Plaasaanval op Maclear: Boer onthou nie eens meer naam, familie

Francis Davidson (75). (Foto: Verskaf)

Francis Davidson (75) onthou nie meer sy eie naam nie en herken ook nie sy familie nie nadat hy erg aangerand is tydens ʼn aanval op sy plaas in die Nqanqarhu‑distrik (Maclear) in die Oos-Kaap.

Davidson is op 26 April op sy plaas deur vermoedelik drie mans oorrompel. Hy is erg aangerand en gemartel. Davidson is onder meer met ʼn houtbalk aangerand. Daar is vermoedelik paraffien oor hom uitgegooi en hy is gebrand. Dit het ook gelyk of daar iets in Davidson se oor gedruk is en dit moontlik aan die brand gesteek is.

Sowat ʼn maand ná die gru-aanval is Davidson steeds in ʼn ernstige toestand in ʼn private hospitaal. Volgens sy familie sukkel hy met kognitiewe vaardighede en hy is fisiek uiters verswak.

Davidson het erge kopbeserings tydens die aanval opgedoen en moes sedertdien twee breinoperasies ondergaan. Hy het ook massiewe spiertrauma en brandwonde opgedoen.

Soos vroeër berig, is drie verdagtes in verband met die aanval in hegtenis geneem en het reeds in die plaaslike landdroshof verskyn.

[Foto: Verskaf]

Davidson se familie het vroeër vandeesmaand vir hom ’n Back-a-Buddy-geldinsamelingsprojek op die been gebring om hom met sy mediese, rehabilitasie- en traumaberadingskoste te help.

Davidson het nie ʼn mediese fonds nie en sy mediese rekeninge ná die aanval het hom reeds meer as ʼn halfmiljoen rand uit die sak gejaag.

Weens sy kritieke toestand was ʼn staatshospitaal volgens sy familie nie die beste opsie nie. Hulle meen dat Davidson dalk nie meer “met ons sou wees indien hy nie mediese sorg in ʼn private hospitaal gekry het nie”.

Intussen hoop en bid die familie vir beterskap.

[Foto: Verskaf]

“Tot dusver sien ons sedert die aanval geen noemenswaardige veranderinge in sy kognitiewe vermoëns nie. Al herken hy die meeste van ons nie nou nie, kan ons sien hy onthou en is lief vir sy vrou, Heather,” skryf die familie op die Back-a-Buddy-blad.

Dit is die tweede keer in sowat sewe jaar dat Davidson, ʼn afgetrede vee-en-melkboer wat voorheen onder meer vir Graan SA gewerk het, op sy plaas aangeval is. Ondanks die aanval was die boerdery en plaas in sy bloed en wou hy dit nie verlaat nie.

“Hy is baie geliefd onder so baie mense in hul gemeenskap. Hy het sy lewe lank geboer en is gebore en getoë in die Maclear-distrik. Hy het ʼn diep liefde vir die land en sy kultuur. Hy het die afgelope 20 jaar met groot toewyding en genot as mentor vir opkomende boere gedien,” skryf die familie.

Die plaas word tans deur Davidson se seun en ʼn span plaaswerkers aan die gang gehou terwyl hy steeds in die hospitaal aansterk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Treurwilger ·

Dit breek ‘n mens se hart.
Waar is die VN, NAVO, EU en alle sogenaamde “human rights” – organisasies wanneer ‘n minderheidsgroep op wrede wyse geviktimiseer word?!
SA se moordsyfer vir slegs Jan tot Mrt 2023 behoort die wêreld net soveel te skok as enige oorlog.
Maar, doodse stilte …

Anna-marie ·

Hulle keur dit goed dat minderheidsgroepe waarvan hulle nie hou nie aangeval word. ‘n Goeie voorbeeld is die Russe in die Donbass streek van Ukraiene (Oostelike provinsies) wat sedert 2014 deur hul regering in Ukraiene aangeval word waarin ongevereer 14 000 gedood is. (Onderandere mag hierdie Russe nie hulle eie taal praat nie. )

Wakkerslaper ·

Hierdie tipe berigte behoort in Engels vertaal en deur die hele wêreld versprei te word. Dit is lankal tyd dat die wêreld sien aan watter goddelose gemors ons weggegee was in 1992.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dit sal nie help nie. Kom eerder vorendag met ‘n nuwe staatkundige model en laat ons internasionale steun daarvoor kry. Die buitewêreld dink ons is gelukkig met die huidige situasie.

Samuel ·

Alle sterkte aan die arme man. Mag hy spoedig herstel.

Ons moet hierdie voorval onder ons Staatspresident se aandag bring, wat wyd en syd verkondig dat daar níé plaasaanvalle in Suid-Afrika voorkom nie.

Moedeloos ·

Ai dit is vreeslik. Sterkte aan die familie en die oom. Eis sommer die mediese uitgawes vanaf Dept van Gesondheid af want dit is die staat wat ons burgers nie kan beskerm nie

Anel ·

Hiermee stem ek heelhartig saam. As dit nie vir die misdaad was nie sou die man nie sulke astronomiese bedrae moes betaal om gesond te word nie. Anders sou hy dit nie maak nie. En nog steeds wil hulle ‘n nasionale gedondheidssorg op ons af dwing. Sterkte,aan die man en sy familie!!!

Jakkie ·

Regtig nou keelvol vir alles wat besig is om met ons land te gebeur. Die wreedheid van plaasaanvalle, beurtkrag die rand wat besig is om te val en net sommer die hele flippen ANC. Wens hulle verdwyn net. Al wat mens kan doen is om vir ons land te bid.

Papsak ·

Sterkte hartseer hierdie gemors like wat hulle doen en die kaders wat agter hulle sit en aanhits kry nog lekkerder

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.