‘Plaasaanvalle buite beheer’

Argieffoto: AfriForum Jeug

Argieffoto: AfriForum Jeug

Die VF Plus het sy skok en afgryse uitgespreek oor die mees onlangse plaasaanval.

CT Steyn is Sondagaand op ʼn plaas buite Warden in die Vrystaat aangeval.

Jan van Niekerk, leier van die VF Plus in die Vrystaat en ook ʼn boer in die omgewing, het gesê hierdie geweldige en toenemende krisis moet voor die ANC-regering se deur gelê word. “In die parlement word debatte oor grondonteiening toegelaat, maar ʼn debat oor plaasaanvalle word geweier.”

Van Niekerk het gesê opruiende uitsprake en aanhitsing tot geweld deur politici en op sosiale media word ook toegelaat. “Die VF Plus meen die regering se landelike beveiligingsplan faal en die ontoereikende polisiëring en misdaadvoorkoming is direk verantwoordelik vir die toename in plaasaanvalle.”

Volgens Van Niekerk is boere op hulself aangewese om hulself, hul gesinne en hul eiendom te beskerm, aangesien die regering geen erns met die saak het nie. “Hoeveel gesinne moet nog vernietig word, hoeveel lewens en werke moet nog verlore gaan voordat die regering wakker skrik en besef ons boere word uitgemoor en ons voedselsekerheid bedreig?”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Johannes van Staden ·

Kan dit asb ophou ! Moet asb nie dink dit gebeur net met ander. Wees slim en doen wat jy moontlik kan om jouself te beveilig. Sorg vir n staalhek aan jou kamerdeur koop vir jouself tyd. Kry n paar beams om die huis dit sal jou vroegtydig ka n waarsku as iets om die huis beweeg …doen dit want dit kan veseker ook help.

Alida ·

Ag genade hoeveel raad wil julle nog gee. Almal weet lankal hierdie goed. Die politieke leiers moet JZ in die openbaar en in die parlement aanvat met mening.

Johanna Botha ·

4x meer moorde op boere as enige ander bevolkingsgroep ?

Johan ·

Ons boere wat die ruggraat van voedsel in hierdie land is word op die wreedste denkbare wyses vermoor. Baie plaaswerkers bly ook in die slag en so ook gemeenskappe. Hoeveel mense het ons “geagte” minister van sport se kwotas gevolg? In die ou SA was daar blank en nie-blank. Nou is daar “black”, “generic black” and white “white”. Drie klassifikasies. My brein mag al oud wees maar die ANC jaag nou Mugabe se styl teen die snelheid van lig en die boere is die eerste front wat vernietig moet word. Bid my volkie bid en tree OP. Staan SAAM.

Magaret Henderson ·

Maar waneer word daar ingegryp waneer staan iemand op en probeer hierdie goed stop

James Smith ·

Ons moet ni wag dat iemand opstaan ni. Ons moet almal saam opstaan en di beveg

AL ·

Ons weet dit als, maar praat gaan nie help nie. Watter weg KAN ons volg om die regering VERANTWOORDBAAR te hou?
Ons as belastingbetalers het n REG!
Dis ons geld wat Zuma en sy kabinetministers, provinsiale en munisipale bestuurders se BROOD op hul tafel sit.
Dis ons wat vir 17 milj mense staatstoelae maandeliks mee help!
Dis ONS geld wat infrastrukture laat bou en boere wat kos op die tafel van die nasie moet sit!

emo ·

en so spreek alle forums fronte en partye hul mismoee uit en praat praat net dis nie net indie huis ek op,plaas buite aangval en weereens binne huis,plaas nou verkoop en stem vir geen grootmond,party boere is op hulself aangewese

Ouvrou ·

Is dit nie moontlik dat almal wat geliefdes verloor het en aangeval is om n klasaksie teen die regering in te stel nie . As hulle verantwoordbaar gehou word sal daar dalk aksie kom.

David ·

So wat gaan ons doen ? Is daar geen iemand wat leiding kan neem om ons te help nie ? Ons moet verenig om teen die vyand te veg ! Maar asb is daar n organisasie om ons te help of is ons maar “sitting ducks” Waar is die groot Afrikaner hulp organisasies wil liewer nie name noem nie julle eie mense bloei en sterf vir hoe lank nog !!

