Plaasaanval: Tzaneen-boer gemartel

Argieffoto Foto: Reint Dykema

Argieffoto Foto: Reint Dykema

ʼn Boer naby Tzaneen in Limpopo is Sondagoggend aangeval en gemartel.

“Twee mans, een gewapen met ʼn vuurwapen en ʼn ander gewapen met ʼn mes, het die 68-jarige boer aangeval en geld geëis,” het Robert Mulaudzi, woordvoerder van die polisie in Limpopo, gesê. “Die twee verdagtes het glo die boer met ʼn warmgemaakte ysterstok gemartel toe hy geweier het om aan hul eise te voldoen.”

Hulle het uiteindelik met ʼn onbekende bedrag geld gevlug.

“Die twee verdagtes, wat aan die beskrywing voldoen, het vermoedelik ook vroeër twee Pakistani-winkels in Bolobedu beroof,” het Mulaudzi bygevoeg.

Die mans is in die hospitaal behandel en ontslaan.

Sy 64-jarige vrou was saam met hom, maar sy is nie beseer nie.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ria Maritz ·

… en die potensiele moordenaars was HONGER, daarom daag hulle op met wapens en handwapens. Is ek reg ?

Dankbaar die dame is ongedeerd, en spoedige herstel aan die bejaarde man.

william ·

dit is nie inbrake nie maar terroriste aanvalle. Zuma keur dit goed . Ons moet uit kom onder hierdie swart hordes tirannie. Die boere moet meer doen om hulle self te beskerm want die polisie stel nie belang nie. Hoekom is die kommandos weggevat? Ek dink dit is so beplan deur die swartslang regering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.