Plaasaanvalle neem toe, sê AfriForum

Foto: Reint Dykema

Ondanks bewerings dat plaasaanvalle die laagste in 20 jaar is, wys AfriForum se geverifieerde statistiek dat daar oor die afgelope vier jaar ʼn toename was.

“Slegs in 2018 was daar al amper 200 aanvalle en ons is nog nie in die helfte van die jaar nie,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, in ʼn verklaring gesê. “Die huidige moordtendens dui ook aan dat ons meer mense gaan verloor op plase as oor die afgelope drie jaar as elke jaar afsonderlik gemeet word.

“Ons getalle wys duidelik dat daar ʼn toename is in plaasaanvalle dwarsdeur die land; om te sê dat dit laag is of selfs die laagste in twee dekades, is ʼn wanindruk wat by die publiek geskep word,” het hy bygevoeg.

Volgens georganiseerde landbou was daar in 2017 amper 54 meer plaasaanvalle as in 2016. AfriForum, die TLU SA en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se gekonsolideerde getalle wys ʼn definitiewe toename die afgelope vier jaar. “Dit is onwenslik om getalle slegs oor 20 jaar te vergelyk omdat dit verander weens die drastiese tendensverskille wat plaasvind wanneer politieke leierskap, polisiebestuur en algemene misdaadtendense verander,” het Cameron verduidelik.

Lorraine Claasen, misdaadanalis by die AfriForum Navorsingsinstituut (ANI), het gesê daar moet veral in ag geneem word dat die Suid-Afrikaanse publiek se fokus op plaasaanvalle oor die afgelope paar jaar toegeneem het. “Deur op staatsdepartemente druk toe te pas gedurende hierdie tydperk, is die rapporteringsproses van plaasaanvalle deur die SAPD opgeskerp en kan die syfers van die laaste vyf jaar gesien word as ʼn akkurate weerspieëling van dié tipes misdade.”

Sy voeg by dat die huidige situasie ten opsigte van gevalle wat gerapporteer word, aandag moet kry, aangesien die situasie en konteks in ons land oor die afgelope 20 jaar drasties verander het. “Daar moet eerder bewustelike pogings aangewend word om huidige syfers te gebruik wat tendense kan bepaal ten einde proaktief op te tree en plaasaanvalle sodoende te verminder.”

Die burgerregte-organisasie se gemeenskapsveiligheidspan het intussen die afgelope week ’n dag saam met die Engelbrecht-familie buite Fochville spandeer nadat twee lede van dié familie, Fanie (78) en Colleen (74), op 13 Mei vanjaar tydens ’n wrede plaasaanval vermoor is. ’n Duitse openbare TV-uitsaaier, Zweites Deutsches Fernsehen (ZDF), het AfriForum tydens die besoek vergesel waar daar met Jo-an en Sua Engelbrecht, die vermoorde egpaar se seun en skoondogter, gesels is sodat die uitsaaier die Engelbrechts se storie kan vertel.

Jo-an het sy ouers in hul huis op die plaas Welgevonden dood aangetref. Colleen is onder meer met ’n strykyster gebrand voordat sy verwurg en haar keel afgesny is.

“Ons moet seker maak dat elke slagoffer se storie vertel word en dat niemand slegs ’n statistiek word nie, ons mense se stories moet deur die wêreld gesien word,” het Cameron bygevoeg.

Hy meen die wêreld moet sien hoe die Suid-Afrikaanse regering herhaaldelik misluk om planne vir landelike veiligheid in werking te stel en dat gemeenskappe aan hul eie lot oorgelaat is wanneer dit by veiligheid kom. Dít volg slegs ’n week nadat Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, genoem het dat gru- en oordrewe stories oor Suid-Afrika in die buiteland versprei word, asook kort nadat Bheki Cele, minister van polisie, wéér versuim het om plaasmoorde tot prioriteitsmisdade te verklaar.

