Plaasaanvalle: Platform gestig om slagoffers te ondersteun

Argieffoto: Lorraine Claasen

Solidariteit Helpende Hand se Limpopo-streek sê hy het ʼn leemte raakgesien om slagoffers van plaasaanvalle by te staan.

“Dit ly geen twyfel nie dat ons land se boere in die nood is en alle moontlike hulp nodig het. Die Nagtegaal-tak is gestig om juis hier van hulp te wees,” het Renita Prinsloo, die takvoorsitter van die Naboomspruit Nagtegale, in ʼn verklaring gesê.

Helpende Hand, tesame met DLU-Potgietersrus, het die inisiatief geneem om vroue uit boereverenigings en gemeenskappe te nooi om juis diensbaar op hierdie gebied te wees en as’t ware Nagtegale binne hul regstreekse gemeenskap te wees.

Die doel van die Nagtegale is om die druk op reaksiespanne te verlig sodat hulle hul aandag kan wy aan toneelbewaring en die agtervolging van verdagtes. Die tak se vroue sal deurlopend opleiding ontvang om hulle behoorlik toe te rus om slagoffers by te staan en te ondersteun.

Deur gekoördineerde ondersteuning sal seker gemaak word dat daar met alle sleutelrolspelers oor veiligheid en nooddienste geskakel word. Die tak sal ook bystand verleen tydens die afneem van verklarings en wanneer mediese ondersoeke gedoen word.

Volgens Prinsloo sal die tak die slagoffers bystaan in soveel moontlike aspekte spruitend uit die nagevolge van ʼn aanval. “Ons wil die boere help om deur hierdie moeilike tyd te kom. Ons sal ook betrokke wees by die organisering van die opruiming van die toneel en skoonmaak van die huis ná die aanval. Die tak sal ook hofverrigtinge bywoon om die boere te ondersteun.”

Helpende Hand stig tans takke binne die Waterberg-gebied, waarna steun aan  die noorde van Limpopo beoog word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

HP ·

Dankie julle! Groot is waardeer.

Ons kort ook n Landelike beveiligings eenhede (SAP) wat onafhanfklik van SAP funksioneer. 24-7 patrollies./misdaad voorkom. Help asb.

jantjies ·

Ja ons kort beveiligingseenhede, goed toegerus met moderne tegnologie, die nuutste in robotika, kameras ens. Ons moet ook vir die buiteland vra om ons te help hiermee, dalk deur crowdfunding.

Anoniem ·

Die plaasmoorde het begin toe daar weggedoen is met die Kommandostelstel. Die moordenaar het toe gesien dat plase nie meer gepatrolleer word nie en daardeur die boer blootgestel aan die erge boosheid. HP ek se ook HELP ASSEBLIEF, so kan dit nie aangaan nie. Ek huil oor elke boer/familielid wat op die wreedaardigste wyse doodgemaak word.

Johannes ·

Jammer, maar mis ek iets? Hoekom ‘n platform stig om slagoffers te steun?

Hoekom nie ‘n platform (of wat ookal) stig om PLAASAANVALLE TE KEER NIE?!

Henryet ·

Stig n platvorm om slagoffers te ondersteun ??? Stig liewer n platvorm om die moode te voorkom !!!

HP ·

Ons kan nie die staat se verantwoordelikheid ontsien nie. Die regering glo nie aan selfbeskiking nie. Want selfbeskiking word self regering. Ons moet die regering dwing om vir ons mannekrag af te deel na so 24/7 diens. dit kan nie vanuit die polisiestasies werk nie. Die ouens daar by die stasie wag vir n trein wat nooit sal opdaag nie. En hierdie manne ideaal sou darem die ex 32 manne kon gewees het. Nie te min dit bly lekker om te droom!

Gemaskerde Sopbeen ·

Hahaha Henryet….jy is soooo reg!! Maar ongelukkig werk Suid Afrika nie so nie. Ons laat die misdaad toe……….en deel pamflette uit om potensiële slagoffers te kry om hulle lewensstyl te verander om hulle risiko te verminder. As die polisie nie hulle werk doen nie, stig ons gemeenskaps-forums en doen hulle werk namens hulle. As daar plaasmoorde gepleeg word stig ons ondesteuningsgroepies en samel geld in om die slagoffers te help. As die regering ons faal, maak ons sarkastiese opmerkings op Maroela Media…………..maar NOOIT sal ons saamwerk aan ‘n plan om hierdie gemors te stop en permanent op te ruim nie. Dit klink teveel na werk.

Gerrit ·

Ek stem saam lei die mense op om terroriste te beveg , help hulle om die staat hof toe te vat vir verlies aan inkomste en pyn en leiding .

Selfbeskikking ·

Dankie vir die inisiatief. Begin ook asseblief om te onderhandel vir selfbeskikking, want dan kan ons weer veilig in ons eie eerstewereldland bly wat ons gou sal opbou. Dit hoef nie groot te wees nie, ons sal die ekonomie so goed bestuur dat ons nie baie grond nodig het nie, soos Israel, Singapoer.

SA Moordmuseum ·

Dankie vir die inisiatief. Stig ook asseblief n moordmuseum sodat die wereld visueel skokkend bewus gemaak kan word wat ons regering aan ons doen. Dit sal help om buitelandse simpatie en hulp op groot skaal in te kry.

rollie ·

Daar moet by ELKE hofverrigting vir plaasmisdade betoog word. Toi toi en plakkaat swaai is baie effektief in SA, eintlik die enigste ding wat die regering se aandag trek.

Elsa ·

Wie is bang vir wie? Aandag deur president om te sorg dat opruiming deur die boosdoeners self gedoen moet word, hoekom moet onskuldiges opruim? ander moet ramaphosa kom opruim ipv stappery, wat niks beteken teen moorde

Anoniem ·

Johannes, Henryet & almal wat hierdie initiatief kritiseer….wat het jul al gedoen aan die misdaad in die land (of tov plaasmoorde)? Dis baie maklik om op die kantlyn te sit & bevele uit te skreeu. Ek is ‘n lid van die Nagtegale – en hierdie inisiatief is nie net sommer een oggend oor koek & tee bespreek nie. Baie van ons loop al ‘n lang pad saam tov plaasmoorde & -aanvalle….& sommige van ons was al self slagoffers. Ons help waar ons kan! En Gemaskerde Sopbeen – “…ons laat misdaad toe…” – duidelik het jy geen idee waarvan jy praat nie. En Gerrit – “…lei mense op om terrorisme te beveg…” – ek hoop nie jy dink die boere moet nog dit ook doen nue, want dan moet ons begin kies….moet ons opleiding ontvang of moet ons sorg dat jy ‘n lekker t-bone op jou bord het wat jy met ‘n lekker glasie wyn kan afsluk…..en wie gaan dan sorg vir jou pap (mielies), olie (sonneblom), biltong (beeste & wild), klere (katoen), …en so kan ek aangaan.
In plaas daarvan om altyd net te kritiseer….begin julle om ons te help om plaasmoorde te keer (as dit dan so maklik is) – enige hulp is altyd welkom. Of stuur geld… Dan kan ons sekuriteits maatskappye aanstel om ons oppas sodat ons vir SA kan sorg! Werk julle asb saam aan ‘n plan & kom woon ons vlg vergadering by – ons sal julle hulp waardeer.
Van….boervrou & trotse Nagtegaal

Joanne ·

Ek wil baie graag weet hoe kan ek meer betrokke word om ons boere te help

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.