Plaasaanval: Vrou (62) sterf toe verdagtes losbrand

‘n Foto van die toneel buite Stilbaai (Foto: Suid-Kaap Forum)

’n 62-jarige vrou van Stilbaai in die Wes-Kaap is dood nadat vyf gewapende verdagtes Maandagaand op ʼn plaas buite die kusdorp toegeslaan en na willekeur op vier mense losgebrand het.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het Maandag net ná 22:00 plaasgevind. Volgens Pojie word ʼn koffiewinkel en ʼn kwekery vanaf die plaas, wat aan een van die slagoffers behoort, bedryf.

Pojie sê die vier slagoffers, twee mans en twee vroue, was besig om buite te braai toe die verdagtes hulle oorval het. “Die verdagtes was almal in oranje oorpakke geklee en het almal balaklawas gedra. Hulle het sonder waarskuwing op die slagoffers losgebrand,” sê hy. “Een van die vroue is in die skietery gewond en op die toneel dood. Die ander vrou het weggehardloop en in die bosse gaan wegkruip waar sy die polisie na die toneel ontbied het.”

Die polisie het die oorlede vrou as Heila Killian geïdentifiseer.

Volgens hom het die verdagtes daarna glo albei mans vasgebind en aangedring op kontant en vuurwapens. “Die verdagtes het talle vuurwapens, jagmesse en ʼn groot bedrag geld gesteel wat die polisie nie in dié stadium bekend kan maak nie. Die mans is sover my wete strek nie in die aanval beseer nie.”

Pojie sê die verdagtes het met die aankoms van die polisie op die toneel reeds met die eienaar se wit Toyota Hilux-dubbelkajuitbakkie (registrasienommer CCC 12419) van die toneel gevlug. Die bakkie is later op kringtelevisiebeeldmateriaal in die Heidelberg-omgewing in die rigting van Kaapstad opgemerk.

Volgens Pojie doen polisiebeamptes alles in hul vermoë om die verdagtes vas te trek. “Dit is nog baie vroeg in die ondersoek, maar die polisie volg elke moontlike leidraad op wat tot ʼn suksesvolle inhegtenisneming kan lei.”

Mense met meer inligting oor die voorval word versoek om onmiddellik die Stilbaai-polisie by 028 754 6100 te bel of die misdaadnoodlyn by 0860 010 111 te skakel.

Die foto is met vergunning van die Suid-Kaap Forum op Maroela Media gepubliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Tia ·

En so leef/oorleef ons deesdae op die plaas. Teen sononder of vroeër is ons in die huis, buite alarms om werf aan. Honde, vier groot, drie klein buite, vensteralarms geaktiveer en kyk gedurig op kameras as ‘n hond blaf. Geen aktiwiteit meer in die aande, geen vleisbraai, geen konsert of onthaal, geen kuier by bure of vriende. Alles wat ons doen, word gereel om lank voor donker in die huis te wees. Ons is lewenslange tronkstraf in ons eie huise opgelê deur ons politici wat glo en propageer dat grond rykdom en eer verteenwoordig. Kill the boer – en die hemele gaan oopmaak en julle met skatte oorlaai. Ek verpes dit om so te lewe. Ons het gebeurlikheidsplanne en tot my 5 jarige kleindogter weet waar om weg te kruip en doodstil te bly totdat iemand wat sy goed ken haar kom soek. Hoe siek is dit?

Ella ·

My hart gaan uit na boere. In dorpe en stede gebeur dit ook maar boere is meer blootgestel. Mens wil nie pessimisties wees maar ek wonder of ons ooit weer “normaal” sal kan lewe.

Joe ·

Dis vreeslik om so te lewe, beste besluit 9jaar terug gemaak om daai land te verlaat en nooit weer terug te kyk nie. Om vir jou kind van 5 te moet leer om weg te kruip, wat om te doen as mens aangeval word en en en, is siek.

