Plaasaanval: Jong man dood, vrou kritiek ná aanvallers toeslaan

Argieffoto

ʼn Jong man, vermoedelik in sy 20’s, is doodgeskiet en ʼn vrou wie se ouderdom in dié stadium nog nie bekend is nie, is ernstig gewond in ʼn plaasaanval helder oordag in Mpumalanga.

Die voorval het omstreeks 09:00 naby Komatipoort plaasgevind.

Inligting is in dié stadium nog skraps, maar volgens Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, is die jong man verskeie kere geskiet en is op die toneel dood toe drie gewapende aanvallers op die plaas toegeslaan het.

Die aanvallers het hom glo voorgelê en het hom in die huis in geneem.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is nog op die toneel en besonderhede is nog min, maar dat ʼn saak van moord, poging tot moord en gewapende roof ondersoek word.

Hy het gesê drie gewapende aanvallers met klapmusse aan het die vrou verskeie kere geskiet en sy is in ʼn kritieke toestand na die hospitaal gehaas. Sy is glo in die bolyf en maag geskiet.

Cameron het gesê sover hul kennis strek het die vrou se seun, wat glo nog aan die slaap was, die skote gehoor en toe sy eie pistool gegryp en twee skote afgevuur. Die drie aanvallers het toe te voet op die vlug geslaan.

Mtsholi het gesê dat daar verskeie selfone gesteel is tydens die aanval.

Maroela Media verneem die plaaslike gemeenskap is tans besig om met ʼn private helikopter na die verdagtes te soek in die omliggende suikerrietlande.

Die slagoffers se name word weerhou aangesien hul naasbestaandes nog nie in kennis gestel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Johanna Botha ·

N pvt helikopter word gebruik omdat die polisie niks het om te bied nie …maar ons betaal belasting maar is nerens veilig nie ! Dis wat die anc mens mee los …..NIKS !

snoefie ·

ai johanna ons betaal belasting sodart gemeenskappe gratis huise, varsity opleiding, R1.2miljoen bergoedingkan kry vir geestelik versteurde familie in inrigrings sit en vergeet en sodat sommige polisie begeleiding en ander polisie wagte kan hê

Susan de Bruyn ·

Die slagoffer is my seun, Deon de Bruyn 25 jaar oud, hy is net 1 keer deur die hart geskiet met sy hande agter sy rug vasgebind. Dis nie ‘n plaas aanval nie, dis koelbloedige MOORD
:(

Ronel Dreyer ·

Agge nee Susan! AG dit is verskriklik! Here help u hierdie mamma en familie in hierdie hartsverskeurende situasie. O God van ons vaders, stuur vir ons n leier wat ons soos een man kan terugdraai na U, ons kort n laer en n gelofte.

Gautenger ·

Baie jammer vir julle verlies Susan. Julle is in my gedagtes.

Snowball ·

So kom hulle, 3 op ‘n slag, rugraatlose, lafaards, die skuim van die samelewing en oorval vrouens en weerloses!! Uitskot wat die doodstraf verdien, maar hulle word toegelaat om verwoesting te saai, want ons regering is te slapgat om misdaad aan te spreek. Viva ANC, Viva .. .long live Crime, long live!!

Piedmont ·

Hulle kom gewoonlik in selfs nog groter groepe en hou aan skiet, die motief is wrede moord, nie diefstal. Ons moet baie vinnig onderhandel vir ons eie lamd anders gaan ons gou een vir een geskiet word.

Reg! ·

Het jy al gekyk na The Sovereign State of the Cape of Good Hope?

Israel ·

Swart maandag ja maar op dieselfde stop om belasting te betaal!

Jane ·

Dit word tyd dat ons mense nader anmekaar leef. Op eie hande werk staat maak en vremde arbeid in en rondom die huis vermy.

