Plaasaanval: Mini-‘oorlog’ toe Delmas-boer aanvallers verjaag

Wykie Berg verjaag sy aanvallers. Foto's verskaf.

Wykie Berg verjaag sy aanvallers. Foto’s verskaf.

ʼn Bekende boer van Delmas in Mpumalanga, wat al sewe keer die afgelope paar jaar op sy plaas aangeval is, het Sondag helder oordag hom en sy vrou teen agt aanvallers verdedig.

Wykie Berg (65) en sy vrou Hannetjie (63), familie van die akteur en aanbieder Hykie Berg, is ongedeerd ná die aanval. Hulle treur egter oor drie geliefde honde wat kort voor die aanval vergiftig is.

Berg het Woensdag aan Maroela Media gesê hy en sy vrou het Sondagoggend oor die radio na ʼn kerkdiens sit en luister toe hy die honde hoor blaf. “Ek het aanvanklik gedink hulle blaf vir die kalkoene, so ek het eers gewag vir die kerkdiens om klaar te maak voor ek gaan ondersoek instel het,” het hy gesê.

Berg het sy 9mm-pistool saam geneem en toe hy buite voor die kamervenster kom, het hy een van die honde se karkasse gesien en dadelik onraad vermoed.

“Ek is terug in die huis in en het vir my vrou gesê, ‘vandag is hier groot moeilikheid’. Ek het my vuurwapen gereed gemaak. Ná die sewe vorige aanvalle is ons huis baie beveilig, en ʼn mens kan slegs toegang verkry deur die kombuisdeur. Ek het by die kombuisdeur gaan staan en op die ysterdeur geklap en gemaak of ek my honde en plaasdiere roep. Toe ek die deur oopstoot, toe breek die oorlog uit.”

Een van die aanvallers vlug.

Een van die aanvallers vlug.

Berg het gesê agt verdagtes het op hom losgebrand, en hy het in die aanvallers se rigting teruggeskiet totdat sy magasyn met agt patrone leeg was.

“Hulle het omtrent 16 skote na my geskiet voor hulle weggehardloop het. Dit het gelyk of een van hulle gewond was, want hy het moeilik weggehardloop,” het hy verduidelik.

Berg het hom en sy vrou in hul huis beveilig en hulp ontbied. Die polisie en boere van die omgewing was kort daarna op die toneel en het die gebied gefynkam, maar kon nie die aanvallers opspoor nie.

Berg het sy troeteldiere, Missie, Ounooi en Wagter, as liefdevolle honde beskryf. “Die aanval was nie vir my so erg soos toe ek hulle moes gaan begrawe het nie,” het hy gesê. “Hulle is met ʼn vreeslike gif vergiftig. Ons weet nie presies wat dit is nie, maar dit is nie Temic wat in die meeste hondevergiftigings gebruik word nie.” Hy het gesê die honde was binne ʼn minuut dood nadat hulle die gif ingekry het.

Lorraine Claasen, kriminoloog en navorser by AfriForum, het aan Maroela Media gesê honde word veral in kleinhoewe-gebiede vergiftig omdat dit maklik vir die verdagtes is om toegang tot die honde te kry om hulle te vergiftig.

“Gif word in stukkies kos oor die muur of draad gegooi om die bedreiging wat honde bied te elimineer,” het Claasen gesê. “Dit dui ook daarop dat die eiendomme dopgehou word vir dae of weke voor ʼn aanval.”

Sy het gesê dié metode word gebruik om dit so maklik as moontlik vir aanvallers te maak om misdade te pleeg.

Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Lisa ·

Daarsy oomie! Hou so aan! Ons moet ons self maar beskerm teen die gemors wat alles wil he wat ‘n mens so hard voor werk. Baie bly om te hoor oom en die tannie is veilig. Mag die Here oom en die tannie veilig in Sy hand hou. Sterkte met die geliefde hondjies wat oom hulle in die voorval moes verloor.

Coen Hattingh ·

Waarom kry ek die gevoel dat niemand meer veilig in hierdie land is nie? Seker daarom dat ek hoor Nkanndhla se sekuriteit moet opgradeer word?

Issie ·

Ek is so…so…bly jul is veilig…Wykie en Hannetjie. Dit is soooo…verskriklik dat ons land so gedraai het met geweld…diefstal en moorde. Ons het so ‘n mooi land…en daar is ‘n plek vir almal. Verskriklike simpatie met jul oor jul geliefde diere. My diere is my alles.. Ons moet maar ons self beskerm…want WIE help jou as jy alleen by jou huis is…en daar word op jou geskiet. Skiet terug…skiet dood….want hul word NOOIT opgespoor NIE!!!! Hul MOET uitgewis word…dat almal weer kan rustig lewe. Sterkte.

