Plaasaanval: Dogter ontsnap ná pa voor haar vermoor word

Argieffoto

Nóg ʼn boer is dood toe ʼn groep verdagtes Saterdagaand laat ʼn gesin van Broederstroom in Noordwes in hul huis aangeval en gemartel het.

Volgens getuies is die boer en sy gesin glo net na middernag op hul plaas oorrompel en etlike ure lank gemartel voordat die verdagtes hom later geskiet het.

Lorenz Jooste, een van die getuies, vertel Sondag aan Maroela Media hy en sy verloofde was op pad terug van Roodepoort op die Muldersdrifpad toe hy ʼn vrou in die middel van die pad opgemerk het. Volgens Jooste het die vrou gepoog om ʼn motor langs die pad te laat stilhou.

“Ek wou eers nie stop nie omdat ek in die verlede al ʼn bloutjie geloop het, maar iets het my genoop om terug te draai en hulp aan te bied. Die vrou was in ʼn histeriese toestand, sy kon amper nie praat nie. Haar regterskoen was deurgeloop, sy was vol bossies en blare. Ons kon sien iets verskrikliks het gebeur.”

Jooste sê die vrou het uiteindelik aan hom en sy verloofde gesê dat haar pa pas geskiet is deur verdagtes wat hulle in die huis oorrompel het. “Sy het gesê die verdagtes het by die deur ingestorm en haar pa koelbloedig doodgeskiet. Hulle wou haar vasmaak en het haar gedwing om inligting te gee soos wanneer haar sussie tuis sou kom. Haar sussie was in daardie stadium in ʼn kroeg naby aan die plaas en die verdagtes wou haar ook oorval het wanneer sy tuisgekom het. Sy het die inligting glo gegee omdat hulle haar gedreig het, maar daarin geslaag om los te kom en het weggehardloop.”

Hy sê sy was “geweldig getraumatiseerd”. Jooste het toe na ʼn nabygeleë vulstasie gejaag waar hy die polisie op die 10111-noodnommer ontbied het, maar niemand het glo geantwoord nie. Die getraumatiseerde vrou kon egter binne die winkel van die vulstasie haar man, wat in Stellenbosch bly, bel, en haar man het op sy beurt haar suster gebel en vir haar gesê om nié na die plaas terug te keer nie.

“Dit was net betyds. Die vrou se sussie was glo reeds op pad na die plaas toe, maar hulle het toe by ons aangesluit by die vulstasie. Dit was ʼn geweldige slegte ervaring.”

Die groep het in dieselfde tyd daarin geslaag om die Hartbeespoort-polisie te ontbied wat toe na die toneel is. Jooste sê hy het saam met die groep agter die polisie aangery.

“Die polisie het op die toneel skote geskiet. ʼn Mens is nogal bang, jy weet nie wie is geskiet nie. Ek was gewapen, maar wou nie binnegaan nie omdat ek nie geweet het wat presies op die toneel aangaan nie. Ons het ʼn rukkie later ʼn oproep ontvang wat sê dat alles veilig is en dat ons kan binnekom.”

Die presiese gebeure rondom die voorval is nie bekend nie. Die polisie het die voorval aan Maroela Media bevestig. Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, sê die polisie ondersoek die voorval. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

79 Kommentare

Madelein ·

Die feit dat hulle die ander suster wou inwag maak hierdie ‘n beplande aanval. Hulle wou seker die hele familie uitwis. Dan wil die regering ons vertel dis net ‘robberies’. Ons moet aanhou om hierdie gruweldade aan die wereld te verkondig.

Selfbeskikking ·

In ons gesprekke met die buiteland moet ook genoem word waarom ons wil praat oor selfbeskikking. Ons moet in globale gesprekke tree vir ons veiligheid en selfbeskikkingsonderhandelinge.

Dink Self ·

Die wêreld weet niks. Maroela media is net in Afrikaans.

