Plaasaanval gefnuik: Vier vas met panga en pistool

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Vier mans, tussen 33 en 47 jaar oud, is Dinsdagaand op ʼn plaas in die Jagersfontein-gebied, naby Fauresmith in die Vrystaat, in hegtenis geneem.

Konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn span, wat bestaan uit lede van die Valke en die taktiese reaksie-eenheid, het die vier verdagtes in hegtenis geneem in ʼn stoor op die plaas. “Die verdagtes het in die stoor gewag totdat dit donker word sodat hulle die boer en sy gesin kon aanval en beroof.”

Volgens Kareli is ʼn pistool, waarvan die reeksnommer afgevyl is, vier balaklawas, vier pare handskoene, ʼn slagtersmes, ʼn panga en tou in die verdagtes se besit gevind. Die stoor is sowat 250m van die plaashuis af.

Kareli het gesê die verdagtes sal Vrydag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op aanklag van sameswering om huisbraak te pleeg en die besit van ʼn onwettige vuurwapen en ammunisie.

Lt.genl. Thabethe Mpembe, polisiekommissaris in die Vrystaat, het die span geloof vir hul vinnige optrede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Xa ·

Baie goeie werk. Maar ek sit my geld daarop dat hulle baie gou weer op vrye voet is.

Boerseun ·

Korrek. Poging tot dra nie die nodige vonnis nie. Met plaas gevalle is die moonlikheid baie groot dat die gesin vermoor sou word. So ja afriforum sorg dat hulle as prioriteit een, plaas aanvalle swaarder stawwe kry as per die normale sraf vir poging tot.

humor ·

Op aanklag vir sameswering vir huisbraak. ?????????? Met n pistol waarvan die nr. afgefyl is, n panga, slagtersmes en palaklawes ens.?????????.

Brent ·

Ja nee nou is net aanklag vir HUISBRAAK regtig hoekom het hulle dan nie deur die dag terwyl die mense nie by die huis was ingebreek en gesteel wat hulle wou nie?? Want die motief is nie huisbraak nie dis n beplande aanval met die doel om ernstig te beseer of selfs te moor!!!!!

Koos ·

Ja, eerder sameswering tot moord. Waarom ‘n tou? en ander wapens? Verkeerde toerusting vir huisbraak, mag die hof dit inagneem

Sputnik ·

Ja-nee, hulle bymotiewe is darem sowaar baie duidelik. Dit behoort ‘n veel meer omvattende aanklag te wees!! Hulle moes nou, ter (hul eie) versagting, nog net ‘n mandjie met eetgoedjies en ‘n bottel ligte witwyn ook by hulle gehad het om te bewys hulle wou eintlik net ‘n piekniek op die boer se stoep gaan hou! Puik, puik werk dat hulle aangekeer is. Sal graag wil weet hoe die mense geweet het hulle kruip in die stoor weg.

Popeye ·

Lafaards! Te bollie om bollie op te tel! Die oudste ene staan halfeeu se kant toe. Wat het jy in amper 50 jaar met jou lewe gedoen?…Lafaard!!!

JC ·

Dankbaar!!Dankie manne, baie dankie vir jul integriteit, flinkheid en harde werk.
Jul is sowaar iets om op trots te wees. Dankie SAPD! Jul het my respek verdien:-)

PHillip ·

Verstaan nie mooi die poging tot huisbraak nie…Ek lees nie van toerusting om mee in te breek nie, ek lees van toerusting om mee dood te maak..

Griki ·

Nee man, Maroela. Hoe en deur wie is die mans ontdek? Hoe het die polisie geweet hulle was in die stoor? Bevredig asb my nuuskierigheid.

Hannie ·

Hallo Griki, ja – presies soos jy se! Ek kan nie glo dat daar enige plaas in SA is sonder honde nie….. As die honde op die plaas hierdie “moordenaars” uitgesnuffel het, wat wel moontlik is, dit is tog immers vreemde reuke en ‘n hond reageer onmiddelik daarop en laat dan die boer weet van iets buitengewoon in die omgewing. Ek wonder net!

Blinde Sjambok ·

…plaas-aanvallers met messe, pangas en ‘n vuurwapen …’gearresteer’? Wat def…

Marianna van der Linden ·

So met daardie wapens was hulle oppad om n bloedige moord te pleeg………was dit ook n salaris verskil????Baie bly hulle is aangekeer…sal daarvan hou om te weet wie het hulle fluitjie geblaas!!!

