Plaasaanvalle: ‘Bury them alive’-uitlating ontstig

Argieffoto

Argieffoto

Die vakbond Solidariteit het Woensdag gesê indien die ANC werklik ernstig is oor rassisme, hy in eie geledere sal moet optree, nadat Duduzile Manana, ʼn ANC-LP, glo Dinsdag in die nasionale vergadering “Bury them alive!” geskree het tydens die debat oor plaasmoorde.

Volgens dr. Eugene Brink, politieke ontleder verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut, is hierdie soort uitlatings tekenend van die anti-wit rassisme wat ʼn vastrapplek in die ANC gekry het. “Hoe meer bedreig die ANC voel en hoe meer hulle andersins misluk, hoe feller raak hierdie soort rasseretoriek,” het Brink gesê.

Volgens Brink verlaag Manana se uitlating moorde op boere tot ʼn laer status as dié van moorde op ander Suid-Afrikaners en hits sy dit selfs aan. “Deur haar uitlatings gee sy toe dat boere se lewens niks werd is nie en dat hulle nie die grondwetlik gewaarborgde reg op lewe het nie,” het Brink verduidelik.

“Uitlatings soos dit en dié van ander politici, soos Julius Malema, hits geweld aan spesifiek teenoor wit mense en dra niks by tot ʼn oplossing nie. Dit is die soort retoriek wat in die aanloop tot die volksmoord in Rwanda gebruik is, toe Hutu-hooggeplaastes dit jeens die Tutsi-minderheid gebruik het. Dit het gou algemener en aanvaarbaar geword, totdat dit op een van die ergste volksmoorde ooit uitgeloop het, toe sowat 800 000 mense in drie maande vermoor is.”

Volgens Brink sal uitlatings soos hierdie in feitlik geen ander parlement geuiter word nie, veral nie deur mense wat aan die regerende party behoort nie. Brink het voorts gewaarsku hierdie aanhitsing van moorde op boere word as volmag beskou wat toestemming verleen om moord op wit mense in die algemeen te pleeg. “Sulke uitsprake syfer deur tot by gewone mense wat al hoe meer in die vorm van geweldsaanhitsing op sosiale media gesien kan word,” het Brink gewaarsku.

“Ons vermaan dus die regerende party om streng teen Manana op te tree en hulle in die openbaar van haar uitlatings te distansieer,” het Brink gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Doep ·

Ek daag Manana uit om sy graaf te bring en my lewend te kom begrawe.

Hoe nou? ·

In die laaste paragraaf is sy ‘n hy, hoe nou? Ek wonder wie se kos verorber sy/hy? Seker nie die wit boer s’n?

Janie Monsieur ·

Dagsê Hoe nou?

Dankie vir jou kommentaar. Jammer, daar was sowaar ‘n fout, en die laaste ‘sy’ moet ‘n ‘haar’ wees. Die inligting was verkeerdelik aan Maroela Media deurgegee. Dankie dat jy ons daarop gewys het! Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Penellope Jones ·

Nogal ‘n LP wat sulke goed in die Parlement skree.
Mensig.

Christa ·

I rest my case!!! Almal vra hoekom hierdie wrede moorde so hand uit ruk!!! Die opdrag word in die Parlement gegee!!!

WL ·

Niks gaan gebeur nie. Wat het hulle aan Esethu Hasane gedoen? Hulle bly net stil totdat die media storm oor is, wag vir een van hul ander idioot lede om omstrede kommentaar te maak, dan weet hulle dis vergete.

humor ·

Uit die mond van n dwaas waarmee die hele regerende anc gekenmerk word. Die debat van gister se voordeel is dat daar geen ruimte vir spekulering meer bestaan nie. Nou het die ganse land en selfs die buiteland daaroor n klaarheid.

