Plaasaanval in Ugie: Pa en dogter geskiet; ma verjaag rowers

geweer

JONGSTE: Maroela Media verneem die polisie wou die vrou ná die voorval in hegtenis neem. Klik hier om meer te lees. ʼn Pa en sy dogter is geskiet nadat drie gewapende mans hulle Woensdagaand in hul plaashuis in die Ugie-omgewing in die Oos-Kaap oorval het.

Henk Pieterse, ʼn voormalige polisiebeampte en sakeman van Ugie, het Donderdag aan Maroela Media gesê die aanval het omstreeks 21:00 plaasgevind. “Die man, sy vrou en hul dogter was by die huis toe die aanval plaasgevind het,” het Pieterse gesê. Hy sê die aanvallers het aan die deur geklop en dit oopforseer.

“Volgens die inligting wat ek ontvang het, het een van die mans ʼn klapmus gedra. Twee van hulle was met vuurwapens gewapen en een met ʼn mes,” het hy gesê.

Die mans het, toe hulle by die huis instorm, op die dogter geskiet en haar in die bors gewond. Die boer het intussen sy vuurwapen gegryp waarna die aanvallers hom in die been gewond het.

“Sy vrou het die vuurwapen by haar man gegryp en een van die aanvallers geskiet en gewond. Hulle het daarna gevlug. Soos wat ek verstaan was hul wegkomvoertuig ʼn taxi,” het Pieterse gesê.

Intussen het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, gesê dat ʼn ambulans wat ontbied is, nie genoeg brandstof gehad het om die slagoffers na die hospitaal in Maclear te vervoer nie.

Cameron sê familie van die slagoffers het hulle self tot by die hospitaal in Maclear geneem, hoewel daar geen dokter beskikbaar was nie. “Dit is ʼn absolute skande dat die staat sy plig so teenoor landsburgers versuim,” het hy gesê. “Die land steier onder korrupsie, met politieke leiers wat openbare poste beskou as ʼn geleentheid om pap te skep eerder as om gemeenskappe te dien.”

Volgens Cameron word die verdagtes moontlik verbind aan ʼn aanval op ʼn bejaarde egpaar sowat drie weke gelede.

Dit is in die stadium nie bekend of die drie verdagtes in hegtenis geneem is nie. Maroela Media wag vir kommentaar van die Maclear-polisiestasie oor die aangeleentheid.

Volgens Pieterse gaan die omgewing, waaronder Ugie en Maclear, oor die afgelope tyd erg gebuk onder misdaad. “Inwoners van alle rasse loop onder misdaad deur. Daar is geweldig baie verkragtings in die Begela-informele nedersetting. Selfs die polisie is te bang om na sononder die gebied te betree,” het hy gesê.

Hy het gesê daar was in die afgelope ses weke vier gewapende rooftogte in die gebied. “Die mense is desperaat en keelvol. Ons wil in samewerking met AfriForum ʼn gemeenskapsbeveiligingsprojek van stapel stuur om die polisie by te staan.”

Mense wat by die beveiligingprojek wil aansluit kan Ferdie Bester bel by 071 476 5631.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Anoniem ·

En ek wonder,hoekom is daar nie genoeg brandstof nie?Ek het die antwoord!!Want hulle ry taxi met die ambulanse,en wat veronderstel is om by die stasie te staan,en gevul te wees,ry hulle kruideniersware en drank aan,en is elke 5 sekondes by die huise.En die klinieke het nie die kroniese medikasie nie,”want hulle het nie voertuie nie”,maar die voertuie word gebruik om rond te karjakker in die dorp.Dis die antwoord v ongenoegsame brandstof…

neli hayes ·

Netso gesien gebeur vandag in Stilfontein. Polisie bussie gebruik om privaat passasiers te vervoer tussen Potch en Stilfontein tjok en blok vol privaat mense PCB465 B Potch voertuig

Ria Maritz ·

“Dit is ʼn absolute skande dat die staat sy plig so teenoor landsburgers versuim,” – STEM 100% SAAM.

Die hooggeplaastes leef in prag en praal, gee nie ‘n duiwel om oor die veiligheid van die mense nie – en waarom het die ambulans nie genoeg brandstof gehad – gesien in die lig dat misdaad daar hoogty vier.

Dan lees ek dat selfs die polisie is te BANG om die gebied binne te gaan … SJOE, voor 1994 het ons nog POLISIEMANNE gehad …

Peter Says ·

Die dapper vrou het waaskynlik die familie se lewe gered, briljant dame !!!! n Spoedige herstel word julle almal toegewens. Verder gaan ek nie kommentaar lewer nie, want ek sal verseker toegesluit word…..

Ria Maritz ·

Was dit maar so maklik – maar ons is nie so opgevoed nie.
Ek deel egter jou sentimente 100%.

jakes ·

Ria,ja, waarom moet die minderheid MET ‘n opvoeding daagliks in vrees leef? My buurt darem beter as Inkandla-heet nog nie 250mil veiligheid nodig!

Ria Maritz ·

Dis so waar Jakes !

Ons is op onsself aangewese, en ja, dis ERG om elke dag en nag, selfs oppad werk toe, in vrees te moet leef.

Ek troos my daaraan – dit KAN NIE vir altyd so aangaan nie, daar SAL uitkoms vir ons wees.

Theresa ·

Dis darem te erg. Elke aand die week word boere aangeval, gemartel en vermoor. Nou sê hulle die polisie wou die vrou arresteer. Wat de hel! Snuif julle gom? Julle is die domste verdomde goed wat in beheer is. Ek het in my hele lewe nog nooit sulke agteruitgang beleef nie. Almal is verkeerd behalwe hulle en die rowers word beskerm. Nou sit nood voertuie sonder petrol, maar kyk bietjie om jou rond. Hoe word kinders en vele meer rondgery met staatsvoertuie. Daar word winkels toegery om gou te gaan shop en te eet. Ek sê weer – iewers moet iets vinnig gebeur en mag die Here ons genadig wees en ingryp. Ons mooi land is ‘n tydbom en dit tik…………..

anoniem ·

Dus n skande want ugie se polisies kannet niks doen om di gemeente te help ni ek weens almal kan net by staan as gemeente n di gereg in hul eie vat ge noeg is genoeg!wens afriform kan ons kom help in ugie

gerbrand moller ·

Die polisiemanne moet summier aan gekla en geskors word vir dwarsboming van die gereg .. Sy het met haar man se wettige wapen uit self verdediging opgetree nadat haar man en dogter gewond was .. Haar optrede het 3 moorde voorkom .. Die probleem is haar velkkleur en die ondersoek beamptes op die toneel het seker n milkybar ooreenkoms gehad

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.