Plaasaanval op video vasgevang: ‘Hulle was daar om moord te pleeg’

Harm Bonnema (Foto: Verskaf)

“Dit was so sinneloos. Dit blyk dat hulle net daar was om moord te pleeg en vir geen ander rede nie.”

Só sê Annelie Botha nadat haar pa, Harm Bonnema, Maandagaand inderhaas per helikopter na ʼn Johannesburgse hospitaal gevlieg is nadat hy vier keer op sy plaas buite Marble Hall geskiet is.

Bonnema (71) sterk tans in die waakeenheid van dié hospitaal aan en sal na verwagting vandag sy eerste operasie ondergaan sedert hy met skietwonde aan sy bors, arm en bobeen opgeneem is.

Botha het vanoggend aan Maroela Media gesê haar pa is Maandagaand in ʼn kritieke toestand opgeneem waarna hy gestabiliseer en vir eers gemaklik gemaak is. As alles goed gaan, sal dokters vandag vir die eerste keer aan sy arm en moontlik ook sy been opereer.

“Sy linkerarm is op die stadium ʼn bekommernis. Die arm is nog baie geswel. Die regterbeen het ook senuweeskade opgedoen. Dit belemmer die beweging en sensasie in die onderbeen, enkel en voet,” verduidelik sy.

Bonnema was ten spyte van sy beserings teen Dinsdagaand in ʼn stabiele toestand. “Hy gesels en is weer sy grapperige self,” vertel sy dogter.

Hy kan ook alles van die aanval onthou en praat daaroor. “Hy hanteer dit baie goed. Die mense om hom is wel baie getraumatiseerd. Die impak van só ’n ding is groot op die familie en vriende,” verduidelik Botha.

Haar ma, Susan, is veral getraumatiseer aangesien sy in die huis was ten tyde van die aanval, vertel sy.

Maroela Media het vroeër berig Bonnema het die aand omstreeks 19:00 na die bakkie toe gestap om ʼn sleutel te gaan haal, toe hy oorval is. Botha het gesê die aanvallers het haar ouers vermoedelik voor die tyd dopgehou. “Dis gewoonlik die tyd wanneer my ma ʼn laaste sigaret buite gaan rook, en hulle het waarskynlik gedink dis ʼn goeie tyd om toe te slaan, omdat my ma ʼn sagte teiken sou wees. Hulle het waarskynlik nie my pa verwag nie.”

Bonnema het onraad vermoed, maar nog voor hy kon reageer, het twee persone hom oorval. Daar was ʼn struweling en hy is vier keer geskiet.

Susan was in die huis en wou gaan ondersoek instel. “My pa het net vir haar geskree sy moet die deure toemaak en dit sluit,” het Botha gister gesê.

Sy vertel dat Bonnema op die buurplaas grootgeword het waarna hy en Susan ná hul troue na die plaas, waar die aanval plaasgevind het, getrek het. Die egpaar se kinders het op dié plaas grootgeword.

“Ons hoop dat my ma berading vorentoe sal kry. Dit is belangrik dat die familie ondersteuning kry in so ’n proses.”

Botha vertel dat die kinders by hul onderskeie huise was toe hul kort na die aanval oproepe van familie en vriende ontvang het om hulle in te lig oor wat gebeur het. Susan het die plaaswag op die gemeenskapsradio ná die aanval ontbied waarna die nuus vinnig versprei het.

“Dit is nie ʼn oproep wat jy vir enige iemand toewens nie,” erken sy.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het sedertdien beeldmateriaal van die aanval op Bonnema, wat deur veiligheidskameras vasgevang is, in ʼn video saamgevat wat versprei word om bewusmaking oor plaasaanvalle te skep. “Dit is seldsaam dat die gebeure tydens ʼn plaasaanval só duidelik op video vasgevang word,” verduidelik die organisasie.

Die video word met toestemming van die Bonnema-familie op Maroela Media gepubliseer.