Noodnommer ·

BELANGRIK: Die noodnommer 10 111 het lankal reeds verander na 08 600 10 111.

Boerseun ·

Lees iets anders as Maroela dan sal jy uitvind die wereld begin te hore kom. Daar is eersdaags n optog in Den Haag voor die SA ambessade .

Mariaan ·

Jy is reg, hulle hou die plase vir dae lank dop. Die plaasboere moet hulle sekuriteit opskerp en nie in die aande uitgaan nie.
Hulle teiken ons wit mans.

Dalene Lamprecht ·

Daar is ‘n warboel van emosies in my. Die feit dat 10111 ook nie geantwoord het nie, wys hulle is net so onbevoeg. Die regering dwing ons om hierdie moordenaars self vas te vat en hierdie gevalle net eenvoudig nie te rapporteer nie. Wanneer ‘n boer vermoor word, verdwyn die geval soos mis voor die son. Dit moet nou maar ook so met die aanvallers wees. Wag hulle in, i.p.v. andersom

Rina ·

Ja iets moet gebeur mense is moedeloos, bang, bitter en klomp gebreekte families en dit stop nie. Geloof en bid is reg maar God het ook verstand gegee dat ons oplossings ook moet kry. Ons is ‘n klein minderheid en op die oomblik met ons rug teen ‘n muur.

Lana ·

Die belangrikste ding waarmee ons moet begin, is om ten alle tye voorbereid te wees.
Jy en die mense in jou huis. Dan ook huisgesinne wat die naaste aan mekaar woon.
Ken mekaar se tye en omstandighede.
Beste is om elke aand voor jy gaan slaap te “verwag” iets kan gebeur. So ook elke oggend gereeld wees dat daar “vandag iets kan gebeur”.
Dan stel jy jou kop daarvolgens in en pas jou omstandighede daarvolgens aan.

Smit ·

Ons moet begin skree vir selfbeskikking, dis wat ons nou moet doen.

Noodnommer ·

Mense, let asseblief daarop dat die noodnommer 10-111 nie meer van toepassing is nie, aangesien die nommer lankal verander het na 08 600 10 111

Nettie ·

@Belangrik, dankie vir die inligting. Gelukkig, hier in die Noord-Boland, kom ons nog by ons naaste (plaaslike) polisiestasie uit as jy 10111 van ‘n Telkomlyn of 10112 van jou Vodacom-selfoon af skakel.

Johanné steyn ·

Dit het ‘n cliché geword in ons media: “Niemand is nog in hegtenis geneem nie”!

Stem saam ·

Ek stem saam met jou Johanne, dis wat my so ongelukkig maak omtrent die plaasmoorde. Wann dit in die koerante geplaas word dan eindig die artikel altyd af met, niemand is nog in hegtenis geneem nie en daar word net nooit weer gehoor van die moordsaak nie. Dit is so hartseer dit wat eers ‘n pragtige land was wat aan die gang is en die regering voel ‘n veer. Dis vir hulle meer belangrik om miljoene rande se geld uit te spandeer wat daar in elkgeval nie is nie, om ‘n lughawe se naam te verander of om strate te name te verander. Daardie familie is nou sonder ‘n pa sonder ‘n oupa. En die regering GEE NET NIE OM NIE. My oê is besig om oop te gaan en dis skokkend om te sien hulle voel ‘n veer. Ek wonder of dit sal help om te stem met die volgende verkiesing? Want al die partye maak net lêe beloftes.

Francois Groenewald ·

Dit sal nie verander. As daar n minister se kar gehijack word word elke polisielid gestuur om dit so gou moontlik op te los maar as n boer vermoor word is dit net nog n witmens en word die poliesie lede nie almal gestuur na die moord nie

Nettie ·

Paraat wees, is die antwoord.

Verwag dat die slegste enige oomblik kan gebeur. Hou jou oë oop en vertrou niemand nie – ek wil amper sê, moenie eens jou buurman of -vrou vertrou nie. En vertrou verál nie diegene wat vir jou werk nie – die makste honde byt die seerste!

