Plaasaanvalle: Landelike inwoners nou meer paraat

(Argieffoto: SAPD)

Daar was wél ʼn styging in die aantal plaasaanvalle wat sedert verlede jaar aangemeld is, maar AfriForum sê daar is besliste aanduidings dat potensiële slagoffers beter voorbereid hierop reageer.

Die burgerregtegroep het pas sy jongste syfers oor plaasaanvalle- en moorde bekend gemaak.

Van 1 Januarie tot 7 November vanjaar is 376 plaasaanvalle aangeteken en 37 moorde. Die syfer vir die vorige jaar was 366 aanvalle en 47 moorde, het Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, gesê.

In Gauteng is 119 (2018: 99) aanvalle, in Noordwes 59 (2018: 58) aanvalle en in Limpopo 44 (2018: 50) aanvalle tot dusver vanjaar aangemeld.

(Argieffoto)

“Daar is ʼn besliste neiging dat aanvalle nie meer so lank duur as vantevore nie. Ons sien minder voorvalle waar mense gemartel word en daarmee saam sien ons dat mense begin terugbaklei,” het Cameron gesê.

Plaasaanvalle is dikwels wreed, is gewoonlik goed beplan en kan ʼn geruime tyd duur, maar daar is deesdae toenemend voorvalle waar aanvallers gewond, doodgeskiet of in hegtenis geneem word tydens ʼn aanval.

“Mense in landelike gebiede begin tande wys, hulle verdedig hulself en potensiële slagoffers is moontlik meer kundig oor hoe om op te tree,” het hy gesê.

AfriForum het in dié stadium nagenoeg 9 900 mense wat by sy strukture geregistreer is en opleiding ontvang het. Dit wissel van spesialisopleiding tot noodhulp, hoe om ʼn misdaadtoneel te beveilig en hoe om hulp aan slagoffers te verleen.

(Argieffoto: Reint Dykema)

Daar is ook net-net minder as 150 plaaswagte wat deel van die organisasie vorm.

Cameron het gesê strukture soos dié help baie om landelike veiligheid ʼn hupstoot te gee.

Hy het gesê hoewel die regering en polisie se topbestuur hulle nie juis uitlaat oor die erns van die kwessie nie, is daar duisende polisielede op grondvlak wat met baie min hulpbronne steeds uitstekende werk in landelike gebiede doen.

AfriForum sal vroeg volgende jaar ʼn meer indiepte-ontleding oor die syfer bekend maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Andrea ·

As daai plaaswagte net meer kan word en soos die ou kommando’s kon optree, sou ons n reuse daling in aanvalle gesien het. Egter dankbaar dat daar wel vordering is

Hagar ·

Dit gaan maar sta a a a dig. Nie Afri Forum se skuld maar omdat dit by onse boere so stadig insypel om paraat te wees. Begin ons boere darem noual te verstaan dat jy nie jou wapens in die kluis moet bere nie en dat jy nie na buite moet gaan as daar onraad gemerk word nie en natuur geheel en al glad nie sonder n wapen nie.

AndrewL ·

Hagar, boere het nie almal voormanne nie maar werk self. Weet jy van stof, sand en vuil wees om werk te doen. Net soms, is ‘n wapen onprakties en totaal nutteloos.

KO ·

Hagar dit is baie duidelik dat jy uit onkunde praat en nie weet wat die huidige situasie in die land is nie.
Lekker slaap ou grote.

Nicholaas ·

Nee AndrewL, dit is GEEN verskoning nie!

Hoewel ek in die stad woon, is ek ‘n loodgieter van beroep. Ek is heeldag in dakke, slote en oral waar ek baie vuil word – ek glo baie vuiler as meeste boere. En BAIE natgesweet.

Ten spyte van dit is my vuurwapen 24/7 aan my sy.

Dit verg gereelde skoonmaak en onderhoud maar my veiligheid is my verantwoordelik. Ek en my gesin het ook intensiewe wapen en aanvals opleiding gedoen(Die Israeli opleiding aan die Oos Rand)

Soos die spreekwoord lui: You can have excuses or you can have gold. But not both.

Boer ·

Ek stem . Mens kan altyd jou vuurwapen by jou dra . Dis twak dat hard werk en stof dit nie toelaat nie . N pistool kan baie sleg omstandighede hanteer … dra jou vuurwapen en hou jou skerp methoe om optetree met jou vuurwapen

aj ·

Dis goed dat die plaasmense begin terugveg!!!