Sonica ·

Verseker ja die witmense word aangevat en die swartmense kom weg met als ongelooflik

Fritz ·

Mr P ek stem met jou 100% saam. Die parlement insluitend die wat ons voor gestem het probeer se dis nie rasse verwant nie. Dis bs. Hierdie is n totale aanslag op witboere. Laat ons nou nie vir mekaar lieg nie. Hie kom groot dinge en ons sal moet saamstaan en maar die petrone herlaai. Nice guy nie meer nie

lilla B ·

Dit is nie net die boere wat hulself moet beveilig nie, ALLE blankes se lewens is in gevaar oral in hierdie land. Ons moet almal uiters waaksaam wees, dag en nag en ook vir mekaar help uitkyk. As jou buurman roekeloos is, praat met hom, trek toe julle gordyne snags, mense sit onder andere met grootskerm TV’s aan met oop gordyne waar ons patrollie ry snags en hul huise word gemerk deur die donker sluipers. Loop om jou huis en kyk waar is die swak punte. maak ‘n plan voordat jy volgende is. Dalk is dit tyd vir meer kwaliteit familie tyd en bly saans tuis en maak dit moeiliker vir die boef om jou onkant te vang.

Friesperd ·

Daar sal nooit teen hom opgetree word nie want sy kaders stem saam. Hulle is te slap… om iets te doen maar as die skoen aan die ander voet is word daar spoedig opgetree en mense verloor hulle werk en optogte word gehou by die hof. Hoe lank moet die RASISME nog verduur word.

pieterdp ·

En Solarieteid sit met al dier regslei. Hoekom die saak nie na die Konstusinele hof toe vat nie. Dit was n oopenlike bevel aan die ANC en EFF kardes om moort te gaan pleeg.

Nic ·

Nee pieterdp, hy doen ñ beroep om die boere lewend te begrawe- dis seker erger as moord?

Christa ·

Het Maroela of van die radiostasies of etv ‘n video of klankbaan van die voorval? Indien wel, plaas dit op die internet en stuur dit aan CNN en SKY NEWS!! Dan sal die wereld se oe oopgaan!!

Daniel ·

Nou wat word daaromtrent gedoen? as dit ‘n blanke was, was die hel los

sniper ·

Kan die man aangekla word of gaan dit net daar gelaat word? Wat is die plan van aksie? Gerrie Nel? Soli en Agri?

Charles Rossouw ·

Dis erger om ‘n rassis te wees as ‘n plaasmoordenaar. Ek sing lankal nie meer die volkslied, of voel enigsins trots op SA. Hul was terroriste geklassifiseer wat het almal verwag toe hul aan bewind kom.

Marie Salzwedel ·

Charles Rossouw. Niemand kon dit beter gestel het nie!!!

Marie Salzwedel ·

Charles Rossouw. Niemand kon dit beter gestel het nie!!!

Fritz ·

Charles wat hulle voor smeek is n oorlog tussen wit en swart. Die vraag wat gevra moet word is is dit nog die moeite werd om vir die land te baklei of moet ons oorsee. Ons wittes moet of saam staan of oorsee.

AL ·

Dis juis wat hul wil hê, dat ons stert tussen die land moet verlaat!
Nie almal kan bekostig om te hervestig nie.
Die Here het die laaste sê, ek maak eerder op Hom staat. Met Hom kan ons n Dawid teen n Goliat wees.
Geen plek op aarde is veilig nie.

Esmay ·

Charles. Is heeltemal waar. Ek het ook lankal opgehou met als. Kan net nie verstaan dat n man soos fw de klerk en sy gevolg dit nie kon raaksien!!!!

FM ·

Die optrede van die anc persoon onderstreep maar net wat die meeste van ons dink. Ek sal graag wil hoor wat sê die aanhitser se kollegas. Ek glo daar is n paar regdenkendes in die anc wat sal optree teen die aanhitser. Ek sal graag wil sien dat die aanhitser in die parlement voor stok gekry moet word. Dan moet ons net kyk hoe reageer die aanhitser en genote. Maroelalesers sal graag wil sien hoe LYK die opsweper se gesig. Kom Solidariteit, moet nie stilswye handhaaf nie. Looi die opsweper!!!!