[WAARSKUWING] Die gebeure in die video is ontstellend en nie geskik vir sensitiewe kykers of kinders nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

75 Kommentare

Vicky ·

Die wrok /haat raak al meer. Die Liewe Vader sal met elkeen van hulle af reken!!!

Woedend ·

Ek stem met jou saam Vicky, God sal afreken met elke1 van hulle. Hulle wat dink hulle kan die sinnelose dade pleeg en dan dink hulle kan wegkom met dit?? Ek het baie slegte nuus vir hulle dit gaan hulle meer erger toekom wat hulle verdien dit wat hulle aan onskuldige mense doen. My God sluimer of slaap nie. Daar is ‘n gesegde wat vir my in engels baie baie goed uitstaan en wat 100% die waarheid is. WHAT YOU SOW YOU WILL REAP….

Emma ·

Ek dink elke plaasaanval kom hulle om nmoord te pleeg. Hulle glo mos die wittes staan in hulle pad so roei ons uit CR kan maar se wat hy wil hulle soek nie die wittes hier nie.

Gerrie Ferreira ·

Soos ek gister op verskeie ander blaaie gesê het dit gaan my verstand te bowe dat ons boere nog ongewapen op hulle plase, veral na sononder rondloop. Dit sluit die dames in. As die dame dan haar laaste sigaret buite moet gaan rook, in haar eie huis, is sy darem gewapen of is iemand saam met haar wat gewapen is? Nie dat dit baie verskil sal maak nie, maar tog. Dit klink vir my asof die “laaste sigaret vir die dag” dalk kon die laaste sigaret vir ewig kon gewees het.

TN ·

Wanneer gaan julle ophou dink dat mites misdadigers gaan laat boet ? Julle droom !

Paaries ·

Vicky, Andile van die BLF het oorlog verklaar teen die blankes en daar is die voetsoldate in aksie. Hoeveel meer bewyse wil julle he? Die Here help diè wie hulleself help.

Dries ·

Dankie Paaries, ek is al redelik moeg vir almal wat die land reg bid en nie n vinger veroer om iets te doen om dit realiteit te maak nie. Soos n boer op n plaas wat glo hy gaan oes maar nie een keer van die stoep af opstaan om te saai of water te gee nie.

Dries Moolman ·

Ongelukkig sal hierdie beeldmateriaal nie so wyd en syd versprei word deur al wat ‘n twitterer is soos ‘n foto van ‘n Gr 1 klaskamer in Schweizer-Reneke nie, want dit pas nie in by die narratief wat gedryf word in hierdie land nie. En die hoofstroom media self sal dit ook geriefliksheidhalwe ignoreer.

Andrea van Vuren ·

Deel jou inligting aan jou kinders, vriende en familie in die buiteland! Dit werk!

Daan ·

Post die video en ander berigte van plaasaanvalle op die ANC se webblad want volgens die ANC is daar nie so ‘n ding soos plaasaanvalle in ons land nie.

Leser ·

Jy Daan, jy is reg…post dit op hulle webblad…maar die WIT boer gaan seker weer een of ander skuld kry…dit is mos altyd die witmense se skuld vir alles…belaglik!!

Steph ·

Ek ken die Oom en Tannie, hulle goeie mense met goeie harte, sal nie vlieg skade doen nie….. dit maak mens bitter en dat mens haat!!! Baie sterkte Oom Harm, Tannie Susan, familie en almal betrokke!??❤

Kaan ·

@Daan, dit gaan niks help nie, hulle sal dit net juig en feesvier.

Anoniem ·

Hoe kan die lafaardsdade toegelaat word en die Regering kap ‘n blinde OOG !

Kobus ·

en dan klap n klomp boere in die WK nog vir Ramaposa hande en juig hom toe. Ramaphosa wil wit jeug in SA hou, maar ontken dat blankes op plase een vir een uitgemoor word, en die blindelinge klap hande en dink hy’s n redder.