Doen so voort!

Soos die Israeli’s doen, behoort die SA plaas terroriste met hakkejag operasies, uitgeroei te word.

Die terroris SAAM met sy meelopers (saamvreters) behoort gstraf te word. Dán eers sal geen huis die terroriste wil akkommodeer nie ..
uit vrees dat hulle ‘gestraf’ sal word!

Soos Amerika ook doen het met die die Taliban en ISIS terroriste.

Jannie van Niekerk ·

Ja want hulle president ontken mos in die buiteland dat daar iets soos plaasmoorde is. Terwyl daar hier by ons die afgelope 12 maande VYF onskuldige mense in plaasaanvalle vermoor is.

schaun ·

Dit is hoog tyd dat hulle paraat raak,hulle was amper op die lys van bedreigde spesies.

m ·

Dis nogal kommerwekkend dat 10% van plaasaanvalle in moord opeindig!!!
Kan verstaan hoekom nie die regering of die polisie se top besteur hieroor wil praat nie, as dit algemene nuus in die buiteland word, kan ‘n mens dit genoside noem (getykende uitmoor van ‘n spesifieke deel van die populasie).

Hagar ·

Hierdie Hagar was gedurende die terroristeinsypeling op n plaas in namibie en het sekerlik meer deurgemaak as sommige boere in SA. Paraatheid was hoog preoriteit dag en nag.

EK WONDER ·

Met selfoon tegnologie wat so gevorderd is, wonder ek waarom kan daar nie n tipe van n paniek knoppie geskep kan word wat deur plaasbewoners gedra word. Sodra daar gevaar opgemerk word kan die persoon die knoppie druk en sms’e word gestuur aan bure en naasbestaandes met alle inligting van slagoffer. Hulp kan dan gebied word waar nodig.Glo dit kan so moeilik wees nie.

Phillip Groen ·

Aan “Ek Wonder”,

Daar bestaan reeds sulke stelsels, en waar dit in gebruik is en onderhou word werk dit uitstekend. Baie boeregemeenskappe het ook aktiewe veiligheidsgroepe wat ook goed ondersteun word.

Kopskoot ·

AndrewL en KO ek verstaan nie julle opmerkings nie. As jy op n plaas woon moet jy alles in jou vermoee doen om jouself te beskerm. Ek verstaan ook nie hoekom jou wapens in kluis is. Wat is die punt daarvan? Plaasaanvallers is wreed en gaan jou nie tyd gee om by wapen uit te kom. As jy wil lewe op n plaas moet jy seker besef die gevare alles doen om jouself en familie te beskerm. KO ou grote as ek jou kommentaar lees dink ek jy moet ook lekker slaap. Jy sê niks wat sense maak. En voor julle probeer slim wees “ja ek ken van plaaslewe”.

Razer Lazer ·

Met al die plaas aanvalle moet daar ‘n sindikaat agter als wees. Ja ek gaan myself seker self antwoord, want ons almal weet wie agter dit als sit. Maak my punt is, is daar nie al genoeg bewyse om die hoog kop agter als te vang?

Feite ·

Dit is goeie nuus dat boere se veiligheidsituasie verbeter. Dit is n feit dat nie alle plaasaanvalle polities georkestreer word om boere gemeenskappe te terroriseer en te intimideer sodat hulle weerstand teen OSV moet verkrummel nie. “In order to break the spirit of the farmer” behels baie meer politieke “dirty tricks” as bloot net plaasaanvalle, gepaardgaande met marteling en moord!

Swanna ·

Razer, jy het ‘n punt maar as die regering hierdie saak verder dryf skiet hulle hul self in die voet of hulle sal sloer met so ‘n ondersoek. Dit is hoekom daar niks gebeur nie. Hulle weet wie sit agter alles.

Petrus Heigers ·

Volgens my kennis is die besit van enige vuurwapen teen die wet. As ek die heer Cele se uitlatings reg verstaan

Attie. ·

Elkeen moet sy eie IK inspan oor hoe om sy gesin veilig te hou onder sy omstandighede. Hons alarms en vuurwapens is maar net drie instrumente is ‘n boer se hande. Daar is ook elektriese omheinings en motorhekke ipv gewone hekke. Meeste mense glo ‘n plaasroof sal nie met hulle gebeur nie. Word net betyds wakker, more is dit dalk te laat.

Piet ·

Dis lankal tyd , die wet se jy mag jou lewe beskerm , so doen dit !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.