Jaco ·

Al wat ek sien in die parlement toesprake en die uitlatings van die regerende party se LP’s is ‘n onophoudelike spel van (He said She said) verder gebeur daar niks. Dieselfde geld vir meeste van die mense daar. Nêrens word besluite geneem nie. Wit, swart almal in die parlement klink soos kindertjies terwyl meer boere dood gemaak word as wat hulle Your Honourable Member sê

Chris Ws ·

Laat hulle gerus probeer om ons lewendig te begrawe.Daar wag ‘n groot verrassing op diegene dit kan ek hulle waarborg.

Net-'n-dorpsjapie ·

Jy weet Chris, ek sou graag met jou wu saamstem, maar dit blyk dat daar ‘n gebrek is aan verntwoordingsin onder die Afrikaners. Boere word afgemaai op hulle plase, bewus van die gevaar, maar vergeefs beveilig hulle hulself?! Gaan kyk gerus… ons boere het nie diefwering nie… hulle sluit nie hulle deure nie… daar is geen vroeë waarskuwingstoestelle nie… so, wie word verras? Op die ou end is dit elke persoon (en sy gesin) sy EIE verantwoordelikheid om hulself te beveilig. Maak seker jy is wakker VOOR hy in jou huis kom… daar is min te doen as jy wakker word en jou ongenooide gas staan langs jou bed met sy koue loop teen jou kop!

Awie Nel ·

Wie gaan die vraag beantwoord “wat word daaraan gedoen”? Gaan Afriforum se regslei aksie neem of net media berigte plaas, of is ons hande so sleg afgebind dat niemand niks kan doen nie? Ons gaan sekerlik nie met poppe op stokke voor die parlament dans nie???

dirk ·

interessant om op FB te lees hoe Manana spog met die “2nd World Skills South Africa (WSSA) National Competitions” terwyl nie een wenner van sy groeppering is nie. sy narsissisme en sy volgelinge se adolasie is daar vir almal om te sien . jy kan nie glo wat jy sien en lees nie. Dis nou die persoon wat sê ‘begrawe hulle lewendig”

Werner ·

Kla hom aan vir haatspraak, asb Agri! Dit kan nie netso verby gaan nie. Dit skep verseker n groenlig.

STAAN BY ·

ek herhaal weer, 6 april wil hul grondvat, riebeeckdag, kom ons daag op in ons duisende as ons hoor van ‘n grondgryp in ons distrik, binne die wet, op ‘n afstand hou ons die wetstoepassers dop en kyk of doen hul hul werk, daai dag kyk jy om jou of is jou buurman daar, as hy nie daar is nie moet hy nie roep om hulp as dit sy beurt is nie, die geskiedenis het ons mooi geleer van joiners. almal vra mos wanneer doen ons iets , nou toe STAAN BY daai dag. ons toets die reaksie, sal graag wil sien wat word gedoen en gesê in die nuus na so dag.

Louwrens ·

Waar kan ons ook meer inligting oor die 6 April grondgryp dreigement kry?

Pottie ·

Gaan die vakbond Solidariteit iets hieromtrent doen? Of gaan julle maar net weer hoop dat hy verskoning sal vra. Dit gaan nie gebeur nie.

Adam ·

Dit is nie nodig om ons te veel te steur aan ‘n sotlike uitroep van ‘n irrelevante politikus nie. Dit is in alle waarskynlikheid sy enigste “toespraak” in die parlement. Ons grootste probleem is gesetel in ‘n president wat geen respek vir ons land se Grondwet of wetgewing het nie. Hoe op aarde kan die subjekte wet en orde respekteer as die eerste burger in sy lagbuie stik as hy gekonfronteer word met sy wettelose optrede. SA is deel van Afrika en vrotsige regerings is ons voorland. Kyk net na die opposisie-partye- wat ‘n hopelose spul!

John ·

Miskien moet die geagte Ingelse kwasi-dominee sekuriteitsmaatreels tref vir sy Afrikaanse aanhangers. So spul boere bymekaar…

Willie ·

Ekskuus, ek het jou nou verloor. Wie is die “Ingelse kwasi-dominee”.