Hendrik ·

Tia dit is regtig erg. Plaasboere in ons omgewing is ook voor sononder agter hul elektriese heinings en alarm. Die buurtwag ouens gaan gereeld uit om hulle te help as die elektriese heiningalarm afgaan. Hulle bly in die huis totdat die fout gevind is. Die elektriese drade word gekortsluit om die boer uit sy huis te lok of sy alarm afsit van al die “vals” alarms. Ons bly op ‘n gemeenskapsplaas en dit help om mense te konsentreer om veilig te bly. Ek weet dit is nie altyd moontlik nie maar boere moet maar begin dink om “dorpies” te stig tussen plase om veilig te bly. Deesdae voel ek ook om ‘n helmit te dra as ek buite toe gaan want hierdie aanvallers slaan jou eerste oor die kop met ‘n panga of ‘n graaf.

Kellies ·

Jy is reg Tia, mens moet paraat wees veral op n plaas. My vraag is: nerens word genoem dat die slagoffers terug gevuur het nie maar dat die mans vasgebind was. Het hulle nie hulle wapens aan hulle sye gehad nie? Vra maar net.

Christelle ·

Ek deel in jou kommer & frustrasie Tia. Ek is self ‘n ma & boervrou….en ken al te goed jou roetine!
Ek is ook al moeg om heeldag oor my skouer te loer, tot vervelens toe net weer seker te maak dat elke veiligheidshek gesluit is, my ore te spits vir elke blaf, voor donker binne die huis te wees….. En om heeltyd my kinders gerus te stel dat als reg is. Ek bekommer my dood oor my man wat tot donker in die lande is….. EN nou gaan daar seker weer een of ander slim man/vrou my wil vertel my man moenie so nalatig wees om in die donker te werk nie….of…dra jul 24/7 jul vuurwapens? JA mnr & JA mev … ons is gewapen en ongelukkig moet MY man in die donker onveilige toestande werk om kos op JOU tafel te sit!!
Ek bid dat God elke dag Sy hand van beskerming oor elke boer & sy gesin & sy arbeiders hou…. want sonder ons boere sal dit ‘n gesukkel wees om die winkelrakke vol te hou.

Wonder ·

Mag die Vader julle saggies en teer in Sy hand van liefde toe vou.

SA Moordmuseum ·

Laat dit uitgebeeld word aan die wereld se toeriste in n moordmuseum wat ons moet skep, virtueel of in die buiteland.

Spook ·

Mag die vader die misdadigers hardhandig klap. Sug-spoke bestaan nie en kan niks doen nie.

Genieve ·

Dis tragies nerens is ons meer veilig nie en dis al die misdadigers wat uit dii tronk ontsnap en op ons toeslaan ons het geen identiteit hoe die mense lyk nie.

Hoop ·

Ek moedig almal aan om Andries Vermeulen (die bekende grapmaker en storieverteller) se praatjie by Laeveld Agrochem te kyk op Youtube. Dis so uur en 13 minute lank maar uit en uit die moeite en tyd werd. Hy het al heelwat gedoen om hom uit te spreek teen plaasmoorde en gee in sy praatjie goeie perspektief op waarom ons nie moet weghardloop nie asook waardevolle lewenslesse. Google net “Andries Vermeulen 9 Februarie 2018” en jy sal die video kry.

Theresa B ·

Elke dag, elke liewe dag moet ons hoor van hierdie verskriklike plaas aanvalle. Hulle kom altyd weg met alles. Dit maak my siek!

Nel ·

En intussen neem die agbare president deel aan pretlopies en droom hy groot drome oor hoe om die geld te laat inrol vanuit die buiteland, maar is tjoepstil oor al die bedrog, moord en geweld wat aan diew toeneem is rondom hom.

Hartseer ·

En so word absoluut niks gedoen ontrent die plaasmoorde nie. Absoluut niks!!!

Haan ·

Malema os nie ons grootste vyand nie. Hy word maar net beheer deur ‘lord’ Robin Renwick. Wat beheer word deur die Britse geldmagte. Wat beheer word deur…

Ekwilibrium ·

Stilbaai is juis ‘n gewilde aftree bestemming vir verskeie Boere wat die pestillensie wil ontsnap. Maar nou is dit al die tweede moord op ‘n bejaarde vrou daar die afgelope paar maande; van hier af gaan dit net slegter gaan daar, soos oral in die land. Die giftige tentakels van die duistere word inderdaad óral ingewurm; emmigrasie is werklik ál uitweg. Jammer mense, maar ons tyd hier is verstreke… Ek stem saam met wat ‘n taxibestuurder destyds in New York aan my ou geskiedenis professor voorgestel het: laat die VSA vyf miljoen van die vrotste African Americans aan SA lewer in ruil vir ons ganse blanke bevolking!

