Plaasaanvalle nou prioriteitsmisdaad

Argieffoto

Argieffoto

Die waarnemende polisiehoof se uitlatings tydens ʼn radio-onderhoud dat plaasaanvalle en –moorde geprioritiseer moet word, het verwarring veroorsaak oor die amptelikheid van die aankondiging.

Lt.genl. Kgomotso Phahlane, waarnemende nasionale polisiehoof, het Maandag in ʼn onderhoud op RSG se middagprogram, Spektrum, onder meer gepraat oor “wat die polisie vir die boeregemeenskap” wil doen. “Ons weet daar is plaasaanvalle en ek wil net sê ons gaan die plaasmoorde hierdie jaar prioritiseer. Ons wil meer van ons mense in daardie gebied hê sodat ons dit kan polisieer,” het Phahlane tydens die onderhoud, wat hy Afrikaans gedoen het, gesê.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat plaasaanvalle nou as ʼn prioriteitsmisdaad beskou word. “Lt.genl. Phahlane is tans [Donderdagoggend] in die parlement besig om sy besluit voor te lê. Hy sal ook daadwerklike planne bespreek om plaasaanvalle te beveg. Sodra hy klaar sy voorlegging aan die parlement gedoen het, sal ek meer inligting bekend kan maak,” het Mulaudzi gesê.

Die aankondiging kom na verskeie versoeke van landelike veiligheidsorganisasies en ander instansies dat plaasaanvalle en -moorde tot ʼn prioriteitsmisdaad verklaar moet word.

Intussen het die burgerregte-organisasie, AfriForum, Phahlane se aankondiging verwelkom. Ernst Roets, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê die organisasie dryf al jare lank ’n veldtog vir die prioritisering van plaasmoorde en het selfs by verskeie geleenthede die Verenigde Nasies daaroor genader.

“Die aankondiging is ’n reusestap in die regte rigting, maar die stryd is nie outomaties gewen nie,” het Roets gesê. “Die ware toets sal uiteindelik in die syfers lê. Ons glo egter ’n volhoubare strategie teen plaasmoorde kan nie werk tensy dit deur die polisie geprioritiseer word en die nodige hulpbronne daaraan toegewy word nie,” het Roets gesê.

AfriForum se bestuur sal Donderdagoggend met Senzeni Zokwana, minister van landbou, bosbou en visserye, vergader om plaasmoorde en moontlike stappe wat geneem kan word om dit te bekamp, te bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

D ·

ANC gaan beslis ni my stem kry ni. Lyk meer na ‘n paai aksie.

alida ·

Kom wees nou maar positief en glo dat iets gedoen sal word.

Berhalet Beukes ·

Soos Piet Retief vertrou het dat Ding aan by sy woord gaan hou? Ek hoor wat jy sê maar dis darem maar moeilik om in ons korrupte leiers te glo of hulle te vertrou.

Chris W ·

Ek wil dit SIEN dan glo ek dit.Die geskiedenis het my geleer jy kan GEEN swarte se woord vat nie en ek bedoel GEEN!Hulle draai terug op hulle woord net wanneer dit hul pas en steur hul niks en niemand nie.So laat ons SIEN wat en hoe doen hulle (anc) dit VOOR ons begin glo!

m ·

Seker beter as niks. Iewers het niemand begin besef hier is probleme, maar onthou dis nou ook weer lekker manier om stemme te werf sodat ons moet dink hulle gee om vir die wit boere. Sodra dit verby is dan worry niemand meer oor dit nie en ons word weer vertel die statistieke het gedaal. bla bla bla altyd dieselfde ou trick wat hulle mense mee wil vang.

Jaco ·

Hou maar duim vas dat wel iets positiefs uit die positiewe uitspraak kom.

ZAR ·

asseblief, ons almal ken die regering se strategie. Ek sal dit glo as ek weer sien die kommando’s
word weer terug gebring

Yahlegha ithlatinhi ·

ZAR ek stem 100% saam met jou. Voor die boere noe weer bewapen word nie vertrou ek dit nie. Ek dink die ANC is met slide of hand besig. Aan die een kant hammer hulle op rassisme en aan die enderkant is plaas moorde nou prioriteit…. iets fishy is aan die gang. Sien is glo, maar voel is wragtig

Ben ·

Ja D, Ooglopend ‘n paaiaksie baie beslis! Dit is stemtyd en beloftetyd alweer.