Belê in ‘n huisalarmstelsel en gewapende reaksie van ‘n betroubare maatskappy. Bewapen jouself, of dit nou wettig of onwettig is – en hou daardie vuurwapen nie in ‘n kluis weggesluit aan nie, maar aan jou sy. En as jy nie ‘n vuurwapen kan bekostig nie, kry vir jou “mace”, of gaan slaap met ‘n skerp mes onder jou matras.

KG ·

Die hemel alleen weet, ek weet nie meer wat om te dink en se nie. In my lewe het ek lanklaas so ongelooflik moedeloos gevoel oor die krisis toestand in ons land!!!

Ek is so bitter jammer vir hierdie familie (en die Stellenbosch boer s’n) se tragiese ervaring en wens hulle alle sterkte toe!!

George ·

“Die polisie kon nie onmiddelik bereik word nie” en “nog niemand is al on hegtenis geneem nie” is deesdae die standaard.Hoe lank nog kan dit nog so aangaan voordat hier oorlog kom? Hoe lank moet ons hierdie nonsens nog opvreet?

Tuislander ·

Ons moet als doen wat ons kan om te begin met gesprekke met die regering oor selfregering want anders gaan ons geen toekoms he nie.

Daleen ·

Tuislander. Al uitweg is om uit hierdie wetlose land uit te kom. Daar is ‘n organisasie wat daaraan werk sedert 2007. Gaan soek hulle op deur vvk in te tik.

Ella ·

My hart bloei vir hierdie arme mense.
Ons moet wakker word en ons kinders leer om niemand te vertrou, nie eens die een wat in die tuin of huis werk en mense wat jy in n winkel of eetplek ontmoet of sien, gladnie!
Ek was n paar weke gelede hewig ontsteld toe ek kinders by n laerskool gaan haal. Die man wat die hekke oop en toemaak het n dogtertjie se hand tussen sy vingers ingevleg en sy kon nie los kom.
Ek wou vir n juffrou dit noem maar het nie en ek is kwaad vir myself.
Kinders moet ook nie fotos van hulself saam met ander laat neem al vra wie ookal vir n selfie ” want jy is so mooi”.
Ons moet waaragtig wakker word en elke dag op ons hoede wees.

Gatvol Boer ·

Almal se hier kom oorlog…hier kom oorlog, word wakker Suid-Afrika, n stil oorlog is klaar aan die gang!

Francois ·

More gaan daar weer Boere doodgemaak word en oormore en volgende week en volgende jaar.
Dit raak al erger en erger.

Gedaan ·

Elke dag sluipmoorde op ons mense en niemand doen niks nie.

VEE ·

DIE BOERE SIEN HUL WORD UIT GEMOOR..HUL MOET PLAN MAAK..
DAAR IS DUISENDE MANNE WAT NIE KAN WERK KRY IN DIE NUWE S.A.
OUD POLISIE MANNE ENS..KRY HUL OM IN DIE NAG GEWAPEND DAAR TE KOM
TOESIG HOU..NIEMAND SE LEWE IS MEER VEILIG OP N PLAAS.

Griet ·

Van watter land se polisie praat jle. Ek woon in SA en hiers ni sulke luxuries…..

Timmie ·

Hang af hoe lank dit nog gaan vat tot ons ons eie tuisland voor onderhandel het.

Laura ·

Ek dink nie die ‘gravitas’ van die situasie word besef nie. Is dit nou die mens se ontkenning van hul eie dood en sterflikheid wat veroorsaak dat daar geen optrede is nie. Die “dit gebeur net met ander mense” sielkunde. Wie is volgende?

Dirk ·

Nóg ‘n politieke party is futiel! Murmererings van selfbeskikking is sandkastele! Raak ernstig!