AfriForum en ANI sal aan die einde van Julie 2018 die 2017/2018-plaasaanvalleverslag bekendstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

humor ·

Stem elke plaasmoord, moord moet gefotografeer word en die volle werklikheid moet deur die internasionalemedia bekend gemaak word. Die minister sisulu moet gepos word. Sy openbaar beslis n gesidheid wat wreed en gevoelloos is.

DPJ ·

Volgens agriform wat daar ‘n daling in plaasaanvalle van 2001-200- na 2017-2018.

ASKIES? ·

Wie is AGRIFORUM? Daar is ‘n AFRIFORUM en ‘n AGRI SA .. van watter een praat jy? Verder as jy mooi geluister het was daar vanaf 2001 af ‘n afname . TOT EN MET TWEE JAAR GELEDE waarna daar weer ‘n TOENAME was .. FEITE!

Cherokee ·

Dit bly soort van onvanpas klink om van ‘n wrede plaasaanval of wrede moord te praat. Alle plaasaanvalle en alle moorde is immers wreed. Tog is dit so dat sommige wreder is as ander, soos byvoorbeeld die Engelbrecht geval. Dit is soos om na ‘n spesifieke moord te verwys en te sê dat dit onnodig was, terwyl alle moorde onnodig is. Eintlik is dit die boosaards wat onnodig is.

PJC ·

Dit is baie duidelik dat plaasaanvalle aan die toeneem is. Indien veiligheid op plase en kleinhoewes nie drasties verbeter nie ,sal plaasmoorde ook drasties toeneem. Plaasaanvallers raak al hoe meer gedetermineerd en geweldadig en al hoe beter bewapen dus sal veiligheid drasties meer aandag moet geniet.

Pieta ·

As Julius Malema stil raak moet mens bekommerd raak. Maak oop jul oe! En ore

Joshua ·

Dai Agri kerels wat se dat plaas aanvalle nie rassisties gemotiveerd is nie; is hulle ANC gatkruipers- Broederbonders?

Ag asseblief!! ·

Hoe op aarde kom iemand tot die gevolgtrekking dat plaasmoorde aan die afneem is??!! Stem saam met @Joshua… Enigiemand wat ‘n halwe brein het, kan sien dat dit toeneem, dit ook ten spyte van die feit dat dit probeer toegesmeer word as diefstal, ens. Hierdie is ‘n skreiende skande en kan ook ‘n “crime against humanity” genoem word!!!

Vegter ·

Bewapen julself en wees paraat dit gaan nie beter word nie en regering is nie van plan om te help nie

Oom Kalahari ·

Na Afriforum se suksesvolle besoek aan die buiteland is dit logies dat Mev L. Sisulu en B. Cele graag die werklike tendens onder die mat vee en afmaak as gewone huisroof gevalle. Mnr. Cele weet in hierdie stadium dat sou hul plaasaanvalle as prioriteits misdaad erken, dan is dit ‘n erkenning aan die buiteland wat die werklikhede is. Hierdie mense kom ‘n lang pad en het hul uitgewerkte strategiee van BRICKS lande ontvang. Almal is bewus en kan sien hoe die plaas/kleinhoewe aanvalle drasties toegeneem het en veral na die uitbasuin vlakke van Julius Malema wat die nodige aanhitsings doen. Baie van hierdie aanvalle is strategies beplan in sameweking van buitelanders wat al jare so betrokke was met hierdie tipes van optredes en verdrywings veldtogte. Afriforum, jul optredes om die bewyse voor te le is ‘n doring in baie se vlees en dankie vir jul goeie werk en ondersteuning.

Ignatius ·

Ek was vroeër hierdie maand in Duitsland en ek is deur talle Duitsers uitgevra oor die plaasmoord situasie. Die woord versprei darem. Hulle was baie simpatiek. Hoop maar iets kan kom van die Wêreld se simpatie. Ek hoop Afriforum kan daarin slaag om hierdie nuwe statistieke op ‘n internasionale platform te versprei na plekke soos die VSA en Australië en die Verenigde Nasies ens. Verder kan ons net bid vir ons land en ons mense.

