Plaasaanval: Oos-Kaapse boer op plaas vermoor

Argieffoto

Argieffoto


Die polisie in Seymour in die Oos-Kaap ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn 69-jarige boer op sy plaas vermoor is.

“Die liggaam van Ndiphiwe Maxham is Woensdag op sy plaas gevind,” het lt. Khaya Tonjeni, woordvoerder van die polisie, gesê.

Maxham gaan nie tuis op die plaas nie en het Dinsdag sy plaas besoek. Sy dogter het hom ʼn paar keer gebel, maar hy het nie geantwoord nie. “Hy het Dinsdagaand nie teruggekeer nie en sy selfoon het die volgende dag nie gelui nie, maar direk oorgegaan na die antwoorddiens,” het Tonjeni gesê. “Sy dogter was baie besorg en het ʼn familielid versoek om te gaan ondersoek instel op die plaas.”

Die familielid het op Maxham se liggaam afgekom. Hy het verskeie steekwonde gehad.

“Volgens die voorlopige ondersoek is niks gesteel nie,” het Tonjeni bygevoeg. “Maar dit wil voorkom of daar ʼn poging was om sy voertuig aan die brand te steek.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en opsetlike saakbeskadiging. “Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie volg leidrade op.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peet Schabort ·

Al wat ek kan dink is dat hy wou boer en nie ‘n lêplek vir plakkers wou hê. Mense op sy plaas moes werk en dit was té veel gevra.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.