Plaasaanvalle: ‘Boere moet vuur met vuur beantwoord’

Dr. Pieter Groenewald. (Foto: VF Plus)

Die ongekende vlaag plaasaanvalle en ‑moorde op boere in Suid-Afrika die afgelope tyd vereis dat die president van die land daarop moet reageer en dit ten sterkste veroordeel.

Volgens dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, vereis dit ook dat die landbougemeenskap paraat en voorbereid moet wees om, binne die wet, vuur met vuur te beantwoord.

“Die omvang en wreedheid van plaasmoorde en die stilswye van die president asook die gebrek aan regeringsondersteuning, skep die indruk dat die ANC se grondonteieningsprogram die president tot stilswye dwing.”

Dr. Groenewald se uitlatings kom na ʼn vlaag plaasaanvalle en -moorde die afgelope paar weke.

“Dit wil voorkom asof die president dit nie kan waag om die boere se beskerming teen misdaad te vra nie, want dan sal hy ook moet vra dat boere se eiendom beskerm word en dit bots met grondonteiening sonder vergoeding.”

Dr. Groenewald het gesê wanneer daar 31 plaasaanvalle en vier plaasmoorde binne net tien dae plaasvind, is dit genoegsame bewys dat dit nie net gewone misdaad is nie, maar georganiseerde misdaad wat prioriteit-aandag verg.

“Wanneer ʼn president van ʼn land ʼn ophef maak van net sekere uitsonderlike voorvalle, soos die dood van George Floyd in Amerika, maar oor ander uitsonderlike gruweldade soos plaasmoorde in sy eie land swyg, dan ontduik hy sy verantwoordelikheid teenoor die burgers van sy eie land.”

(Argieffoto: Lorraine Claasen)

Dit is bekend hoe president Cyril Ramaphosa in Amerika moorde op wit boere in Suid-Afrika ontken het en eers toegegee het dit vind plaas nadat die VF Plus in November 2018 groot druk in die parlement tydens vraetyd op hom geplaas het, het Groenewald gesê.

“Dit is nou ʼn jaar en ʼn half gelede. Hoeveel mosies teen plaasaanvalle moet nog by die parlement ingedien word, hoeveel debatte moet nog gevoer word en hoeveel optogte ter ondersteuning van die boere van Suid-Afrika moet nog gehou word, voordat die gruweldade van plaasmoord deur die president en die regering besef word?

“Die werklikheid is dat die boere nie kan staatmaak op die regering van die dag nie. Landbou-organisasies en gemeenskappe het landelike beveiligingstelsels geïmplementeer om die boere te beskerm. Danksy hierdie stelsels is baie minder boere vermoor en is die 31 aanvalle teenoor vier moorde weereens ʼn bewys daarvan.”

Dr. Groenewald meen plaasaanvalle gaan toeneem en dat die landbougemeenskap paraat en voorbereid moet wees. “Elkeen het die grondwetlike reg om hom- of haarself te verdedig wanneer hul veiligheid en lewe bedreig word.”

Volgens Groenewald sal die VF Plus aanhou om politieke druk hieroor op die president en die regering te plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

45 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

Praat help nie neem die wapens op en laat die wapen die praat werk doen.Hierdie klomp is deel van die ANC terroriste dit is hoekom cyril nie n woord rep nie. Ons moes tien jaar terug al wakker geskrik het.

Leon

Dink aan die Ma0mau aanvalle in Kenia rondom die 1950’s 1960’s. Dit is dieselfde.

Kobus

Wat gaan die president doen as daar op die moordenaars losgebrand word deur die Boere? Gaan hy dan ook maak asof dit nie gebeur het nie?

Fedup

cyril is a hypocrite. You will never get anything done if you have to wait for this circus. They are not going to wait for land reform, they are going to reform it through attacks and murders.

Danie

Groenewald jy moet ook nou ophou praat en eerder iets werkliks aanpak. Jy praat en praat en klink al nes Ramaphosa die berskil is net die een papegaai is groter ss die ander een. Ons en dit beteken ek en my familie het vir jou party gestem, maar ons raak nou ook keelvol vir die gepraat want dit wil voorkom of jy net jam om ons bekke smeer. Ons wil daadwerklikke optrede sien. Jy praat al vir hoelank en wat kan jy daarvoor bewys. Niks geen vooruitgang. Die boere en die boervolk gaan die gereg in eie hande neem en… Lees meer »