Xa ·

Ja Maroela, vind asb uit hoe die saak goed uitgedraai het sowel as die ander gevalle waar plaasaanvalle (en aanvalle in die algemeen) voorkom was, en skryf asb n artikel oor “best practices” sodat ons hieruit kan leer en dit wat werk kan toepas. Dit kan baie mense se lewens red.

janine ·

Wat n grap. Verskyn in die hof vir huisinbraak en onwittige besit van n wapen . Wil net weet hoekom het hulle gewag tot dit donker ismet al daardie toerusting by hulle. Duidelik was hulle op pad om nog n plaasmoord te pleeg. Hulle word gevang en later maar stil uit die tronk gelaat om net nog een te gaan pleeg. Meer plase vir die EFF

Rynhardt ·

Weereens sien ons dat die plaasaanvallers in die nag die boer en sy familie wou kom aanval het! Weereens is die panga hul gunsteling wapen.Hierdie aanvalle word met mening gedryf agter die skerms en ons gaan nog heelwat van dit sien.Boere moet op en wakker wees! Dra jou wapen op jou ten alle tye!!

HFC ·

Sal graag wil weet of hulle buitelanders is soos wat onlangs beweer is oor plaas aanvallers.

m ·

Dankie Vader hierdie mense is gevang want anders was nog n boer bokveld toe.

Willie ·

Hulle het nie gekom om bosse te kap met die panga nie… ook nie skyfskiet nie… Lafaards! Seker daar kan meer wees, besit van ongelisensieerde vuurwapen… betreding, ents….

Kobus ·

Goeie ding hulle is gevang. Maar hoe is dit dat die “heigh crime unit ” hier betoke was. Eyeblind Met plaasmoorde. Die verweer sal natuurlik wees, het gewag vir regte tyd om n loongeskil uit te sort

J ·

Dankie vir die artikel Maroela. Ek is die Here ewig dankbaar dat ek en my gesin gespaar gebly het. Net ter n bietjie duidelikheid : die plaas is baie naby aan Bloemfontein en val eintlik in die Bfn distrik. Die klagtes is sameswering tot gewapende roof en ongelisen vuurwapen. Die stoor waar hulle vir ons gewag het (vir 2 dae lank op daai stadium) is 20 meter van die huis. Ek kan weens die ondersoek nog nie hier se hoe die polisie van hulle gehoor het nie. Die belhamel was aan my bekend en was afgedank met n goeie skeidingspakket einde Maart die jaar.

Martie ·

Liewe J. Ons Dankie die Here dat jul veilig is,hul motief was defnitief om ernstig seer te maak,dankie aan al die betrokke persone dat hul gevang is,ek bid tot God dat hul agter tralies sal bly,geen borgtog en n swaar vonnis sal kry,dis wat hul verdien,Baie sterkte.

Sharon-cathryn ·

Moeder my laat weet J… ek is net baie dankbaar julle is veilig en dat die nodige gedoen is om hulle te vang. Ek lees kommentaar hier en besef weereens oningeligte afleidings kan seermaak en mense is soms so onsensitief met uitlatings. Baie dankie vir al die positiewe insette en kommentaar… wees verseker dat hulle as gesin dit baie waardeer.

Rina Kotze ·

Beste J

Ek is so dankbaar dat julle lewens gespaar is. Julle Engele was op diens!!!
Ek vertrou dat die amper-insident julle nog meer waakwsaam en paraat gaan maak!
Bly vertrou en die Heer sal julle bewaar!

Hannie ·

J. baie dankie vir jou verduideliking. Ek wonder nog steeds of jy honde op die plaas het? Het hulle nie die belhamel se makkers uitgesnuffel nie?

Willie ·

J- so dankbaar dat die Opper Hand julle beskerm het teen die booswigte!

Theresa ·

Dankie Here vir hul beskerming. en goed so vir die arrestasie. Maar, soos baie hierbo, wonder ek net hoe op aarde kan enige regdenkende geregsuitoefenaar hul van poging tot huisbraak verdink? O nee, dink maar bietjie harder asb – dis poging tot marteling en moord. Bring tog asb die poligraaf terug in al hierdie arrestasies. Wys die skelm, slu, agterbakse, kriminele dat geregtigheid nog bestaan en SAL wen. Hul moet ongelooflik bang wees om kwaad te doen (wensdenkery in ons land??)

Done ·

Kry groot kwaai honde. Ons mag nie onsself verdedig nie, en die regsisteem is onnosel. N hond se oordeel is beter.

Blinde Sjambok ·

…honde is uitstekend binne die huis as alarms …nuwe tegnologie sekuriteits-kameras (imuun teen gif) is mikro-klein (maklik wegsteek-baar) met verskeie sensors vir gewaarmaking van indringers, verras met toenemende effektiwiteit, bekostigbaarheid met koordlose verbinding en selfoon-koppeling en word al meer op plase gebruik. Wees altyd een stappie voor jou bedreiging/viand (pro-aktief)…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.