Plaasaanval in Ladysmith

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Boer en sy vrou het kopbeserings opgedoen nadat hulle met vuurwapens op hul plaas in Ladysmith, KwaZulu-Natal aangeval is.

“Die boer en sy vrou is vasgebind en aangerand,” het Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Die aanvallers het van hul eiendom, insluit kontant gebuit.”

Paramedici het by die plaas opgedaag en die boer en sy vrou behandel voor hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Die polisie stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jonathan ·

Twee verdagtes gevang en goedere wat gebuit was gevind Dankie met lof aan gemeenskap en SAPS

Johannes Meintjes ·

Die louwarm tendense op soveel terriene van die samelewing laat my wonder of kommentaar nog enigsins die moeite werd is. Daar is nog niks wat die korrupte regering laat regop-sit of die onverpoosde en ongestrafde misdaad geneightheid van ons tyd kortvat nie. Ons mense bloei daagliks fisies en ekonomies, – ten spyte ook van MM se openbare “warm debat”.

Hester ·

Ja snaaks, as hulle op borg vrygelaat word, doen hulle weer dieselfde! Hulle is so jonk al moordenaars; kan tog seker nie apartheid se skuld wees nie?

andre de kegel ·

ALS HIER IN BELGIE SO MENSE VAT DAN GAAN HULLE VIR MEER DAN 20JAAR IN DE TRONK EN HUULE KOM NIE VRY NIE

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.