Plaasaanvalle: Fonds geskep om slagoffers te ondersteun

grond plaas boer trekker

Argieffoto (Pixabay)

AfriForum het Donderdag aangekondig dat die burgerregte-organisasie ʼn fonds op die been gebring het om geldelike hulp aan slagoffers van plaasaanvalle te bied.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het gesê afgesien van die ingrypende trauma en emosionele skade wat slagoffers van plaasaanvalle moet hanteer, hou hierdie aanvalle ook praktiese implikasies in.

“Mense besef nie altyd wat die uitwerking van ’n plaasaanval is op dié mense wat daardeur geraak word nie. Dit is nie net traumaties nie, maar steel ook inherente aspekte van plaasaanvalslagoffers se menswaardigheid. Talle slagoffers is reeds behoeftig en het dikwels geen ander heenkome as die plek waar hulle aangeval is nie – hulle kyk dus voortdurend vas teen die toneel waar hul donkerste nagmerrie plaasgevind het,” sê Cameron.

Volgens hom verskaf AfriForum se 911-trauma-eenheid nie net kos aan behoeftige slagoffers nie, maar help die eenheid ook met basiese mediese uitdagings, klere, hofbystand, die afneem van verklarings en, in sekere gevalle, die nodige sielkundige ondersteuning. AfriForum help ook in samewerking met Crime Scene Clean Up om seker te maak dat die huis waarin ’n plaasaanval plaasgevind het met die regte chemikalieë skoongemaak word.

“Ons moet alles in ons vermoë doen om seker te maak dat slagoffers se menswaardigheid behou word. Ons moet elke plaasaanvalslagoffer se storie onthou en vertel.”

Indien jy by die trauma-eenheid betrokke wil raak, stuur ’n e-pos na [email protected]. Vir inligting oor skenkings aan die fonds, besoek AfriForum se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Jakalas ·

Ek gooi net ‘n meaning hier, maar kan so fonds ook nie gestig word om ‘n nuwe kommando te stig wat net fokus op plaas veiligheid nie? Sekerlik as die polisie nie kan help nie, kan ons nie iets daaroor doen nie?

Gemaskerde Sopbeen ·

Seksie 184.2(b) van die konstitusie stel dit die MRK alles het wat nodig is om mense wie se regte geskend is by te staan met restitusie en kompensasie. Hoe help dit mense wat ‘n geliefde verloor het aan die hand van misdaad? Jy kan tog nie die vermoorde terug bring nie? Maar die tweede beste opsie is dit: Alle naasbestaandes van ‘n vermoorde persoon behoort in totaliteit kwytgeskeld te wees van enige vorm van belasting aan die staat, vir die res van hulle lewe, aangesien die staat hulle gefaal het in soverre dit die konstitusie betref…………waar die staat se EERSTE verpligting die beskerming en veiligheid van die burgers van SA is. As die staat jou faal, is hulle ook nie geregtig op jou hard verdiende inkomste nie………..of wat sê ek?

leser ·

“gemaskerde sopbeen,
ek stem saam met jou oor die belasting wat die persoon wat deur die staat gefaal is, nooit weer hoef te betaal nie
cr en chrounies is vinnig om en met afvaardigings na swart lede te gaan wat dood is en simpatiseer, waarom kan hulle nie ook wit mense besoek en simpatiseer nie, hulle praat van nasie bou, – kom ons staan saam – hulle trek eenrigting en wit trek die ander riging, goeie voorbeeld van nasie bou

Alida ·

Wonderlike inisiatief Afriforum. Ons is trots op julle. En vir die kommentators wat hierdie poging wil kritiseer, word ‘n lid, en dra by of bly stil.

Blokkie ·

Begin nou n fonds vir n privaat inteligensie diens met takke in warm gebiede om voorkomend optetree. Daar sal nie n tekort aan donasies wees vir proaktiewe stappe nie en mense sal weer saamwerk in hulle eie gemeenskappe as daar n struktuir is wat dit dryf.

Vra Net. ·

Hoekom implementeer Afriforum nie eerder n plaas buurtwag stesel in of n plaas sekuriteit stelsel met patrolliediens.

Weet amper soos die ou kommando, maar net met gekwalifiseerde sekuriteits wagte wat patrollies ry en dan kan van die manne wat wil saam op patrollies gaan.