Theresa ·

Baie waar. Dankie dat mense dit doen. Dankie Afriforum – hou moed en hou aan doen wat jul doen, asb.!

wreedaards ·

Vegter – jy is reg – dit staan so geskrywe in Siener se boeke. Ek weet wat om te verwag- dit gaan nie as verrassing kom nie.

Wessel ·

Agri SA versprei n vals indruk met hulle statistiek. Hou so aan Agriforum met julle inligting.

Eish ·

Genade maar jul is blitsvinnig op jul perdjie!
Doen moeite en lees die verslag van mnr. Visser van Agri SA. Dit sê baie duidelik dat plaasaanvalle n toename toon maar plaasmoorde n afname.

Eugene ·

Plaasaanvalle het inderdaad toegeneem. Ons moet ook nie uit die oog verloor dat daar laasjaar 47 plaasmoorde was en 19000 ander moorde! Elke moord bly nog egter een te veel!

Eugene ·

Die 47 plaasmoorde sluit die moorde van plaasarbeiders en hulle gesinne asook besoekers in. Afriforum en andere le baie eensydig klem op net plaasmoorde en verwys nie na die ander moorde van 52 per dag of 19000 vir laasjaar nie.

AG toe Eugene ·

Jy praat van eensydig .JA daar is baie moorde ORAL OOR SA, maar gaan vat spesifiek BOERE as ‘n groep mense .. tel hulle en dan kyk jy hoeveel van die groep is al aangeval .. DIT is waar die verskil inkom. Dit is tog logies dat bv 20 000 moorde op 40 miljoen mense nie dieselfde persentasie is as 4000 op 30 000 boere nie is dit? HOEKOM MAG die PLAASMOORDE nie uitgesonder word nie? Dit het SPESIFIEK toegeneem .. ALMAL gaan nou aan oor CASH IN TRANSIT HEISTS .. dit is dan ook eensydig dan nie? Want baie ander mense word ook in hulle karre aangeval en van kontant beroof .. Dit maak nie saak of dit EENSYDIG is of nie .. onskuldige mense EN HULLE BABAS of kindertjies van 3 of 4 jaar MOET NIE sterf en dan word dit afgemaak deur mense soos jy nie . Plaasmoorde spesifiek is BAIE WREED, ook teenoor die dogtertjies ..

Gerda ·

En terwyl almal stry oor wie se statistiek nou reg is, gaan die moorde maar net aan.
Almal moet maar net besef jy moet na jouself kyk. Bewapen en beveilig jouself. En dit maak ook nie saak of jy op ‘n plaas, kleinhoewe, dorp of in ‘n stad bly nie. Die misdaad in die hele land en op alle mense is buite beheer. Om plaasmoorde ‘n prioriteitsmisdaad te maak, gaan niks verander nie. Die polisie kry nie eers meer hulleself beskerm nie, hoe gaan hulle nou die boere beskerm? Terwyl die media die hele moddergooiery tussen Afriforum en die res entertain, is daar gister weer (gemiddeld) 52 mense vermoor.

Napoleon ·

Moordsyfers word gewoonlik in terme van aantal per 100,000 van die bevolking uitgedruk. SA is reeds van die hoogste in die wereld, met ongeveer 35 moorde per 100,000 van die bevolking, as ek reg onthou. Maar kyk ons na die aantal plaasmoorde en verwerk dit na n syfer per 100, 000,kom dit neer op 133 per 100,000 as daar net 40 moorde is, en ons veronderstel dat daar 30,000 boere is. Daar is nie eens n land in staat van oorlog in die wereld waar dit so erg gaan nie .

alida ·

Afriforum moet net AANHOU om dit in die buitland te versprei dan kyk ons hoe lyk die toerisme bedryf. Die grusame fotos moet onder die menseregtekommissie se neuse ingevryf word en vir CR en Sisulu gewys word voor hulle belaglike uitsprake van oordrewendheid maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.