“Plaasaanval” toe eintlik moord deur vrou

court-hammer_thumbʼn Vrou wat beweer het dat haar man tydens ʼn plaasaanval vermoor is, is tot 18 jaar tronkstraf gevonnis nadat dit aan die lig gekom het dat sy die moordenaar was, het Rapport Sondag berig.

Beeld het vroeër berig dat Petro en Johan Taljaard op Saterdag 12 April 2003 deur minstens twee mans op hul plaas Rietpan in Delareyville aangeval is. Petro het beweer dat sy wakker geskrik het nadat sy ʼn venster hoor breek het en dat ʼn inbreker later ʼn mes teen haar keel gehou het.

Petro het aangevoer haar man is vier keer geskiet nadat hy in ʼn struweling met een van die “rowers” betrokke was. Volgens haar het die “rower” Johan se vuurwapen onder sy kussing uitgehaal en hom daarmee geskiet. Die “rowers” het met die vuurwapen en kontant gevlug.

Die polisie in Klerksdorp het ʼn “plaasmoord” ondersoek en ʼn beroep gedoen vir inligting maar die saak het doodgeloop. Adv. Hannes van Niekerk het gesê die saak is later heropen nadat daar klagtes was oor die saak nie opgelos is nie. Volgens foto’s wat van die misdaadtoneel geneem is, het forensiese kenners beslis dat Petro se beserings self toegedien is en dat sy haarself met ʼn skerp voorwerp gekrap het.

Petro het glo ook baie lank gevat om die polisie te skakel na die moord en was ook nie seker hoeveel “rowers” daar was nie.

Petro het die afgelope week haar pleit van onskuldig na skuldig verander tydens haar verhoor in die hooggeregshof in Mahikeng in Noordwes. Die motief vir die moord was glo geld. Petro het die plaas geërf na Johan se dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

cynthia ·

Baie bly die saak kan gesluit word. Hopenlik kan sy ouers en familie nou berusting kry.

Dave ·

Daar’dit shaun…. jy’t dit reggekry om jou naam op die koerant se webblad te kry……. al het jy eintlik niks gesê :-( (Probeer volgende keer sinvol wees – iets van waarde sê).

Lynni ·

Ja Jakoos, as mens News24 se kommentaar lees besef mens hoe baie die swartmense ons blankes haat. Die een is meer vyandig as die ander. Jaloesie oor ons beter lyk? En Media24 laat al daai vieslike kommentaar toe. Seker bly. Nee jong, kom ons hou maar by Maroela.

Mari Buitendag ·

Geld bly die wortel van alle kwaad. Net Jammer, God het beveel, Oog vir Oog. As die doodstraf terugkom, sal die moorde en verkragtings onmiddelik stop. Maar DIE regering wil lyk my eers kyk of die helfte van die bevolking nie uitgemoor kan word nie

Nico ·

Mari, moet liewer nie die Bybel aanhaal nie wat dit is duidelik dat jy nie jou Bybel ken nie.

Chanel ·

Ek stem Nico. Genugtig tog………… Mense wil altyd aanhalings maak en het nie ‘n idee waarvan hul eintlik praat nie. Plaas leer en lees hul self die Bybel eerder as om net Sondag na Sondag in die kerk te sit en te luister wat iemand ander jou vertel.

Jakes ·

Nee ek’s jammer, maar hierdie vrou is oppertunistiese skuim. Terwyl ander daagliks hard baklei om die gruwel van plaasmoorde erken te kry en aan die groot klok te hang, gaan sy en berokken die saak eindelose skade met hierdie selfsugtige, gierige, bose daad. Verraaier!

Charlla ·

So baie kommentaar maar dis die koerant wat sê die motief was geld. Hoeveel van julle was daar??? Wonder net….

Jakes ·

Niemand was daar nie, maar dis die hof wat so beslis het, nie die koerant nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.