Bessie Buys ·

Die eerste aanvaller lyk darem baie wit? Hier in ons omgewing is daar n wit man met drie man van Zimbabwe afkomstig wat by die huise inbreek, geld en vuurwapens did en dan die mense skiet. Wat het gebeur met ons blankes?

jannie ·

Stuur asb hierdie video die wereld in…..en ook na ons President wat vra dat die wit boere in ons land moet bly…seker om hul almal uit te wis!

Lizelda ·

Eerstens baie sterkte aan die slagoffr en sy familie. En, nee wat Jannie ek glo nie die President het bedoel wat hy gese het nie, hy se dit net want dis wat ons wil hoor.

Karin ·

@Bessie Buys, as die eerste een vir jou blank lyk, dink ek n uitstappie specsavers toe moet op jou to do lys wees die naweek

Nel ·

Ja Ramaposa wat sien jy daar op die video? Lyk dit vir jou ook na ‘n plaasaanval met die doel om te moor? As jy die volgende keer weer by die VN gaan tee drink dan vertel jy hulle dat jy gelieg het en dat plaasmoorde ‘n tragiese realiteit is in jou land en dat jy te sleg is om dit aan te spreek of enigsins or die wil beskik om dit stop te sit.

Aldorine ·

Dit maak my siek en glo my niks gan gedoen word nie wie staan op vir ons boere ek hoop regtig ons begin waker word en kan begin saam staan aners gan ons die strstryt verloor sterkte vir die vamilie

Margo ·

Wanneer gaan dit ophou.Ek leef soos n gevangene in my huis.Eks bang om te bestuur as dit donker is.
Waneer hou dit op Liewe Heer.

Ramapok ·

Ramaposa, hulle was seker net honger of hoe? Ek sal wil he, jý moet stap vir stap verduidelik wat op hierdie video gebeur. Ramaposa, ek nooi jou, kom bly so maand op my plaas, sonder jou VIP protection unit ens. Dan kyk ons of jy sag slaap in die aande.

Estelle ·

Ek sien my bejaarde pappa, oud, krom getrek en verswak, maar met die hart van ñ leeu… hy sou ook nie gaan lê het nie…. ñ laaste poging om te beskerm wie en wat in sy sorg geplaas is. My hart is gebroke. Ons is nie deel van “our people” nie.

En dit is presies hoekom ek my kinders grootmaak vir die buiteland. Waar hul velkleur nie van hul ñ aanvaarbare teiken maak nie, en waar hul volgens hul vermoëns en integriteit beoordeel sal word. My hart sal vlenters wees die dag wat hul die land verlaat, maar ek sal in liefde hul tassies pak. Noem ons verraaiers, noem my net wat jy wil. Dit is my Moses wat ek in die biesiemandjie plaas en op die Nyl neersit. Mag Abba genadig wees.

Vreemd ·

Ek stem, my kind gaan ook oor sodra sy kan. In hierdie haatlike land wil sy nie kinders hê nie.

andrea ·

Estelle, ek stem 100% met jou saam. Daar is geen toekoms hier vir hulle nie. Hulle hele lewe is nog voor hulle; hulle kan nie vir altyd opgesluit in ‘n tronk leef nie!

RC ·

Ja Estelle, ek het my kinders nooit teruggehou om ook landuit te gaan nie, maar hulle wou nie. Vandag is hulle getroud en het kleinkindertjies, ek moedig hulle aan om ook hulle kinders so groot te maak dat hulle die land kan uitgaan. Ek self asook my kinders sal ook weggaan indien ons geleentheid kry, want hier is nie meer ‘n lewe vir ons nie.

Asjas ·

Estelle, jou tweede laaste sin is so mooi gestel. Ek stem, sodra my kinders die land wil verlaat sal ek nie in hul pad staan nie. Dit sal hul redding wees om ‘n toekoms vir hulself te skep. As ek sien hoe my suster en skoonsuster se kinders in die buiteland (Nederland en Australië) floreer dan hoop ek my kinders sal dit ook sterk oorweeg om ander heenkome te soek. Sterkte aan die slagoffer in hierdie voorval, ek bid dat hy volkome sal herstel.