Ek sou eerder daarvan hou om n geldjie te gee vir die voorkoming en self vermindering van plaas aanvalle.

Ek weet nie net maar my opinie en ja ek bly op n klein plaas en los my vrou en kinders allen vir aande aan een, so ek is siek van bekommernis.

Haibo ·

Dit is ‘n fantastiese idee. Onthou ‘n boer wat vermoor word was die broodwinner .. NIE alle boere is skatryk soos wat die EFF En ANC vir hulle volgers vertel nie. Nou sit die vrou alleen met die plaas (dit is as sy nie ook vermoor is nie). WAT word van die KINDERS? Hulle moet nog jare deur skool en universiteit gaan (want dit is nie net oumas en oupas wat vermoor word nie, maar ook pa’s en ma’s). Wie betaal om die kinders aan die gang te hou? Wat het van kinderhuise geword? IEMAND moet met iets vir die kinders sorg . dit is ‘n PUIK idee .. ek is seker hulle het planne in plek van HOE dit toegepas gaan word .. wat doen ‘n matriekmeisie wie se ouers vermoor word .. WAAR gaan bly sy – sy kan tog nie alleen op die plaas agterbly nie .. sy moet gaan studeer en in ‘n veilige plek gaan bly .. Ek ondersteun julle 100%. Ek verstaan wat julle van die KOMMANDO’s se, maar weet ook die ANC soek nie kommandos (met blankes) daarin nie, dit is ‘n vrees wat hulle altyd sal he, dat die witman teen hulle gaan opstaan, hulle gaan nie verstaan dat dit net ‘n veiligheidsmaatreel is om boere te beskerm nie!

Alida ·

Ek stem. Elke dorp behoort hulle eie “kommando” te stig om die plase, kleinhoewes en woongebiede te patroleer dag en nag. Dit skep werk vir baie mense en kan gedoen word deur Afriforum se inisiatief te ondersteun en finansiele bydraes te maak om salarisse te dek. As ons nie self iets doen nie sal niemand nie. Die “kommandolede” of wagte sal natuurlik baie streng keuring moet ondergaan alvorens hulle aangestel word. En let wel dit hoef nie nie net blankes te wees nie. Daar is baie ander kleuriges wat eerlik is en wil werk. Almal is nie boos en misdadig nie. Ons moet objektief wees.

Nettie ·

Mooi so, Afriforum!

Ons blanke mense moet ander blanke mense help, aangesien die staat en die swart ANC-regering nòg jota nóg tittel vir ons mense omgee. Leser, hierbo, is reg as hy/sy sê dat CR en sy cronies blitsvinnig op die toneel is om hul eie rasgenote te “troos” en by te staan na geweldadige insidente wat met die dood gepaardgaande is, maar as ‘n blanke boer en/of sy gesin vermoor word, is hul monde gesnoer.

Ek betaal met die grootste liefde en graagte my lidmaatskap in dié geval, maar vra ook dat Afriforum en Solidariteit daaraan dink om ‘n emigrasiefonds te stig vir diegene wat a.g.v. lewensbedreiding ‘n toekoms in ‘n ander land wil gaan soek, maar dit nie kan bekostig nie.

Ek sal lewenslank lid van Afriforum bly as ek op dié manier geholpe raak en ek is seker daar is baie ander wat saam met my in die ry sal staan.

AJ ·

Baie goeie inisiatief Afriforum!

Maar elke gemeenskap moet hulle EIE strukture en netwerke stig en ondersteun … almal kan nie slegs op Afriforum staatmaak nie. Hulle is reeds oorlaai!

Stig jou eie plaaswag, buurtwag, straatwag en organiseer lokaal
…. bou daarna streek netwerke en daarna nasionale netwerke.

Trek saam rondom bestaande Afrikaanse skole en kerke … koop die beskikbare eiendomme op in trusts en omskep dit in veiligheidswoonbuurte.

Ontwikkel veiligheidheidswoonbuurte volgens die kibboetsstelsel … wat die ruggraat gevorm het waaruit die vooruitstrewende Staat van Israel ontwikkel het.

Die beste hulp sit aan die einde van jou eie arms!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.