Pierre Celliers ·

Wykie en Hannetjie, Ek is verheug dat julle niks oorgekom het nie. Ek voel saam met julle oor die arme honde. Die vuilgoed maak mense ook dood met dieselfde kilheid. Ek se nog hulle is nie mense nie en die bewyse gaan nog openbaar gemaak word, dit word net terug gehou om hulle kamstige “waardigheid” te beskerm!

Frik Buitendag ·

Sterkte vir die Berg familie Dankbaar julle is veilig Julle is in ons gebede Jammer oor julle hondtjies Dis baie hartseer!!

Fidelia van der Watt ·

Ek kan net saam met julle dankbaar wees dat julle veilig is. Ek kan net aanhou bid vir ons boere se veiligheid. My hart is saam met julle seer oor die onskuldige diere. Boere gaan gebukkend deur droogtes, lang werksure en gedurige aanvalle. Wanneer gaan daardie skurke besef dat hulle kos van die plase af kom? Dat hulle ook nie kos gaan he as hulle so aangaan nie, maar hulle kan nie vooruit dink nie. Ook benadeel hulle hulle eie mense wat op plase werk, want sonder die boer het die plaaswerkers ook nie ‘n heenkome, inkomste & kos nie.

THEO ·

Daar is darem bietjie geluk by die ongeluk. Wykie en Hannetjie ek is so bly julle is veilig en lewend, baie ander het nie die voorreg om dit te se nie en die storie te kan vertel. Ek is tog SO JAMMER oor die honde, hulle het tog hul laaste daad goed gedoen om julle te waarsku teen hierdie skuim wat julle wou aanval. Hulle sou net so wreedaardig teenoor julle ook gewees het. Kry nog vuurwapens en skiet om dood te skiet, dis al hoe ons hierdie wandade gaan stopsit. Sterkte en bly parraat.

Ezelle van der Walt ·

Die gif wat hulle gebruik word genome two step. Dit is dodelik binne sekondes vanwaar die naam: Two -step. ‘n Dier gee werklik twee tree en val dan morsdood

martha ·

Wees asb net versigtig. Sulke mense speel vir tyd en sal nie ophou nie.

Ina Vogel ·

Dit is absoluut onaanvaarbaar dat ons mense net soos in die Wilde Weste moet leef. Hoe meer ons die dinge lees wat mens ons mense gebeur – al was dit nie jy self nie – hoe meer getraumatiseerd word ons . . . in ons eie geboorteland. Dit veroorsaak dat os ons in ‘n onophoudelike toestand van treur bevind.

Al waarin ons berusting kan vind, is dat ons ‘n regeverdige God dien.
Spreuke 14:26 en 27 “Wie die Here dien, het daarin ’n veilige toevlug, en ook sy kinders vind daar skuiling. Wie die Here dien, vind daarin ’n bron van lewe; dit laat jou die strikke van die dood ontkom.” en vers 32: “Die goddelose kom tot ’n val deur sy boosheid; die regverdige het ’n toevlug, ook in sy dood.”

Coen Hattingh ·

Dit is baie waar…… dit laat my steeds hoop…..

Neptunus ·

Dapper omie, maar waarom stel hy hom bloot deur uit te gaan, veral as hy op die kameras kan bespied wat die vuilgoed doen? As hulle hom buite oorrompel het was dit klaarpraat met sy vrou ook!

bertus.leeuwner ·

ek is bly julle het dit oorleef,leer julle honde van kleinsaf om nie kos te eet wat nie in hulle bakke is nie sit orals stukkies kos in muisvalletjies daai wat toeklap as jy hulle raak,neer na n paar pynlike lesse sal hulle nie kos optel wat rondle nie,as jy onraad merk probeer dadelik hulp ontbied as hulle gouer da is sal die poliesie hulle dalk vang,hulle moet die doodstraf instel vir plaas aanvalle dis n skande hoe min ons regering doen om ons boere te beskerm!!!

SNEL ·

Dis nou n yster van n man, goeiste, nie n bang haar op sy kop nie.
Dis vreeslik om te dink hoeveel aanvalle julle al gehad het, hoop julle is so gelukkig in die toekoms ook, want duidelik raak ons land erger en is daar net meer moorde en misdade.
Sterkte, baie bly n Boer en sy Vrou is veilig, jammer oor julle geliefde diere. Kry maar so gou moontlik weer groot waghonde, hulle waarsku mens darem.

Dennis ·

ek like wat die Oom gedoen het. Ek het net twee vrae. Na soveel vorige aanvalle in een jaar, hoekom nog eers wag tot na die kerkdiens op die radio voor mens gaan ondersoek instel? Tweedens, net agt rondtes in die magasyn? Ek sou tot die tande toe gewapen wees en daar sou agt lyke vir die Polisie gewag het!

