Plaasaanvalle-gesprek ‘lei tot aksie’

Argieffoto

Die VF Plus het Donderdag gesê sy gesprek met die leierskap van Gauteng oor misdaad en plaasmoorde het ʼn positiewe uitvloeisel gehad.

“Daadwerklike planne van die VF Plus om die probleme met gesamentlike optredes aan te pak, is in beginsel aanvaar en die onderneming is van regeringskant gegee dat dit so uitgevoer gaan word,” het die party in ʼn verklaring gesê.

Die VF Plus is verteenwoordig deur dr. Pieter Groenewald, leier van die party, en Philip van Staden, die VF Plus-LPW vir Gauteng. David Makhura, die premier van Gauteng, is vergesel deur Sizakele Emelda Nkosi-Malobane, die provinsie se LUR vir gemeenskapsveiligheid, asook ʼn senior polisiebestuurspan wat die adjunk- provinsiale kommissaris ingesluit het.

Die VF Plus het onder meer voorgestel dat die publiek betrek word by ʼn skakelkomitee tussen die gemeenskap, die premier se kantoor en die LUR om sodoende ʼn breë front teen misdaad te vorm.  Die LUR het hiertoe ingestem en bevestig dat dit deel van haar toekomstige misdaadbestrydingstrategie sal vorm.

“In nog ʼn belangrike stap het die premier saamgestem dat spesiale eenhede nodig is om landelike beveiliging doeltreffend toe te pas en dat spesiale aandag gegee moet word aan brandpunte soos Muldersdrift en Kameeldrift.”

Die premier het ook bevestig hy verstaan waarom die VF Plus groot klem op landelike beveiliging lê aangesien hy die belangrikheid van voedselsekerheid deeglik besef.

“Nkosi-Malobane het gevra dat die gesprek reeds in Januarie 2018 hervat word waar die VF Plus insette op die tafel sal plaas om uitvoering aan die voorstelle te gee om sodoende misdaad en plaasmoorde in die provinsie suksesvol te bekamp.”

Daar is ook ooreengekom dat al die betrokke partye wyd oorleg sal pleeg met die gemeenskap op grondvlak om hul insette oor die aangeleentheid te verkry.

“Vandag se vergadering was uiters positief. Ons almal het dit eens dat dinge nie kan aangaan soos wat tans die geval is nie en dat ons as leiers die verantwoordelikheid moet neem om werkbare planne op die tafel te plaas in belang van die publiek se veiligheid,” het Groenewald en Van Staden ná die gesprek gesê.

“Misdaad, en veral moord, is ʼn groot probleem en het ʼn uiters negatiewe uitwerking op almal se lewe. Dit is tyd vir ons as leiers, aan weerskante van die tafel, om daadwerklik op te tree.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Leahim ·

My opinie……maar ek kan rustig slaap in die aand ek stem vir die regte party

John ·

Niks maar niks gaan verbeter nie… Beloftes wat niks gaan oplewer nie.

Ekk ·

Hoekom so lank gewag voor daar nou eers begin met oplossings????

Sjo. ·

Want daar begin nou eers druk op gesit met wit massas wat begin opstaan en saam staan..alhoewel ek OK tweifel iets sal dadelik gedoen word en hoe effektief dit sal weed.
Maar hopelik n begin..iets moet gedoen word.

PJC ·

Ja John ek stem saam. Geen samesprekings gaan enigiets verandernie.

grenswag ·

Dis net praat en praat en niks doen nie, dis geen oplossing nie, daar word al vir 24 jaar gepraat oor ons veiligheid. Maak die grense toe, stuur alle immigrante en onwettiges terug na hulle lande toe, want hulle het lande van afkoms. Die weermag moet ophou in ander lande gaan myne oppas en ‘n slag ons eie gebiede beveilig. WAAR is die kastige regeringsoldate van 30000 NARYSEC wat hulle sedert 2009 opgelei het? Groenewald weet van hulle, hoekom word hulle nie gebruik waarvoor hulle opgelei is, of waar is hulle dan heen en wat was die nut van hulle om miljoene rande te spandeer terwyl misdaad eintlik ‘n groot inkomste is vir die regering.

Leahim ·

Vriende hou moed wie sou twee maande terug gesê het dat mugabe uit zimbabwe geskop gaan word wonderwerke gebeur wie sê twee maande van nou word al die useless polisie gepos en nuwe polisie departement in elke dorp en stad gestig wat weet wat hulle doen en die misdaad vasvat iemand moet net die saadjie plant vir die sogenaamde leiers.

Cornelia ·

Dankie aan dr.Pieter Groenewald en mnr. Philip van Staden vir hul volgehoue insette en stryd om die gewete van die owerheid aan te spreek rondom plaas eienaars as ‘n teiken vir terreur. Hulle optree en intree vir die boere gemeenskap op hul eiendomsplase en hul belange tot voordeel van die hele land, word dankbaar ontvang. Die loon sal nie beskaam nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.