Maximus ·

Daar was Saterdag nog ‘n plaasmoord in Noordwes. Kry asseblief vir ons die details dankie M

Strafhof ·

Hierdie raak nou n internasionale misdaadkwessie daarom moet internasionale organisasies betrek word vir hulp en om met ons land te praat oor selfregering.

R ·

Die ander aanval was net buite Rustenburg oppad Koster toe. Plaas se naam is Shylock. Die boer is vermoor en sy gesin gemartel. Weggekom met die man se fortuner vol waardevolle items.

m.d.r. ·

Hierdie was te na aan my blyplek ek word nou regtig bang…..Wie is daar wat namens ons kan en wil praat ? Wat die buiteland wil inlig oor hierdie gruwels..? Hulle Moet weet…!
En tog wanneer Afriforum of VF+ op die wereld verhoog klim en dit verkondig, is daar alewig ‘n klomp sluipskutters bedrywig wat hulle probeer afskiet
Dus Afriforum en VF+ praat. maar word gedurig herinner dat hulle slegs namens hulle lede kan praat. Hoeveel lede het hulle..?
Wie het gesamentlik meer lede (hopelik) as die verskillende Kerkgroepe….?
Het hulle dalk al oorweeg dat elke witmens wat vermoor word is een bron van kerklike inkomste minder…?
Liewe Dominees, Prinse en Pouse van die Kerk–
Waarom die swye. die oorverdowende Stilte…?

Groot Jan ·

Sies ons behoort ons koppe in skaamte te laat sak. 3 plaasmoorde in 24 uur en ons doen niks daaraan nie.

Angola ·

In SA voer misdadigers n skrik bewind teen die Polisie, in Angola voer die Polisie n skrik bewind teen misdadigers en daarom is misdaad minimaal, want hulle is vrek bang vir die Polisie al is dit soort teen soort. Hier is die Polisie die wet.

AJ ·

1. Bewapen en verdedig jouself. Niemand anders wil of sal jou beskerm nie.
2. Kom ooreen met jou buurman om mekaar te help tydens ‘n krisis.
3. Skep ‘n netwerk van inwoners op whatsapp wat mekaar help in nood situasies. Sluit privaat sekuriteitsmaatskappye en die polisie in by die netwerk.
4. Voorkom misdaad deur inligting te deel, vroeë waarskuwing en sigbare patrollering.

As jy nie bg doen nie …. !

andre ·

AJ gaan kyk asb die video op youtube. Tik slegs in Brandwag tegnologie

Ian ·

Kan ons asseblief nou met die regering begin praat oor ‘n onafhanklike staat.

Siek en sat ·

Die Regering gee niks om nie man. Dis rassehaat. Ons kan praat tot ons blou word. Ons moet uit hierdie land uit wegkom. Dis wat hulle wil he dan kan hulle als vat wat hulle wil he.

Harder praat ·

Nie almal kan emmigreer nie en nie almal wil maar net als weggee nie so ons sal dan net moet harder praat. Gesprekke oor selfregering tot sover het nognie begin nie, dit moet nog begin maar niemand begin nie.

Koos ·

Die polisie het seker eers skote geskiet om seker te maak hulle loop nie in die moordenaars vas nie?

Lindiq ·

Ons kan dit net self stop met die hulp van buitelanders. Ons moet oral gaan vra vir hulp met fondse vir privaatsekuriteit en om ons regering se sondes bloot te lê.

Sussie ·

10111 is duidelik NIE n noodnommer nie. Sal moet Carte Blanche ondersoek vra!!

Bekommerd ·

Jy praat van Carte Blanche? Sit nou net en kyk hoe hulle alles in die stryd werp om ons rhinos te beskerm, maar NIKS word gedoen vir ons boere nie! Kry die vrou van Amerika wat die intelligensie doen vir rhino poaching om die intelligensie van plaasmoorde te doen! Ons kan dit obviously nie doen nie!

