Plaasaanval gefnuik: ‘Hy het gekom om my dood te maak’

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn Bloemfonteinse man het Maandag aan Maroela Media vertel hoe aanvallers in die stoor op sy plaas vasgetrek is enkele ure voordat hulle op hom en sy gesin sou toeslaan.

Jaco van der Walt (39) en sy gesin was byna deel van Suid-Afrika se skrikwekkende plaasaanval-statistieke, maar die aanval is gefnuik toe vier verdagtes Dinsdag (10 Mei) om 16:00 op die plaas in hegtenis geneem is. ʼn Ongelisensieerde vuurwapen waarvan die reeksnommer afgevyl was, pangas, toue en balaklawas is in hul besit gevind. ʼn Voormalige werker van die Van der Walt-gesin was glo die baasbrein agter die beplande aanval.

Van der Walt het Maandag aan Maroela Media gesê dat sy plaas nie in die Jagersfontein-distrik is soos die polisie aanvanklik beweer het nie, maar ongeveer 10 km buite Bloemfontein. Van der Walt woon saam met sy vrou en twee kinders op die plaas en werk as ʼn sakeman in die stad.

“Ons boer glad nie op die plaas nie. Ons bly maar net hier vir die rustigheid en stilte,” het hy gesê. “Ironies genoeg het ek altyd gedink ʼn plaasaanval sal nooit met my gebeur nie omdat hier nie ʼn volskaalse boerdery aangaan met klomp werkers wat op die plaas in en uit is nie. Min het ek geweet.”

Volgens Van der Walt het een van die verdagtes en dié se vrou drie jaar lank op die plaas gewoon en vir die gesin gewerk. Die 33-jarige man het Van der Walt gehelp met algemene instandhouding op die plaas en sy vrou het as die huishulp gewerk nadat haar ma, wat 20 jaar lank vir die Van der Walt-gesin gewerk het, afgetree het.

“Ons het hul seuntjie se skoolgeld betaal, die man gehelp om ʼn motor te koop en was altyd vir hulle goed gewees. Ek het die man ten volle vertrou. Hy sou in ons huis inkom om skoonmaakmiddels te kom kry of iets reg te maak. Ons honde het hom geken en was gemaklik met hom,” het Van der Walt gesê. “Jy sal nooit kon dink dat hy tot so iets in staat is nie. Dit het hom selfs gepla as een van die diere op die plaas seergekry het. Ek sê jou, jy kan nooit enigiemand vertrou nie.”

Volgens Van der Walt het sy sakeonderneming vroeg die jaar ʼn finansiële terugslag gehad nadat hy ʼn baie groot kliënt verloor het en moes talle mense noodgedwonge afgelê word. Van der Walt se eie salaris is ook verminder, wat veroorsaak het dat hy nie langer kon bekostig om die egpaar in sy diens te hê nie. “Hulle is volgens die regte wetlike prosedures afgelê en het vier maande se salaris ontvang en kon werkloosheidversekering eis. Daar was nie van die man se kant af kwade gevoelens nie, maar sy vrou was kwaad. Ek vermoed sy was moontlik die hele tyd die aanhitser.”

Die werker en sy vrou het einde April die plaas verlaat en verhuis na ʼn huis in Botshabelo wat Van der Walt vroeër vir die vrou se ma gebou het. Van der Walt en sy gesin het nie weer van hulle gehoor nie.

Van der Walt vertel dat hy, sy dogter en sy vrou Dinsdagmiddag tuis was toe ʼn klomp polisiemotors skielik die erf binnegery het en lede van die polisie se taktiese reaksie-eenheid en lede van die Valke uitgespring het. Hulle het die gesin aangesê om terug te gaan in die huis omdat daar ʼn plaasaanval aan die gang was, voordat hulle ʼn stoor sowat 20 m van die huis omsingel het. Volgens Van der Walt het hulle in die huis gehoor hoe skokgranate klap en in die stoor het die polisie Van der Walt se voormalige werker en drie ander verdagtes aangetref.

“Dit is tóé eers dat ek hoor dat die vier al van Maandagoggend af in die stoor sit en ons waarskynlik die heeltyd dopgehou het. Hulle plan was om Dinsdagaand toe te slaan. Die [voormalige werker] het ongetwyfeld gekom om my dood te maak en hy het die ander drie oortuig om saam met hom te werk deur aan hulle te sê dat daar ʼn kluis vol geld en sonpanele in die huis was. Ek ken die ander drie van geen kant af nie,” het Van der Walt gesê.

