Plaasaanval: Man (73) koelbloedig vermoor; honde doodgeskiet

Argieffoto

ʼn 73-jarige man is dood en sy vrou “erg geruk” nadat die egpaar Vrydagaand op hul plaas op Charl Cilliers in Mpumalanga aangeval is.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Hy het die egpaar as Johannes Cornelius en Ilse Jakoba Meyer (69) geïdentifiseer.

Volgens Hlathi het die voorval omstreeks 22:30 plaasgevind. Hy sê die egpaar was glo in hul sitkamer besig om televisie te kyk toe drie gewapende mans hulle aangeval het.

“Die mans het na bewering die huis binnegestorm en aangedring op die sleutels van die kluis,” sê hy.

Volgens hom het die verdagtes daarna vir Johannes in die slaapkamer ingedwing en die kluissleutels by hom afgeneem. Die groep het hom daarna doodgeskiet.

“Die verdagtes het na bewering ʼn rewolwer en twee jaggewere in die voorval gesteel. Hulle het ook juwele, ʼn onbekende bedrag geld, ʼn televisie en ʼn Ford Ranger-bakkie gesteel,” sê hy.

Hlathi sê die mans het kort voor hulle gevlug het ook die egpaar se twee honde doodgeskiet.

Volgens hom is Ilse hardhandig hanteer, maar in ʼn stabiele toestand.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die registrasienommer van die Ford Ranger-bakkie is JKP 436 MP. Die polisie het ʼn beroep op enigiemand met meer inligting oor die voorval gedoen om konst. Phasika Motau, die ondersoekbeampte, by 082 053 0306 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Marianne ·

GAAN ONS NUWE PRESIDENT MENEER RAMAPHOSA IETS DAADWERKLIKS DOEN ON SINNELOSE PLAAS MOORDE TE BEKAMP?

Die gemeenskap van Charl Cilliers is klein, erg geskok en verward oor ons veiligheid.

Wickus de Bruin ·

Ek bid vir die tannie wat hierdie trauma oorleef het. Ons saak sloer al 6 jaar nadat al die beskuldiges gevang is wat ons in n gewapende roof in ons huis oorval het. Ek bid dat die polisie hulle sal vang en aan die pen sal laat ry en mag die reg oorwin in haar geval.

M Irage ·

My gebede gaan uit na tannie Ilse en haar familie. Baie dankie aan die predikant en sy vrou van Charl Celliers NG Gemeente wat die hele gemeenskap bystaan en ondersteun in hierdie tyd – dit word opreg waardeer

Leeu ·

Ek glo glad nie CR gaan enigens iets doen nie, hy is tog n voorstaander van grondgryp, grond vat sonder vergoeding. ANC bly die ANC, maak nie saak wie nr1 is nie.

Hanna ·

My innige simpatie aan tannie Ilse, ek bid vir genade en krag.

Connie ·

Ons innige simpatie Elize en familie.Ons bid dat ons God hul styf in sy hand sal vashou en sal dra in hierdie moeilike tyd.Rus in vrede Johannes,ons Here slaap nie,hulle sal boet vir hulle dade ..Louis & Connie Steyn

Hester ·

Hul deur het nie oop gesluit gestaan nie die inligting is nie korek nie…hul het die deur oopgesluit om die honde wat erg geblaf het wat op daai oomblik in die huis was te laat uit gaan. En die 3 het toe die huis binne gestorm nadat hul die een hond buite dood geskiet het. En Oom Hans is Sewentig sou 71 in Mei word.
Sterkte aan almal ek dink aan julle en gaan Oom baie mis.

Daan ·

Dankie Hester vir die feite MM het seker weer hulle inligting by die ???polisie gekry.

Nita ·

En so begin 2018 net soos 2017 ge-eindig het. Een plaasaanval na die ander. Roof en moord oral. En die weermag word steeds nie ingespan om te help patroleer nie. Die kommando-stelsel is afgeskaf omdat hulle so effektief was om die boere op die plase te beskerm.

Barnard ·

Wat sal Ramaposa hieroor se? Seker niks nie en die grond weggee.Hy het mos nie n woord oor plaasaanvalle gerep nie maar wel oor grondgryp.