Botterblom ·

Hulle werk strategies.. Ontwapening is eintlik basies klaar… Hulle gebruik elke woordjie en dingetjie om die rassekart te speel en elkeen word afgedank… Hulle maak elkeen te bang om saam te staan want elkeeen beskerm sy eie bas(ek ook) want wie gaan vir my sorg… Ek lees van n vrou wat n uitlating maak op fb en n ander vrou wat dreig sy gaan haar aangee… Ons steek letterlik mekaar ook dood.. Hulle lê besighede lam en is nie bang om te se wat hulle wil nie. Hulle sal hul eie mense laat ondergaan om hul doelwit te bereik… Aswin is net n speelbal in n groter prentjie.. Daar baie wat net gebruik word om n doel.. Ons reageer per berig en oor plaasmoorde ens. Dit net deel van n groot puzzel.. Ongelukkig n onstabiele beplande puzzel.. Elke stuk van die legkaart deur dalk engeland? Of wie.. Beplan. N onstabiele bankrot land word gered en raai eienaarskap verander… Ons ons maar net collateral damage… Dink enige iemand iemand gee om oor ons? Alles verander letterlik oornag. Elke dag spring n ander haas uit die hoed.. Waar kom die hase vandaan… Mense gaan dink.. Ek nie eens slim of in die politiek nie.. Ek maar net n bang blanke wat my hoop vestig op God…

Suzette Olwagen ·

@Bekommerd. Die intelligensie bestaan reeds. Gaan lees gerus Silke Kaiser se boek ‘Gotcha’. Silke is ‘n poligraaf wat oor die jare duisende poligraaftoetse uitgevoer het op plaaswerkers in Suid Afrika. Die boek is ‘n moet lees vir elke boer in die land.

CJ ·

Ons is soooo in die minderheid … die regering voel n veer vir ons handjievol. Dis die feite. Ons word so met n passie gehaat! Geen gesprekke, geen redenasies, geen ooreenkomste, niks sal vrugte afwerp nie. TIA = This is Africa!

Seemonster ·

Hoeveel plaasmoorde is daar in die afgelope 7 dae gepleeg? Dit voel vir my ek het ELKE DAG van een gelees?

JJ ·

Nou, waar is ons liewe konstitusionele hof nou wat ons wapens wil wegvat ? Hoe gaan
hierdie korrupte ANC regering nog wit boer uitmoor?

Elvira ·

Families wat aanvalle beleef het moet miljoene der miljoene rande by die regeri g begin eis vir trauma en lewensverlies. Dalk sal daar dan iets aan hierdie plaas aanval situasie gedoen word wanneer mense aan die geld begin vat wat hulle in hulle eie sakke wou steek.

Jonelda ·

Mense, ek weet nie meer nie… dit is te erg.
My man en kinders sê ek moet minder negatief wees en ophou om myself aan hierdie nuus blootstel, maar liewe hemel, wat anders is deesdae in die nuus?? Dis net roof, moord en doodslag. Hierdie vermoorde mense was ook iemand se geliefde, eggenoot, pa, broer, vriend ens. Mense soos ek en jy. Ek kan nie anders as om moedeloos te wees nie.

Ek word voorgesê ek oordryf die misdaadsituasie, dat ek net op slegte dinge fokus. Is ek regtig só verkeerd!!??? Of is hierdie geweldige bekommernis wat aan my vreet enigsins geregverdig? Asb enigiemand….

Waco ·

Die volkstaad Verkiesings Kommissie beywer hulle vir n Volkstaat en selfbeskikking. Gaan besoek gerus by vvk.co.za om meer besonderhede en hoe jy kan help om n veilige Volkstaat vir ons en ons kinders kan verwesenlik.

Daleen ·

Mense wat belangstel in selfbeskikking kan gerus die Volksraad Verkiesings Kommissie nader. Hulle het reeds die bal aan die rol om vir ons ‘n Volkstaat te kry. Dan ons uit hierdie gemors uitkom. Gaan besoek hulle webwerf deur vvk in te tik.

