Plaasaanvalle: Deurbraak ná moord op egpaar  

Roger en Christine Solik.

Die KwaZulu-Natalse polisie het ʼn deurbraak gemaak in sy ondersoek na die dubbelmoord op Roger (66) en Christine (57) Solik. Die egpaar is in Februarie op ʼn plaas in KwaZulu-Natal aangeval, ontvoer en vermoor.

Kapt. Nqobile Gwala, provinsiale polisiewoordvoerder, het Saterdag gesê die deurbraak is Vrydagaand gemaak met die inhegtenisnemings van die hoofverdagte en nog twee verdagtes, onderskeidelik in Umlazi en die Impendle-omgewing.

“Beamptes van die Nottingham-polisie in samewerking met die taakspan van die honde-eenheid het inligting opgevolg wat hulle na Umlazi gelei het waar die hoofverdagte in hegtenis geneem is,” het Gwala gesê. “Verdere ondersoek het hulle na Impendle gelei waar nog twee verdagtes in hegtenis geneem is. Daar is twee ongelisensieerde vuurwapens en vermeende gesteelde eiendom in hul besit gevind.”

Volgens Gwala is een van die vuurwapens waarop die polisie beslag gelê het, vroeër as gesteel in Orlando aangemeld. Die vuurwapens sal vir ballistiese toeste gestuur word om vas te stel of dit in ander misdrywe gebruik is.

Die drie verdagtes, tussen 31 en 42 jaar oud, moet Maandag in die Howick-landdroshof verskyn. Altesaam vier verdagtes word nou van die moord, roof en ontvoering op die Solik-egpaar aangekla.

Maroela Media het vroeër berig die polisie is op 17 Februarie na die Solik-egpaar se huis in die Bend Country Estate op ʼn plaas in die Nottingham Road-omgewing ontbied. Daar is by die huis ingebreek en daar was bloedvlekke. Die Solik-egpaar was nêrens te vinde nie.

Christine se liggaam is later die dag ongeveer 70 km van die huis in die Impendle-rivier gevind met haar hande vasgebind. Roger, wat aan Parkinson se siekte gely het, se liggaam is op 20 Februarie gevind, sowat 2 km van die plek waar Christine se liggaam gevind is.

Die eerste verdagte, Thulani Moses Mthembu (43), is in Maart in verband met die voorval in hegtenis geneem. Hy het op 13 Maart in die hof verskyn, waarna die saak uitgestel is vir sy borgtogaansoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Skim ·

Janee moordenaars kry steeds borgtog maar die doodskis skrikmakers nie! Amazing hoe eensydig ons regstelsel geword het! Ek lig nie eers meer n eyebrow as hulle sê ‘n plaasmoordenaar is gevang nie! More sien die inwoners hulle weer in die dorp rondloop!

Ouma ·

Bring groot asseblief die doodstraf terug!!net soo ‘n paartjies! Dit sal hulle so lekker afskrik dat hulle ‘n paar keer eers baie baie goed sal nadink voordat hulle iemand anders se lewe in gevaarstel! Iets daadwerkliks sal gedoen moet word!!

oumie ·

Ouma daar word elke dag gevra bring die doodstraf terug en ek belowe jou nie in my of jou leeftyd nie so dit raak soort van afgesaag kom ons bid saam dat ons boere paraat is en skiet sodra hul voete op sy erf is klink dit nie na n beter opsie nie want die twee met die doodskis is die eerste wat gehang gaan word

Carel ·

Ouma dis meer realisties dat plase vir blankes uitgedeel word as wat die doodstraf terug sal kom. Ons sien elke dag dat hulle mekaar beskerm, hulle sal nooit iets doen om hul eie mense dood te maak nie.

FM ·

n Groot plus vir die SA polisie. Welgedaan vir jul goeie werk. Wens die slapgatte in die polisie kan by hulle leer.

Flibo ·

Ek weet ook nie wat daadwerklik gedoen kan word nie. Enige publike persoon wat iets wil doen gaan ook met sy agterent in die tronk sit. Ons moet maar net nog meer paraat word en niemand vertrou nie. Kyk na jouself en jou familie. Ek weet nie van ander oplossings nie. Ons mense is op ons self aangewese.

James ·

Ek gaan nou ‘n verskriklike ding kwytraak: As ek so kyk na die name, ouderdom en woonplek, wonder ek maar net of hierdie egpaar nie dalk 30 terug groot “Progs” was nie? Groot jubelsangers vir die Nuwe Suid Afrika nie? Groot aanhangers van Mandela nie? Dalk draers van UK paspoorte nie? Dis snaaks hoe die geskiedenis jou inhaal – as my hipotese korrek is. Ek wil deesdae WEET wat mense se sentimente was, 30 jaar terug, alvorens ek medelye betoon…

Cherokee ·

Daardie groot Progs’ waarvan jy praat. Jy besef natuurlik dat hope van hulle hier saam met jou kommentaar lewer en voorgee konserwatief te wees. Die Progs het net van naam verander en noem hulself nou DA. Ja, Helen Suzman se Progresiewe Party floreer steeds maar gemaskerd en onder die naam DA.

Cherokee ·

Ek is nogal heel nuuskierig James en ander, waarom daar geen reaksie is op wat ek hier gesê het nie. 3 Ure later en die stilte is oorverdowend.