“Weet jy hoe voel dit om daar te staan en jy sien daardie vuurwapen daar lê, vol gelaai, en jy weet dit was vir jou bedoel? Ek het reg voor hulle gestaan en hulle in hul oë gekyk. Ek kon dit net nie glo nie.”

Volgens Van der Walt is hy dankbaar dat sy gesin niks oorgekom het nie, maar is hulle erg getraumatiseerd en vrees hulle nou vir hul veiligheid. Hulle het intussen verskeie bykomende veiligheidsmaatreëls in en om die huis aangebring en is nou meer paraat as voorheen.

“Een van die polisielede het vir my gesê hoe verheug hulle is dat hulle die verdagtes vasgetrek voordat hulle enigiets kon doen. Meestal het hulle nie kans om hierdie ouens te vang nie en kom hulle net op die bloedbaddens af. Ons is baie dankbaar.”

Die vier verdagtes het verlede week in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op aanklag van sameswering tot roof en die besit van ʼn onwettige vuurwapen en ammunisie. Hulle sal  Vrydag weer in die hof verskyn om vir borgtog aansoek te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

hercules ·

gewoonlik het ons van betroubare beriggewers inligting ontvang • ek neem aan dit was weer die geval • groete, x-moord en roof speurder!!

Doret ·

Ons dank Ons Hemelse Pappa dat julle veilig is en dat iemand die polisie in kennis gestel het God is groot en goed

Dankbaar ·

Loof en prys die Here saam vir julle veiligheid…goeie werk van die Valke…trots op julle…hou so aan!

Hannie ·

Dis so goed as oorlog in hierdie land, ek sal vir skiet lesse moet gaan, bly self op n plaas!

Oupa Hen ·

Dank die Here vir die polisie se goeie werk.
Vertel ons net ASB. hoe het die polisie geweet die skurke sit al twee dae in die stoor.

Cherokee ·

Waarom hou julle aan en aan om dit te vra? Besef julle werklik nie dat inligting somtyds vertroulik is nie? Dink asseblief, dit is tog nie so baie moeite nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Oupa Hen

Die inligting word weerhou om seker te maak die ondersoek word nie benadeel nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Marius ·

Ek dink as hulle die tiepe inligting uitlaat kan ander aanvallers voorkom dat hulle weer so gevang word – dis beter om dalk nie te weet nie. Aan die ander kant is dit seker nie ‘n slegte idee om ‘n “early warning” sisteem in plek te hê veral as jy op ‘n plaas woon nie. Mens dink baie keer so iets sal nie met jou gebeur nie – maar hierdie aanvallers so motiewe is nie altyd vir ons verstaanbaar of logies nie. Beste is om altyd op jou hoede te wees, ongeag.

Stoney ·

Nog ‘n hand wat hy gevoer het, kom terug om hom te byt. Regtig, glo julle nog aan eerlikheid en opregtheid? Dis ‘n fabel. Moet niemand, maar niemand vertrou. Ek is bly julle lewe om die verhaal te vertel. God’s genade!

wilma ·

Dankie Vader hulle is veilig. Geen maar geen borgtog asb. Groot seblief

J ·

Genade dit maak mens bang, Ek het self ‘n man en vrou gehad wat vir ons gewerk het en moes ook laat gaan het omrede ons nie meer hul dienste kon bekostig het nie. Ons was net so goed vir hulle gewees, maar duidelik gee hulle nie om vir jou lewe nie.

LBS ·

Wat ‘n briljante idee. Help ‘n paar arm gesinne en wees veiliger in getalle terselfdertyd.

Jaco ·

Baie dankie aan almal se goeie wense, ons wardeer dit opreg. Hier is n paar komentare met raad wat ek graag aan n groot klok sou wou hang omrede dit so waar is. Luister na wat die mense hier se. Dit is waar, glo my. Beskerm julle self.