Daan Mulder ·

Afriforum/Steve/Angus Buchan moet saamspan om ‘n MASSA SAAMTREK by die Voortrekker Monument te hou. Dit moet nasionaal bekendgemaak word. Bus/treinvervoer moet groot getalle mense teen billike tariewe na Pretoria vervoer! Jacob Zuma/Cyril Ramaphosa moet dit bywoon. Dalk is die Adjunkminister van Sport, Gert Oosthuizen, ‘n goeie keuse om hom te laat omdraai in sy ANC-spore? Erens sal iemand moet begin planne maak. Dis nou kritieke tyd!

Hendrik ·

Nooi al die Ambassadeurs wat beskaafde lande in S.A. verteenwoordig! Vergeet maar van die
Afrika-ambassadeurs. Miskien wel diè van Botswana en Namibië wat die situasie verstaan?
Mens kan dan so baie planne maak om dit in die buiteland bekend te maak. Dalk wil Trump
sèlf ook kom? Dink GROOT!

Johnny ·

Hi Daan ek is met jou ons het 1 April 2017 by Scoemansville Hartbeespoortdam om 1 uur n groot biddag vir ons volk saam geroep , ons nooi al ons mense uit na hierdie kosbare biddag, tyd dat ons as n volk saam staan. Kontak my gerus vir verdere inligting. 072 865 9397 .versprei asb hierdie biddag onder jul vriende en familie, groete Johnny (toegang gratis)

Veritas ·

Die plaasmoord tsunami sal slegs gestuit kan wanneer die vyand geidentifiseer is. Dit op sigself blyk ‘n onmoontlike taak te wees. My voorstel is dat ALLE onbekendes, in jou omgewing, as potensiële plaasaanvallers . Proaktiewe optrede, maw aanval, bly die beste oplossing maar onskuldiges word hierdeur in gevaar gestel. Boere kan gerus daaraan dink om van werklose Afrikaners op hul plase te huisves. Die blote teenwoordigheid van ‘n paar gewapende jong manne kan die lafaards beslis twee maal laat dink voordat hulle, hul moordtogte beplan.

AL ·

Ons weet wie die vyand is, en hul infiltreer hul mense deur arbeid te verrig en ons dop te hou.
Indien n werker onskuldig is, sal hul hom en sy familie intimideer en hul met die dood en verkragting dreig. Hy sal ook nie waag om polisie toe te gaan nie.
Ons moet dink soos die bose mense, inderwaarheid in hul breine klim sodat ons onsself kan beveilig.
Ons wil nie soos hul dink nie want ons kan nie soveel boosheid hanteer nie.

Linda ·

Daan, jy praat die waarheid.maar waar begin mens?hoe gemaak.ons self bly nie op n plaas nie maar voel die hartseer van ons mense, boere.dit breek ons hart om elke dag te hoor hoe wreed hul vermoor word.dat dinge sover moet gaan.vat wat jul wil he en los die mense!!!gee ons ons eie plekkie in die son.dit word self ook van ons geneem.

What a joke! ·

Massa blanke optogte wat die buiteland sal sien en druk op mnr gigihehe sal sit met sy aanhitsing maar nee die aanvalle gebeur mos nie met my nie!!!! Of ek het beter dinge om te doen! Die Afrikaner is maar net te selfsigtig om sy eie broeder se nood te sien en bekommer homself net oor sy eie welvaart tot sy eie ondergang!Staan saam en tree hard op of verwyn stil stil alleen…

Johnny ·

Op 1 April 2017 word n biddag vir alle kerke, insransies en belangstellendes gehou te Schoemansville visvangoord by die Hartbeespoortdam om 12H00 vir 13H00. Daar sal onder andere gebid word vir vrede in Suid Afrika en die geweld wat tans die oorhand is. Vir navrae kontak Helena by 072 865 3040. Sien julle daar.

AL ·

Ons destydse weermag was tog goed opgelei – ons kan daardie kundigheid inspan om onsself te bemagtig.