Mariaan ·

Passop , hulle gaan weer terug kom . Sterkte oom en tannie!

Mario ·

Waarom word hierdie plaasmoorde en aanvalle oor CNN NEWS bekend gemaak nie dit is nie net crime nie maar terrorisme ook want ons goverment doen niks daar aan en hoekom vang polisie hulle nie dit laat jou wonder GAAN CNN NEWS dan kyk ons

Grieta ·

Ai, ek is bly oom en tannie is veilig, hulle is lafaards, kom 8 op n slag, hulle het nie verwag daar gaan terug baklei word nie. Ons moet maar almal meer paraat wees. Sterkte!!!!

scalla ·

Sterkte aan die gesin, skiet die gemors dood.
hoekom word hykie se naam genoem, wat het dit met hom te doen?

Wilhelm ·

Sit die volgende kennisgewing op: “Oortreders sal doodgeskiet word; gewondes sal dieselfde gif wat die honde gekry het ingegee word”. maak seker die ammunisievoorraad is reg.

Johan Meyer ·

Bly oom en tannie is veilig. Kry swaar kaliber gewere, sodat die gemors se oorskot in stukke opgetel kan word.

Sarie ·

Ek ken toevallig hierdie boer en nou het die aanvallers regtig met die verkeerde ou gesukkel. As hulle gedink het Wykie gaan sommer ‘n oorstoot ou man wees, dan moet hulle maar weer dink. Pragtig welgedaan Wykie baie bly julle is altwee veilig en ongedeerd. Sterkte!!!

Bekommerd... ·

Bly om te verneem dat die oom en tannie veilig is na die poging om te roof en vermoor. maar vir enige ander suidafrikaner is dit maar nog net ‘n insident wat deel van die plaas moorde statistieke word (buiten die paar mense wie gekommentaar het wat die oom en tannie ken) Stem saam met om maar liewers binne die woning te gebly het wat reeds reeds baie beveilig was weens die vorige sewe insidente. Om hulle so openlik stromp op te loop ( en vuur 16 skote op die oom af) was ‘n baie roekelose en selfsugtige daad! op die foto kyk en beweeg die oom doelgerig in eenrigting en ‘n ent al weg van sy woning met ‘n lee vuurwapen,wat net 8 rontes bevat en klaar afgevuur, die honde is dood,vergiftig en met die staan die oom ent weg van sy “beveiligde” woning kombuis deur seker nog oop ook soos die oom met vasberadenheid sy aanvallers verjaag,of let wel die wat hy kon sien! oom los die dapperheid en wag vir meer hulp voor oom ook maar net deel word van die misrabele en hartseer plaas moorde van ons boere. oom moes binne gebly het en gewag het vir die naaste hulp van boere ! ten minste weet oom wat agter oom staan in oom se woning as om so roekeloos op te tree en net fokus op die groep wat weghardloop en enige iets kon va agter af gekom het terwyl die oom so onbeskermd gestaan het met ‘n lee vuurwapen. Ek is baie jammer dat dit met oom en tannie gebeur het, en glo boere kan alleenlik die plaas aanvalle stop sit,want polisie kan absoluut NET MOOI NIKS DOEN waneer die aanval daar is, skiet om dood te skiet sonder om roekeloos op te tree!

Charles ·

Baie jammer oor die honde. Net ‘n vlugtige opmerking. Suid Afrika is 1 van min lande waar ‘n persoon wettiglik ‘n semi-outomatiese geweer soos ak 47, ar15, ens kan bekom MITS so persoon aan 1 van vele sportdissiplines deelneem. Op die koop toe leer mens tegnieke hoe om beter met ‘n wapen te veg. Die tegnieke geleer in die ou SA weermag of kommando’s verouderd. Hoekom benut ons boere nie die geleentheid nie?

rickus ·

ons land is nie meer soos wat voorheen was nie ons het altyd veilig gebly maar nou lewe ons almal in vrees van al die crimes inbreke ongeluke maar wat kan ons daar aan doen as al die mense opstaan teen hierdie goed sal ons seker n stop daar aan kan sit

Kerrie ·

@Dennis
Dennis 26 Februarie 2015

“ek like wat die Oom gedoen het. Ek het net twee vrae. Na soveel vorige aanvalle in een jaar, hoekom nog eers wag tot na die kerkdiens op die radio voor mens gaan ondersoek instel? ”

Dennis die oom sit GOD eerste in sy lewe..sy tyd vir God is vir hom prioriteit.. n blaffende hond kan wag…en God het hom beskerm..nog teen elke aanval.

Dink bietjie daaroor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.