Berhalet Beukes ·

“Put your money where your mouth is…” Dan praat ons weer! Julle het tot op hede niks gedoen wat maak dit nou anders? Ek dink nie ons is so dom dat ons vir die paaiery val nie. WYS ons hoe julle dit doen!

Hannie ·

“sien is glo” kom ons hou duim vas! Ons boere is gelukkig nie onnosel nie, ons is wakker…………. hoop nie hierdie is lee beloftes nie.

Johann ·

Alles lieg stories, moenie dit vir een omblik gko nie. Polisie en plaas moordenaars werk saam

alida ·

Agriforum sal nie laat los nie. Hulle voer ‘n ding deur en dus moet ons nie bekommerd en/of negatief wees nie. Vertrou net.

Matmiet ·

Almal vra vir dit die heeltyd. Nou dat hulle reageer op dit, kommentaar die volk negatief op dit. Ons geloof is swak. Bid dat Jesus die poging sal versterk en vertrou Hom vir dit. Wees bly dat iets begin.

Danie Kok ·

Matmiet, God Drie-enig is uit die aanhef van ons land se grondwet uitgeskryf, die president is op rekord dat hy gesê het die hemel is jou nie beskore sonder ‘n ANC lidmaatskapkaart nie en die polisie het ‘n bewese swak geskiedenis van onwilligheid om plaasmoorde op te los. Glo jy regtig dat hierdie nuwe uitlating van Lt.genl. Phahlane eg is? Mooi woorde met geen dade beteken net mooi niks. In elk geval het die meerderheid blankes in 1992 met hul ja-stem hul vertroue in die bose geplaas en terselfdertyd hul rug op God gedraai – dis die harde realiteit. So vergewe die behoudendes van ons volk dat hulle regdeur hierdie bedrogspul sien.

Jan ·

Seker omdat daar n paar van hulle is wat hulle rieme styfloop teen wakker boere soos by die parys saak , hulle begin ook nou afgemaai te word want die boere vra nie meer vrae nie hulle beveilig hulself en hulle families en die poliese dink ek het in die binnekringe nie antwoorde oor hoekom hulle eie mense nou terug geskiet word en doodgemaak word nie. Ek persoonlik dink eerder hulle soek meer polisie in die plaasgebiede om eerder n transport middel vir rowers en plaasaanvallers te wees en om hulle te beskerm teem boere wat keelvol is vir die geweld .

Flip ·

Ek stem Alida!! Agriforum kort meer ondersteuning aan almal wat geraak word in die Suid Afrika

Liewe Heksie ·

Ons mense,
noem hulle Boere,
noem hulle Afrikaners,
noem hulle wat jy wil,
het ‘n baie ryk geskiedenis hier aan die Suidpunt van Afrika.
Die een goue draad wat deur ons geskiedenis loop,
die een element wat nog altyd teenwoordig was in al ons suksesse,
is die Genade van die Almagtige Skepper.
“Ons Vader in die Hemel,
Skepper van alle dinge,
ons staan as volk voor u,
stukkend en verward.
Vergewe ons ons foute en gryp U in,
U is beskikker oor alle dinge,
U beveel en dit geskied,
U is die Almagtige.
Neem U die leiding,
gee ons helderheid van verstand,
vul ons met die waarheid en wysheid uit U woord om te besef wat ons moet doen
en red ons van ons eie agendas.
Mag u wil geskied..
Amen”

Ons mense bloei,
ons mense word vermoor,
ons kultuur en ons taal word vernietig.
Dit wat aan ons toevertrou is, word vertrap. Kom ons draai na die Almagtige vir leiding.
Kom ons bid en kom ons glo…

chrisp ·

Dankie tog. Goeie nuus vir ‘n slag.
Voer dit net deur asb.

Karolis ·

Hierdie oukie het nie die outoriteit om so besluit te neem nie.
My vraag dan: is dit nie soos voorheen net ‘n beeldpoetser vir die anc nie?
Hier gaan mos eersdaags gestem word.

Lynette ·

Mense ons praat van AfriForum en nie Agriforum nie. Twee verskillende dinge.

Lisha ·

@Alida & Flip, Baie dankie. Afriforum werk hard vir ons mense in ons land, en sal aanhou baklei om ons mense in die land te kan beveilig. Afriforum het so lank en hard gewerk om dit reg te kry wat vandag gebeur het. Trotse Afriforum Lid en ondersteuner is ek… Vanoggend so goed gevoel toe ek in die kantoor instap en hierdie nuus ontvang, en boonop Solidariteit se saak wat hulle gewen het oor rassediskriminasie in ons land. Ek het groot hoop vir ons land, en glo aan ons mense…. Posetief sal ek aanhou bly. TROTS EN DANKBAAR!!!!!! DANKIE!!!