Annie ·

Die feit dat die aanslag op die boere nie in die parlement goedkeuring gegee word nie se vir my die regering keur die moorde goed

Deon Koegelenberg ·

Annie ek stem volkome saam met jou jy sien hulle wil hulself nie uitspreek vir of teen plaasmoorde nie daarom is die afskiet van n plaasmoord bespreking in die parlement nie goedgekeur nie Dis soos met die president se opening van die parlement toe hul geweier het om die versoek van die DA goed te keur om n minuut van stilte te he vir die byna 100 sielsiekes wie gesterf het weens n onbevoegde regering

Fred Balt ·

Afrika se patroon. Dit sal nie verander nie. Belowe die massas gratis grond en dit sal gebeur. Dit pas die regering as boere vermoor word dàarom sal hulle nie veel doen aan die sàak nie.

sioux ·

daar is soveel plase op die oop mark te koop? hoekom KOOP hulle nie? ek dink die antwoord is voor die handliggend. hulle wil nie boer nie. hulle wil moor.

Hartseer ·

Is daar nie n geleentheid om iewers in oorsese lande ons toestand bekend te maak sodat hierdie regering kan wakker word en sien dat SA nie die enigste land in die wêreld is nie. Xenophobia word geskree oor swart teenoor swart opstaan, is dit nie maar dieselfde waar ons staan nie? Die haat loop hoog en geen handjievol kan teen n menigte opstaan sonder die hulp van ons Skepper nie. Ons sal moet ons sondes belei en begin reg optree soos dit duidelik vir ons gegee is deur Moses so nie sal dit nie werk nie. My volk volg nie dieselfde G-d as ons voorouers nie. Hul volg nou die Wêreld Raad van Kerke waarvan die Pous die hoof is. Dis nie wat ons voorouers aanbid het nie. Besin my mense, besin.

KhoisaninDuitsland ·

Die plaasmoorde is n geweldige kwessie wat dringend aandag verg. Maar wat van al die plaaswerkers wat mishandel word?
Sorteer dit uit, en miskien dan sal die ongelukkigheid stop.
Ek persoonlik het in SA op plase sendingswerk gedoen onder die plaaswerkers, verblyf situasies op sommige plase laat my n traan of twee stort. Plaaswerkers word behandel soos kinders, op sommige plase se hulle nog: ja baas en nee baas, a nee a! Ek dink daar moet gekyk word hoe hierdie werkers leef, wat hulle verdien. En die kerk se: Amen!

Rudi ·

Khoisan ,weet jy wat aangan en volg jy net die plaasmoord self ,of volg jy tot die hofsaak wat wys wat aangan ,meer as 95% van die vervolgers is nie werksaam op die plaas nie en die plaaswerker het n 75% kans op ook aangevalof vermoor te word ,so die gaan glad nie oor hoe wie behandel word nie ,as jy werklik weet wat aangan ,sal jy ook weet dat Boere en plaaswerkers ook nou geregileer word deur die Departement van arbeid ,en word as n besigheid beskou en die minimum loon word ook aangewys ,so enige persoon wat n klag het teen sy of haar werkgewer of werknemer kan n klag gaan le wat dan ondersoek sal word .So kom ons se jou stelling is reg ,hoekom ons Boere moor as daar n sisteem in plek is wat juis die tiepe situasies reguleer en op n menslike manier uitsort ?

Johann ·

Die skrif is aan die muur, baie duidelik uiteengesit dat ons nie nou kan kyk na andere om ‘n oplossing te vind nie, alle mense moet gewapen wees tot die tande om hierdie stryd te oorbrug. Probleem is dat ons jong mense op die strate lê en nie gedissiplineerd word soos in die 80s vroeë 90s nie. Mense ons mag net nooit gaan lê nie, maklik om te sê dat die regering niks wil doen nie, weet tog asb dit “hulle gaan ook nooit ooit iets doen nie” hulle verlustig hulle self in ons leed

Andre ·

Gaan lees op google oor die New world order en vergelyk hul siening met dit wat hier by ons gebeur. Dit sal die skille van ons oeë laat afval.
GOD IS ONS ENIGSTE REDING.