Ekke ·

Minister Ranaphosa ka U asb spoedig moontlik die wette verander met plaas moorde en alle moorde en inbrake ..weet U gaan dit doen ..ek vetrou U

Bietjie bietjie ·

Jy vertrou verseker op die verkeerde een .
Moenie op ñ mens vertrou nie !

Bokka ·

Hahahaha,ekke dink jy nou regtig ou nuwe pres gaan jy kan vertrou die goed is almal dieselfde,jou vel is wit so hy haat jou dit gaan nie verander nie hoor my liedjie.

Vlug maat Vlug ·

LMGA – eintlik TRAGIES hoe die wittes nou Ramaphosa as ‘n god sien wat nou misdaad gaan bekamp, sowel as korrupsie, en sommer gaan wagstaan by die boere se plase ook. HY HET SY EERSTE plan reeds op die tafel gesit. GRONDONTEIENING SONDER VERGOEDING .. wat verstaan julle positiewe mense nie? En moenie my pessmisties noem nie, ek verkies om REALISTIES genoem te word .. KYK asb na die res van Afrika en se my waar gaan dit goed met witmense? Namibie en Botswana .. en Namibie se plaasaanvalle het nou ook skerp toegeneem .. PLUNDERY en moord in AFrika is ‘n algemene verskynsel .. en niemand gaan dit stop nie . AFRIKA gaan so bestaan tot hy ondergaan .

Pop ·

Zulu, ek is bevrees dit gaan nie ophou met iemand wat ons in kookwater wil gooi, wat nou hierdie land se president is. Mense gaan nog hulle hare een een uittrek met hierdie gladde meneer.

Die wiel sal draai ·

Die wiel sal draai en hierdie mense sal aan die pen ry.

MJ ·

Ons lewens op plase in hierdie land is daarmee heen. Geen president gaan dit verander nie. Hy moedig dan onteiening sonder vergoeding aan. Ons sal moet trek mense. Ver weg van die Afrika mentaliteit.

RM ·

Stem saam, hy sal nie vir ons enige gesag voor staan nie, net ‘n stadige neer letting van verwagtinge. Hulle wil en sal ons tot in die see dryf. Al bly daar niks van hierdie pragtige land oor nie, ten minste is die witman weg. NET Afrikaaners kan ons veiligheid en kultuur behou en dit lyk weer asof ‘n Groot Trek nodig is, want ou Cyril gee nie ‘n vlenter om nie. Die res van die we^reld is nog ‘n paar honderd jaar agter voordat hulle sal kan begryp hoe Afrika werk, want van pangas en knopkierries weet hulle min. Kyk wat het gebeur in Rawanda, niemand het opgedaag om te help nie. Geen wonder ons Oumas en Oupas wou net onder mekaar bly. Alles wat hulle gese^ het word nou waar en ek bid dat die tyd kom waar mense, my familie insluit, begin die drome van ‘n reenboog land uit hulle oe vee, want dit is weg en iets nuuts wag vir ons almal. Yahweh asseblief verm jou hand oor hierdie besonderse volk wat sukkel aan die punt van Afrika.

van Es ·

Its horrible everytime I read this kind of news. Looks like it happens everyday.

I am from the Netherlands and I just want to say, you are more than welcome in Holland!!

JSG ·

@van ES. Ek is ook ‘n 3de geslag Nederlandse afstammeling en sal graag wil woon in Nederland, maar kan nie. Sal wat wil gee om soontoe te gaan. Gedink ons klein plattelandse gemeenskappe is veilig, maar wil nie so voorkom.

Bella ·

Ons is te gerus! Dink kan nie met ons gebeur nie. Ook vertrou ons, ons dierbare , betroubare, werkers te veel. Hulle gee jou weg! Hulle weet van al jou sake en dat jy ‘n kluis in die huis het. Sien ook jou juwele. Jammer maar om met ‘n oop deur te dit is baie dom.

Wilmarie ·

Hulle vermoor en martel die boer beslis vir die pret. ? Sinneloos.

T ·

Baie Sterkte tannie! sluit asb julle deure ons moet nie sit en wag tot iets met ons gebeur voor ons wakker skrik nie. Dit is so onnodig Maklike prooi!

Veronica ·

Ek voel seer saam met almal! Maar…. Hoekom was die deur nie gesluit nie!!!!!!