Sarie 2 ·

Mede Landgenote.
Met watter houding bid ons tot God? Wanneer ons bid & vra dat Hý ons boere moet beskerm teen die woestaards wat hulle in groepe aanval, om te moor, te martel, te verkrag & te besteel; glò ons werklik  dat Hý ons gebede sàl verhoor & in ons behoeftes sàl voorsien, of is dit maar ‘n geval van: “Mog dit trofffe”? 

Ons mag nòòit aan Sý vermoëns & beloftes twyfel nie… Wanneer ons in opregtheid & diepe afhanklikheid van Hòm iets vra, moet dit ‘n dankgebed insluit, want ons wèèt & glò, dat Hý weet wat ons nodig het, nog voordat ons daarvoor vra, & dat Hý rèèds besluit het, wàt die uitkoms gaan wees…

Dis bitter moeilik om enige stellings, uitsprake of beloftes van die “regering van die dag” te glo, maar God is niè ‘n mens, wat vir ons sal lieg nie & Hý het gesê: “Bid, en vir julle sàl gegee word!!!”

As ons enigsins twyfel, òf getwyfel het: “Kom, laat òns die saak uitmaak, sê die Here!!!”  AMEN…

Oom Kallie ·

Mense probeer ongelukkig om geloof as een of ander bonatuurlike gelukbringer aan te wend, terwyl die bybel tog duidelik verklaar dat ons vervolg en vermoor gaan word. Ons moet God onvoorwaardelik liefhê, al gaan dit sleg. Dit is perfekte liefde.

Sarie 2 ·

Ek het ‘n paar minute gelede “rapporteer” gedruk. JAMMER, dit was ‘n glips! Ignoreer asb. Ek weet nie eens wie se bydrae dit was nie…

Rynhardt ·

Afrikaner/Boere moenie daarvoor val dat hul plaasaanvalle n prioriteitsmisdaad wil maak nie! Vir 22jaar het hul dit nie gedoen nie.Hul dink ons mense is Zombies! Afriforum val vir enige iets wat gese word.Onthou dir is juis organisasies wat ons mense in die rug gesteek het in die verlede.Die Vryheidsmanifes fluit n ander deuntjie oor plaasaanvalle uit! Afrikaners nes hul jou in 1992,1994 gespeel het, probeer hul dit nog steeds doen in 2016! Wees op en wakker en moenie val vir daai pragtige woorde nie!

Bach ·

Jou stelling dat Afriforum vir enige iets val wat gese word is die grootste onsin en jy kan dit nie bewys nie. Kom liewer uit jou gemaksone en doen iets daad werklik deur Afriforum geldelik te ondersteun. Jy kan jou sterre dank dat daar so ‘n organisasie is wat fantastiese werk doen. Mens kan nie glo jy is so oningelig nie. Ek sal liefs stil bly as ek jy is.

JohannS ·

Prioriteite verander soos die stelsel n behoefte het!

Kom ons vra nie wat die polisie kan dien vir die gemeenskap nie want hulle het en kon dit steeds nie doen nie!

Kom ons vra eerder wat die gemeenskap wettiglik vir hulself kan doen, op plase, plotte, dorpe en stede?

Die antwoord is eenvoudig – GEMEENSKAPS BEVEILIGINGS STRUKTURE!

Hou op om ander mense te vertrou om na jou veiligheid en sekuriteit om te sien, ons kan dit self as n gemeenskap doen en meer vermag as ooit voorheen weens die huidige wette in ons land!

Mnr polisie man, ek vermoed u het dalk oor n lyn getrap en mag dalk rondgestamp word hieroor maar dankie vir die woorde.

Annie ·

Al wat ek se is as jy in iets glo sal dit so gebeur. God is net goed vir ons. Kom ons probeer tog net om saam te staan en te glo dat iets goeds sal gebeur.

Realis ·

Moet nie te gou bly word nie. Die aanvallers is besig om te diversifiseer. ‘n Ou tannie in ‘n aftree oord, ‘n Man langs die viswater. “Watch this space”

Dewald ·

Nou lag ek lekker vir die grap,elke keer word daar gese daar sal iets gedoen word,maar niks word gedoen nie.