ALLIE ·

Julle se wees gewapen. Dit werk duidelik nie. Kyk wat steel hulle. Jou wapens. Kyk wanneer val hulle aan. Wanneer jy slaap. Ons moet onsself opsluit in huistronke se julle. Koms ons almal bud op hierdie oord, daardie plaas. God sê geloof sonder Aksie is niks. Kom ek dit duidelik maak. Die manne se plan is om ons dood te maak. Punt. So stop en dink gou. Julle hulp gaan nie van ANC af kom nie. Groepe kapitaliseer op lede fooie om in howe te bakklei. En so word ons nog armer ook gemaak want hulle brood moet van iewers kom. Weet julle wat. Jou gesin is in niemand anders se hande as die man en pa van die huis met sy direkte konneksie met God nie. Niemand gaan julle help nie.

snoefie ·

Allie, jy moet oplet in die klas. die plaasboere het die wapens, maar dis in kluise toegesluit. tot watter but is dit hulle? daardie aanvallers stuur nie smse om te waarsku hulle kom nie.

mike ·

Lig julself in oor wat gaan kom. Lees Siener. Julle sal julsef ‘n baie groot guns bewys. Khoisan miskien moet jy weer in S A kom kuier en ‘n paar plaasbesoeke doen. Dan praat ons weer. Ek besef jou hartjie is klein en dat jou geloof sterk is. Maar daar is ook ‘n realiteit. Kom kuier gerus weer en sien vir jouself.

Johan ·

Kan iemand ons wys hoeveel wit mense in SA was van 1994 af tot nou toe jaarliks en hoeveeel vermoor was in hierdie tydstip. Ek wil dit graag vergelyk met wat die regering se die persentasie is.

kallie ·

Plaas aanvalle kan nie buite beheer wees as boere die situasie reg lees nie, dis guirilla oorlogvoering! Hulle moet 24/7 paraat wees op daai plase. Jy kan nie eers jou kruideniersware pakkies aflaai as jy stop nie, jy moet sorg dat jou wapen gelaai is, die veiligheidsknip af is en dan klim jy uit. Hoekom moet boere hoegenaamd toegelaat word om uitgemoor te word? Ek werk elke dag met hulle, hulle sit die kos op my tafel,hulle het my kinders deur universiteit gesit. Ag nee magtag man soos in Rhodesie de tyd geveg het tot die laaste dag moet ons blankes nou weer die rug styf maak, ons moet weer die Voortrekker bloed laat bruis deur die are!!

duineboer ·

Ja ons praat net. Verder staan ons nie saam nie. Dit is ons eie skuld dat os in hierdie gemors is. Mens gee nie so onvoorwaardelik oor soos ons voor 1994 gedoen het nie. Die ‘wereld’ sal toekyk hoe ons uitgemoor word.

Rudi ·

Hulle het n properganda ,ek dink ons kort ook een ,hulle hou dit stil maar voer dit op n manier uit dat ons agterkom wat aangan ,dieselfde moet ons aangaan ,ons kort een volksleier wat ons lei en nie n instansie nie ,n instansie is gekoppel aan wette en regulasies wat moet nagekom word . VF en Afriforum se uiwerigheid om ons as nasie te beskerm is alles goed en wel maar dit val op dowe ore en word ge-ignoreer ,ons moet self opstaan en doen wat gedoen moet word ,ek wil so graag se wat my hart en kop spreek maar ongelukkig kan ek nie maar ek glo in elk van ons se opregte boere hart weet ons wat moet gebeur ,ek stem saam Allie “God se geloof is niks sonder aksie” in bloedrivier het ons n verbond gesluit met onse God maar ons het eers geveg ,Van die begin se God vir ons Kom na my ,God kom nie na ons nie ,ons as mens en volk moet die eerste stap gee en maak nie saak wat nie God sal ons bystaan ,ons het n verbond met God ,en die wat die woord ken sal weet n verbond met God verval nooit ,Ons God stel nie teleur nie ,n belofte sal staan vir die en dit wat opreg is .

Peet J ·

Biddae, saamtrekke, saamstaan, bekommernis oor voedselsekerheid, werkloosheid e.d.m. sal nie die aanvalle of moorde op die boere en mense elimineer nie.
Voorkoming is beter as genesing bv. sigbaarheid van polisie, sekuriteitswagte en patrollering gedurende nagtelike ure, die meeste aanvalle en moorde vind plaas gedurende vroeë oggend ure.
Instansies wat betrokke is behoort met die tradisionele leiers in debat te tree omrede laasgenoemdes direkte toesig het oor hulle mense en sodoende inligting kan inwin en behulpsaam kan wees om voorkoming te bewerkstellig.

