Plaasaanvalle: DA kap polisie oor statistiek

Argieffoto

Argieffoto

Die DA het sy kommer uitgespreek oor die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se verbintenis tot landelike veiligheid ná hul “onvermoë” om Woensdag tydens die Polisie Portefeuljekomiteevergadering in die parlement rekenskap te kon gee van statistiek oor plaasaanvalle.

Annette Steyn, DA-woordvoerder oor landbou, het Donderdag in ʼn verklaring gesê alhoewel die SAPD beweer dat ernstige landelike misdaad met 41% van 2011/12 tot 2013/14 afgeneem het, was hulle nie in staat om verantwoording te doen vir werklike plaasmoorde en -aanvalle nie, aangesien die polisie se statistiek vir landelike misdaad nie meer in spesifieke kategorieë uiteengesit word nie.

“Volgens ʼn onlangse verslag van die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) wil dit voorkom of plaasaanvalle en -moorde, as ʼn kategorie van landelike misdaad, in werklikheid besig is om te styg,” het Steyn gesê.

Die verslag haal statistiek aan van TLU-SA, wat rekord hou van plaasmoorde en -aanvalle sedert die polisie dit gestaak het, wat ʼn styging aandui. Die statistiek wys dat daar in 2013 altesaam 62 moorde en 231 aanvalle was. In 2014 was daar 67 moorde en 278 aanvalle. Teen die tyd wat die verslag ingedien is, was daar in 2015 reeds nege moorde en 23 aanvalle.

Volgens die ISS kan die TLU-SA se syfers moontlik die aantal plaasaanvalle onderverteenwoordig aangesien die organisasie nie dieselfde hulpbronne as die polisie het nie.

“Die SAPD het ʼn paar jaar gelede aanvalle op boere en plaaswerkers van hul jaarverslae verwyder, en ten spyte van instruksies van die portefeuljekomitee weier hulle om dit weer te noem,” het Steyn verduidelik. “Die DA het weer hierdie kwessie in die vergadering aangespreek net om van Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, te verneem dat sy geen kennis van vorige instruksies dra nie.”

Die DA het versoek dat die betrokke notule van die portefeuljekomiteevergadering aan Phiyega gestuur word sodat sy nie kan aanspraak maak dat sy oningelig was van die komitee se instruksies dat plaasaanvalsyfers weer in die jaarverslae aangedui moet word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Wilma Venter ·

Hoekom word plaasmoorde, plaas aanvalle en moorde en aanvalle SPESIFIEK op ons Blanke Volk as niksseggend/onbelangrik bestempel? Wie sorg vir mielies, graan, hawer, druiwe, uitvoer-vrugte e ek kan aangaan…die lys is baie lank. As ons Blanke boere uitgemoor, ons blanke vroue en kinders verkrag en aangerand word gaan ons ‘n tweede Zim word waar vooruitstrewende boerderye absoluit TEN GRONDE gaan, en ons PRAGTIGE Land Suid-Afrika niks meer as ‘n DIKTATORSKAP REGERENDE LAND wees nie. Wat i jammerte!!!!

Vic ·

Die rede hoekom dit as onbelagrik beskou word, is omdat hulle nie omgee nie. Nie ooe die kos nie en nie oor die moorde nie. Die moorde us ge- orkestreer – dit is nie per toeval nie. Zuma het gese ” kill the Boer” . Dit is wat hulle doen.

Hannes ·

Stem saam. Die moordenaars word deur die regering beskerm, want hoekom word dieselfde misdadiger paar weke later by ‘n ander toneel weer in hegtenis geneem?
Nog iets wat ek oor wonder: Hoekom is die Kubane werklik hier? Hoekom is dit nou skielik nodig om vervalle militêre voertuie weer diensbaar te kry? Het die MK Kubaanse bevelvoerders nodig soos wat hulle Kubaanse Mic vegvlieëniers nodig gehad het?

CHRISTA ·

Die polisiekommissaris weet nie eers wat in haar department aangaan nie. Dink julle sy sal haar steur aan die plaasmoorde. Dis mos die ANC se “motto”: “KILL THE BOER, KILL THE FARMER”. Die ANC se ondersteuners voer net sy opdragte uit. Hulle kan maar ons land se naam verander na ZIMBABWE EXENTION.

Pierre Celliers ·

Ons weet mos nou al die land se president en sy gevolg, die polilsie en andere lieg so, hulle glo hulleself! Waarom sal mens hulle aanvat? Niks word daardeur bereik nie!
Aanvaar dat daar nie salf aan te smeer is, met ons land en die wat in beheer is nie, daar word net teen die prikkels geskop! Gebed,is al wat vir ons oorbly!

Vic ·

Pierre, ek glo ook aan gebed. Maar dit sal ons nie red nie. Die Voortrekkers en Boere het ook daarin geglo. Maar hulle het geveg ook. Dis hoekom hulle oorleef het.

RK ·

Probeer die DA nou gat kruip by die Boere volk? Hulle het in die afgelope 20 jaar nog nooit omgegee oor die moorde op die blankes nie en ek twyfel sterk of hulle nou doen.

ladybug ·

Plaasmoorde is maar net nog ‘n manier van die ANC om van ons blankes stuk-stuk ontslae te raak, en dit op misdaad te blameer!

NIEMAND onder hierdie son sal die smart verstaan tot jy self geraak is deur die moord van ‘n geliefde nie, en gewoonlik is dit ons grootouers wat weerloos is, wat gemartel word tot die dood!
Na 32 jaar dink mens jy kan dit agter jou sit, tot jy weer hoor van ‘n plaasmoord, dan doem al die ou seer herinneringe weer op en jy’s presies terug waar jy was as kind toe jou oupa van 79 vermoor is vir ‘n skamele R45!

Mens vergeet net nooit!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Stig ‘n plaaswag en ek is een van die vrywillgers wat sal kom help!

HEVW ·

Ons moet dit tog teen die tyd besef die regering se houding t.o.v. plaasaanvalle – moord bevestig tog duideliker as woorde dat hul handel volgens n versteekte agenda. Hulle wat nog enige geloofwaardigheid aan die regering se vertoe heg handel teen hul beterwete en is te papbroekig om enigsins aan hul eie lot iets te doen. Kan die landbou -unies , boereverenigings nie leiding neem en selfs boere verplig om paraat te wees nie, want elke boer se “onverantwoordelike” dood is n misdaad teenoor die landbou en die volk. Soos ek die kommentare vertolk blyk die stedelinge meer bekommerd te wees oor hierdie saak.

Hannes ·

Dis duidelik dat die moordenaars deur die regering beskerm word, want hoekom word dieselfde moordenaars paar weke later weer by ander misdaadtonele gevang?
Nog iets waaroor ek wonder: Hoekom is die Kubane regtig hier? Het die MK dalk Kubaanse bevelvoerders nodig soos hulle destyds Kubaanse Mic vegvlieëniers nodig gehad het? Hoekom moet die Kubane nou skielik die vervalle millitêre voertuie diensbaar kry? Wat broei???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.