Plaasaanval gefnuik toe boer op 12 ‘aanvallers’ skiet

Die Toyota Quantum-bussie nadat dit van die pad af gedwing is. Foto: Facebook/Die Spoorsnyers

Die Toyota Quantum-bussie nadat dit van die pad af gedwing is. Foto: Facebook/Die Spoorsnyers

Twee vermeende plaasaanvallers is Dinsdag gewond toe ʼn skietgeveg tussen 12 verdagtes en ʼn boer van Laersdrift in Limpopo ontstaan het.

Maroela Media verneem die voorval het omstreeks 09:00 op die plaas van Japie du Toit en sy seun, Hans-Jurgens, plaasgevind. Die pa en seun boer glo met beeste.

Lt.kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, het gesê ʼn Toyota Quantum-bussie en ʼn wit Toyota Corolla met 12 verdagtes het by die plaas opgedaag en voorgegee dat hulle beeste wou koop. Hans-Jurgens het aan die mans gesê dat hulle nie beeste verkoop nie, waarna een van die mans ʼn vuurwapen uitgeruk en op hom geskiet het. Hy het hom egter nie raakgeskiet nie.

“Die boer het na bewering gehardloop en agter iets geskuil toe een van die verdagtes agter hom aangekom het. Hy het sy vuurwapen uitgehaal en die verdagte in die maag geskiet,” het Ledwaba gesê. Hans-Jurgens het daarna op sy motorfiets gevlug en terselfdertyd die polisie en plaaslike veiligheidsgroepe ontbied.

Die aanvallers het in die bussie en ʼn wit Toyota Corolla gevlug en is deur die polisie en boere van die omgewing agternagesit. Nadat die bussie van die pad af gedwing is, het die verdagtes uitgespring en te voet gevlug. Een van die verdagtes is tydens die jaagtog geskiet.

Volgens Ledwaba is die twee gewonde verdagtes onder polisiebewaking in ʼn hospitaal opgeneem. Daar is ook op die bussie en die motor beslag gelê. Die ander verdagtes is steeds soek.

Maroela Media het Hans-Jurgens ná die voorval gekontak en wag op sy kommentaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Winston ·

Pragtig manne. Mooi teen aanval gewees en bly julle is ongedeerd. Daar is goeie nuus ook te midde van al die slegte nuus.

Hannie ·

Vir al die geld in die wêreld wil ek nie in hierdie tye n boer wees of op n plaas woon nie, boere nou kroon wild!

Gerhard Bezuidenhout ·

Uitstekend HJ jy het skerp gedink en jouself uit n doodsakker gewoel. Dit wys jou net watse gedrogte die goed is deur doodeenvoudig net te begin skiet. Ek hoop van harte dat die ander gevang sal word . Indien Maroela my kommentaar gaan plaas : Was daar enige Zimbabwiers betrokke ?

Jan Tromp ·

Boere moet paraat wees en hulle-self verdedig ! Moet nooit sonder ‘n wapen wees nie. Baie goed gedoen !

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Dit is lekker om te hoor boere beskerm hulle self en nie te lees a boer is vermoor nie

Tom ·

Wat my laat wonder is die 2 karre en 12 lafaards vir een boer en sy seun – ek bly HJ is ongedeerd – dit maar weer net n bewys ons n teikens en dit gaan nie ophou nie .

Bleskop ·

Die manier wawt die boere begin saamstaan laat my dink aan wat die geskiedenis ons leer van uit die koloniale tyd.

scalla ·

Knap gedaan, laat dit vir hul n les wees, die verdagtes ken mos hul mede comrades, laat hulle praat oor hul dade

vermeende ·

Maroela verloor tog net die woord vermeende. Julle help om misdaat af te speel tot niks nie met die woorde spel van die media.
Besoek n suksesvolle plaas aanval en gesels met die slagoffers en kinders wat moet toe kyk hoe sy ma en suster verkrag word en kom se dan dat dit vermeendes was.
Niks wat die gemors gedoen het was vermeen nie. Hierdie is plaas aanvallers niks minder nie.
Dit is net snaaks dat daar nie n poging tot moord saak nou teen die boer ondersoek word nie maar goed gedaan vir die boer!

Sune van Heerden ·

Dagsê vermeende

Dankie vir jou terugvoer. As nuuswebwerf kan ons ongelukkig nie bloot besluit of aankondig dat iemand skuldig is of nie – as ‘n persoon nie in ‘n hof skuldig bevind is nie, kan ons en ons lesers blootgestel word aan regstappe of aangekla word van onder andere laster, indien ons nie hieraan gehoor gee nie.