Die waarheid ·

Ek wens almal wat self beskikking self regering ens verkondig. Dit sal nooit ooit toe gelaat word nie vergeet dit vinnig. Die regering is dom maar nie so dom nie. My simpatie aan die drie families en ja eks reg en wag om opgekomandeer te word om hierdie volksmoord te help stop. Met n geweer en die Bybel moet ons nou begin weerstand bied.

Toelaat wat ·

Die regering sal dit seker nie wil toelaat nie maar ons wil ook nie toelaat om uitgemr te word nie, so dis botsende belange. Ons het die reg om onsself en ons eiendom te verdedig.

Waco ·

Volgens ons grondwet het ons die reg op selfbeskikking. Die VVK. het al n vergadering met mnr. Ramaphosa gehad. Almal wat selfregeering voorstaan gaan asb. na die VVK. se webwerf om te sien wat jy kan doen om hulle hand te sterk.

Regte ·

Mag boere , om hulself teen n regering wat hulle wil vernietg, hul grond saam sit en onafhanklikheid verklaar en sodoende ‘n eie klein land vorm?

Nicolene ·

selfs die skoolhandboeke het vanjaar gese 10111, 112 hulplyn vor konders 10177….geen antwoord op enige van die nrs toe ek dit toets nie. SO HOE SAL ENIGIEMAND WEET WAT OM TE BEL AS NIE EEN WERK NIE EN SKOLE GELEER WORD VAN DIE NOMMERS!!!!

Callie ·

Die waarheid hierbo praat die waarheid. Daar sal geen grond vir selfbeskikking wees nie. Die mense van die land moet uit hul illusies ontwaak en dagdrome laat vaar. Al wat oorbly is om met die Bybel in die een hand en n geweer in die ander hand saam te staan en die regering te wys dat ons dit nie langer gaan duld nie. Kan alle predikante asb van eerskomende Sondag die mense bymekaar begin bring

Das ·

Hoe meen jy daar i8s ni8e grond vir self beskikking nie? Daar is baie. Die gesprekke moet nou net begin. Die regering ius bankrot en is self nie op ‘n sterk onderhandelingsvoet nie.

Nikita ·

Ek het nie meer woorde nie…..hoeveel emmers bloed het nie al gevloei nie. Wanneer gaan hierdie nagmerries einde kry? Dis goed en wel dat elkeen sy eie veiligheid beskerm, maar dit terwyl ons boere om ons bietjie vir bietjie uitgemoor word. Ek kry die gevoel dat hulle nie n burgeroorlog wil he nie, om hulle mense te beskerm. Nou vermoor hulle bietjie vir bietjie die boer en sy gesin uit want dan is hulle families mos veilig weg van die gebeurtenis. Wanneer is genoeg…..genoeg? Wanneer al ons boere wat SA voed uitgemoor is. Wat se Afriforum en VF+ hiervan? Boere, mense
almal wees tog paraat elke sekond……PARAAT! Ons is oor niks meer seker nie, wonder elke dag. Ons sit hier op n tydbom. Die stilte voor die storm. Here, dra ons asb, lei ons en wys vir ons wat gedoen moet word.

anoniem ·

Mense… of ons dit nou wil weet of nie: “Rome is burning”.
Die einde is nie meer ver nie. SO … kan dit nie veel langer aangaan nie.

George ·

As on blankes kan terug draai na die Here en saam staan, sal die Here ons help. Maar ons draai van hom af en doen ons eie ding, word wakker. Ons moet eerstens kan saam staan en die Here ken. Wees bewus van waat om ons gaan, positief bly hulp nie die arme boere as ons nie saam staan.

Jo ·

Orania gaan vergroot moet word om ons te akkomodeer wanneer ons als in die land gaan verloor.

Nuus? ·

Hoekom is hierdie plaasmoorde nie op die ander nuuskanale nie? News24 berig net oor een in Noord Wes en daar noem hul dit murder and “house robbery” – niks van ‘n plaas aanval nie.