Jerry ·

Die lafaards teiken en vermoor die mees weerlose ouergarde van ons gemeenskap. Dit is nou al die hoeveelste moord nadat plaasbeveiliging inisiatief geloods is. Duidellik skiet die inisiatief tekort aan iets. Wonder wat dit kan wees wat die plan nie dek nie?

Koeks ·

Of die deur nou gesluit was of nie, dit moenie gebeur nie! Bejaardes moet veilig wees. Almal moet veilig wees.

Boland ·

Hulle is almal dieselfde.Moenie dink CR gaan plaasmoorde stop nie.Nie een Xhosa of Zulu het al hulle mond oop gemaak oor plaasmoorde nie.Nie een het al standpunt ingeneem nie.Waar is Maimane.Nerens.Die wiel sal draai.

Jannie ·

Dit sou geen verskil gemaak het as die deur gesluit was nie hierdie moordenaars is na die plaashuis met ń doel en dit was beslis nie vir ń vriendskaplike kuiertjie nie.
Al hierdie negatiewe kommentaar gaan beslis niks help nie dis tyd dat ons besef hierdie is die gevolg van verkeerde besluite wat ons geneem het toe ons die ou apartheids regering vertrou het en hulle met die ANC onderhandel het sonder ons medewete.
Wat het ons verwag sou die uitkoms wees toe daar aan almal stemreg gegee is?

Nettie ·

@Jannie, jy praat so waar, soos ‘n man na my hart – ek trou sommer met jou!

Jerry ·

Afri-Forum se plaasbeveiliging moet insluit om die moordenaars te jag, te arresteer en voor die hof te daag wanneer die staat se wetstoepassers faal.

Bert ·

Dan is daar sogenaamde ‘kenners’ wat vir ons wil vertel dat dit net gewone misdaad is!

PJC ·

Ek dink nie CR se presidentskap gaan sommer plaasmoorde laat afneem nie. Dit is egter vir my baie duidelik dat daar ń massiewe veiligheids bewusmakingsveldtog onder ons mense gevoer moet word. Daar is nog baie mense op plase in uiters onveilige areas wat nie eers diefwering of heinings om hulle huise het nie. Dit is om van te ween.

Antjie ·

Wat is die kleur van die Ford Ranger wat soek is? Moeilik om te deel om te help soek as mens nie eens die kleur weet nie, want dis belangriker as die model! Ai!

Mags ·

Daar word miljoene gemaak uit o.a. belasting geld met Elke plaasmoord, en Dan natuurlik die hoop dat die plaas verlate agtergelaat Gaan word. Gereed vir besetting.

Valie ·

Ons moet eienaarskap neem van ons eie toekoms, veiligheid en ekonomiese welvaart. Niemand anders gaan dit namens ons doen nie. Daar is nie een enkele Afrikaner wat met n skoon gewete kan sê dat hulle niks kan doen nie. Al dra jy net R50 per maand by tot n fonds van jou keuse. ( net 4 koeldranke of minder as twee pakkies sigarette se prys)

Aleta ·

Mense, laat staan die negatiwiteit!! Dit gaan ons nêrens bring nie. Ons President kan onmoontlik nie ons veiligheid verseker nie, maar ons kan vir hom bid vir wysheid en insig om hierdie probleem te help oplos.

Hercu ·

ek wonder ook waar is Maimane (DA) – hoekom so stil?
die moorde lyk soos SA se nuwe sport :-(

Net ek ·

Ons kan nie van enige organisasie verwag om net in te spring en te help wanneer die pawpaw te fan strike nie! Raak deel van die organisasie en dra by! Dan kan ons verwag hulle moet n verskil maak

Johan de Beer ·

Ek kan help. Lees my opebrief, hier…. www opebrief com

Stuur Dit Aan vir elke boer Wat jy ken. Tans het 333 mense die brief gelees, kom ons Maak die 1 miljoen. elke bietjie help

marietjie ·

haha Daan
Jy slaan die spyker op die kop. Rerig dit het nou my dag gemaak, jy is reg maar met daardie humor kon ek nie help om lekker te lag nie

cool ·

EK IS SEEKER ONS KAN DIE STAAT DWING OM DIE WEERMAG TE ONTPLOOI, AS ONS NET ONS RUGGRAATE KAN VIND

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.