Plaasaanvalle: Ontevredenheid oor statistieke, kommer oor nuwe tendense

(Argieffoto)

TLU SA is ontevrede oor die verskil in die polisie se statistieke oor plaasmoorde en -aanvalle en die statistieke wat hy in dié verband byhou.

TLU SA se statistieke oor plaasaanvalle stem nie ooreen met die statistieke wat deur die polisie in die parlement bekendgemaak is nie.

Volgens die polisie was daar tussen 1 April 2019 en 31 Maart 2020 slegs 46 plaasaanvalle terwyl TLU SA se statistieke wys dat daar tussen 1 Maart 2019 en 28 Februarie 2020 altesaam 410 aanvalle op plase was. TLU SA se statistieke word oor die finansiële boekjaar gemeet.

Genl.maj. Chris van Zyl, adjunkhoofbestuurder van TLU SA, het gesê die statistieke oor plaasmoorde verskil ook. Volgens die polisie was daar 49 plaasmoorde terwyl TLU SA 54 plaasmoorde aangeteken het.

“Ons stem wel saam dat daar ʼn styging in plaasaanvalle en -moorde sedert verlede jaar was, hoewel ons getalle verskil. Hoewel ons ontevrede is oor die verskil in statistieke, is ons baie meer bekommerd oor die nuwe tendense wat ons tydens aanvalle bespeur.”

Ontvoering raak volgens Van Zyl al hoe meer deel van die aanvalle op plase, soos tydens die onlangse grusame aanval en moord op die gesin van Hartswater in die Noord-Kaap.

“Dit is vir TLU SA onrusbarend dat die getal aanvallers per aanval ook toeneem. Dit dui al hoe meer op georganiseerde misdaad wat spesifiek op plase toeslaan.”

Dianne Kohler Barnard, DA-LP en voorsitter van die party se werkgroep oor landelike veiligheid, het gesê volgens betroubare inligting was daar reeds 141 plaasaanvalle en 26 plaasmoorde in die eerste helfte van die jaar. “In die afgelope 10 jaar was daar minstens 2 818 plaasaanvalle en 612 plaasmoorde.”

(Foto: Reint Dykema)

Kohler Barnard het ook verwys na die brutaliteit waarmee plaasaanvalle dikwels gepaardgaan.

“Die aanvallers het meestal meer tyd, ure of partykeer selfs dae, om die plaaseienaars of werkers te martel, soms omdat hulle glo dat daar ʼn kluis of ʼn tweede kluis met vuurwapens en juwele in is.

“Ander kere maak hulle die gesin dood en steel niks nie, soos verlede maand in die Noord-Kaap. Die Brand-gesin is om geen rede doodgemaak nie.”

Daar is weereens versoek dat pres. Cyril Ramaphosa erkenning moet gee aan die ewige vrees en gevaar waarin landelike gemeenskappe woon en werk.

AfriForum het genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, se aankondiging verwelkom dat spesialiseenhede ontplooi sal word om plaasaanvalle en -moorde te beveg. “Slegs tyd en statistieke kan aandui of dié besluit ʼn positiewe uitwerking gehad het,” voer Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, aan.

“Plaasaanvalle is ʼn werklike krisis wat reeds die lewe van duisende mense geraak het. Dit is daarom belangrik dat die oplossing meer as bloot teorie moet wees, maar ook prakties werkbaar is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Cornel ·

Dalk probeer die REGERING ons van die plase afkry sodat hulle dit kan opraap. Ain’t
gonna happen!!

Buks ·

Ons moet druk vir beter wetgewing met betrekking tot die bekom van n wettige vuurwapen en waneer jy jouself mag verdedig. Die ding is dat enige moordenaar moet die reg op lewe verloor sodat die slagoffer sonder vrees van vervolging homself kan verdedig. Daar moet ook weg gedoen word met vervaldatums op vuurwapen lisensies. Waneer ek n vuurwapen koop met my eie geld is dit my eiendom en as ek die nodige kwalifikasies het om hom verantwoordelik te gebruik dan mag ek hom gebruik. Die rwgering of polisie is nie veronderstel om die mag te hê om aan te dring daarop dat ek my eie eiendom wat met my geld gekoop is inhandig nie die lisensie verval nie my kundigheid of kennis mbt. die wet of hantering van my vuurwapen nie. Ons moet onsself kan verdedig die polisie kan nie orals wees nie.

Jannie van Niekerk ·

Die regering verplig die polisie om plaasaanvalle ‘n ander msidaadnaam te gee soos inbraak of roof. Dit klink mos net beter en laat hulle beter vertoon. ‘n Polisie offissier het my persoosnlik megedeel dat hulle nie meer na hierdie misdaad as “plaasaanval” mag vewys nie.

Scalla ·

Hoe kan die statistiek betroubaar wees as sommiges nie eens kan lees en skryf nie?

Adeline ·

Die realiteit en die waarheid van die werklikheid word weggesteek agter ‘n muur van stilswye wat orals deur staatsbeheerde voos vrot korrupte anc regering uitgevoer word. Die skrif is aan die muur en al hierdie leuens en syfers wat deur gegee word – selfs in die toesprake van die vvk anc regering is beplande agenda – daar is nie ‘n gebied of area wat nie volgens hulle uitgewerkte plan werk nie – alles loop vlot vir hulle want die meeste mense glo of doen niks nie – die hofsake kom nêrens nie want alle wette en howe is onder staatsbeheer – ek sien burgeroorlog want alles gaan vir die regering se korrupsie – hulle gee ook nie ‘n flenter om vir hulle eie mense nie… dit word gesien orals in die nuus hoe almal te na gekom word deur die vvk anc regering. Hulle eie mense word gebruik as instrument (optogte en ontevredenheid wat deurgegee word as afbreek van bestaande strukture = skole, klinieke ens.) Ons sit op die drumpel van burgeroorlog – maak julle oë oop!!

Therese ·

Die spreekwoord sê, liewer laat as nooit, maar die DA is besonder laat.
Plaasmoorde, en ander swart-op-wit-geweld, is amper drie dekades aan die gang en die skielike omswaai van sekere partye is verbasend.
AfriForum, Solidariteit en die Vryheidsfront is deur die jare in die hoofstroommedia beswadder, beskuldig en verdag gemaak omdat hulle hierdie saak op die voorgrond wou bring, met min of géén ondersteuning van ander.
Ernst Roets en TLU SA is dus m.i. die enigste geloofwaardige woordvoerders oor hierdie saak.

Nell ·

Ja min. Cele ons weet teen die tyd al dat daar niks onder daai swart hoedjie op jou kop sit nie…jy het alweer – vir die soveelste keer – aan ons bewys dat jy nie kan tel nie.

Luister ·

Volgens die polisie 46 plaasaanvalle en 49 moorde. Dit dui mos ‘n 100% moordsyfer per plaasaanval en dit bekommer hulle nie.

AmY ·

Hulle gaan die ware statistieke op die oordeelsdag ook ontken.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.