Plaasaanval-verdagte in hospitaal gevind

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn Man wat daarvan verdink word dat hy by ʼn plaasaanval betrokke was, is onder polisiebewaking in ʼn hospitaal in Port Elizabeth.

Kapt. Johan Rheeder, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte word daarvan verdink dat hy betrokke was by die aanval Vrydag op Kobus du Toit (74) en sy 72-jarige vrou op hul plaas Brakkenfontein.

Die aanvallers het Du Toit in die huis ingeneem waar hulle sy vrou vasgemaak het. Voor hulle hom ook kon vasmaak, het hy ʼn vuurwapen wat hy aan sy lyf gedra het, uitgehaal en op die verdagtes geskiet. Hy het later gesê hy vermoed hy het een van die aanvallers gewond, maar dit was nie onmiddellik duidelik of dit wel die geval was nie. Een van die aanvallers het deur ʼn venster gespring en homself erg gesny. Hy is op die toneel dood.

Volgens Rheeder is daar ná “puik” speurwerk deur kapt. Fanus de Bruin en sy span vasgestel dat ʼn man behandeling by ʼn Baaise hospitaal versoek het. Daar is ná verdere ondersoek bepaal dat die man ʼn verdagte in die saak is.

Die verdagte het behandeling vir ʼn skouerwond gesoek en het aan die polisie gesê hy is met ʼn skroewedraaier aangeval. Volgens Rheeder is daar egter genoeg bewyse om die verdagte aan die plaasaanval te verbind.

Rheeder het gesê Du Toit is intussen reeds uit die hospitaal ontslaan. Die soektog na die ander twee verdagtes gaan intussen onverpoos voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Swanna ·

Kapi, jy vermoed nog net. Daar is nog geen vaste bewyse nie volgens duie berig wat maroela geplaas het. Op die oomblik is dit net ‘n bespiegeling, so moet nie opgewonde raak nie.

besorgde buurger ·

Dis n stelselmatige, goed georganiseerde en polities gedrewe proses om mense van hul grond te vervreem deur geweld en moord en die proses van grondhervorming sodoende te vergemaklik. Kom ons wees eerlik dat as dit nie vir kapt. Rheeder was nie sou die man waarskynlik weggekom het. Ons wetstoepassings vermoens is sttadig maar seker okk besig om strategies beinvloed te word deur die sistematiese vervolging van ons knapste polisie beamptes

Hanna ·

Is die boere se vuurwapens weg geneem en aan die aanvallers gegee??? Die land is in ‘n oorlog gewikkeld daar is moord opstande stakings en die regeering die SAPS die SADF en almal wat iets kan doen SIT HANDIES GEVOU want CORPORAL PUNISHMENT is onwettig…. WAT GAAN AAN? Hoeveel onskuldige mended gaan nog sterf?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.