Ander Koos ·

Groot waarheid. Wees sreng maar altyd regverdig en konsekwent. Ook feit dat meeste inbrake, aanvalle, roottogte ens., plaasvind met inligting/betrokkenheid van persoon (ne) wat die slagoffer(s) en hulle omstandighede ken. Onthou die gesegde “eie/makste honde byt seerste”. Wees paraat en vertrou niemand. Dit is jou lewe!

Griki ·

Ek weet nie hoe die polisie en Valke van die beplande aanval uitgevind het nie (waarskynlik ‘n op-en-wakker informant). Die feit is dat hulle vinnig opgetree het en ‘n tragedie voorkom het. Baie dankie Manne in Blou – geseënd is julle. Ons het mense soos julle bitter nodig, dus wees asb versigtig en pas julleself ook mooi op. Aan die Van der Walt-gesin – ons dank die Goeie Vader wat Sy hand van beskerming oor julle gehou het. Baie sterkte.

Sune van Heerden ·

Dagsê Mitch

Die inligting word weerhou om seker te maak die ondersoek word nie benadeel nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Stephanie ·

Ai lekker om te lees dat daar nog goeie polisiemanne is wat goeie werk doen en n gesin wat vannaand nog saam kan wees. Welgedaan.

Joann ·

My ma 88jr.het ook een van 11jr.wat sy so instop met als wat hy wil he. My kleinkinders kry niks van haar af nie,maar die een demand net. Fiets,klere,net sekere sjokolade,selfoon,ens. Haar gewaarsku maar sy luister nie.

Szn-Marie ·

Hulle het geen lojaliteit of integriteit nie en sal jou in die oe kyk en n groot leuen vertel. Dit vanoggend weer beleef. Ek vrou-alleen op n Karoo-plaas. Vuurwapen is byderhand maar ek vertrou hul nie. Jy kan so goed wees soos jy wil maar hul steek jou steeds in die rug. Ons ht nou radios en praat elke aand 8uur en weer 7uur in die oggend mt almal op die stelsel. Dit nogal n gemoedsrus. Honde binne en buite is goed.

Oom Kalahari ·

Wat ‘n wonderwerk en seëning vir Mnr Jaco v/d Walt en gesin om hiervan ongedeerd af te kom. Alle loof en prysing aan die plaaslike Polisie en Valke vir hul omgee en spoedige optrede om nogmaals ‘n plaas aanval (bloedbad) te kon voorkom en hierdie gesin te kon red. Sulke optredes van die wetstoepassers word met opregtheid waardeer en ook aan hul kan gerus ‘n toekenning gemaak word tot lewensredding al is dit deur pligsgetrouheid, verdien hierdie veiligheids beamptes goeie erkenning tot sienste aansporing, Dankie manne in blou asook bly vir die gesin dat God sy Hand van beskerming oor jul kon hou. Die makste hond byt altyd die seerste en vertrou geensins enige iemand wat in diens is op jou plaas.

SNEL ·

Hoe het die polisieman daarvan te hore gekom?
Baie bly hulle is veilig!

V ·

Weereens wys dit ons jy gee en doen alles vir hulle en dan kom maak hul jou nogsteeds dood!Bly die gesin is veilig!Kan net dankie se vir Liewe Jesus.Moet hul asb nie borg gee nie,want hul sal mos nou terugkom.

Siestog ·

Moet nooit goed doen aan hulle nie. Hulle is soos ‘n slang, sal jou aan die hakskeen byt. Kyk wat het met die skrywer Rust gebeur, haar gunste en gawes laat haar 6 voet onder die grond lê.
Bly dat die vd Walt gesin veilig is.

Willie ·

Mense leer ongelukkig nie, wil Afrika red… daar is nie salf te smeer nie.. Moet nie goedhartig teenoor hulle wees nie! Hulle beny jou nie.. hulle hou nie van jou nie… jy is net n beursie..dis al…

Johannes Meintjes ·

Intussen bly pro-aktiewe en effektiewe burgerlike beskermingsnetwerke ‘n blote mite …

John ·

Hierdie mense sal weer oor ‘n paar jaar in die samelewing vrygelaat word. Mense moet paraat bly, ook in die stede en dorpe. Daar is baie voormalige oortreders in omloop. Sulke mense het na tronkstaf niks en word oppertuniste. Die Bybel se ‘n mens moet goed wees vir jou naaste (nie jou ‘verste’), maar nie dat jy jou goeie oordeel in die proses oorboord moet gooi nie. Ons weet dikwels nie waar om te stop nie, want die wereldwye paradigma leun in die rigting van totale opoffering vir die massa armes vanuit die oogpunt dat ons so ‘n plekkie in die hiernamaals bekom. En in die proses word die goedbedoelende helpers se gewetens gekaap.

