’n Beesboer is Vrydag in ’n plaasaanval in die omgewing van Mokopane in Limpopo met ’n mes gesteek waarna hy met ’n haelgeweer op die bakkie losgebrand het waarin die verdagtes van die toneel af weggejaag het. Daar word vermoed dat van die verdagtes in die voorval gewond is.
Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het Saterdag aan Maroela Media gesê sewe verdagtes het reeds Donderdag op die plaas buite Mokopane opgedaag om kwansuis beeste te koop. Hulle is egter weggewys. Al sewe verdagtes het die volgende dag teruggekeer en toegeslaan.
Volgens Müller is die boer, sy vrou en van sy werkers Vrydagoggend op die plaas oorval en met dasse en kabelbinders vasgebind. Die boer is in die proses met ’n mes gesteek waarna die verdagtes vuurwapens en kontant gebuit het.
Die gewonde boer kon egter daarin slaag om homself los te wikkel en het sy haelgeweer in die hande gekry.
Volgens Müller het die boer toe skote met die haelgeweer op die bakkie afgevuur terwyl die verdagtes in die voertuig van die toneel af weggejaag het. Daar word vermoed dat minstens drie van die verdagtes beserings in die voorval opgedoen het, het hy verduidelik.
“Kringtelevisiemateriaal wys hoe die verdagtes langs die pad stilhou en die bakkie agterlaat. Minstens drie van hulle loop mank in die beeldmateriaal,” het Müller bygevoeg.
Volgens Müller kan ook in die beeldmateriaal gesien word hoe die verdagtes later in ’n taxi klim en wegry. Dit is egter nie in dié stadium duidelik of die taxi die verdagtes vrywillig vervoer het en of die verdagtes die taxibestuurder met vuurwapens gedreig het nie.
Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig.
Volgens Mojapelo is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
ek hoop dat die raskaart nie hierdie hofsaak gaan belemmer nie
Lagwekkend……kriminele vat nou taxi na hul teikens, mooi man mooi. Kom mnr die president nog steeds geen aanvalle op plase nie? Niemand so blind soos een wat nie WIL sien nie. Hou op met lieg!!!
Ek hoop regtig nie so nie, maar die boer het geskiet terwyl hulĺe padgegee het en sy lewe dus nie meer in gevaar was nie, boonop is hy nog blank ook, kan dus moontlik aangekla word van poging tot moord, dis mos SA.
heel moontlik gaan die boer seker nou van poging tot moord aangekla word want hy het op swartes geskiet
Natuurlik gaan die Boer nie vir moors aangekla word nie, hulle het dan gedink hy is dood, die Boer was100% reg,