Liberaal ·

Want die links liberale media se meesters se plan is om blankes ongesiens te laat verdwyn, so eenvoudig soos dit.

Dirk01 ·

Afri forum en die landbou orginisasies moet n onafhanklike groepe van ondersoekers aanstel wat onafhanklik van mekaar werk soos Paul Sullivan om te sien met wat kom hulle vorendag want hier is n meester brein agter die aan valle en ek baseer dit op die volgende . Misdadiger wil nie aandag op hulle vestig nie deur te moor kyk bv na cash in transit rowe hulle sal alleenlik moor as hulle teenstand vind , met plaas aanvalle word in elke aanval n persoon gedood wat n boodskap uit stuur… ons sal jou dood in n aanval op n plaas en dit boesem vrees in . Die regering maak dit ook nie n prioriteit nie wat ook verdag en kommerwekkend is .Dit is tyd dat daar buite landse onafhanklike ondersoekes help om die meester plan en meester brein agter die aanvalle te ontbloot.

Theresa ·

Wreed, gevoelloos, arrogant.
Wat noem mens oorlog wat van eenkant af uitgevoer word?
Haat word gesaai en sal gemaai word.
Daar is dalk ‘n kookpot waarin die paddas val/gaan val (so gelees dat die vergelyking gemaak word!) maar, indien daardie paddas ‘n metamorfose ondergaan, sal geen pot groot genoeg wees om dit in te vang nie.

Piet die Mamba ·

Ek wonder of daar nie die een of ander tyd burgeroorlog gaan uitbreek nie?
Die skrif is aan die muur.
Blankes word stelselmatig uitgemoor.

Dit gaan ·

Ja Malema wil dit begin en daar is geen keer aan hom, so ons moet maar weet dit kom. Hopelik gaan daar vir ons plek wees om na te vlug.

Wonder ·

Ja en so swyg Die Burger, Media24 en Cape Times oor die moorde. Cape Times gaan net aan oor SuperSport se rasisme.
Sterkte aan die gesinne en families.

Kieser ·

Dit is julle wat die liberale mediagroep finansieel ondersteun en sterk maak.

Casper Labuschagne ·

Tussen die skrikwekkende opskrifte is hier ‘n nuwe tendens waarvan ons moet kennis neem. Die teiken van plaasaanvalle het nou verskuif vanaf sagte teikens na harde teikens. Voorheen was die meeste aanvalle op sagte teikens soos oumense en vrouens wat alleen woon, maar nou verskuif die aanvalle na harde teikens soos weerbare jonger mans met gesinne. Die verskuiwing is op sigself ‘n aanduiding dat daar meer sentrale beplanning in plaasaanvalle bestaan as wat mense bereid is om te erken. Dit lui ook ‘n nuwe fase asook ‘n verhoogde intensiteit van plaasaanvalle in en absoluut enige plaas kan nou aanvalle verwag. Ons moet aanneem daar bestaan ‘n verband tussen hierdie nuwe fase en die politieke uitsprake vir onteiening – hierdie toename asook wending ten opsigte van die teiken is geensins toevallig nie.

Hoe lank gaan dit wees voordat ons bereid is om te erken dat plaasaanvalle terrorisme is en nie blote misdaad nie?

Corma ·

N.a.v. die drie wrede plaasmoorde wat die afgelope naweek plaasgevind het, wil ek ‘n dringende beroep op elke Blanke Suid-Afrikaner doen, om die noodfonds wat Afriforum vir slagoffers van plaasaanvalle gestig het, te ONDERSTEUN!! Hierdie arme mense word so erg getraumatiseer , ons moet almal help dat hul hulp kan ontvang op finansiële -, mediese- en selfs regsgebied. Lees boeke oor plaasaanvalle en vergewis jul van die hel waardeur hierdie mense gaan!! Ons kan nie
meer net apaties en onbetrokke wees, terwyl ons mede Volksgenote uitgemoor word nie!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.