Rina ·

Mens probeer so hard om van jou kant af goed te wees vir jou werkers dog weet nooit ooit of dit werklik insink nie – gebeure van die afgelope tyd laat my my goeie dade summier staak – en dan sit ek met skuldgevoelens agterna? Ons het al duisende rande spandeer aan werkers se kinders se vervoer en klere skooltoe en raai wie verkla jou heel eerste oor die mees onbenulligste en lagwekkendste insidente – as jy op ‘n plaas woon, het jy deesdae rede tot groot kommer! Ek vertrou verseker ook niemand meer nie – het dit aan eie lyf al gevoel!

Jan maak n Plan ·

Wys jou nou net, as jy vir hulle goed is moor hulle jou uit. Behandel hulle soos werkers en kry klaar. Vat die huis, kar en skoolgeld terug. Al manier wat hulle verstaan.

Theuns ·

Ek bly ook op n plaas. ons ouens is baie paraat! Ek wil julle graag van ‘ n incident vertel so paar jaar terug. Ek kry n nood oproep van my buurman af. Ek jag soontoe en toe ek daar kom staan hy daar in sy kombuis , pistool in die hand gerig op twee swart mans in hul twitigerjare. Ek help om hulle vas te maak, hande agter die rug. My buurman wys my hoe het hulle sy kombuis venster oopgebreek het en vetel my hoe hy van die geraas wakker geword het en toe op die twee afgekom het. Die Polisie het toe die twee kom haal. Hulle Kry Borg. Toe die verhoor plaasvind toe vertel hulle vir die landros dat die boer sy eie kombuis venster gebreek het en dat hy, die boer, hulle n paar kilometer weg van die opstal af opgelaai het, plaas toe gevat het en hulle toe in sy kombuis aangehou het! Die tyd wat die twee beweer hulle opgetel was was ongeveer 02:00! Die landros laat altwee vry omdat daar nie genoeg bewyse is nie! Die Polisie se saak was glo swak? As dit nie so ernstig was nie het ek myself doodgelag!

Stephanie van Niekerk ·

Baie ‘werkers’ voel hulle kan daarop aanspraak maak dat jy hulle vir altyd sal versorg, maak nie saak wat jou omstandighede is nie. Bou vir hulle ‘n huis, help om ‘n kar te koop, betaal skoolgelde – so moet dit voortgaan ad infinitum of jy is in groot moeilikheid. Dis hoe gans te veel mense in hierdie land se koppe werk. Beste is seker maar om nie te help nie want jy kry te dikwels stank vir dank. Het dit al aan my eie bas gevoel.

pop ·

Ek het geleer op harde manier, moenie met hulle praat nie, moenie vir hulle werk gee nie, Moet hulle onder geen omstandighede jammer kry nie. Al werk almal in die huis, dan help almal maar saans en naweke, en buitendien maak stof en onnet huis nie dood nie

neelsie ·

Afrikaner , hou op om afhanklik te wees van vreemde arbeid.
Mense in eerste-wereld lande het nie huishulpe nie , dis te duur.
Doen jou eie huis- en tuinwerk.
As almal saamwerk ,is dit maklik.

jeanette Visser ·

Jinne wil iemand nie my en my man huur om vir julle op daai plase te kom werk nie. Ons kan doen met ‘n nuwe bakkie en ja so sakgeldjie sal ook help. My Pa het altyd vir ons as kinders gese jy vertrou niemand behalwe jouself en dit is die reine waarheid. Laat dit vir almal ‘n les wees…………………….

neelsie ·

Dankie aan SAPD , nog n tragedie is voorkom.
Weerwraak is deel van sekere mense se denkwyse.
88% van probleme by jou huis ,is waar bekendes inligting verskaf.

jax ·

Ja almal is goeie werkers tot hul geintimideer word. Ek vertrou niemand. As ek ry kan my bediende nie uit en my honde vry. Mens weet nooit wat wag as jy by huis kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.