Plaasaanval: Ouma hoor kleinkinders skree

Argieffoto: Lorraine Claasen

Niemand is nog in hegtenis geneem nie nadat ’n gesin op ’n kleinhoewe buite Potchefstroom in Noordwes Donderdag in die vroeë oggendure in hul huis oorval en aangerand is. Die pa (47) en seun (8) het ernstige beserings in die voorval opgedoen.

Kol. Adele Myburgh, woordvoerder van die polisie, het Vrydag aan Maroela Media gesê twee verdagtes het skuins ná middernag deur middel van ’n kombuisvenster toegang tot die huis op ’n kleinhoewe in die Vyfhoek-omgewing buite Potchefstroom gekry waar die ouma, oupa, hul seun en twee kleinkinders, ’n seuntjie en dogtertjie, geslaap het.

Volgens Myburgh het die ouma (70) haar kleinkinders hoor skree waarna sy gang af is om te gaan kyk wat aangaan. “Dit is tóé dat sy haar in een van die verdagtes vasloop,” het sy gesê.

Een van die verdagtes het die ouma in die gang oor haar kop geslaan waarna hy deur die kombuisvenster na buite geglip het. Die ouma kon egter daarin slaag om verder na die kamer te beweeg waar sy haar kleinkinders hoor skree het.

Sy het die seuntjie aangetref met ernstige beserings aan sy gesig terwyl sy pa, haar seun, ernstige kopbeserings opgedoen het. Dit is nie duidelik waar die tweede verdagte in dié stadium was nie. Daar word vermoed dat hy reeds na buite gevlug het toe die kinders begin skree het.

Die dogtertjie (6) en haar oupa, vermoedelik in sy 80’s, is ongedeerd.

Die ouma het hulp ontbied waarna al drie beseerdes na ʼn hospitaal toe is. Die pa is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal opgeneem en die seuntjie is intussen weens die aard van sy beserings na ʼn hospitaal in Johannesburg oorgeplaas.

Die polisie het nie die name van die slagoffers bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Maro ·

Almal in die land het lyk my te veel geduld. Niemand doen niks nie en niemand gaan iets doen nie. Noem my maar negatief.

M ·

Maar wanneer ….. Hoe lank nog o God moet ons dit duld. Ons vrouens word verkrag en ons kinders verneder maar die boere baklei nog onder mekaar … hoe lank nog my God … moet ons die vernedering duld … vertel julle my asb !!

ne ·

Die rowers moet ‘n slaggie opgespoor word vir plaas aanvalle. Maar as dit nou anders kleuriges was het hulle dadelik ‘n taakspan aangestel om die verdagtes te kry. SA stink!

ES ·

Watter lafaard rand ‘n agtjarige seun so erg aan dat hy in die hospitaal beland??

Seer ·

ES sy gesiggie is so beseer dat hy plastiese chirurgie moet kry… Die arme kind!

Bekommerd ·

My geduld loop uit.. omgeskuldige mense kry seer. En dan arme klein kinders moet dan nou ook seer kry. Wanneer gaan dit ophou.

STIENIE ·

Vra jy nou!!!!!!!!! Agt jarige seuntjie, onskuldig en weerloos, niks aan die misdadigers gedoen nie

Magda Smit ·

Ja. Ek het ook op n ander platform gelees die seuntjie moet plastiese sjirurgie kry. Dis verskriklik. Hy sal nooit weer dieselfde nie. Lafaards.. en die regering KYK ANDERPAD.

CallieL ·

Mm ek verstaan nie. Het met julle n geveg gehad toe my jongste broer op n plot geskiet was. Julle wou nie my kommentaar plaas nie. Nou nog n familie lid van my. Julle plaas weer nie my kommentaar nie. Ek vra julle, sal n mens, n human, n kind so aanrand. Nee. Maar ek moet mooi woordjies praat

Ja Nee ·

MM hou asb. op om n aanval op n kleinhoewe n plaasaanval te noem. Passop vir sensasie nuus!

Julia ·

Ons op kleinhoewes is ook mense, werk ook elke dag hard vir ‘n bestaan. Al is dit nie grooooot plase nie, is dit vir ons ‘n eie stukkie grond wat ons met hardverdiende geld aangekoop het en met ons eie hande bewerk.

Lana ·

KaterinaKat, feit is dat kleinhoewe en plase klasifiseer onder plaasaanvalle.
Belangrikste feit van alles is egter dat MENSE aangeval is.

Bekommerd ·

My vraag ook?! Onskuldige mense kry seer. Wat doen die polise? Verdagtes nog op vrye voet??

Wonner ·

Ons het hierdie week n boerevereniging verg gehad waar die polisie reguit gese het hulle hande is afgekap ……so …dit sê als

Susan Kruger ·

Jmr om te hoor vraag hkm word die aanvallers nie gesoek En gejag nie. Hulle loop los rond En ons as blankes mag nie ons hande lig nie!!!

Michelle ·

Hoe sê hulle nou as daar ‘n polisie man aangeval word, alles sal in hul in hul vermoë gedoen word die Hawks en gespesialiseerde eenhede sal werk tot hul die verdagtes kry. Nou jou mens se bloed het nou al hoogte punt bereik laat hulle nou hierdie ouens inspan en dat geen steen onaangeraak bly nie dat die misdadigers gevang kan word wat weerlose mense en kinders kom terroriseer in hul huise. Sodat geregtigheid in die land kan geskied want jy bly in jou eie huis nou al in ‘n tronk. Jy het nie meer vryheid nie. Sterkte vir die gesin .

Jan ·

Ek dink Multichoice moet begin dink aan wie hulle ondersteuners is. Wie is hulle om sulke ultimatums te stel. Nasionale Pers moet sy besluit of hy sy naam Afrikaans wil hou.

Wonner ·

Polisie sê hulle hande is afgekap…geen stasie het meer vuurwapens(haelgewer) nie so hulle hou geen gevaar vir n krimineel in nie.Dan sê hulle vir ons ons mag nie skiet tensy jou lewe in gevaar is nie…dit is wanneer n aanvaller 7m of nader aan jou is met n wapen(…gelukkig skiet n geweer net 6m nê ?)Voor ons dan onssel verdedig vind net mooi uit wanner jy kan skiet en sorg dat dit dan so op die toneel is.Dink mooi voor jy doen en wie jy daarna bel?

Saint ·

Dalk word dit nodig dat ‘n parallele privaat speurinstansie in die lewe geroep word en privaat gefinansier word, om misdadigers op te spoor.

Bella ·

Vader in Jesus Naam smeek ons U om ons van ons vyande te verlos. Ons vyande is U vyande. Hulle is demonies en moet uitgewis word vir die onskuldige bloed wat hulle vergiet. Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.