Alice ·

Ek kom agter dat baie van hierdie plaasmoorde en aanvalle op Sondae is. Mense op plase moet baie op hul hoede wees op Sondae. Jammer die landelike gebiede kan nie afgesper word soos woonbuurtes in die stad nie. Ek wil so graag fisies help maar weet nie hoe nie. Mense wat gaan ons doen…ja bid verseker maar die bose is los en brul soos n leeu en verslind.

Selfbeskikking ·

Al wat ons kan doen is om inderdaad ons eie nuwe land af te sper nadat ons met ons regering en die buiteland daarvoor onderhandel het.

Ludick ·

Om te onderhandel moet mens tog iets hê om mee te onderhandel? Wat het ons wat die “buiteland” moontlik kan interesseer?

Charmaine ·

Sterkte aan die familie R.I.V jongman dit hou net nie op nie sal so gaan tot hier niks van die land oorbly nie tot hongersnood kom tot die bloed soos riviere vloei in die strate soos die bybel se verdukkng op verdrukking ???

John ·

Hoekom gebruik die staat nie die werklose reserviste vir plaas patrolies nie hulle is mos opgelei miskien kan dit ń verskil maak dis maar net ń voorstel .

Jane ·

Die staat? Die leiers van Suid-Afika sing dan “Kill the Boer”

Callie ·

John, wat verstaan julle nie van CR wat wittes nie as sy mense sien nie. Wat verstaan julle nie van Malema vra hulle moet wittes moor nie. Hulle kom om dood te maak. Dis hoekom die regering verder wittes probeer ontwapen. Word wakker. Julle nikseggende kommentare help niks. Raak betrokke by organisasies. Kry jul predikante om te begin preek hieroor en om gemeentes te laat saamwerk. Kry boeregemeenskappe bymekaar. Die land gaan bloei. Dis naby

Malema volksmoord ·

Dit is baie naby, malema begin nou al op internasionale TV vra dat ons in massas uitgemoor gaan word.

LHS ·

Ek het kliphard nou gelag, dat daar regtig skynbaar mense bestaan wat met “ons regering” en nog erger “die buiteland” wil onderhandel oor grond. Arme ou Piet Retief sit seker regop in sy graf van skok en afgryse oor hierdie gedagtes.

Andre ·

Ek is so verskriklik jammer vir jou Susan. Mag die Here julle in sy hande neem deur hierdie tyd en voorentoe.

Cornelia ·

Susan, al kan my woorde van medelye nie jou wonde heel en teruggee wat van jou weggeruk is nie…weet asb. dat jou trane en verlies, met groot deernis na Gods troon gedra word in gebed. Mag jy en jou gesin vertroos word in hierdie uur van uiterste smarte.

Dis so ·

Susan ons innige simpatie. Ons dink en bid vir jou en jou familie. Dit is so sinnelose lafhartige daad. Net God kan julle hierdeur dra. Asb laat Hom toe om julle vas te hou en te vertroos. Daar is nie antwoorde nie net vra. Sterkte vir julle..

leon ·

Die langtermyn oplossing is die konsentrasie van getalle vir veiligheid en ekonomiese oorlewing. Tragies maar die staat faal. Grense moet oorgetrek word. Vir die Afrikaner le die volgende groot trek voor.

Fanie ·

Hoeveel blankes is ons in Suid Afrika. Wat my verstand tebowe gaan is as daar petiesies opgestel word soos die grond wat net van ons gevat gaan word is daar maar 250 000 mense wat dit onderteken waar is die res van die blankes kan julle nie sien wat aan die gang is nie word n slag wakker en reageer ASB mense Word net wakker

Fritz ·

Die probleem is dat baie eenvoudig nie omgee nie. Ek en my buurman langsaan stem saam wat hierdie kwessies betref, terwyl die ou oorkant die straat geensins belangstel. Solank hy nie geraak word gee hy nie n bloue duister om.

My punt is dus: BAIE van ons blankes is te SLEG om saam te staan. Ek haal my hoed af vir die wat nog probeer maar ons is te min om hond haaraf te maak. Ons kan soveel vermag indien ons begin om mekaar te ondersteun.