Cherokee ·

Dit is waarom ek sy naam insluit by my navraag. Dit neig te klink asof dit wat ek hier sê hòm tot stilte geroep het. En geen soos in zero van die ander Progs lewer kommentaar nie.

Tersius ·

Jy is reg James.Soos die egpaar wat die immigrante gehelp het met verblyf – omtrent 100 van hulle toe daar aanvalle op hulle was.Nou wil die immugrante die plaas vir hulself he. Vir sulke mense voel ek nie jammer nie. Wou polities korrek wees wat jou net in ellende laat beland.Pure liberaliste.

fred ·

Polisie dink nog steeds hul los misdaad op deur iemand aan tekeer,midadigers moet gaan soek word,en vernietig word.net doodstraf sal ook help.

Johann ·

‘n Deurbraak is goed, maar vokomend sou uitstekend gewees het. HIERDIE TIEPE MISDAAD MOET STOP GESIT WORD

xxx ·

Paar kommentare is reg, mense wat “polities korrek” is wrd dikwels as swakelinge geteiken. Verder is dit jammer , goeie eerbare mense is hulle lewe ontneem en die misdadegirs word beloon met n lewe wat hulle nie vir hulself kon verdien nie.

Johann ·

XXX, hope van die misdadigers kan op hulle eie nie oorleef nie, nou moet die belastingbetalers vir die vloeke sorg

Kosie ·

Ek hoor daar is ‘n plekkie vir julle verkramptes beskikbaar op Robbeneiland. Julle wil mos op julle eie eilandjie bly. Ek gaan dit egter teenstaan, daar’s geen manier dat ek julle enige plek naby my wil he nie.

Cherokee ·

Jy, Maimane en Malema sal natuurlik met baniere in die strate gaan betoog. Ons voel vere vir julle, Koos.

Kosie ·

Die gevoel is wederkerig, die res van SA voel vere vir julle verkramptes en is regtig moeg vir julle ewigdurende gesanik. Dis julle wat nie inpas nie so vat jou goed en trek Ferreira., hoe gouer hoe beter.

Cherokee ·

Die res van SA sê jy. Natúúrlik besef ek dit! Die res van SA is Afrika buitendien. Donker Afrika. Ek is egter verbaas dat jy jou by die ANC skaar want die meeste gekleurdes (oftewel bruin mense as jy dit so verkies) is besig om weg te swaai vanaf die ANC. Jy skop vas.

Wynand ·

Arme ou Kosie het n identiteitskrisis. Hy weet nie waar hy hoort nie. Die hele wereld is besig om regs te draai.Net Kosie gaan op Robbin Eiland sit.Ek se jou wat Kosie verruil jou huis vir iemand in n plakkerskamp dan gaan jy mos goed inpas. Jy wil niks met witmense te doen he nie en die arme mense in die plakkerskamp benodig huise. Dan doen jy mos iets goeds as liberale.Wat dink jy van die plan?

Gerrit ·

Ai dit is maar net om te wys moor en jy kry byl al is jy nie n Burger nie. Kry jy Byl . Wat van die twee manne wat N Leier vang van koper diefstal wat hoelank gesoek word. Hulle Byl word geweier. Maar almal wat plaas moorde pleeg kry byl en niks gebeer met hulle nie. Maar iewers gaan iemand gatvol raak. Net ssoos die SPUR bollie

Leo ·

Jy is reg Gerrit.
Kosie nie eers Mandela se kleindogter wil meer aan die ANC behoort nie.Dit spreek boekdele sou ek se.

Andre ·

Breek weg uit die groef van Apartheidsdenke!

Die hele wêreld het verander agv tegnologie … pas aan of sterf uit!

Vind nuwe oplossings vir die uitdagings van die toekoms! Dink nuut!

Hoe gaan jy jouself bevry van ‘n onderdrukkende diktatoriale ANC regering?

Raak selfonderhoudend deur jou eie voedsel te produseer. (spaar belasting!)
Bevry jou van die monopolie op elektrisiteitsvoorsiening deur Eksdom. Kry sonkrag ensovoorts! (spaar belasting)
Bevry jou kinders van die minderwaardige onderwysstelsel en indoktrinasie van die ANC deur Tuisskoling. (spaar belasting)
Raak fiks en skud die vet af … los die drank en sigarette sodat jy jouself kan verdedig!
Neem jou eie mense in diens en dryf handel onder mekaar! (ruilhandel) (en spaar belasting)
Skep NOOD netwerke, Buurtwagte, Tuinbou Klubs ensovoorts.

NETWERK!!!

Maak ‘n paradigma skuif!

sus ·

Julle behoort julle te skaam. Hiers mense dood. Show some respect! Ek skaar my eerder by die talle ordentlike anderskleuriges as by julle.

Wynand ·

Andre jy is baie reg.Sus ons het medelye met die mense wat so brutaal gesterf het. Wie het hulle vermoor? Die sogenaamde rassiste of wie?Kosietjie gooi sommer jou stuiwer in die arm beurs.Wie moor die mense op die plase uit hierdie twee mense ingesluit.

Andre ·

Nuwe kennis, tegnologie en vaardighede maak regerings magTELOOS! Regerings verloor mag mag oor individue!

Mense wat VORENTOE dink gaan oorleef!

Dié wat knaend in die truspieël kyk (FW de Klerck en Wigte en Teenwigte) gaan “crash” ! SELF DESTRUCT!!! Omdat hulle denke gestagneer het.

Komaan jong! Breek weg!

DINK VOORUIT!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.