Plaasaanval in Ugie: Polisie sal onbeantwoorde oproep ondersoek

telefoonDie polisie in die Oos-Kaap stel ondersoek in waarom ʼn telefoonoproep van ʼn gesin wat in Ugie naby Maclear op hul plaas aangeval is, nie beantwoord is nie.

“Die stasiebevelvoerder van die Maclear-polisiestasie stel ondersoek in,” het kol. Sibongile Soci, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, aan Maroela Media gesê. “Gemeenskapslede word ook aangemoedig om die noodnommer 10111 te skakel.”

Felicity Ewers het aanvallers met haar man se vuurwapen verjaag nadat haar man, Kenny en tienerdogter, Chenelle, geskiet is. Sy kon nie die polisie in die hande kry toe sy na die aanval die stasie gebel het nie. Klik hier om meer te lees.

Die polisie het ook beslag gelê op Kenny se vuurwapen ná die voorval. “Dit is standaard prosedure wanneer daar ʼn skietvoorval was dat die polisie die vuurwapen konfiskeer,” het Soci bygevoeg. “Ballistiese toetse moet op die wapen gedoen word.”

Die polisie wou Felicity in hegtenis neem omdat sy haar man se vuurwapen hanteer het. Hulle het haar eers laat gaan toe daar glo met regstappe gedreig is. Soci sê indien ʼn persoon bekend is en die polisie maklik met daardie persoon in verbind kan tree en die persoon ook nie ʼn vlugrisiko is nie, hoef die persoon nie in aanhouding te bly nie.

Lees ook:
Plaasaanval in Ugie: Geen antwoord by polisie ná aanval
Plaasaanval in Ugie: Polisie wou ma glo arresteer
Plaasaanval in Ugie: Pa en dogter geskiet; ma verjaag rowers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.