Plaasaanval: Vrou verkrag terwyl sy intrek

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn 40-jarige vrou is Maandag helder oordag verkrag terwyl haar gesin by ʼn plaashuurhuis naby Dorset, tussen Vaalwater en Lephalale (Ellisras) in Limpopo, ingetrek het.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media bevestig ʼn onbekende man het die vrou, wie se identiteit beskerm word, omstreeks 16:00 in die huis oorval.

“Die man het die slagoffer gegryp en na ʼn waterpompstasie gesleep waar hy haar na bewering verkrag het,” het Otto gesê.

Die verdagte het met twee selfone van die toneel gevlug. Die vrou is erg tydens die aanval aangerand en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

ʼn Vriendin van die vrou het aan Maroela Media gesê die slagoffer se man het tydens die voorval ʼn vrag besittings in Lephalale, waar hulle sowat vyf jaar gebly het voor hulle na die plaashuis getrek het, gaan oplaai toe die booswig toegeslaan het.

“Sy is ernstig beseer maar buite gevaar,” het haar vriendin gesê. “Daar was drie kinders by die huis, maar hulle is veilig, want sy het met alles in haar baklei om hulle te beskerm.”

Die vrou is na bewering tydens die aanval met ʼn stomp voorwerp oor die kop geslaan en het kopwonde opgedoen. Sy het ook beserings aan haar gesig en arms opgedoen terwyl sy terugbaklei het.

Die Dorset-polisie ondersoek ʼn saak van diefstal, verkragting en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Die polisie, boere van die omgewing en plaaslike rolspelers soek tans na die verdagte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Piet Pompies ·

Vang die pes, hang hom in die openbaar waar sy metgeselle kan sien wat gebeur met verkragters, as die regering nie iets omtrent dit wil doen, gee die gemeenskap die geleentheid om met hom af te reken, oog vir ,n oog, tand vir ‘n tand!

Riaan Slabbert ·

ASSEBLIEF mede Afrikaners, ek SMEEK julle, kom ons verenig. Julle HOEF nie van Steve Hoffmeyr te HOU nie, gee hom net n stem om namens ons te praat. Stem vir hom op Facebook: https://m.facebook.com/groups/… of stem per sms. Sms jou naam en van na 33167 Normale sms tariewe geld.

Riaan Slabbert ·

Dink net as Steve n miljoen stemme kan trek, en ons gooi ons gewig agter Dr Dan en Hannes en Front Nasionaal in…hoeveel van die FV+ en die DA se kiesers kan ons lok. Ons kan n WARE oposisie word wat kan VEG vir selfbeskikking. Dinge soos in die video hierbo is net die vonkie…en die kruitvat is Naby. Ons moet NOU saamstaan.

boer ·

Daai kruitvat moet nou maar ontplof, want politiek gaan ons nie red nie. Ek stem saam met jou dat ons moet saam staan ,maar dit moet nie om politiek redes wees nie,

jacques ·

Ja hy sal teen n klip praat vir ons met politiek net n boom sal werk.

AvraD ·

Ek sien die hele koerant is net moord en dooslag, Wat gaan aan in ons wereld………………….

Theresa ·

Ek het SO geweet my kommentaar gaan NIE gepraas word nie……………………………….

CHRISTA ·

Verkragters moet gekastreer word, dan sal hulle NOOIT WEER enige iemand kan verkrag nie!

Grassie ·

Dit is erger as moord. My vrou het al vir my gesê as sy ooit aangeval word, hoop sy sy word eerder vermoor as verkrag. Ek hoop die verfoeisel oorleef nie sy arrestasie nie. Wat ek werklik wil sê sal nie geplaas word nie.

Renelle ·

Net weereens n bewys dat ons ons verskille moet laat staan en saam staan as een volk. Ons kort n stem om ons boodskap oor te dra. Verder kan ek nie meer sit en niks doen nie…. so Steve sal my stem kry teen boere geweld

jaco ·

Liewe HERE gaan saam met hulle wat seer her.. Ek vra dit als in U genade .Amen

Dellie ·

Verfoeilike daad…. ongelooflik hoe dit net nie ophou nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.