Niel ·

Ai dis tragies en onstellend, ek droom al my hele lewe om te gaan aftree op Stilbaai. Nerens meer veilig

Theresa ·

Dit klink nou goed! Maar eintlik wil mens na ‘n land gaan waar daar werklik nog eerbaarheid en regverdigheid met reëls en regulasies is wat gevolg word deur ALMAL.
Sal seker een of ander klein plekkie wees waar mense nog mekaar groet en nie oor elke kleinigheidjie haat en dan siek goed beplan nie.

fm ·

Die intensiteit en voorkoms van hierdie aanvalle is besig om teen ‘n geweldige tempo toe te neem. Tia dit is inderdaad so jammer dat die meerderheid van die bevolking eienaars van plase in SA vereenselwig met rykdom, bevoorrregting en oorheersing aan die een kant en onderdrukking, onreg en armoede aan die ander kant vir die werkers. Wat ‘n morbiede en hopelose tydvak in die geskiedenis van die land.

Ja, vir die wat kon vlug uit SA – julle is gelukkig, mag dit goed gaan met julle.

Fly on the wall ·

Nog ‘n plaas aanval hier naby ons en dit maak nie eers nuus. Hul reguit vir die oom gesê hul is hier om hom dood te maak omdat hy wit is en hul soek sy plaas..skande!!!

Karolis ·

Begin die ondersoek by hoe het hulle geweet van die klomp geld? Of is dit net toevallig?

Nettie ·

Een plus een maak twee, Karolis. Daar word ‘n besigheid of twee op dié plaas bedryf. Dit was in elk geval onverantwoordelik om ‘n “groot” bedrag kontant (dalk die dag se “takings”?) op die plaas aan te hou. Kom ek wed jou dit wat ‘n “inside job” – dalk die huiswerker(s) of werker(s) wat in die koffiewinkel en kwekery werk – wat geweet het dat daar vuurwapen(s) en ‘n groot bedrag kontant was – en ook miskien geweet het dat die mense dié aand sou braai en kuier rondom die braaivleisvuur (en dus buite en ontspanne sou wees).

Netso ·

Ek het so 3 jaar terug amper ñ plaas met 5000 olyfbome op gekoop omdat daar geen diefstal, moord en roof in Stilbaai, Jongensfontein en omgewing was nie! Ek is maar nou te dankbaar vir my drie kinders dat ek van Heidelberg gp (nikswerd plaas) af nou oorsee sit met nie nog skuld “forhelle” wat inelkgeval al ons bloed en sweet uit ons roof, plunder en uitmartel! Dit was my land ook!!!

Reguit ·

Beste besluit ooit. Dieselfde vir ons. Baie voorspoed vir julle en julle kinders.

Gerrit ·

Leon jy vra wie verantwoordelik is
Die media wat te bang is om die ware feite te gee soos dit is.
Ek en jy wat niks doen om die wereld se aandag te vestig op die uitwissing van ons mense nie.
Die polisie wat niks wil of kan doen nie omrede hulle useless is.

Rof ·

Hein ons is baie jammer om van jou grootverlies te hoor. Om sover te ry net vir n paar daar se verlof, en dit gebeur. Sterkte vir jou en die kinders. Bertus en Rina

Helgaardt Muller ·

My hart is baie seer dit is die vrou van my eerste bevelvoerder in die sapd oud Kol. HEIN KILIAN. Kol my hart gaan uit na jou en jou familie sterkte. River. Heila

PJC ·

Ek en my vrou kuier altyd so lekker op Stilbaai en Jongensfontein want dit is my familie se kuierplek sedert my ki derdae. Ons ry gewoonlik elke liewe koffiewinkel na maar ons het maar aangeneem dat ń mens op jou hoede moet wees al lyk dit so rustig. Ons is gewoond daaraan hier in die stad om maar alles en almal te wantrou.