Wees ouer ·

Hierdie is van die vele redes dat my kinders besig is om te pak en die land te verlaat. Alles is in plek. My hart is stukkend gehuil al maar ek sal nooit in hulle pad staan. Hulle verdien beter in ‘n veiliger land. Ek sal maar gaan kuier tot ek moet aftree en dan maar volg. Liewe Vader behoed ons net dat ons nog lewe oor 6 jaar om dit te kan doen.

Jj ·

Dis terorisme wat deur ons regeering goedgekeur word. En al die wat dink die video oorsee te stuur gaan verskil maak moet maar weer dink niemand gee om oor ons nie al wat die plaas moorde gaan stop is wanneer ons berig opskrifte meer na “boer skiet 3 plaasaanvalers dood” as “boer oorompel deur 3 plaasaanvallers” begin klink. Ons moet vraag vra hoekom hoor ons nie van plaasaanvalle in orania area nie? Die ding is ons moet begin die volkseie arbeid beginsil erinstig neem. As jy op n plaas eerder jou eie arn mense begin indiens neem gaan daar baie meer weerbarre manne op jou plaas wees om jou te help terug baklei

Elvira ·

Mnr Ramaposa jy keur dit seker goed want nie JY OF IEMAND van die regering in SA se n woord oor hierdie koelbloedige moord nie. Jammer ANC maar julle weet nie hoe om n land te regeer nie. Al wat julle goedkeur en ken is moord, doodmaak, breek, brand, verniel. Dis mos hoe dit in SA is. Uiterste skande. Dis tyd dat die families wat so aangeval en vermoor word GROOOOOT eise teen die regering instel dan sal hulle seker wakker word as daar aan die beursies gevat word wat hulle vir hulle self wil he.

Vryheid ·

CR het gese blankes is welkom moenie die land verlaat nie. Wat se CR van die video…. Hy stel seker nie belang nie

Blom ·

Ek weet nie of sekuriteits kamera’s regtig doeltreffend is nie. Die gesigte van die aanvallers kan nooit gesien word nie en hulle het gewoonlik of ‘n pet of ‘n hoed op hulle kom omdat hulle weet daar is kamera’s. Miskien in uitsonderlike gevalle waar aanvallers naby aan die kamera’s staan en opkyk.

Hanna ·

Kyk weer na die video…
Kan iemand dalk identifiseer wat dit iis…
Dit lyk of daar n 3de persoon op die dak sit…..

Johan ·

Ons kan praat en onderhandel nes ons wil……HIER SAL NOOIT vrede wees in die land tussen swart en wit nie, verskil en droom voort indien jy anders glo.

Ek begin al hoe meer dink dat appartheid eerder die blanke en sy einedom beskerm het teen die swart man as die beweerings van slawerny, onderdrukking en sogenaamde ontneem van regte.

As MENS iets opgebou het, met jou eie geld en vaardighede. Jy bou n muur daarom, jy hou toegans beheer om mense uit te hou, jy besluit met wie jy dit wil deel of nie….is dit appartheid of slim?

willem Botha ·

Die joernaliste het apartheid tot n val gebring deur die feite te gee soos dit was sonder om die waarheid te verdraai om polities korrek te wees of om te vrees dat hulle op verkeerde tone sal trap,hoekom weier hulle om die plaasmoorde dieselfde te hanteer en die feite te gee soos dit is ,hulle hou die wapen wat hierdie onnodige moorde net soos apartheid te stop.

saartie ·

Willem dit is ware woorde ek hoop iemand neem kennis en gaan oor na aksie.