Jannie ·

Hierdie berig is te vaag. Ek sal graag wil weet in watter konteks die woorde ge-uiter is m.a.w in reaksie op wat ‘n spreker gese het? Ek kan nie glo dat een van die opposisiepartye (ingesluit die VF+) nie beswaar sou gemaak het nie. Wat het eintlik gebeur?

Esmay ·

JB jy het dit so mooi en reg gestel.
Mens kry deesdae net trane en n knop in jou keel oor als. Die onsekerheid vreet aan n mens. Ek bly ook op n plot. Slaap onrustig, probeer heeltyd hoor hoekom hond so stil is, verwag heeltyd die ergste. Maar al wat ek weet is God slaap nie.

vierkleur ·

J.B, ek verstaan jou frestrasies. Ons mense word steselmatig uitgewis, gemartel en in plakkerskampe of sal ek se konsentrasiekampe gegooi om dood te gaan.

Hierdie is ons land my vriend, en ek sal nie hulle sin vir hulle gee om weg te gaan nie. Ek wil n beroep doen op my volk om weer voorbereiding te tref. Maak weer kos bymekaar, kry vir jou n wettige vuurwapen en maak vir jou brandstof bymekaar. Hier is groot dinge oppad.
Moenie hulp van die buiteland verwag nie, hulle het hulle eie probleme. Die terroriste wil ons dood he,en sal enigge iets doen sodat dit moet gebeur.
Hulle blaas die geweld teen ons aan, wees jy net reg om jouself en jou geliefdes te beskerm met als wat jy in jou het

Lou ·

En weereens hou ek by my standpunt. Die wereld weet presies wat in SA aan die gang is. Maar hulle sal nie ‘n vinger verroer om ons blanke minderheid te help nie, want dit sal nie polities korrek wees nie. Politieke korrektheid gaan die ondergang beteken van die westerse beskawing soos ons dit ken……

Charmaine Coetzee ·

Dit is vir my met n groot hartseer dat dit so moet gaan in Suid-Afrika boere word links en regs afgemaai wat van vroegdag tot laat aand mort seoeg en sweet sodat elke ierderlike mens kos op die tafel he mag ons HEMELSE VADER elke boer in hierdie land behoed en bewaar teen elke aanslag wat hulle in die oe staar xx

Christa ·

Al probleem is: Ons Afrikanervolk is so ‘n mengelmoes: Nederlanders, Franse, Engelse, Portugeuse, Italianers, Spanjaarde . . . noem hulle op!!! Van Riebeeck was maar net die BEGIN!!

Jannie ·

So as twee wit ouens ‘n video maak oor ‘n swart man wat redelik dof is word hulle gekruisig, daar teen hulle betoog, en aangekla.
En as ‘n swart ANC regerings amptenaar sulke uitlating in die parlement nogal maak dan gebeur daar niks?!
WAAR is die aanklagte en hofsake? Waar is die betogings. Kom manne, dit raak mos nou tyd om die hele lad tot stilstand te bring met al wat ‘n plaasbakkie en trekker is?

Coenraad ·

Geen mens kan ons help nie, net GOD kan en sal dit doen. Vra eerder vir GOD hulp en ek waarborg jou dit sal kom.

tamboti ·

Nou Coenraad, wil jy nou impliseer dat almal wat al vermoor of aangeval is, nie vir God hulp gevra het nie?
As jy dit kan waarborg, doen jy dit dan self en vra God om ons volk te kom red!

Robert ·

Miskien maar tyd vir die boere om op te hou om kos te produseer. Hulle sterk in elk geval net die hand wat hul moor. Kry blankes op die plase om te werk en verkoop net aan die blankes.

Phillip ·

Ek dink nie die Boere lees comment blaaie nie. Daar moet ‘n ander manier wees om met Boere self te kan kommunikeer. Dis tyd. Sit neer die vurke, bere die trekkers. Maak net kos vir jul eie mense. Stop produksie en bring so die regering tot op sy knieë. Stads mense hou julle taks terug. SARS bied ons geen diens as om ons te beroof nie.

Manna ·

Laat ‘n witman nou so iets sê, dan is die hel los. Dubbele standarde

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.