Snip Joburg ·

Susan my Hart Gaan uit Na jou. Ons lewe in n Donker wereld en ons as kinders van die Here Moet net aanhou Sy Naam roep. My kinders Bly ook op n kleinhoewe en is so omring met heinings en hekke day dit lyk Soos n tronk, maar waar Di duiwel Wil inkom daar sal hy. Ons Staan alleen teen n magtige Goliath en ons hulp Kom alleen van Bo.

Nettie ·

@Snip Joburg – onthou net, die klein, onbelangrike Dawid het die grote reus, Goliat oorwin, deur net eenvoudig homself te bewapen met drie klippies en ‘n slinger. Oppas vir die dag wat die wit boere wél begin saamstaan ……….

Theresa ·

Susan, innige simpatie in jou droewige tyd. Baie sterkte word jou en die familie toegebid.

Siek en sat ·

Sooo siek en sat vir hierdie misdadigers wat dink hulle het die reg om mense so te verniel. Wie de hel dink hulle is hulle????? Ek sit AL hierdie aanvalle VOOR MALEMA SE DEUR.

liz ·

Susan sterkte vir jou en jou familie, ongelukkig kan ek net praat namens ons wit Suid Afrikanders, weereens sterkte.

Tik tok tik tok ·

Kas ek Verstaan ook die seun se Tannie is ook dood Maar MM plaas nie soma my kommetaar nie Ek dink nie hul hou daarvan iemand moet vooruit loop met nuus nie?

Liana ·

Hartseer – Ek weet nie van watter dame jy praat nie. Maar die dame wat gewond is sterk aan in die hospitaal. Sy is nie oorlede nie.

Basjan ·

Volgens prof Elmien du Plesis hoef ons nie baie te worry nie ek vhoor sy se teen die huidige tempo sal dit oor die 400 jaar vat voor al die boere uitgemoor is.

Liberaal ·

Moet nie my liberale vriendin beledig nie, akademici moet objektief wees, maar dit is vir baie akademici meer belangrik om polities korrek te wees, ek hoop jy verstaan. Objektiviteit is nie meer belangrik vir ons liberaal demokratiese samelewing nie.

GM ·

Susan, my innige simpatie aan jou en jou naasbestaandes. Julle is in ons gebede.

Henning ·

Al hierdie kommentare kan weer volgens week gelees word met die volgens aanval. Dit help niks. Geen wonder daar is mense wat nou n track my nie houding het. Hierdie wiel draai al in die rondte en al vinniger. Sorg dat julle saak met die Here reg is want dit is al genade wat julle sal kry. To be continued…

Lee ·

Susan, baie jammer oor julle groot verlies. Dit is verskriklik hartseer. Mag hulle die lafaards vang wat dit aan ‘n onskuldige man gedoen het. Rus in Vrede!!

Gerda ·

My innige simpatie aan Susan de Bruyn. Deon was een van my studente. Ek sal hom altyd onthou as vriendelik en tyd vir n geselsie met ons almal hier. My hart bloei vir jou. Woorde kan nie die skok, woede en seer weg neem. Ek bid vir julle xXx

Retha ·

En nogmaals is ons president TJOEPSTIL rondom dié kwessie. Die regering hou hul eerder op met onbenullighede pleks daarvan om die REALITEITE aan te spreek. Prioriteite mense, prioriteite!

Tommie ·

Neels, was dit nie die boerelegioen wat einde verlede jaar te bang was om aan daai optog in Pretoria deel te neem nie? Kamstig bang dat van hulle “generaals” deur die EFF geskiet gaan word nie? Ek was by daai optog, en daar was nie ‘n EFF ondersteuner in sig nie.
EFF = 1
Boerelegioen = 0

Werner ·

Ek self nie n lid van Boerelegioen maar kan nie sien hoekom jy hulle moet afskied nie Tommie ons wag in spanning na jou oplossing

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.