Bekommerd ·

Wat ek nie verstaan nie is die laksheid by ons boere. Plaas moorde en aanvalle is al vir jare aan die gang, maar nogtans is daar boere wat ongewapend rondloop.
Ek voel jammer vir die boer en hoop hy herstel 100% maar hoop ook ander boere skrik wakker en doen die nodige sekuriteit.
Onthou nie die regering of die polisie gaan iets doen teen die plaas aanvalle nie.

Johan ·

Hoe kry mens die video by Trump uit?Hy sal van hom laat hoor,Glo my.Wonder waneer Kan ons die eerbare Sisulu se komentaar verwag?Stuur hom Vir daai MIN IN Australia.

JohanL ·

Soek op Internet vir VSA ambassade in Pta se e-pos adres – seker dit is ‘n opsie. Dis nou as hulle dit nie reeds het nie – daai mense in daai ambassade werk darem.

Ek glo jou verwysing na “eerbare” Sisulu is sarkasties en nie ernstig nie.

Vincent ·

Om te bid vir leiding is goed, maar dit beteken nie om passief stil te sit nie. Ek sidder egter om te dink dat mense skaars ‘n buurtwag kan laat werk, want die probleem is mos ‘n ander man s’n en sal vanself weggaan. Ons is vas aan die slaap en gee die vyand vrye teuels.

Johan ·

Geagte mede wit Afrikaner in swart afrika land. Dit is die gevolg van ons eie wit mense wat ons almal wat die kommunis op die grens beveg het ons mee gelaat het. Die wigte en teenwigte was bollie. Hoekom kan ons nie deur Solidariteit en ander organisasies blanke jongmense wat nie werk het nie begin oplei in wapen vaardigheid en dies meer (daar is baie opleiding alreeds wat VIP protection en sekuriteit doen) Hierdie jong manne kan dan teen maandelikse fooi op plase gaan woon en ekstra hande vir die boer wees om die boere wat op hulle eie woon te kan ondersteun en saam kan span met die veiligheid van die platteland en die plaas waar hulle in diens is. Die weermag en polisie moet uitgehou word want as daar oor die 4000 is wat kriminele rekords het, met wie deel jy as hulle uitgeroep word? Ons as blankes moet begin verstaan dat jy nie meer alleen kan staan as jy en jou buurman nie oor die weg kom nie, dit is vir ons eie oorlewing en beswil om die kleinighede te begrawe. Staan saam om jou en jou familie te beskerm.

O wee, die aap is uit die mou ·

Solidariteit, AgriSA, Angloforum, SAAI is nie jou vriend nie.

Ons is op ons eie, geen reddingsboei gaan beskikbaar wees nie.

Die Boer en Blankes in die land gaan vinnig moet leer veg vir ons voortbestaan en ophou met wensdenkery. Die dae van opleiding, organisasie ontplooiing, vergaderings is verby.

Die naakte realiteit speel nou af, en dit is dat ons eie binnekring mense ons totale uitwissing bewerkstellig, sodat hulle kan oorleef, dit was nog altyd die plan. CR speel sy rol goed en by uitstek AgriSA met sy kloue in elke plaasgemeenskap. Wakker slaap.

schalk ·

En die DA wat so maklik alles oordeel? Waar is julle nou? Gewoonlik buit politici mos sulke geleenthede uit om stem te werf. Julle is pateties nes die plaasaanvallers wat lafaards is.

Johan Viljoen ·

Die DA sal nie praat nie, bang hulle verloor swat stemme.

Andre Stander ·

Kyk maar mooi, want dit is elke bleek siel in Suid Afrika se voorland…

En nou? ·

Ek wens iemand wil so iets met my try as ek my rollie by my het! Ek los daai stuk sleg vleis so vol gate, hulle sal die man as sifdraad kan gebruik!
My ma het my geleer om nooit enige iemand te haat nie, maar die nuwe SA het my verkeerd bewys!