Debbie ·

Die mans was wel aangerand en beseer. My hart gaan uit vir hierdie dierbare en gerespekteerde mense wie se lewe in ‘n oogwink ongevraagd onherroeplik verander het.

Anita van Deventer ·

Hein, sterkte met die geweldige verlies. Mag jy berusting, vrede en geregtigheid ontvang. Woon self op ‘n plaas en is vroeg al toegesluit.

Adrian ·

Oranja oorpakke???? Dit is tronkvoels wat ontsnap het of word van die ouens in die nag ,,vry gelaat ” en na die moorde terug in die tronk . Geen bewys dat hul moorde gepleeg het nie

Hans ·

Mens kan niks van die SABC verwag nie maar dat “ons eie ” Kyknet geen berigte oor plaasmoorde uitsaai nie wys net hoe vêr die verraad loop.Hulle sal tot vervelens toe die doodskis en die ketting wys waar geen skrapie opgedoen is nie.Ons is op ons eie!
.

Marinda ·

RIV. My innige simpatie met die familie en almal wat deur hierdie aanval geraak is.

Ja ook gewonder oor die oranje oorpakke.

Oom Kalahari ·

Hartseer en so onnodig. Weereens is ‘n gesin en familie in rou gedompel. Daar is nou alweer ‘n klompie wapens soos genoem in misdadigers se hande wat hul misdade verder gaan uitvoer. Alle simpatie en gebede gaan aan hierdie gesin , familie en vriende vir jul groot verlies. Dit voel ‘n mens kan skree van frustrasie en jy is so ingeperk met alles en jou sosiale lewe op jou eie private eiendom word jou ontneem. CR met sy ou staptoggies en geweldige rykdom gee nie ‘n duit om vir plaasmoorde nie.

R N ·

Is dit nie die klomp bandiete waarna gesoek word wat nou onlangs ontsnap het nie?

jan ·

op kamera vasgevang toe brandstof ingegooi word , beweeg in rigting van Kaapstad.
hoe moeilik kan dit wees om pad blokade op te stel … verkeersbeamtes sit onder bome
met selfone en speel hoe pateties is die gereg

Nico v Schalkwyk ·

Ons mense moet paraat raak sonder om paranois te raak. Ons kan nie meer vandag sonder n vuurwapen rondloop nie, ons kan nie braai sonder om wakker te wees nie en om op te hou braai het hulle klaar gewen! Wees paraat , maar lewe voluit! Doen wat nodig is, soos hulle hul moses teekom by verskillende probeerslae sal hulle tweekeer dink, maar net as ons reg is daarvoor!

Antjie ·

My ouers bly op stilbaai al vir 8 jaar. Dit was ons vakansieplek vandat ek kind was en my ma hulle sin vandat sy kind was. Haar familie die Kleynhanse en De Jagers het almal plase daar rond en vir so n oproep is n mens bang. Daar was al n vrou in dieselfde kompleks waar my ouers bly erg aangerand. Stilbaai en Jongensfontein is nie meer so veilig so vroeer jare nie. Ek preek heeltyd vir my ouers dat hulle baie versigtig moet wees en hou alles gesluit want hulle is al bejaardes.

Pieter ·

Dit is goed om keel skoon te maak maar ons moet nugter begin dink en beplan. Politici en dit sluit semi politieke organisasies soos Afriforum in is van min hulp. Hulle “score” hier en daar politieke punte met bewusmaking via petisies en hofsakies wat die regeing in verleentheid bring en Melema hulle nog meer hatig maak. Ons het nodig n landelike beskermings “mag” wat per gebied werk. Moet bestaan uit boere en hoogs opgeleide gewapende sekuriteit..moet n apolitiese herhaal apolitiese nuwe organisasie wees onder sterk leiding. Beslis nie onder beheer van een van die landbou verenigings nie. Moet onafhanklik en binne die wettig onder die amptelike landsvlag werk en wat net een doel het nl beskerm die boere. Die boere sal groot bydra ek is seker en die fondse sal vinnig inkom van oral af !Daar is so baie werkloses wat opgelei kan word! Die wil moet egter daar wees. Dalk is die tyd nou ryp.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.