Plaasaanval: ‘Hy is in ongelooflike pyn’

Berdus Henrico en Estelle Nieuwenhuys. Foto: Via Facebook

Die Limpopo-polisie het ʼn soektog van stapel gestuur na drie verdagtes wat ʼn verloofde paartjie Dinsdagaand op ʼn plaas buite Vaalwater aangeval en die man twee keer geskiet het.

Berdus Henrico (39) en sy verloofde, Estelle Nieuwenhuys, was alleen by die huis toe die aanvallers omstreeks 21:00 toegeslaan het.

Chrisna Henrico-Van der Merwe, Henrico se suster, het gesê dit is nog nie duidelik hoe die aanvallers toegang tot die plaas en huis verkry het nie.

“My broer en Estelle bly al die afgelope twee jaar op die plaas in die Melkrivier-omgewing waar hy die plaas vir iemand bestuur,” het Van der Merwe gesê.

“In dié stadium weet ons net een van die aanvallers was met ʼn mes gewapen, een met ʼn skroewedraaier en een met ʼn 9 mm-pistool,” het sy gesê.

Dit is nie duidelik hoe lank die aanvallers in die huis was nie. Henrico en Nieuwenhuys het in ʼn stadium in ʼn stoeiery met die verdagtes betrokke geraak, waartydens Henrico wonde aan sy kop en rug opgedoen het.

Drie skote is tydens die voorval gevuur. Twee het Henrico in sy skouer getref en een het Nieuwenhuys skrams getref.

Die aanvallers het met elektriese ware en ʼn geweer op vlug geslaan.

Die paartjie is daarna na ʼn hospitaal in Modimolle (Nylstroom) geneem vir mediese behandeling. Henrico is opgeneem en gestabiliseer. Nieuwenhuys is reeds ontslaan en is sedert die aanval aan haar verloofde se sy.

“My broer se toestand is stabiel, maar hy is in ongelooflike pyn. Hy is na ʼn hospitaal in Polokwane (Pietersburg) geneem waar skanderings gedoen is om vas te stel waar die koeëls is. Hy word vanmiddag na ʼn staatshospitaal in Mokopane (Potgietersrus) geneem waar hy dan ʼn operasie moet ondergaan om die koeëls te verwyder.”

Van der Merwe het gesê sy haal haar hoed af vir Nieuwenhuys. “Sy ondersteun en versorg Berdus ongelooflik en is ʼn baie sterk vrou.”

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Die Dorset-polisie ondersoek ʼn saak van huisroof en poging tot moord. Ngoepe het gesê die moontlikheid word ondersoek dat Henrico moontlik ʼn verdagte tydens die worsteling geskiet en gewond het.

“Die verdagtes is onbekend en niemand is nog in verband met die plaasaanval in hegtenis geneem nie,” het Ngoepe gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Antoinette ·

Hoe kom word die plaasaanvalle nie op TV nuus uithaal nie.

Tersia ·

Meen hom na n goeie hospitaal en laat die regering die onkoste betaal. Hulle doen niks om ons te beskerm nie so die rekening is hulle sin.

Anel ·

Tersia, ek stem saam. Misdadigers word na privaat hospitale toe geneem. Dit moet anders om wees. Slagoffers moet na privaat hospitale toe gaan en misdadigers na staatshospitaal. Hoekom moet slagoffers se medies uit geput word agv misdaad?

Tersia ·

Neem hom na n goeie hospitaal en laat die regering die onkoste betaal. Hulle doen niks om ons te beskerm nie so die rekening is hulle sin.

Amanda Landman ·

Ek moes nou letterlik soek na nuus oor die plaasaanval…haal nie eens meer die radio nuus nie. Dis skokkend en skandelik dat as enetjie bietjie rioolwater na sy bewering(!) moes drink en nou VREESLIK getraumatiseer is, word dit op radionuus uitbasuin maar dag na dag na dag se plaasmoorde op blankes maak nie eens die nuus nie… dankie Maroela Media. Julle is tops!

boesman ·

Berdus hoop jy sterk gou aan maat sterkte goeie mens ken hom persoonlik goed sterkte vir julle

Vaal Seun ·

Was nou onlangs in die Melkrivier omgewing met vakansie-nooit gedink in daardie mooi deel van die bosveld is daar ook die aanslag op ons volk nie.Alles was so stil en rustig.Die aanvallers loop oral rond.

Maggie Pringle ·

Verskriklik!!!. Plaasaanvalle word elke dag erger. Is daar nie meer wet en orde nie? Hulle sal seker ook nie die skuldiges aankeer nie.

Anton ·

Afriforum en ander soos Solidariteit moet so gou moontlik n fonds op die been bring waartoe ons almal kan bydra om te verseker dat slagoffers van plaasaanvalle die beste sorg by privaat hospitale kan kry en die onkostes gedek word. Dit is die minste wat ons as gemeenskap kan doen. Om in n staatshospitaal te wees is net nog n geveg vir jou lewe. Ons moet na ons mense omsien en nie hulle alleen op die slagveld los nie. “Woorde is opinie, aksie is waarheid!”

Lolla ·

Wens daar was n wit dokter of twee van privaat hospitale wat ook net n bietjie uitreik en hul pvt dienste teenoor sy mede wit man offer met liefdadigheid en ondersteuning, wetend wat op plase aangaan.

@ LOLLA ·

Beste voorstel wat ek nog gehoor het, hoekom kan dokters soos burgerregte organisasies nie ook saamstaan en slagoffers van geweld help nie? Doctors without borders bly uitreik na ANDER LANDE< maar die grootste behoefte is in ons eie land. KOMAAN medici .. ons verwag nie dat julle heeltyd verniet moet werk nie, julle kan steeds julle lonende praktyke aanhou, maar regtig, julle kan darem ook 'n bietjie opoffer vir die nuwe SA veral waar mense NIE kan betaal nie, nou gaan le hulle in staatshospitale om daar dood te gaan. Die dokters wat dit NET vir geld doen HOEF nie hier te antwoord nie, ek ken julle antwoord.! Mens noem dit VOLUNTEER!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.