Ou Afrikaner Vlakvark ·

Vergeet die argument van boere en volhoubare kosvoorsiening. Kos kan ingevoer word.
Die dae van ‘n voorsprong op die vyand te hê met vuurwapens en die perd en die laer van ossewaens is verby. Lees op oor die tegnieke van persepsie-oorlogvoering en terrorisme-oorlogvoering. In Suid-Afrika gaan dit om die stryd om mag en hulpbronne vir die ongebreidelde bevolkingsgroei. En moet nooit jou vyand onderskat nie – geen grondwet gaan jou beskerm nie
Agile strategiese beplanning is nou die sleutel tot sukses.

Johannes Meintjes ·

Kan ons almal deur ons wedywerende en wedersyds-verwerpende kultuurorganisasies, instansies, institusies, kerkgenootskappe, burgerregte organisasies, blanke politiek, landbou-unies, GPF, Buurtwagte en Plaaswagte begins saamwerk asb!?

Hennelie Rust ·

Ja feitlik elke gesin en of familie is al getraumatiseer,nogal waar dit die seerste maak.Dit is die taktiek.Ons word die statistiek,wanneer die hulp opdaag, is mense dood of beseer tot kritiek.So jy het in sommige gevalle as jy gelukkig is net ‘n split van 3 sekondes,om eiendom en lewe te beskerm.So besluit wat ek probeer sê.Punt 2.Maak jou kluis weg,daar is maniere vir die alternatief.Ons wapens, bewapen hulle, om die volgende boere aan te val.Hoeveel boere handwapens ,is nou ingetrek asgv. moorde…..Daar is weer amnestie tyd vir inhandiging vanaf 1 April vir onwettige wapens,jou wettige wapens deur polisie terug gekry van moordenaars,gaan jy nooit weer terugkry nie,want dit sal onmoontlik gemaak word vir jou,(weer manier van ontwapening) Onthou asseblief dus punt 2. Om lewens te kom vat,sonder vergoeding,is ook oorlog want in oorlog neem jy lewens!

Liezl ·

MENSE, kom ons hou op met kommentaar lewer en wees stil. Kom ons luister miskien na wat ons Vader vir ons wil sê. 2 Peter 2:9 “but you are a CHOSEN people, a ROYAL Priesthood, a Holy NATION, a people belonging to the LORD”. KOM ONS SPREEK LEWE LEWE LEWE EN NOGMAALS LEWE. Elke negatiewe woord het ‘n invloed en maak die vyand net nog sterker. Kom ons trek die wapenuitrusting van ons Vader aan. Bid dit elke oggend. I put on the helmet of salvation I put on the breastplate of Rightousness I put on the belt of truth, hold the sword of the spirit in my one hand and the shield of faith in my other hand and I shot my feet with the gospel of peace

René ·

Die heel eerste stap is om die ou lands vlag agter te laat, want oral waar mens kyk op social media is daar ‘n ou lands vlag met die woorde: “Stop Plaas Moorde.”

Dit stig verdeeltheid.

Daar is nie meer plek in ons land vir enigiets wat die apartheid regering aan ons gegee het of enigiets wat dit represent nie. Ons moet unite as ‘n nasie onder een vlag, as ‘n eenheid, een nasie – Psalms 133

Om vas te klou aan die verlede gaan ons nerens bring nie, dit verhinder ons egter om die toekoms te ontvang – Filippense 3:14.

As Christene is dit ook ons plig om op te hou murmureer, ook om “murmureerders” stil te maak en vir hulle hoop te gee eerder as om saam te praat

– soos Josua en Kaleb –

En eerder te begin bid tot ons God en op Hom te vertrou. Andersins mag ons dalk nog 40 jaar deur die woestyn trek of dalk Nooit die beloofde land sien nie.

2 Kronieke 7:14 – en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ek uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.

Vergifnes maak vry, maar Bitterheid maak dood.

Oom Rossouw ·

Mense asb vergeet van hierdie kommentaar. Dit is woorde wat ons nerens gaan bring nie. Wat nou in SA gebeur is niks in vergelyking wat gaan kom nie. Lees ASB vir Siener. Ek vra mooi asb? ASB?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.