Jean van Rensburg ·

Wreed om n weerlose oumens in sy eie plek so hulpeloos te sien. Breek mens se hart as jy dink wat hulle met jou gaan doen as hulle die haat op jou uithaal. Mag God ons behoed,ons moet op ons kniee bly.

MJ ·

Kan nie glo boere loop steeds sonder wapens rond nie. Plaasaanvalle is n realiteit, dis tyd dat boere wakker skrik en hulself begin verdedig. Plaasaanvallers is lafaards, as hy gewapen was kon hy hulle laat les op sê.

Hanna ·

Kyk weer na die video…
Kan iemand dalk identifiseer wat dit iis…
Dit lyk of daar n 3de persoon op die dak sit…..

NV ·

Die probleem is dat hier baie kommentaar gelewer word, oor ja wys dit vir Ramaposa en die ANC hulle weet van dit en gee nie om nie, god help nie die mense wat klaar vermoor is nie, waneer gaan die wit mense wakker skrik en besef dat ons en net ons aleen ons self kan help. As jy wag vir iets of iemand om jou te kom help skrik waker dit gaan nie gebeer nie! Net ek en jy kan mekaar help om saam te staan en iets te doen oor dit, ek is baie jammer dat dit gebeer het met die famielie en my gedagtes is by julle, maar die wit Afrikaaner moet begin saam staan! EENDRAG MAAK MAG!

Hennie ·

Die regering sal sê hulle was daar om water te vra en die oom het hulle aangeval . Ek is gestremd (my been verloor) en in ń rolstoel en deur 3 van hulle aangeval ek was voor hof gedaag vir aanranding ekt op die grond gelê en is geskop. Ons as wit mense staan nie n kans nie.Aan die oom en sy familie sterkte ek bid vir julle. En ek hoop oom herstel vinnig en sterker as tevore.

mariaan ·

Dis lankal tyd dat die regering betaal vir alle hospitaalkostes sowel as rehabilitasie omdat hulle in gebreke bly om die land se mense te beskerm.
Dit sluit ook vergoeding in vir naasbestaandes na moorde.

Steph ·

Ek ken die Oom en Tannie, hulle goeie mense met goeie harte, sal nie vlieg skade doen nie….. dit maak mens bitter en dat mens haat!!! Baie sterkte Oom Harm, Tannie Susan, familie en almal betrokke!??❤

Johan ·

Ja ne. So moan almal. Moan help nie. Daar is heelwat van ons wat die kennis, vaardighed en ondervinding het om die gemors uit te sorteer maar mens kan nie meer jou eertydse makkers vertrou nie. Daarom gebeur daar niks om die probleem uit te sorteer nie. Dit is presies waarom ons die slegste nasie op aarde is. Watter ander volk het sy land weggegee sonder slag of stoot. Die klomp wat ja gestem het, het ons in die gemors. Hulle het FW en sy gespuis geglo en die nee-stemmers afgemaak as regs. Ek wens hulle ‘n plaaslewe toe. Maroela sal die seker sensor.

Andre ·

@Johan – Uitstekende kommentaar en so waar as wat mens kan kry!

Susan vl ·

Lafaards…ou lafaards.. bangbroeke..altyd meer as 1 teen 1 ou weerlose oumens… julle ht geen hart nie .

Peet ·

En die Here het gesê bid jou vyande weg nê. Nee mense ons moet dit gaan doen net soos in die bybel en by bloedrivier. Wag gaan niks bring nie. Die stoute kind moet getig word!!!!!

Jimmy ·

Afgesien van die slagoffers van plaasaanvalle en ‘n gebroke familie / gemeenskap daarna, is dit altyd hartseer om te dink, dat jare se fisiese bloed en sweet om ‘n plaas op te bou, in ‘n oogwink vernietig word. Al die kennis en wysheid wat verlore gaan, met elke plaasaanval. Wonder of die moordenaars ooit besef, waar hulle voedsel vandaan kom… Besef nie die jare se fisiese bloed en sweet wat dit vat, om ‘n bord kos moontlik te maak nie. Ons bly in tronke en die moordenaars loop vry. Hulle vat ons lewens, maar nie ons menswaardigheid nie!

