Plaasaanval naby Heilbron gefnuik

(Foto: pixabay)

Vyf verdagtes, vier mans en ʼn vrou, tussen 30 en 41 jaar oud, sal Vrydag in die Heilbron-landdroshof in die Vrystaat verskyn op aanklag van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, sameswering om ʼn misdaad te pleeg en dat hulle hulself as ʼn polisiebeampte voorgedoen het.

Twee van die verdagtes is van Gauteng en die ander drie is van KwaZulu-Natal.

“Die taktiesereaksie-eenheid in Fezile Dabi, die Valke en Heilbron-polisie het Dinsdag omstreeks 06:00 inligting ontvang oor ʼn plaasaanval wat beplan word,” het kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die situasie is dopgehou en polisiebeamptes het omstreeks 21:30 ʼn rooi Mazda 3 naby Heilbron voorgekeer. Toe die motor deursoek is, het beamptes afgekom op twee ongelisensieerde vuurwapens en 12 patrone. Daar is ook beslag gelê op twee vervalste SAPD-aanstellingskaarte.”

Die vuurwapens sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit in enige ander misdade gebruik is.

“Die ondersoek duur voort om te bepaal of die verdagtes ook met ander misdade verbind kan word,” het Mbambo bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Persheks Adri

Beste nuus vir die dag! Dankie aan die betrokke instansies.

Hierdie onwettige wapens het al lankal handuit geruk en ek glo daar is baie daar buite waarvan ons nie weet nie.

Hoed ek hoop jy hou rekords van die onwettige wapens en los ons uit! Dis baie gevaarlik in die hande van misdadigers

Tino

Mooi so.

Is die balistiese departement nog 3 jaar agter skedule?

Nick

Wel gedaan manne. Hou so aan. Ons wil graag weer trots wees op julle.

koos10

En hoedeman wil wapens vir selfverdediging terug neem.

Hennie

Wel gedaan! Indrukwekkende storie!