Ons vertrou die verduideliking is voldoende.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Ian ·

Dankie vir die positiewe terugvoer, Suné. Ekself is al keelvol vir “beweerde” en “vermeende” in opskrifte en artikels.

Jou terugvoer maak logiese sin. Ek het nog altyd gewonder waarom die woorde in die media gebruik word, nou weet ek.

Thinus Drasmus ·

Sune’, net ‘n vraag – sommer aan alle media:
Wanneer geen “verdagte” by die naam genoem word nie, word daar mos nie gelaster of gediskrimineer nie. Dus is ons dan vry om na die “plaasaanvallers, rowers, verkragters en moordenaars” prontuit te verwys sonder om die “landwette” te oortree?
Die oortreder word eers ‘n verdagte sodra die polisie hom/haar so identifiseer. Verdagte is ook ‘n versamelnaam vir enige vermeende oortreder, soos krimineel vir almal geld wat die wet oortree.

Groete
Thinus

Sune van Heerden ·

Dagsê Thinus

Dankie vir jou navraag. Ons kan dit ongelukkig nie doen nie. Wanneer daar opvolgberigte met die verdagtes se name verskyn, verwys ons byvoorbeeld ook gereeld terug na vorige berigte op Maroela Media of persone onthou die spesifieke voorval. Indien ons dan al reeds die verdagtes as’t ware “skuldig verklaar” het, word ons blootgestel aan regstappe.

Ek hoop dit maak vir jou sin.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Ben ·

Dit is niks anders as oorlog nie ons word dit gewoond en leef daarmee , maar hulle kom vir ons
Dis georganiseerde aanvalle en word gefinansier

Dirk Bosman ·

Dit is meer as gewone misdaad,dit is lae intensiteit oorlog.Dit is die tweede aanval in ons omgewing oor die afgelope paar dae.Altyd een of twee seksies wat met militere presisie optree.

Jaco Grobler ·

Twaalf teen een en die twaalf slaan op die vlug sou ek beslis nie beskou as militere presisie nie, meer as onkundige misdadigers wat hulle ‘suksesse’ wil verhoog deur met hoër getalle misdaad te beplan/pleeg. Nietemin, ek begryp die kern van jou kommentaar.

Mooi saamgestaan manne!

Human ·

Dit is berigte soos die wat ñ man sommer laat lekker voel en soos ou Steve opstaan en die Stem uit volle bors sing en soos hy sê “Ons sal oorleef”. Vasbyt boere en ons Hemelse Vader sal julle altyd na aan Sy hart dra. Vandag Marble Hall toe gery een weereens die borde gesien “Vandag geeët, dank die Boer”. Dus van my kant af aan al ons boere daar buite DANKIE!!!!!

Johannes Meintjes ·

Die aanslag eskaleer. Selfs in woonbuurte met gevestigde buurtwagte raak die terroriste meer vol bravade en gewapen! Terloops, die Burgermeester van Jersusalem beveel nou aan dat die Israelies hul wettige vuurwapens by hulle dra a.g.v. eskalerende antagonisme. So ook het die landbouboere en blankes myns insiens nie tans ‘n ander keuse as om baie beter te organiseer, kommunikeer en te bewapen nie. Die misdaad en volksmoord situasie kan nie net op sosiale media en d.m.v. ruggraatlose liberalisme, ‘n gefaalde regering of ‘n afwesige SAPD die hoof gebied word nie. Baie van die kommentare dui op ‘n apatiese, senuweegatige en reaktiewe opmerking i.p.v. dat al ons mense op een of ander manier by ‘n burgerlike beskermingsstelsel inskakel. Mevroutjie, as jy nie ‘n boer wil wees nie, wees asb ‘n vrywilliger in die kommando opskamer.

Swanna ·

Net soos hulle is. As dit ‘n bietjie begin warm of rof word pak hulle hakke in en vat die pad. So ken ons hulle, lafaards. Mooi so, ek is baie trots op Oom Japie en sy seun. Wel gedaan. Dit is hoe dit moet gebeur. Vat nie %^^&** nie.

Marnus ·

Aan JESUS die Eer en Dank.
Net sy Hand wat ons Beskerm. Hou Moed,staan Sterk, en GLO.
God sal ons verlos van ons Verdrukkers

Liefdeskind ·

Mooi! Eet, slaap en werk met die wapen maar aan jou sy.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.