Werner ·

Dis snaaks dat dit altyd die mense is wat nie n vlieg sal seermaak nie wat altyd aan geval word dis tyd dat ons die vliee begin seermaak dan sal hulle ons nie pla nie

Andre Stander ·

Jy gaan uit ammunisie uithardloop… 1, hoogstens 2..
Net goed geplaas.

pinkie ·

Daar was net twee aanvallers, en een op die dak (?). Ammo is nie so duur nie. 3 x 5 = 15.

James ·

Almal wil wette verander die doodstraf moet trug kom mense moet die reg he om hom self te verdedig sonder om soos n krimeneel gehanteer te word die ding dat krumenele regte het moet verander dat hy geen reg het nie

Jerry ·

Mnr. Bonnema is baie gelukkig dat hy die lafhartige en sinnelose aanval oorleef het en indien hy gewapen uitgegaan het sou die aanvallers seer sekerlik gesterf het en Mnr. Bonnema vervolg geword het. Die aanvallers kan egter nou weer terugkom of hulle kan ook ander mense gaan aanval. Mnr. Bonnema het duidelik nie verwag dat hy aangeval sou word nie en ek hoop dat ander mense wat ook nie verwag om aangeval te word nie, kennis sal neem en sal leer uit die voorval dat dit nie saak maak wie jy is en hoe goed jy alle mense behandel nie. Kom, gaan “hulle” vir jou een of ander tyd kom. Dis ongelukkig hoe dit is, of mense dit nou wil weet of nie, en of jy nou engels of Afrikaans praat of sotho praat, daar is n prys op jou kop oor duisende politieke idees asook n klomp sosiaal maatskaplike redes! In n land waar n vryheidsbeweging aan bewind is, regeer en floreer misdaad en n mens sou reken dat mense dit weet en teen die tyd al sou besef en daarom hulle waaksaamheid en paraatheid sou verskerp het, maar toe nou nog nie!

Nettie ·

Beste Bonnema-gesin – BAIE, BAIE, BAIE sterkte aan julle; Oom Harm, ek hoop jy word gou gesond – en dankie dat jy NIE GAAN LÊ na dié wrede, sinlose, lafhartige aanval op jou en jou gesin nie.

Kom ons leer ALMAL hier uit:

1. Bewapen jouself, nie noodwendig met ‘n vuurwapen nie, maar dalk ‘n skoktoestel of pepersproei
2. Wees ALTYD paraat en BEWUS van wat om jou aangaan
3. Moet NOOIT OOIT OOIT na donker by jou huis uitgaan nie (nie eens vir ‘n laaste sigaret nie)
4. Verander jou gedragspatrone van tyd tot tyd (ry ‘n ander roete, kom verskillende tye tuis/gaan verskillende tye werk)
5. Kry vir jou ‘n basterbrak BINNE jou huis (as daar ‘n hond was, sou hy/sy lankal rumoer gemaak het)
6. Belê in ‘n goeie huisalarm, diefwering en gewapende reaksie

Weer eens: sterkte aan die gesin en spoedige welvaart aan die oom.

Gereg ·

Kan famielie toestemming gee dat video op Australia se web geplaas kan word dat ons minister op dit reageer

HPV ·

Die video is op YouTube, enige persoon met internet kan dit sien. Stuur net die skakel (link) aan.

Joe ·

Plaas landmyne om die huise, grawe putte diep genoeg dat hul nie kan uit nie, gooi toe, los n gat van 5mm x 5mm en vloed die grond, sit spikes, glas en watokal jy kan onder.

Werner ·

Nettie as jy oplet sal jy sien dat die man nie naby genoeg kon kom om n skoktoestel te kon gebruik nie as jy jouself wil bewapen doen dit oordentlik of los dit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.