Plaasaanval: Egpaar van KZN beseer

Kings Grant Country Retreat Foto: booking.com

Kings Grant Country Retreat Foto: booking.com

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met ʼn plaasaanval in Ixopo, KwaZulu-Natal, waartydens Dave en Cheryl Biggs beseer is nie.

“Dave (65) en Cheryl (58) is omstreeks 20:15 op 21 Maart op hul plaas, Kings Grant, deur vier mans oorval wat by hul plaashuis ingebreek het,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal, aan Maroela Media gesê.

Die egpaar het in die huis televisie gekyk toe die vier gewapende mans ingebreek het. Hulle het die voordeur oopforseer.

“Die mans het ʼn vuurwapen op die egpaar gerig en die kluissleutels geëis,” het Zwane gesê. “Hulle het die motorsleutels, vier vuurwapens en ander items gebuit nadat hulle nie kontant in die huis kon opspoor nie.” Hulle het met die egpaar se voertuig gevlug.

Cheryl is aangerand en het beserings opgedoen.

“Die voertuig is later verlate aangetref in die Bulwer-gebied,” het Zwane bygevoeg. Hy sê die polisie-ondersoek duur voort.

Die egpaar se dogter, Lianne Ashton wat in Mosambiek woon, het breedvoerig op haar webjoernaal oor die aanval berig. Klik hier om Ashton se blog te lees.

Willies Mchunu, LUR vir gemeenskapsveiligheid in KwaZulu-Natal, het gesê hy is ontsteld oor die neiging dat ouer plaaseienaars aangeval word. “Dit bedreig die voedselsekerheid, aangesien boere verantwoordelik is om voedselsekerheid aan die provinsie te verskaf,” het Mchunu gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

iris seegers ·

Waar gaan hierdie dinge eindig? Dit is siek!! Mens is nerens meer veilig nie!! Moet ons almal aandring op ‘n beveiliging soos Nkandla?

Frans Dav ·

Soek vertroosting by Jesus en bly glo aan Hom. HY sal die nodige dinge op sy tyd uitsorteer tot die duiwel en sy trawante se ondergang en tot SY glorie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.