie een. Vertrou dat God tydens hierdie byeenkoms aan ons n uitweg of plan vorentoe sal gee. Bid waar en wanneer julle wil mense….maar bid ernstig vir insig en die pad vorentoe. Geen mens gaan hier uitkoms bring nie….nie oom Angus nie en ook geen ander persoon nie….net ons Hemelse Vader

Willis ·

Die pad vorentoe is nou vir my duidelik – ek sal my plaas met my lewe verdedig. Reeds dra ek 2 wapens met my oral waar ek gaan. Elke dag is ‘n oorlewings dril – check die grens drade, check die infra rooi scanners, doen alle werk wat naby die huis gebeur myself… en wragtag, laat een persoon wat nie daar hoort nie, voet op my plaas sit….

John ·

Die Afrikaners benodig jonger bloed as verteenwoordigers in die parlement. Hoe goed ookal bedoel die stotterende ou ooms van die VF+ het hul beurt gehad en hul pensioene verseker. Gee jonges, wat wel ter tale is, nou kans. Hierdie is ‘n geveg vir sterk jong soldate wat buite die ou NP-boks dink. Ons leiers moet die ANC altyd een stap voor wees en nie koeelgate en bloedspatsels beeldsend vir die vyand om bly oor te giggel in die parlement nie. Dis dringend nodig om alle dokumente en bewyse met behulp van navorsers na te gaan vir die ware geskiedkundige feite en dit te kopieer want dit gaan deur die vyand vernietig word a la 1984!

LawMan ·

Plaasaanvalle en Moorde verminder.
Die Minister van Polisie se feite is totaal verkeerd. Daar is geen daaling nie. Net een plaasaanval is een te veel. Tot eendag wat die Politici nie self die bloed van vloer kom op vee het hulle geen reg om kometaar te kom lewer nie.

Piet van Niekerk ·

Word moorde op plase nou goedgekeur omdat wit mense kwansuis swartes vermoor? Wat se twak is dit? Boere, daar is goedkoop en beter metodes om wag te hou. Dink aan hommeltuie. Dis baie goedkoper as vliegtuie. Girotuig of girokopters is die goedkoopste metode van vlieg.

Andrea ·

Uitstekende plan, hoop boere implementeer dit. En help hul bure wat dit dalk nie kan bekostig nie.

Peet J ·

Om ‘n eenheid , saamstaan tussen ons blankes te bewerkstellig is reeds bewys as ‘n mislukking met die verloop van tyd asgevolg van die uiteenlopende standpunte wat deur die onderskeie politieke partye, geloofinstansies en organisasies ingeneem is. Almal wil die kitaar speel maar die regte wysie ontbreek maar ons blankes sal baie vinnig gesamentlik moet besluit dat ons net een doel voor oë het en dit is om te oorleef.
Die Afrikaner word ook maar net as ‘n Volk, ‘n laer stand as ‘n Nasie, geklassifiseer wat saamgebind is deur taal en afstamming en die begin van selfbeskikking berus by bogenoemde organisasies om te verenig.

Ruby ·

Bring die kommando sisteem terug, sodat ons jong mense opgelei kan word. 43 jaar gelede het selfs ons as vrouens opleiding ontvang in Namibie. Hoeveel jong mense van vandag kan ‘n vuurwapen hanteer?

Veronica ·

En wat word nou van die skreeuende ANC lid?? Ek hoor: net stilte!!!!!

Claudette ·

wat as ons moet skree “Bury them alive ?????N taxi betuurder skree nou die dag op my terwyl hy ons amper van die pad af druk.. and says:..what do you want to say?????I’ll kill you and just say in court you were racist …and nothing will happen to me…..met nog n klomp vloekwoorde agter ons aan….En dis waar as ek hom sou takel gaan sit ek in die tronk ?As hulle moor kom hulle weg en die moordenaars word nooit gekry nie.Breek hulle by jou in mag jy nie eers jouself in jou eie huis beskerm nie?Mar hulle kan doodmaak……Hulle Presidet stem saam….Hulle Malema stem saam ….en duidelik die hele kabinet,dus hoekom plaas moorde nie vir hulle prioriteit is nie….maak oop julle oe ,ons word uitgewis.

Penelope ·

Dit klink darem of daar ‘n paar leiers was met begrip vir die gruwelooslike moorde in SA. Mag dit meer mense aan die dink sit om volgende keer reg te stem. Ons moet bid dat ALMAL in SA terugkeer na God en dan daarvandaan sal dit net beter kan gaan. Ongelukkig is daar heelwat steun vir die man met die rooi beret en die een wat nie kan tel nie…. Ons moet bid dat die volgelinge se oe sal oopgaan en dat hul sal besef: Hulle word opgesweep en misbruik om die vuil werk te doen, terwyl die persone leef in weelde soos Konings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.