Johan ·

Dewald….ek lag net so lekker saam met jou…..!!!!!
Dit moet die grap van die jaar wees

HEVW ·

Ek het kommentaar gelewer maar dit is om een of ander rede, wat ek graag sal wil weet, verwyder. Dit het min of meer soos volg gelui. Ek is positief. Die teoretiese deel is afgehandel, nou is die hoe tersake. Die volgende stryd is doodstraf. Hiermee is bedoel dat die regering tot die besef gekom het van die impak van plaasmoorde, waarvoor daar waardering behoort te wees. Die verdere stap is die uitvoering van hierdie besluit wat nie eenvoudig en maklik uitvoerbaar gaan wees nie. Dit sal beslis meer kundigheid en toegewydheid verg wat in talle gevalle in die verlede ontbreek het. Die gemeenskap sal ook moet besef alle verantwoordelikheid is nie nou aan die polisie se hande oorgegee nie. Daar sal n groter samewerking tussen betrokke partye moet wees. Ons wat so gepleid het vir preoritisering sal moet betrokke raak by die voorkoming van plaasmoorde. ( BEVEILIGINGS KURSUSSE) Wat die stryd vir doodstraf betref. Talle van die plaasmoorde was so grusaam dat die moordenaars beslis van alle menslikheid gestroop moes wees. Die koelbloedige wreedheid daarvan verdien beslis die doodstraf soos vroeer en soos dit tans nog in verskillende lande geld.

Johan ·

Plaasaanvalle nou prioriteit…. die grootste bull storie wat ek in my lewe nog gehoor het……!!!
En ons moet dit nou glo….
Dink die amptenaar ons Suid Afrikaners is leeg in ons koppe….???????

Ouman ·

Sal geld wed dat die waarnemende hoof van SAPS binnekort vervang gaan word.Kyk maar na wat by die Hawks gebeur.Eerlike en goeie lede word vinnig vervang deur kaders uit Zuma se geledere

Gideon ·

Mens wonder hoekom word sommige goed net doodeenvoudig nie opgesit nie!!! Dit is nie asof ek iemand beledig het nie!!

Oom Boer ·

@Gideon; Jong ek raak ook bekommerd, jy neem deel met ‘n opinie op ‘n berig, maar merk op dit word geensins geplaas. Waar fouteer mens dan of mag mens dan nou nie saam gesels nie?

Johannes Meintjes ·

Uitermate verblydend! Mens hoop dat plaasmoorde in SA na die komende munisipale verkiesing wel nog ‘n SAPD prioriteit sal bly. Intussen bring dit hoop vir groeiende plaas en buurtwag samewerkings waarsonder die SAPD en die GPF inisiatiewe nie effektief kan wees nie.

alida ·

Ai mense wat gaan aan met julle. Toe die SAPD geswyg het oor plaasmoorde het julle geskreeu nou dat hulle ‘n positiewe aankondiging maak nou skreeu julle nog harder. Nee man, tenminste het hulle nou iets gese. Kom ons wees positief en kyk wat gebeur. Mens is maar skepties met die huidige regering se beloftes maar Solidariteit sal nie los nie.

Peet J ·

Om jou op die Polisie in die NSA te verlaat is ‘n hopelose besigheid. Dit neem die SAPD net mooi ‘n jaar om ‘n diefstal saak te open nadat my bakkie gesteel is en al wat ek ontvang het is “ons is jammer”
Hierdie voorstel van Lt.genl. Phahlane is maar net ‘n oorweging wat daaraan geskenk gaan word om plaasaanvalle -moorde te beveg. Daar sal maar gewag moet word op die “meer inligting” wat deur Malaudzi verskaf gaan word.
Die ander punt is :- Kan die Polisie vertrou word met wat hulle wil implimenteer?

Danie Kok ·

Ons ou Afrikanervolkie is darem baie naïef. Hoeveel maal gaan ons nog soos ‘n onskuldige ou mishandelde brakkie, stertswaaiend van blydskap kom vir ‘n “kopvryf” van die ANC net om weereens in die ribbes geskop te word?? Afrikaners, wanneer gaan ons leer om op die lewende God van die Bybel te vertrou in plaas van in ‘n regering wat kennelik ‘n vyand van Hom is? Word wakker!

Trolle ·

En ek moet dit nou glo?Hoe probeer hulle hard die een kant van ons ontslae raak en dan word dit nou gese.Noem my maar n negatief maar ek vertou niemand meer nie,nie eens my vriende meer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.